|
Wees gegroet!
Welkom aan alle nuwe
intekenare!
Die
Kampkosresepteboek is klaar en kan
hier gesien word!
Die
Toebroodjieresepteboek is klaar en kan
hier gesien word!
Onderaan by die
resepte plaas ek een resep van elke eBoek.
As julle nog
kampeerresepte of toebroodjieresepte vir my het ,
stuur maar aan asb? Ek sal dit baie waardeer!
Nog 'n Suidwes nooi
skryf vir ons! Estelle is ook verboinde aan die Republikein, die enigste
Afrikaanse dagblad in Namibië. Ek het al voorheen van Estelle se
artikels geplaas, so geniet die een ook! Laat gerus vir Estelle weet wat
julle daarvan dink, sy
hoor graag van julle!
Goedertierenheid
Estelle de Bruyn
Weleer se goedertienheid blom weer uit nat aarde
DEESDAE stap ek soggens met my eerste koppie tee uit na my spinternuwe
kruietuin en sit daar op die trappie en laat die vrede van die vroegmôre
oor my spoel.
Terwyl ek een oggend so sit kom die woord "goedertierenheid" by my op.
Ek lag amper. Dis so ’n outydse woord wat iewers uit die ou Gesange- en
Psalmboek of die Hallelujaboek uit my kinderjare skielik op my neerdaal.
"Goedertierenheid."
Ek rol die woord op my tong en voel sy klanke met my tande. Is goedheid
nie maar dieselfde as goedertierendheid nie? Het die berymers van die
gesange nie net "-tierend-" ingesit om in te pas met die note van die
lied nie?
Goedertierenheid spook by my en telkens tussen werk en huis en winkel,
tussen wakkerword en slaap, sê ek dit hardop vir myself.
Later kan ek dit nie meer hou nie en bel ds. Schalk.
Hy lag verheug by die herinnering aan die mooi ou woord. Hy verduidelik
dat goedertierenheid meer as net goedheid is. Dit omvat ook begrippe
soos barmhartigheid, genade, ’n sagtheid van hart, deernis en boonop ’n
oorvloed daarvan.
Vanjaar met die milde reën wat landwyd geval het, wat riviere wat jare
laas ’n sweempie water gehou het, laat vloei het, wat die berge en
koppies in en om Windhoek in ’n lower paradys omskep het en selfs die
woestyn lemmetjiegroen laat glim het, kan Namibië getuig van hierdie
groot goedertierenheid.
Dit laat my terugdink aan jare van droogte en biddae vir reën wanneer
ons swetend in die kerkbanke gesit het en hulp van Bo vir die ellende
van die land afgesmeek het.
Ná een so ’n biddag onthou ek hoe die hemel se sluise geopen het en ons
sopnat gereën het in die Wes-Transvaal. Op die trappies van die kerk het
’n ou tannie ’n sambreel uit haar handsak gehaal. "Hoe het tannie geweet
tannie gaan ’n sambreel nodig kry?" wou almal weet.
"Julle kom dan kerk toe om te bid vir reën. Waar is julle geloof, as
julle nie voorbereid vir reën kerk toe kom nie?" was haar verergte
antwoord.
My hart gaan uit na die mense van Mariental wat baie swaar kry na die
Hardapdam sy kosbare lewenswater moes stort op die gemeenskap. Maar as
ek rondkyk en sien hoe mense van heinde en verre, individue en
sakeondernemings hul hande in hul sak steek om te help in die nood, as
ek sien hoeveel omgee daar nog is, hoeveel deernis en medemenslikheid,
dan kom die woord goedertierenheid weer in my binneste op.
As ek soggens met ’n kombersie van vrede om my skouers gedrapeer daar op
die trappies van my kruietuin sit, my tee drink, na die voëltjies se
gekwetter luister en die balsemende geure van pepperment, pietersielie,
origanum en marjolein en die besondere reuk van die nat aarde inasem,
dan beleef ek dié goedertierenheid.
Ons het inderdaad baie om voor dankbaar te wees. Dankbaar vir vrede.
Dankbaar vir reën en bo alles diep dankbaar vir die goedertierenheid van
Bo.
Nou die dag
probeer ek orde skep met my respteversameling en ek kom toe op hierdie
lekker een af. Net reg vir kamp ook:
Souskluitjies
in 'n ysterpot
125g botter of
margarien
60ml fyn appelkooskonfyt
12.5ml koeksoda
500ml koekmeelblom (gesif)
knypie sout
100ml melk
750ml kookwater
250ml suiker
5 ml vanieljegeursel
klontjie botter (ekstra)
Smelt botter en
roer dan eers konfyt dan koeksoda by (mengsel bruis). Voeg meel en sout
beurtelings met melk by. Plaas oorblywende bestanddele in ysterpot en
laat opkook. Skep lepelsvol deeg in kokende vloeistof sodat hopies nie
opmekaar lê nie. Sit deksel op en prut 25 minute lank.
Ek het 'n
reisigersforum begin. Enigiemand wat wil gaan rondry of pas teruggekom
het van 'n lekker vakansie kan of 'n vraag vra of van hulle vakansie
vertel,
klik hier en
gaan lees wat ander alreeds geskryf het.
Toe ek besig was
om my Toebroodjieresepteboek saam te stel kom ek agter dat
grondboontjiebotter 'n gunsteling onder die toebroodjiemakers is.
Volgens bydraes wat ek ontvang het kan mens amper enigiets saam met
grondboontjiebotter op brood sit. Toe kom ek op hierdie Grondboontjiesop
af!
