Tipsy Tert
Maak eers die sous en laat afkoel voor gebruik.
Sous:
375ml suiker
300ml water
5ml sout
12,5ml botter
Kook saam vir 10 minute. Verwyder van hitte en voeg 125ml brandewyn by
Tert:
500ml gesnipperde dadels
5ml koeksoda
250ml kookwater
375ml meelblom
250ml suiker
50ml botter
125ml okkerneute en glanskersies
1 groot eier
Gooi kookwater en koeksoda en voeg botter by. Klop suiker en eier. Roer droë bestandele in en voeg dadel mengsel by. Meng goed deur. Gooi in goed gesmeerde bakskottel. Rangskik neute en kersies bo-op. Bak by 180°C. Wanneer gaar, prik koek me 'n dik breinaald en goei afgekoelde sous oor. Versier met stryfgeklopte room, indien kersies en neute nie as versiering gebruik is nie.
Vinnige en Maklike Melktert
1 Blik Kondensmelk
6 Eetlepels Mazina
1 eetlepel Botter
1 Teelepel Vanilla Essence
2 Koppies Water
2 Eiers Geskei.
Verhit Kondensmelk en water tot kookpunt. Maak Mazina aan met bietjie
water.
Voeg by kondensmelk en laat kook tot dik. Voeg botter en Vanilla by.
Verwyder van hitte voeg eiergele by. Kook weer tot gaar.
Verwyder weer van hitte en voeg styfgeklitste eierwitte by.
Voeg in tertkors van tennis beskuitjies.
Bak in oond by 180grade.vir 30 min.
APPELLIEFIETERT.
Kors :
1 pakkie ( 200 g.) Mariebeskuitjies, fyngedruk.
60 ml. ( 1/4 kop.) botter of margarien, gesmelt.
45 ml. ( 3 eetl.) kondensmelk.
Vulsel :
1 blik appelliefies.
koue water.
80 ml. ( 1/3 kop.) vlapoeier.
45 ml. ( 3 eetl.) botter of margarien.
250 ml. ( 1 kop.) kondensmelk.
Smeer 'n 23 cm-tertbord met botter of bespuit met kleefwerende kossproei.
Meng die krummels, gesmelte botter of margarien en kondensmelk en druk onder
en teen die kante van die tertbord vas.
Verkoel tot benodig. Dreineer die appelliefies, maar behou die stroop Vul
die stroop aan tot 500 ml. ( 2 kop.) met koue water. Maak die vlapoeier met
'n bietjie van die stroopmengsel aan tot 'n pasta.
Verhit die stroopmengsel tot net onder kookpunt, voeg daarvan by die
vlamengsel, roer goed en giet alles terug in die kastrol. Verhit tot
kookpunt en laat prut tot verdik en gaar. Verwyder van die hitte en roer die
botter of margarien by. Roer die kondensmelk en appel -
liefies versigtig by. Giet in kors en verkoel tot ferm. Geniet met styf
geklopte room indien verkies. Lewer 1 medium tert.
Appeltert - (Dit is 'n ou
resep, so daar word nog in koppies (250 ml), eetlepels (15 ml) en teelepels
(5 ml) gemeet.)
1 Koppie Bruismeel
2 eiers
knippie sout
1 blik tertappels (normale grootte)
1 koppie suiker
2 Eetlepels gesmelte botter
¼ koppie melk
Sous
1 klein blik Ideal Milk
1 Teelepel Vanielje Essens
1 koppie suiker
Meng suiker, eiers, botter, sout en melk saam.
Sif meel en meng bietjie-bietjie saam in suikermengsel.
Gooi mengsel in bak en skep appels oor mengsel.
Bak in oond 180°C vir ¾ uur. (Na 'n halfuur kan die oondtemperatuur
na 150°C verlaag word om te voorkom dat die tert te donker word.)
Metode (sous)
Gooi alles saam in pot en bring tot kookpunt Gooi warm sous oor tert sodra
tert uit die oond kom.
Die beslag is genoeg vir 'n normale ronde tertbak. Indien 'n kleinerige
vierkantige bak (± 20cm x 15cm) gebruik word, moet resep dubbeld aangemaak
word.
