|
 |
|

|
|
Nommer 92 |
DIS mos
Afrikaans! |
28 Junie 2006 |
|
Wees gegroet!
Welkom aan alle nuwe
intekenare!
Ek krap toe op my
rekenaar rond en kom op hierdie artikel van Minette af, ek is redelik
seker dat ek dit nie vantevore gebruik het nie, in alle gavel, hier is
hy:
Minette is nou nie
meer in Windhoek nie maar het na Stellenbosch verhuis, ek hoop maar dat
sy eendag weer sal begin skryf.
Boesmanbid
Minette Brink
DIT is die maand
Oktober. Glo die mooiste, mooiste maand met viooltjies in die voorhuis
en al daai stroperige digters-treurmares.
Dit is die maand Oktober. Naas Kersfees die tydperk met die hoogste
selfmoordsyfers.
Dis nie ʼn lekker onderwerp nie, maar soms moet ʼn mens maar die feite in
die oge kyk. En nooit sal ʼn mens al die antwoorde kry nie. Hoekom is ons
hier, wat is ons doel, het die Here ons verlaat en sommer al Sy engele
ook saamgevat en kyk hoe lyk die wêreld nou.
Daar is tye wat die vrae net te veel raak en die slaap net te min raak.
En iewers tussen in hang ons verward oor die waantoe (waan toe) nou. Ons
word ouer, sien elke dag die tekens in die spieël en steeds het ons nie
ʼn aks nader aan die antwoord gekom nie.
Sien nie eers ʼn stukkie lig op die horison nie. Ons is nie depressief of
morbied of kwaad of hartseer nie. Net dom verward en lam van moeg. Van
diesêlle van elke dag, van wonner oor die gewonner. Nie eers Desember se
uitspan ommie draai kan die mondhoeke tot nuwe hoogtes inspireer nie.
En dan sal ons iewers in die nanag ons neuse vanself voel wikkel, ons
lywe skielik koeler raak en ons voete vanself tot by die oop venster
loop. Die kantgordyne eenkant skuif en verwonderd staan en ruik en voel
en sug.
Want dit reën. Vir die eerste keer. En skielik is ons die eerste mense
in die paradys, voor die groot swig vir Adam en sy appel. Volmaak. En
lig. En lewendig.
Oppad waan toe die volgende dag, is almal stadiger, gemoedeliker,
vriendeliker, sagter, mooier.
En Jakarandas het hemelse pers konfetti oor alles gestrooi. ʼn Huwelik
tussen seisoene. En ons los die gewerk en geworry oor die niks en gaan
staan buite in die sagte reën en steek ons tonge uit en proe die lewe.
Terwyl ons soos die kinders wat ons jare terug was en eintlik nog steeds
is, in die poele spring en op die sypaadjie dans. Om uitasem met
bloedrooi wange laggend in die kantoor terug te skarrel. En die eerste
pos met nuwe moed beginne lees.
Die Boesman se Onse Vader, geskryf deur P.J. van den Heever:
“Onse Vader wat doer êrns vêr bo in die bloulug is, diese warm dag wil
ikke op myse kniege tot U kom bid: Lat U se koningskap tog by ons kom,
en lat U se grootheid hier tissen ons staan gemaak kan worre, en lat U
se wil gebeure doer bo by U rond, net so gebeure hier by ons Boesm’land
se grond. Gee ons vandag onse tjai-impie kos en vergewe ons, onse
sondige gemors, sos ons die ander minse sin vergeef. Here lat die kwaad
doen goerterse wye draaie om ons loop en gee tog samblief Here lat die
duwel nie naby kom nie. Die minse doen sulke lelike goerters teen my,
maar help tog samblief dat ik dit nie sal raak sien nie, dan sal U mos
ok nie myne raak sien nie. U is vir altyd en vir altyd. Amene my groot
Kroon.”
Dit is die maand Oktober.
Ons kampeer nogal
gereeld en ek het nou besluit om 'n kampkos resepte eBoek saam te
stel. Maar ek het hulp nodig,
stuur
vir my asseblief van julle lekker kampeer resepte en ek sit
dit saam in een boek.