Grondboontjiesop
1 groot ui (gekap)
3 knoffelhuisies (in sout gekneus)
12.5ml botter
800g-blik tamaties (gesny,ongedreineer)
250ml water
300ml korrelrige grondboontjiebotter
410g-blik ingedampte melk
sout en peper na smaak
1ml aangemaakte mosterd
knypie rooipeper
pietersielie vir garnering
Soteer uie en
knoffel in botter tot sag. Roer tamaties, water en grondboontjiebotter
in en verhit tot kookpunt. Verlaag hitte, bedek en prut 5 minute lank.
Roer res van die bestanddele, behalwe pietersielie, in en roer oor
matige hitte tot effens verdik. Garneer met pietersielie. Sit dadelik
voor.
(Wonder of mens
dit met brood gesmeer met grondboontjiebotter kan eet? - Peter)
Laat
jou wildste drome waar word, kry 'n kaartjie in die UK Lottery,
klik net hier
Boererate en
Boerekosresepte saam in een eBoek vir net R75. Geen posgeld om te betaal,
stuur dit as 'n geskenk per epos! Twee boeke in een!
Kontak my vir betalingsbesonderhede.

Suid Afrika se Afrikaanse
soekenjin
ePos Vriende - In die ou dae voor die internet het ek vele
penvriende regoor die aardbol gehad. Jy moes weke wag vir 'n antwoord op
jou brief! Vandag, met ePos gaan dinge sommer blitsvinnig! Mens moet
egter in baie gevalle betaal om jou naam op 'n penvriend lys te kry. Ek
glo nie daarin om vir vriendskap te betaal nie, dus gaan ek 'n gratis "ePos
Vriende" afdeling begin. Al wat jy hoef te doen om jou gegewens op die
lys te kry is om
HIER te klik en jou besonderhede in te tik. As jy soek na 'n
vriend, klik
HIER en gaan deur die lys en stuur 'n epos aan iemand met wie
jy wil korrespondeer, so maklik soos dit! Die eerste 20 inskrywings kry
elkeen 'n gratis kopie van my Tradisionele SA Resepte eBoek!
st
se pitkos
Klik hier om st
se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Nog
gevleuelde woorde van ST:
Het
jy al mismoedig gevoel oor die lewe. Ek bedoel, regtig gevoel die lewe
is eintlik nie die moeite werd nie. Die lewe is net een lang baklei en
gesukkel om kop bo water te hou.
As jy so voel, lees dan verder.
Die skepping is besig om fees te vier
Alles rondom ons is uitbundig en besing die lewe en die bestaan. Die
volgende woorde beskryf dit so treffend in Engels dat ek dit onveranderd
weergee:
“Take hold of your own life. See that the whole existence is
celebrating.These trees are not serious, these birds are not serious.
The rivers and the oceans are wild, and everywhere there is fun,
everywhere there is joy and delight. Watch existence, listen
to the existence and become part of it.” Osho
Om die woorde van Osho in Afrikaans te vertaal: “Neem beheer van jou eie
lewe. Sien raak dat die hele bestaan besig is om fees te vier. Die bome
is nie ernstig nie, die voëls is nie ernstig nie. Die riviere en oseane
is onstuimig ontembaar, en orals is pret, en orals is daar vreugde en
genot. Kyk na bestaan, luister na die bestaan en word deel daarvan.”
Jy is mens gebore om die volheid van jou bestaan te geniet en te
verwesenlik. Wanneer jy egter toelaat dat vrese en kleinlikhede jou
ontstel, is jy besig om jou bestaan in die voet te skiet.
Jou bestaan vra van jou om jou vrese, nukke, kleingeestigheid van jou
skouers af te gooi en die lewe met alles wat jy het te omarm.
Net vir ‘n kort tydjie is jy geleen aan hierdie wêreld, net vir ‘n baie
kort tydjie is die geskenk van lewe aan jou gegee. En hiermee saam – as
deel van die pakket van die lewe – het jy die vryheid van keuse gekry.
Dis net jy wat kan besluit hoe misrabel en pessimistis jy van dag tot
dag sal lewe en of jy jou bestaan met entoesiasme en vreugde begroet.
Die spreekkamers van dokters en sielkundiges sit vol van mense wat
vaskyk in die ellendige kant van die lewe. Mense wat so behep is met
hulle eie swaarkry, so bitter oor ‘n onreg wat teen hulle gedoen is, wat
suur is oor dinge wat oor ‘n jaar of twee eintlik nie meer saak sal maak
nie.
Ons planeet en alles wat daarop is, nooi jou uit om aan te sluit en deel
te word van die pret en jolyt van bestaan. Steek aan die vreugdevure,
besing die lof van die Here wat die grootse skepping gemaak het, en
verwonder jou oor die wonder van jou eie bestaan.
‘n Sprankie wysheid vir die dag
Ons sprankie wysheid kom vandag uit Nina Smit se boek ‘n Keur van
Wysheid:
“Eerlike en fatsoenlike vreugde en ‘n vrolike gemoedstemming is die
beste medisyne vir ‘n jong mens, nee, vir énige mens. Ek wat voorheen
gedurig met ‘n droewige gesig rondgeloop het, soek en geniet nou die
vreugdes van die lewe net waar ek kan. Ek het nou genoeg insig om te
weet dat ‘n mens met ‘n skoon gewete gelukkig mag wees en al die goeie
gawes van God met danksegging mag geniet.” – Martin Luther
Dr ST Potgieter
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za
|