|
Wees gegroet!
Welkom aan alle nuwe
intekenare!
Ons neem tydelik
afskeid van Minette wat oor die maande (jare) al daardie mooi stories
geskryf het en toestemming verleen het dat ek hulle hier kon gebruik. Sy
maak 'n groot verandering in haar lewe en verhuis Kaap toe. Hou haar tog
in julle gebede of stuur haar epos
van bemoediging.
| En
nou wil ek van my speelgoed verkoop, die speelding word nie ten
volle benut nie en iemand anders sal dit beter kan gebruik. Dit
behels 'n (verskoon die Engelse terme) 'n HP iPAQ POCKET PC 2490
tesame met 'n GARMIN GPS-10 BLUETOOTH GPS RECEIVER wat in effek 'n
GPS van die PDA maak. Daarby het ek ook die Emaps sagteware (Digi-Nav
2006) wat vir jou 'n roete kan beplan en vir jou stap vir stap vat
tot by jou bestmming enige plek in Suid Afrika. Daar is ook 'n
oulike damesstemmetjie wat vir jou meedeel wanner jy moet afdraai!
Baie handig! Dis nog nie al nie. Die pakket sluit ook die volgende
sagteware in: Sasol eBirds, eGuide to African Mammals, eSnakes,
Sasol eWildlife wat Insects, Spiders/Arachnids, Frogs, Reptiles,
Birds, Mammals, Grasses, Trees en Wildflowers bevat. Die
pakket is so te se splinternuut (begin April aangeskaf) en om dit
vandag aan te koop sal R8700 kos. Hierdie is die ideale pakket vir
die reisiger en buitelug entoesias, en dis joune vir net R5000
kontant. Kontak my as jy wil gesels! peter@funkymunky.co.za |
Daar gaan weereens
'n vertraging wees met die volgende Patriot. Die reisgogga het nou
behoorlik gebyt en ons vat die 28ste die pad Margate toe vir 'n week en
direk daarna gaan ons Namibië platry, ons is so teen die einde van Mei
weer trug, net om te laat weet ingeval iemand sou wonder :-)
Ons is sopas terug
van die Kgalagadi Oorgrenspark. Wat 'n wonderlike ervaring was dit nie.
Ons het besluit om te kamp eerder as om in chalets tuis te gaan en dit
was ook 'n wyse besluit. In 'n tent voel mens baie nader aan die natuur
en het die nagggeluide om die kamp soos hiëna, leeu en jakkals meer
effek op 'n mens. Die paaie is bietjie sinkplaat maar as mens die
banddruk genoeg verlaag ry mens al klaar lekkerder. Die plek kan nie met
Kruger vergelyk word nie, daar heers 'n heeltemel anderse atmosfeer.
Serlfs die diere verskil van Kruger. Hier het ons baie springbiokke in
plaas van impalas en gemsbokke plaas van waterbokke gesien. Die
roofvoëls is ook uitsonderlik en die jakkalse is baie minder skugter as
in Kruger. Gaan slaan gerus daar tent op, julle sal nie spyt wees nie.
Los tog maar die sedanmotor tuis, 'n bakkie of iets dergliks aard baie
beter op daardie paaie!
En wat so wonderlik
is, ALMAL van Vryburg tot Upington tot in die Kgalagadi praat net
Afrikaans!!!!
En Noordwes se paaie
is VROT van die slaggate, sies vir julle!
Hier is skakels na
van die fotos wat ek geneem het, lekker kyk!
Kgalagadi -
http://www.imagestation.com/album/pictures.html?id=2107442046
Kgalagadi Grondeekhorings -
http://www.imagestation.com/album/pictures.html?id=2107441087
Wat van 'n
bietjie "anderste" Afrikaans. Die volgende kom van Danie Joubert by epos
DJoubert4@weskusmedia.co.za
Laat weet hom wat julle dink....