Die boek is nou
gereed en jy kan
hier daarna gaan kyk. Ek
gaan egter resepte bysit soos ek hulle ontvang, so stuur maar nog aan,
asseblief. As jy die boek in eBoek formaat per epos wil ontvang,
vra maar net en ek stuur dit aan vir jou
Ek is ook nou
besig om 'n resepteboek oor toebroodjies saam te slaan, dit sluit
gewone toebroodjies, jaffles, snackwiches en basies enigiets wat op
brood geniet kan word. Die naam sal wees Wille Samies en ek soek
iets "anders", so as julle 'n Wille Samie het,
stuur vir my
die bestanddele en ek sit dit in die boek!
Ek het 'n
reisigersforum begin. Enigiemand wat wil gaan rondry of pas teruggekom
het van 'n lekker vakansie kan of 'n vraag vra of van hulle vakansie
vertel,
klik hier en
gaan lees wat ander alreeds geskryf het.
Sjoe, ek sien die UK Lottery het weer 8 miljoen Britse pond uitbetaal hierdie afgelope naweek, dis darem maar 'n allemintige klompie Rand! Dis maklik om 'n kaartjie vir die volgende trekking te kry,
klik net hier
Hier is die ideale geskenk vir jou vriende oorsee (en ook plaaslik!),
Boererate (Home Remedies) nou as eBoek, ook in Engels! Ek stuur
dit aan jou per epos en jy stuur dit dan ook per epos, geen duur posgeld
om te betaal nie. Net R75 vir bykans 2000 Boererate. Stuur my
epos vir betalingsbesonderhede.
Die Home Remedies is ook tesame met my Traditional South African Recipes
op CD beskikbaar teen R96 (US$22) posgeld ingesluit. Stuur vir my
epos vir betalingsbesonderhede.

Suid Afrika se Afrikaanse
soekenjin
ePos Vriende - In die ou dae voor die internet het ek vele
penvriende regoor die aardbol gehad. Jy moes weke wag vir 'n antwoord op
jou brief! Vandag, met ePos gaan dinge sommer blitsvinnig! Mens moet
egter in baie gevalle betaal om jou naam op 'n penvriend lys te kry. Ek
glo nie daarin om vir vriendskap te betaal nie, dus gaan ek 'n gratis "ePos
Vriende" afdeling begin. Al wat jy hoef te doen om jou gegewens op die
lys te kry is om
HIER te klik en jou besonderhede in te tik. As jy soek na 'n
vriend, klik
HIER en gaan deur die lys en stuur 'n epos aan iemand met wie
jy wil korrespondeer, so maklik soos dit! Die eerste 20 inskrywings kry
elkeen 'n gratis kopie van my Tradisionele SA Resepte eBoek!
Dis doodmaklik om 'n
kaartjie vir die UK Lotto te koop. Die boerpot is selde minder as R10
miljoen en gereeld naby die R90 miljoen!!
Klik hier en kry jou kaartjie! Jy kan nie wen as jy nie in is
nie!
Boerpotte is gereeld £5 miljoen of meer, dis darem 'n
allemintige klompie Rand!
Ek het nou die dag 4 nommers ingehad, hulle betaal dit sommer aan jou
per tjek in Rand!
st
se pitkos
Klik hier om st
se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Nog
gevleuelde woorde van ST:
Weet
jy, ek ontvang nou die dag ‘n briefie van iemand wat die volgende vra:
“Hoe kan ek sukses behaal? Dit voel of alles wat ek aanpak net vol
mislukking is. Ek is soos ‘n vrot appel en kan niks reg doen nie.”
Jy sal met my saamstem dis nogal ‘n vraag wat die meeste van ons een of
ander tyd vra. En ek weet dis vir jou belangrik om sukses te behaal.
