|
|
| Ek kry
nou die dag 'n ePos van Adri van der Westhuizen wat naarstiglik soek na die
betekenis van die woorde en die oorsprong van die kinder wiegeliedjie
Siembamba. Dis mos nou my kos om te gaan rondsnuffel, maar na 'n week is ek nog niks wyser nie. Almal wat ek vra "kan so iets onthou" maar is nie seker nie. Party van die verduidelikings maak nogal sin en ander is heel komies. Tot op hede het ek dus nog geen bevestiging van die ware betekenis van Siembamba nie. Hoekom is dit geskryf? Wat was die omstandighede? Ek het selfs twee verskillende weergawes asook 'n Engelse vertaling gekry! So, as jy enigsins kan help sal ek dit waardeer, dan sit ek jou verduideliking net hier op my webblad sodat enigiemand wat in die toekoms dieselfde probleem het ook die antwoord kan kry. Klik hier om vir my ePos te stuur. |
||
| Hier is
wat ek sover gekry het:
SIEMBAMBA
SIEMBAMBA En hier is 'n paar antwoorde wat ek op my navrae gekry het:
--------------
Siembamba
Siembamba
Siembamba, mama se kindjie, Siembamba,
Mummy's little child,
Siembamba, mama se kindjie,
Siembamba, Mummy's little child,
--draai sy nek om, gooi hom in
die sloot; -- twist his neck,
chuck him in the ditch;
trap op sy kop dan is hy dood. stomp
on his head then he's dead.
(C.J. Langenhoven}
(C.J. Langenhoven)
Siembamba, ek is 'n baba, Siembamba,
I'm a baby,
Siembamba, ek is 'n baba
Siembamba, I'm a baby,
--pas my veilig op in die nood, --
keep me safe when danger threatens,
sus my liefies op die skoot. rock
me lovingly on the lap.
Siembamba, ek is 'n seuntjie, Siembamba,
I'm a little boy,
Siembamba, ek is 'n seuntjie Siembamba,
I'm a little boy,
maar jy sal sien ek is net nou
groot; but you'll see
I'll soon be big;
slaan maar orige kerels dood. may
as well kill the other fellows now.
Siembamba, ek is 'n jonkman,
Siembamba, I'm
a young man,
Siembamba, ek is 'n jonkman Siembamba,
I'm a young man,
--tel my nou maar af van die
skoot; -- you can
let me off the lap now;
ek slaan self die kerels dood.
I'll kill the other fellows myself.
Siembamba, ek is getroud nou,
Siembamba, I'm
married now,
Siembamba, ek is getroud nou Siembamba,
I'm married now,
--maar sy dink ek is nog op die
skoot, but she thinks I'm
still on her lap,
wil nie glo nie ek is groot.
doesn't
believe I'm big now.
Siembamba, almal babas.
Siembamba,
all are babies,
Siembamba, almal babas Siembamba,
all are babies,
--al die mans is danig groot-- --
even if the men are rather big --
almal babas tot hul dood.
all are
babies till they die.
--------------- In die Etimologiese
Woordeboek van Afrikaans (p.416) staan: --------------- Siembamba verwys na
die oorspronklike liedjie "Sien die mamba" wat in die volksmond siembamba
geword het, en waarin die dreigende gevaar en onheil deur misverstand en
foutiewe uitspraak gerelativeer geraak en selfs verdwyn het. Die liedjie is
tot in die negentiende eeu gesing as verwysend na 'n slang (die bose, onheil,
gevaar): "Sien die mamba, mama se kindjie, sien die mamba, mama se kindjie.
Draai sy nek om, gooi hom in die sloot, trap op sy kop dan is hy dood!" ---------------
Uittreksel uit
Swerwersjoernaal (c) stof 2002 --------------- Ek weet natuurlik nie of dit werklik so is nie, maar volgens my oumagrootjie wat gedurende die Anglo-Boere-oorlog vir die Kakies moes vlug, is dié liedjie deur 'n swat vrou gesing wanneer sy die klein wit kindertjies wat in die grotte op 'n plaas in Noordwes weggekruip het, gesing. Dit het dalk geen bybetekenios gehad nie, maar aangesien daardie streek vol pofadders is, kon die kind dalk vir 'n slng geskrik het, en was die liedjie om hom/haar te sus. Die storie is deur my ouma, wat nou rees lankal oorlede is, aan ons vertel. ---------------
Wel, ek het dus skoolgegaan by
mense wat baie na aan die Boereoorlog was met ouers en grootouers wat
deelgeneem het. Baie van hulle het ook deelgehad aan die Afrikaanse
Taalstryd. Baie van hulle het van die eerste digters geken. Ons was geleer
dat Leipoldt se Siembamba gedui het op die lyding van kinders in die
konsentrasiekampe. Nie 'n spesifieke kamp nie. Die slangstorie sluk ek maar
swaar. Ek s ou eerder wil he dit moet 'n selfgemaakte woord wees, soos
Leipoldt se slampamper. Ons moet onthou dat digters uiters intelligent en
kreatief is. Voorts was hierdie eerste digters ingestel daarop om Afrikaans
te maak werk en digterlike vryheid was aan die orde van die dag. Die
taalstryder wat Langenhoven was dink ek weer hy wil aan die tale Engels en
Afrikaans 'n manlike kleurtjie gee : ---------------
In TYDSKRIF VIR VOLKSKUNDE EN
VOLKSTAAL |