CREMORA TERT (Mishka)
3 koppies Cremorapoeier.
1½ koppies kookwater.
1 blikkie kondensmelk.
halwe koppie suurlemoensap.
1 pakkie Tennisbeskuitjies.
1. Meng 3 koppies Cremorapoeier op 1½ koppie kookwater saam. Laat afkoel
(sit in vrieskas verkieslik)
2. Klop met klitser tot styf.
3. Voeg die kondensmelk by en direk daarna suurlemoensap.
4. Skep in twee tertborde wat met tennisbeskuitjies uitgepak is.
5. Krummel van die beskuit wat oor is, oor die tert.
5. Dit is beter as u 'n vierkantige bak gebruik. Verskillende lekkernye kan
bo-oor gesit word.
Ek het hierdie gebruik as 'n nagereg vir 'n braai. Saam met die tert het ek
spanspek gegee.
KERRIESOUTTERT
Kors :
250 g. margarien.
1 tl. bakpoeier.
2 kop. meelblom.
1/2 kop. kookwater.
Gooi kookwater oor margarien. Laat afkoel en roer meel en bakpoeier
in. Meng deeglik en bêre in koelkas tot nodig.
Vulsel :
500 g. maalvleis.
1 groot ui, gerasper.
2 aartappels, gerasper.
sout en peper.
Kook al die bestanddele vir 10 minute. Meng 1 eetl kerrie, 1 eetl. klapper
en 1 eetl. bladjang. Voeg by kokende vleismengsel. Vul ongebakte kors en bak
20 minute in warm oond.
RUGBY TERT
1 1/2 kop. meelblom.
1 eier.
1 kop. melk.
knippie sout.
1 kop. suiker.
3 eetl. botter.
2 tl. bakpoeier.
Room botter en suiker en voeg eiers een vir een by. Sif droë bestanddele
saam. Voeg melk en droë bestanddele om die beurt by die eiermengsel. Smeer
'n lang pyrexbak en plaas deegmengsel in. Bak in oond teen 180 Grade C.
Wanneer gaar druk gaatjies met 'n vurk en gooi 'n 1/2 kop. gesmelte botter
oor. Smeer marmite dun oor en rasper 'n lagie cheddar kaas oor.
Appeltert
250 g koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
60 ml margarien
1 eier, geklits
125 ml afgeroomde melk
10 ml Natreen vloeibare dieet versoeter
80 ml water
5 ml vanilla geursel
300 g tertappels
Sif meel, bakpoeier en sout saam.
Vryf margarien in.
In 'n aparte mengbak, meng die melk, water, eier, versoeter en vanilla
geursel. Voeg by droë bestanddele en meng goed.
Spuit 'n tertbord met "Spray & cook"", en skep mengsel in bord.
Rangskik appelskywe bo-op deeg.
Bak 25 minute teen 200°C.
Bedien warm met dieet roomys of ligte vla.
In die plek van appels, gebruik ook ander vrugte.
Suurlemoen
meringue-tert
Ek gebruik 'n beskuitjiekors - 3/4 pakkie Marie beskuitjies en 80 ml
margarien, gesmelt.
397g-blikkie kondensmelk
125 ml suurlemoensap
3 eiers, geskei
125 ml strooisuiker
5 ml asyn
15 ml mielieblom (Maizena)
Voorverhit die oond tot 180oC. Berei die kors en druk dit vas in 'n tertbord.
(Ek maak altyd my meringue eerste, dan hoef ek nie nog die klitsers te was
voor ek die gele berei nie - regte lui huisvrou!)
Klits die eierwit, en voeg die strooisuiker geleidelik daarby tot dit styf
is. Klits nou die asyn en mielieblom by.
Klits die eiergeel saam met die kondensmelk en suurlemoensap. Gooi dit in
die tertkors. Skep die meringue bo-op.
Bak vir 10 minute of tot ligbruin.(Nie veel langer nie, anders word die
meringue taai en dit kan brand.)
Verkoel voor opdiening (indien verkies).
|