Daar is sekerlik ‘n klomp wenke, raad, planne, strategieë en resepte vir
sukses. Maar ek gaan jou nie verveel met dit alles nie, maar net so drie
dinge uitlig om jou aan die dink te sit:
Wenners se wenke vir sukses:
Richard Branson die flambojante Britse biljoenêr het die volgende wenk:
“Business opportunities are like buses, there’s always another one
coming.” En dis sy uitgangspunt. Klim in en doen die ding. Maak jy foute,
daar kom weer nuwe geleenthede. Vele van Branson se projekte het misluk
soos Virgin Vodka wat besigheidsgewys misluk het. Dieselfde het met
Virgin Cola gebeur. Ook Vrgin Cinemas. Ook Virgin Cars. Kry jy die punt?
Jy mag misluk en jy mag groot misluk. Gebore uit die mislukkings vind jy
vastrapplek om ‘n sprong na groot sukses te maak.
Donald Trump die Amerikaanse biljoenêr gee die volgende wenk: “Watch,
listen, and learn.” Trump het die vermoë ontwikkel om baie fyn waar te
neem en dan ‘n sekere persepsie daargestel. Hy het die vermoë ontwikkel
om mense sy standpunt te laat insien, en dit dan te gebruik om sy
miljoene te maak. Met ander woorde fyn observasie om ander te verstaan
en dan die situasie tot sy voordeel te manipuleer. Hy sou mense kon
oortuig dat ‘n projek nie sonder hom suksesvol sal verloop nie. Deurdat
hy hierdie tegniek bemeester, slaag hy daarin om groot sukses
byvoorbeeld in die eiendomsmark te behaal. Die vraag is hoe goed kan jy
luister en observeer, en dit dan inspan om ander van jou waarde te
oortuig. Kry jy reg om dit te bemeester, het jy een bestanddeel in die
wenresep van ‘n multibiljoenêr jou eie gemaak.
Kom ons voeg darem ‘n suksesvolle Suid-Afrikaner by, naamlik Gary Player
met sy befaamde woorde: “The harder you practise the luckier you get.”
Player het ‘n sterk werksetiek. Hy sê dat niks groots in die lewe word
bereik sonder harde werk nie. En sy rekord getuig van die waarheid
hiervan. Meer as 160 toenooie wat hy wêreldwyd gewen het. Hy is een van
slegs vyf golfspelers in die geskiedenis van golf wat daarin kon slaag
om al vier die Grand Slam toernooie te wen. Hierdie wenk is beslis ‘n
groot regmerk in my boekie van suksesresepte.
Wanneer jy ernstige hartprobleme het en moontlike ‘n hartoorplanting
moet ondergaan. Wie gaan jy konsulteer – jou vriend wat om die draai van
jou bly of Dr Kwak? Of sal jy die beste hartspesialis se insig, advies
en hulp te kry?
Nou ja, hier is drie van die wêreld se mees suksesvolle mense elk vir
jou met ‘n wenk vir sukses. Luister jy na jou maat se raad, of maak jy
gebruik van die advies van super suksesvolle mense?
Die keuse is joune.
‘n Sprankie wysheid vir die dag
“Toe ek jonk was, het ek agtergekom dat nege uit die tien dinge wat ek
doen, mislukkings was. Dus het ek tien keer harder gewerk.” – George
Bernard Shaw
Dr ST Potgieter
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za
|
|
|
Webwerf soeklig |
|
Met elke uitgawe
sal ek van nou af die soeklig plaas op 'n webwerf met Afrikaanse
inhoud. Hierdie keer is dit die beurt van:

|
|
|
|
My Webwerf se Soekenjin |
|
Vind enigiets op my webwerf, tik 'n sleutelwoord
in die blokkie en Klik. Soek resepte, bestanddele, plekname ens.
Klik op webkaart vir 'n kaart van my webwerf |
|
|
|
|
|
|
'n Tikkie Humor |
|
Op 'n plattelandse dorp waar die inwoners hoofsaaklilk Afrikaans
magtig is en gedurende 'n wintermaand toe verkoue erg in die omloop was,
was die predikant baie omgekrap dat sy aandag gedurende eredienste
onderbreek word deur gemeentelede se hoesbuie. Hy bespreek toe die
probleem om 'n oplossing te vind met sy koster wat Engelssprekend is.
