|
|
||
| Stuur vir my enige rate vir skoonmaak, regmaak, mooimaak, rooimaak:-) Enigiets te doen met die huis! Dankie!! ePos Soos gesien kan word het ek vir sommige van die rate in die argiewe gaan dolwe, her en daar gee ek die oorspronklike hoog-hollandse teks. | ||
|
As jy weer aartappels met skil en
al kook, voeg ‘n bietjie suurlemoensap by. Die aartappels kook spierwit en
jou pot sal geen vlekke hê nie Asbakkies wat ruik - Veral gedurende partytjies sit mens met vuil asbakkies wat sleg ruik. Gooi sout onder in die asbakkies. Die sout absorbeer die reuk van die sigaret as. Roesmerke in 'n bad: Druk 'n suurlemoen met skil en al pap op die vlek en laat dit so lank as moontlik aan Balpuntink - vlekke: Sit die gevlekte materiaal op 'n droë stuk watte. Deurweek nog 'n stuk watte met brandspiritus of bensien en dep dit aan die vlek. Herhaal met 'n skoon stukkie watte tot die vlek uit is. Spuit haarsproei aan die vlek en dep met skoon stukkies watte. Mielieblom kan bloedvlekke verwyder. Spoel die vlek in koue water, vryf dan klam mielieblom in. Plaas die item in die son. Om blomme in 'n vaas langer te laat hou, gooi net 2 aspirine in die water Krapmerke op CD's - Vryf grondboontjiebotter daarop met 'n sagte lappie Gooi ‘n blikkie Coke in die
toilet en laat staan vir ‘n uur. Spoel die toilet en jy sit met ‘n sprankel
skoon toilet. Om vir 'n dier 'n pil te gee, maak die pil fyn tussen twee teelepels sodat dit poeier is. Dwing die bek(kie) oop en gooi die poeier op die tong. Daar is nie 'n manier dat hy nie die pil inkry nie! Hy mag vir jou baie vies wees, maar sy medisyne is in! Jy kan hom agterna 'n troosprysie gee om die vrede te herstel, bietjie maalvleis of iets, maar dit is nie NODIG nie! Donse op klere - In plaas van duur "lint removers" koop, gebruik sommer stukkies cellotape. Uitvallen van haar - Weinig klapperolie of "vaseline" 's morgens en 's avonds goed bij de wortels ingevrewen. Welriekende kastoorolie is ook doeltreffend. Leer honde om net een deel van die tuin te bemors - Tel die honde bolle met 'n graaf op en (in plaas van dit in die vullis gooi), gooi dit in die verste hoek van die tuin. Die hond leer naderhand om sy ding net in die hoek van die tuin te doen, waarna jy dan net 1 kol in die tuin het om skoon te maak. Handoeke wat hard uit die was kom - veral in brak water.Was jou handdoeke in warm water met seep en gooi ongeveer 'n handvol sout by (Los die sout op in die water). Moet nie versagter gebruik nie. Spoel die seep goed uit. Spoel weer maar gooi so 2-3 eetlepels amoniak of wit asyn in die laaste uitspoel water. Om houtvloere glad te maak, smelt 'n waskers en meng met 'n koppie parrafien. Smeer met 'n flennielap op die vloere nadat dit gewas en droog is. Huisraad poets.- Neem bywas, sny dit fyn en maak dit warm om te smelt. Haal dit dan van die vuur af en roer terpentyn in. Roer dit goed en bêre dit in 'n blik. Vryf die huisraad daarmee en vryf weer af met 'n skoon flennielap. Dit maak die goed pragtig blink. Skoene en vloere kan ook daarmee blinkgemaak word. Ink uit tapyte te haal. - Neem
karringmelk en 'n skoon lap. Gooi karringmelk op die ink en druk op met die
lap totdat die ink uit is. Was dan die plek met warm water en ammoniak. Vernietig insekte op diere deur te was met water waarin aartappels gekook is. Herhaal 'n paar keer. Spuit insekte met 1 pak tabak