Die koster gaan koop toe 'n groot bottel hoesstroop by die apteek.
Die volgende Sondag as iemand hoes, staan die koster op en gaan gee vir
die persoon 'n lepel hoesstroop in en se vir hom iets in sy oor waarna
die persoon opstaan en uit loop. So hou dit aan en die kerk is later
byna leeg.
Na die diens vra die dominee vir die koster wat hy dan vir die mense
gese het dat hy later vir 'n byna lee kerk moes preek. Die koster se hy
het net vir hulle gese, "For cough".
Advertensie in die Rapport se LOOPBANE:
“Ongetroude man, gewillig om te reis, alle kostes gedek. Moet eie sker
en skeermes hê.”
Koos doen aansoek.
“Ja,” sê die klerk, “dis ‘n modelagentskap.
Hulle soek iemand om die vroue modelle te skeer en hulle bikini-lyne
te trim.
Die job betaal baie goed, maar daar is ‘n paar negatiewe aspekte.
Jy sal moerse baie moet travel - Bahamas, Tahiti, Londen, Parys- en
natuurlik heeldag in kaal modelle moet vaskyk.”
“Gaaf,” sê Koos, “waar gaan ek vir die onderhoud?”
“Hier in die Kaap,” sê die klerk, “en hier is jou treinkaartjie
Secunda toe.”
Koos vra verward: “Secunda?? Ek dog die interview is in die Kaap??”
Klerk gee hom ‘n skewe kyk: “Ja, maar dis waar die einde van die F#@$%
queue is!!!”
|
|
|
Die Resep(te) |
|
My
Kampkos resepteboek is nou gereed en vir die volgende paar weke sal
ek kamp resepte hier insit.
|
|
Blitsige braai-idees
·
Vinnige poeding: Sny piesangs (in die skil) in die lengte oop, maar moenie
dwarsdeur sny nie. Stip die binnekant met botter en besprinkel met
bruinsuiker. Braai tot gekarameliseer en die skil swart is. Sit voor met
botterkaramelsous en vanieljeroomys.
·
Vir 'n voorgereg, marineer groot garnale in gelyke hoeveelhede olie en
suurlemoensap. Voeg fyngedrukte knoffel, sojasous en heuning na smaak by en
braai vinnig tot net gaar. Geur met sout en peper en sit voor op vars roket,
komkommerlinte of babaspinasie.
Drup
van die orige marinade oor as slaaisous.
·
As slaai of bykos, braai aspersies op 'n warm roosterplaat tot sag en gaar.
Bedruip met olyfolie.
Geur met sout en peper en drup balsamiese asyn oor. Sit voor
met 'n tamatie en soetrissiesalsa.
·
Draai 'n heel brie of camembert in 'n dubbellaag geoliede foelie toe en
braai oor lae hitte tot sag. Sit dit voor met stukke geroosterde Franse
brood om in die kaas te doop. Om dit as nagereg te bedien, sit voor met
beskuitjies en konserf, soos groenvye of kumkwarte.
·
Lekker met enige seekos, is geroosterde sitrus. Halveer suurlemoene of
lemmetjies en plaas met die gesnyde kant na onder op 'n geoliede
roosterplaat. Braai tot goudbruin aan die onderkant. Sit voor met gebraaide
vis of ander seekos soos calamari of garnale. Die warm suurlemoene gee meer
sap en dit het dan 'n lekker, geroosterde geur.
·
Gee gebraaide vis 'n slag nuwe geur. Meng 45 ml basiel- of tamatiepesto, 2
ml vars gemaalde swartpeper, 5 ml fyngerasperde suurlemoenskil en 15 ml
suurlemoensap en smeer oor die vis voor en terwyl dit gebraai word. Sit voor
met aartappels en slaai.
|
|
|
Vriende van Boeremusiek |
Dagsê
Boeremusiekvriende,
Hierdie is net ‘n vriendelike aanmaning dat ek my webblad se adres
verander het na:
http://kalie.boeremusiek.net
Hierdie is ‘n vereenvoudigde adres van die vorige een. Dit is ook
voorsien met ‘n hoofstuk vol konsertina inligting. Daar kom nog ‘n nuwe
gedeelte: Wat is nuut? Waar ek graag die huidige verval in Boeremusiek
wil aanspreek. Die blad behoort teen einde volgende week klaar te wees.
Kyk gerus ook op die blad na puik CD’s wat te koop is!
Nogmaals dankie vir u ondersteuning!!
Boeremusiekgroete,
Kalie de Jager
Tel.: 012 5485654
Faks.: 012 5485654
Sell.: 0825788907
E-pos: kalie@telkomsa.net
Webblad:
http://kalie.boeremusiek.net |
|
|
|
|
|
Die Danville Hulp Groep |
|
.
Goeiemôre vriende,
Lekker om terugvoer te kan gee wat vol dankbaarheid is. Weereens baie
dankie aan almal wat gehelp het om die projek weer behoorlik op dreef te
kry. Die "blessings" is so groot, dat mens partykeer skaam kry omdat jy
bekommerd was!
Dit gaan by al die projekte op 'n drafstap! Net gou bietjie terugvoer:-
Bloudakkies ouetehuis
Man hier gaan dit nou behoorlik vir jou lekker! Elke Dinsdag kry die
oumense 'n heerlike bord gekookte kos - uit die boonste rakke! Die ou
dames gebruik al hul "beste resepte" - so jy kan net dink aan die
heerlike boere kookkos wat daar voorberei word met so bietjie gesonde
kompetisie onder die vrouens!.
Al hoe meer bejaardes begin nou ook betrokke raak by die projek. Die wat
nie help kook nie - het nou begin truitjies brei vir die kinders. Ander
brei en maak oortreksels vir die warmwatersakke. Ek was lekker verras
met die pragtigste baaidjies met kepsies aan wat een van die ou dames
sommer uit haar eie gemaak het - te pragtig. Een tannie het die mooiste
bedsokkies gebrei en geskenk. En dit is hiermee wat ons ook 'n groot
verskil in hulle lewens kan maak. Hulle raak nou betrokke en sit nie
heeldag in die huisies nie! Interaksie so tussen die koppies tee en
eetgoed ( ek begin nou ook lekker uitrys van al die koek en tee daar!!!!)
is net die regte ding
Ons benodig die volgende by die ouetehuis as daar dalk iemand is wat met
van die artikels kan help:-
Naaldwerkmasjiene - Omkapmasjiene - materiaal - garing - "batting" - wol
- 'n vrieskas - 'n stoof - 'n yskas - toiletware ens
Andeon projek
Hier woel dit ook. Baie, baie dankie aan die dame wat 'n houthuisie vir
ons geskenk het. Dit was behoorlik vir jou 'n seëning. Almal is nou
onderdak en veilig. Ek het op die oomblik 'n tengerige/sieklike, eensame
vroutjie daar in 'n stukkende/gehawende karavaan - ons het vir haar ook
'n houthuisie nodig. Dit is nou nie so kritiek nie, maar dit sal goed
wees as ons haar in 'n huisie kan sit met 'n deur wat kan sluit!
Ons het 28 sakkies aartappels uit hulle groente tuin geoes en teen R15
per sakkie verkoop. Dit het gehelp om so 'n paar rand in die wat
betrokke by "operasie mazamban" was, se sakke te sit! Kyk nou net!
Ons het sinkplate dringend nodig vir die opelug badkamers asb - as jy 'n
paar het wat rondlê - gooi maar oor asb
Rainbow projek
Hier gaan die lewe ook weer sy normale gang. Ons het dames gekry wat
gaan help om die kombuise by altwee die bedienings op te knap! Baie
dankie daarvoor - dit is werklik baie nodig.