goed getrek op 3 liter warm water. Syg deur doek. Juweliersware - Maak
juweliersware skoon deur dit oornag te week in 'n mengsel van koeksoda en
asyn. Indien nodig, skrop liggies met 'n ou tandeborsel. Dit verwyder alle
vuilighede sonder om die stene, goud of silver te beskadig. Kakkerlakke - sit naeltjies in al jou kombuiskaste/waar hulle ookal voorkom. Vir kakkerlakke: Meng in gelyke hoeveelhede gipspoeier en versiersuiker. Die sit jy sommer in klein proppies of bakkies orals in jou kaste, by die wasmasjien ens - alle verskuilde gaaitjies neer en los dit daar. Hulle kom eet daaraan en dan versteen hulle magies Katsand wat ruik - Meng katsand met babapoeier. Kombuis: Om kopergoed blink te maak - vryf nou en dan met sout en asynmengsel Kougom: Vryf 'n ysblokkie daaroor sodat dit kan hard word en trek af. As dit 'n vlek los, druk 'n bietjie bloekomolie of terpentyn op. Dis geskik vir vloere, matte, teels en materiaal. Krieke: Meng wasgoedseep en water (eetlepel in 2liter water) - gooi dit in die gaatjies in die gras - wag vir so minuut of wat en hulle sal uitklim omrede die seep hulle brand Kokkerotte - Sit bakkies met
koeksoda orals in die huis (veral agter yskas, stoof, onder wasbak, ens.).
Die kokkerotte eet dit (en dra dit na hul nes toe). Die vog binne hul lywe
maak die koeksoda bruis en laat die kokkerot vrek. Dit voorkom ook dat 'n
volwasse kokkerot eiers le voordat hulle doodgaan. Krytmerke op mure en klere - borsel met tandepasta op ou tandeborsel Om kunsblomme skoon te maak moet dit in 'n papiersak saam met sout gegooi en baie goed geskud word. Die sout neem al die stof en vuiligheid op en die blomme lyk sommer gou weer vars. Leer baadjies - In plaas van duur olie koop om leer te voed, plaas olyfolie op watte (of sagte lap) en vee leer baadjie daarmee af. Om linne wit te maak - sny 'n dik skyf van 'n skoongemaakte suurlemoen en kook saam met die linne, die suurlemoen neem die vlekke uit. Lipstiffie kan verwyder word deur die kledingstuk tien minute in seepwater te week, uit te spoel en weer in seepwater te was. Om meublels te poets - neem byewas, meng met terpentyn, vryf aan die hout en poleer Miere - Kook korente in kasterolie en plaas in die pad van die miere Om miet uit meel of saad te hou, snoei 'n paar takkies van 'n vyeboom en plaas dit binne in die houer. Die miet verdwyn soos mis voor die oggendson. Miete (in meel, ens.) - Plaas 'n wit kers binne in die meel. Dit voorkom dat miete in die meel, pasta, rys, ens. kom. Vuil mikrogolf oond - Verhit 'n 1/2 koppie asyn in die mikrogolf (nie nodig om te kook nie). Die asyn maak al die vetterigheid los. Vee mikrogolf met sagte lap uit. Molle - Die goedkoopste raat is as jy honde het, moet jy die honde bolle (landmyne) in die molle se gange of gate gooi. Motte - Sit gedroogde lemoenskille in die laaie tussen die klere Verwyder nikotienvlekke van jou hande met suurlemoensap Plakkers op bottels verwyder deur te vryf met grondboontjiebotter, WD40 help ook hiervoor Iets wat ook baie goed werk om die plakkers van bottels of enige ding af te haal is "lighter fluid". Ek weet nou nie wat die Afrikaans daarvoor is nie maar dit werk wonderlik. Ek het altyd 'n blikkie in die kas (alhoewel ek nie rook of 'n aansteker besit nie). - Linda Ronde schouders - Slaap op een volkome