Emmanuel projek
Hierdie projek is somtys ook maar grondpad-agtig! Die mense in
Elandspoort se behoeftes en swaarkry is groot! Ons probeer help waar ons
kan - maar somtyds wens mens jy kon net die horlosie terugdraai om
werklik 'n verskil te kon maak! Maar ons sal aanhou en uithou!
Rainbow Kleutergroep
Ouliker as hierdie goedjies kan jy nie kry nie! Hulle is bekkig, slim en
sommer net pragtig! - wil hulle sommer opeet! Die juffrouens doen
wonderwerke daar onder leiding van Attie en 'n mens sien daagliks hoe
die outjies ontwikkel en vooruitgaan. Wat 'n vreugde!
Pres. Kruger Kinderhuis
Hierdie kinders is voorwaar baie gelukkig om in hierdie kinderhuis te
wees. Die liefde, sorg en aandag wat hulle hier ontvang is ongelooflik!
Daar is baie nuwe outjies wat 'n mens nogal hartseer maak. In plaas dat
die situasies verbeter - is daar al hoe meer kinders wat nie goed
versorg word nie! Wat is dit met ons ouers????
Ons sal graag weer in Augustus wil begin kamp - met die kinderhuis seuns
heel eerste. Ek hou julle op hoogte.
Algemeen
Ons het 'n weduwee met 3 kinders wat werklik nou behoorlike behuising
nodig het! - Hulle woon nou al die afgelope 3 jaar in 2 klein
houthuisies! Hierdie is 'n pragtige gesinnetjie, die ma beskerm en pas
hierdie kinders soos goud op - hulle presteer op skool en het die
mooiste maniere! Dit is werklik vir my 'n voorreg om by hulle betrokke
te wees. Ek wil graag 'n groterige houthuisie vir hulle oprig en indien
moontlik vir elkeen 'n slaapkamer inrig. Privaatheid is so noodsaaklik
vir enige mens! Hulle verdien dit werklik en ek hoop dat ons dit sommer
binnekort sal kan doen. Met die regte hulp en leiding is hier 3 kinders
wat die vermoeë gaan hê om hulle uit hulle situasie uit te lig. Help my
asb om hulle te help.
Ek het verlede week 'n hele ton suikersoet nartjies by 'n boer in
Lyndenburg present gekry. My bakkie se as - amper gebreek! Maar nietemin,
die hele volk het nartjies gekry en die oumense het sommer dadelik
nartjie konfyt gemaak! Dit was nou vir jou 'n gedoente - het nogal vir
baie pret gesorg! Sal die foto's volgende week op die webwerf hê.
Belfast Kinderhuis
Ons het môre 'n jeugdag funksie by hierdie kinderhuis. Gaan hulle bederf
met heerlike eetgoed, speletjies en 'n gospel orkes gaan vir die musiek
sorg. Elaine van Lydenburg het al die reëlings getref en ek glo dat dit
'n reuse sukses gaan wees. Ek sal volledig terugvoer gee volgende week.
(Ek gaan die spookasem masjien beman - het julle al gesien hoe lyk
spookasem op jou hare en "eyelashes??) Sal fotos neem vir die webwerf.
Weet julle hoe koud is dit nege uur in die oggend in Belfast!!!!
Dit dan die nuus op hierdie stadium - ek hou julle op hoogte van al die
verwikkellinge.
Nogmaals baie, baie dankie aan almal wat so getrou ons projek ondersteun.
BAIE DANKIE vir julle groot naasteliefde - sonder dit kan ons projek nie
bestaan nie.
Mooi loop
Elsabe
Bankbesonderhede:
Danville Hulp Projek
FNB - Brooklyn
Takkode:- 251 345
Tjek rek: 620 546 34128
Swiftkode: FIRNZAJJ926
Aflewerings adres:-
286 Cliffendale rylaan
Faerie Glen
Tel 012 991 3914 Sel 082 8282 551
E.pos - elecnet@mweb.co.za
Webwerf: www.danvillehulp.co.za
PS Bel asb voor jy ry |
|
|
Boereraat van die Week |
| !! Ek beveel sterk aan dat 'n apteker of dokter se
raad eers ingewin word voordat veral die medisinale rate gebruik word, ek
kan ongelukking nie verantwoordelikheid aanvaar as iets verkeerd gaan nie,
ek plaas die rate suiwer as interessante inligting. !!
Klik hier vir
inligting oor my Boererate eBoek!
Toe ek in Windhoek by
vriendin Estelle de Bruyn kuier gee sy vir my hierdie stokou en verslete
respteboek, geen buiteblaaie en geel van die ouderdom. Agter in is Boererate,
vir die volgende jaar of so sal ek van hulle hier plaas:
Brandwonde:
As 'n beproefde raad wor oek opgegé: meel dadelik op di wond te
strooi. Meel sluit di lug af. As dit 'n kors geef, was dit fersigtig af met
lou water, en strooi weer fars meel op. Soetoli is ni goed ni, dit laat die
wond dra, en dit duur lank foor dit genees, meel maak ni so ni.
|
|
|
|
Afrikaanse Lied |
Hier is iets nuuts! Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek |
|
KIEWIETJIE
ROOIBEEN
Woorde: Tradisioneel
Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: CHRIS LAMPRECHT
Kiewietjie, Kiewietjie rooibeen, ek vat my baas (pa) se bontspan;
ek ry so ver soos Tolletjieberg en ek groet g'n niemand as Klein-Klaas.
Kiewietjie, Kiewietjie rooibeen, ek vat my baas (pa) se bontspan;
ek ry so ver soos Tolletjieberg en ek groet g'n niemand as Klein-Klaas.
Musiek, soos opgeteken deur Dirkie de Villiers by tant Drika Fick van
Boesmansriviermond. "Kiewietjie" word soms "Kiebietjie" uitgespreek.
|
|
|
Snuffelhoekie |
|
Ek versamel yskasmagnete van buite Suid
Afrika,
kontak my
en dan ruil ons uit! |
|
|
|
|
Koop nooit weer 'n
resepteboek nie. Kry 'n CD met 38 resepteboeke op (Engels) vir net R100
- klik hier en kry
ook jou gratis resepteboek |
|
|
|
|
As jy nog nie jou
eksemplaar van my Boererate eBoek gekry het nie,
klik hier vir
meer besonderhede. Gaan kyk ook na my ander
eBoeke |
|
|
|
|
bukhuki
is 'n annerster boekwinkel in Somerset-Wes, Wes-Kaap, met boeke en
verwante produkte gemik op kinders en jongmense tot ongeveer 14 jaar oud.
|
|
|
|
op my webwerf |
|
|
|
|
Hulp met
skooltake??
Klik hier! |
|
|
Teken in op hulle
nuusbrief,
klik hier
en stuur leë epos. |
|
|
|
|
Vakansieverblyf is altyd 'n probleem, dié mense maak dit makliker om te
kry,
klik net hier.
|
|
|
|
|
Soek jy plek om te gaan kampeer?
Klik dan hier!
|
|
|
|
|
Internetbesigheid?
Tuisbesigheid? Al die inligting wat jy benodig op een CD - klik
hier vir besonderhede (Engels) Kry ook jou gratis eBoek |
|
|
|
"Making Diabetic Cooking Easy"
Die boek bevat 177 resepte en kos maar net R65. Vir meer
inligting, kontak Anna by
0822946799 of per epos by
anna_se_kombuis@yahoo.com
Vir nog meer van Anna se resepteboeke,
klik hier |
|
|
|
|
Jy geniet gratis toegang tot internet
bankdienste met 'n bluebean kredietkaart
doen nou aansoek !
|
|
|
|
|
Elkeen van my nuusbriewe bevat 'n goeie Afrikaanse artikel, 'n tikkie
humor, 'n Tradisionele Afrikaanse resep en die woorde van 'n Afrikaanse
lied, gaan kyk gerus in die
Argiewe na vorige
uitgawes |
|
|
|
|
Ek sal enige
konstruktiewe
terugvoer
en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
|
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit bo aan hierdie bladsy:
|
|