platte matraszonder kussen. Deze is een goede gewoonte om aan te wkeken en met volharding zal de ronde schoudersverholpen worden Outydse Seep-resep Om geroeste skroewe uit te draai - maak 'n dun yster rooiwarm en hou op die kop van die skroef, gebruik die skroewedraaier dadelik Hou slakke van plante weg deur eierdoppe rondom die plante te strooi. Vaseline wat rondom potte gesmeer is hou ook slakke weg van potplante. Spieëls wat opstoom in die badkamer - smeel gliserien aan en vryf op Slakke (ontslae raak) - Sit lemoen- suurlemoen- of nartjieskille waar die slakke is, hulle hou nie van die reuk nie Veilige spuitmiddel vir die
Tuin. Stof op plante - Vee die plante af met die binnekant van 'n piesangskil. Dit verwyder die stof en voed die blare. Stryk - Ek onthou kleintyd (voor stoom strykysters) het my ma altyd die wasgoed natgespat en dit dan in 'n laken toegebondel sodat dit kan klam bly soos sy een vir een item uithaal en stryk. Sy het ook 'n " presslap " gehad. Dit was gewoonlik 'n meelsakkie wat losgetrek is en uitgewas is. Daardie jare het jy meel in 'n lapsak ( 2 pond gewig) gekoop. Later jare toe ons nie meer meelsakkies gekry het nie het sy 'n kussingsloop opgesny vir haar presslap. Die presslap is natgemaak en dan goed uitgedroog sodat dit net klam was, en daarmee is almal se broekke gestryk. As mens net met die presslap stryk word die broeke nooit blink nie, maar as daar 'n broek in die wasgoed beland wat reeds geblink het, het sy haar presslap in bruin assyn natgemaak en dan daarmee gepress. Dit het van die blink ontslae geraak. Jan Harm - Centurion Om teermerke van jou motor af te kry, vryf die merk op met gewone botter of margarien aan 'n lap. DIT WERK BESLIS! Veilige spuitmiddel vir die Tuin. Tupperware (Tupperware)- om ou plastiek weer soos nuut te laat lyk meng Omo in koue water en los oornag, spoel dan net goed af! - Charlene Vetkol - Verwyder 'n vetkol uit materiaal, plaas 'n stukkie sneespapier op die kol en stryk met 'n mediumwarm strykyster. Die vet gaan in die sneespapier, herhaal tot skoon. Vetkolle-spuit die kol met Doom en was dan soos normaal. Charlene Vismotte Vlekke Om plankvloere blink en glad te maak: Neem 1 waskers en 1 koppie paraffien. Sit dit op kole om die was te smelt. Vryf dit met 'n flennielap op die vloer, nadat dit eers goed skoongewas en gedroog is Vlooie, baie goeie raad is om 1 koppie ammoniak met 4 koppies water te meng en dit oral in die huis te spuit. Dit nie vlek of beskadig die houtvloer nie aangesien die ammoniac baie verdun is Zwetende voeten - Voeten biezonderlik schoon, verwissel de kousen dikwels, was de voeten 's morgens en 's avonds in pekelwater of in warm water waarin "bicarbonate of soda" gedaan is, poder met wat "boracic acid" Om vrugtevlekke uit te haal. Sprei die stuk oor 'n kom, gooi kookwater tweemaal daarop, en droog dit in die son. Moenie seep gebruik nie. Yskas vars hou - plaas die top van 'n pynappel daarin Reuke in yskas - Plaas 'n ou spesery botteltjie (oop) gevul met vanilla essence in yskas. Plaas 'n stuk swart steenkool in die yskas. Dit sal alle reuke uithou. Seker net nie meer so maklik om deesdae steenkool te kry nie. Ek het 'n paar stukke wat ek nou al baie jare saam met my rondtrek. Hulle raak ook nie "opgebruik" nie. Jy sit hulle in die yskas en vergeet daarvan. - Linda |
||