Hier oppe môre
sta oupa Boes voorie deur sta pyp brandmaak. Disse stil oggend en hy't
beslyt hy loop vroe, wantit lyk offit sil warm word viddag, en hy wil
haam voorie ergste hitte trug wees byrrie hys. Nouja sy vrou, ouma Anna
het sy jaarsak gepak. Dis brood, vleis, koffie, water en simmir genog
kos virrie hond ook. Die ou vul vat sy sak en hy roepie hond en ha gaat
hulle. Kyk nalattie ou afgetree hit mit spessiejoen issittie ou se werk
om allie lyndraare ennie krippe oppie plaas na te loop. Die krippe se ou
water lat hy ytloop, da maak hyrie krip skoo', da lat loop hyrie krip
weer vol skoo' water. Die draare wat stukkend is, kom rapport hy innie
plaas, da ga maakie anner bojane die draare reg. Nouja hier teen
twaalfuur die mirrag gaan sittie ou ha onnerre boom innie skare. Die ou
maak sy sak ha oop, ennie ou beginne eet. Toerie ou klaar is, goi die ou
hom ha neer onnerrie boom. Hy wil haam net so effens, totlattie ergste
hitte so 'n biekie gesakkit. Die hond bekykkie affering so, en hy beslyt
dis simmir nonsens, assie ouman nie vir hom kos hettie, da gaan hy hys
toe, daar sil kos wees, en ha stoot hy. Haai ou tjêrel lê slaap haai
mirrag so vas, die son het naand onner gegaan. Hier so teen halftien die
aand skrik hy virrie eerste keer wakker. Die ou se maag beginne werk ha
pikswart yt, want toe hy sy oë oopmaak, toe kan hy nie sienie. Hy dag
toe hyt blind geword, maar toe hy die affering reg bekyk, toe eers sien
hy dis al hoeka donker. Die ou roep ha na die hond, maar dies al koud
byrrie hys. Ewentwel, die ou vat sy sak, en hy beginne loop. Na omtrent
sowat twee, drie ure se loop, kommie ou agter hy loop innie ronte,
wantit smaak vir hom hy was al hier. Die ou beslyt simmir daar, hy loop
nou regyt. Nie omme bos nie, hy loop deur hom. Hier teen vieruur die
oggend gewaarie ou 'n liggietjie, en hy beslyt hy loop regyt na haai
liggietjie toe. Seker so vyf miniete geloop, toe hoorie ou 'n hond blaf,
hy voor hy ka sê mes, staan hiere allemintige groot hond hier voor hom,
ennie ou vlie simmir ha innie naaste boom in. Die hond hol ha hystoe,
ennie ou sit hom agterna. Toe hy ha kom, klop hy aanie deur, maar hy
haalie sy oë vannie hond affie. Ha gaanie deur oop, ennie ou groet ha
beleefd, en hy beginne verdydlik wie lat hy is, waar hy vinnaf kom, wat
hy oorgekommit, en lat hy net graag tot son yt... en ouma Anna sê vir
hom lat hy sy bek moet hou, en inkom, want waar de swernoot kom hy nou
hierie tyd môre vinnaf...
Groete tog ha virrie annerlike mense ook en so.
Danie
En hier is nog
iets "annerste" wat ek mee rondspeel, Inflasionêre taal Jarre
gelede het vriende van my 'n plaat van die komediant Victor Borge gehad,
een van die goed wat hy gedoen het was "Inflationary Language". Elke
keer dat 'n woord wat 'n syfer bevat in 'n sin voorkom word een bygetel,
bv. die naam Daleen word Datwee en rivier word rivyf. Dit het nogal
snaaks geklink as iemand dit so lees, hier is my poging:
Dit was die oggend
van die 30ste Februarie, ek en die gesin was al vroeg besig on ons 5x5
trippelkajuit Isuzu te pak. Die drieling, Jannie en Sannie was al heel
opgewonde. Die Isuzu was die nuutste 5 silinder model. My vriend Johan
en sy vrou Daltwee het die nuwe 7 silinder V7 model gehad. Syne was
egter nie 5x5 nie maar was driewiel angedrewe. Ons sou deur Vertweeniging
al langs die Vaalrivyf af ry tot by ons bestemming.
Langs die pad was
dit nog baie nat na die vorige aand se rtwee. Ek stop toe langs die
rivyf, sit die kamera op die vierpoot en neem 'n tweend met 'n klomp
klein tweendies af wat water toe loop
Ons belsuit toe
om sommer by die volgende kampplek tent op te slaan. Toe ons stlihou
stap ek en Johan gou af rivyf toe met die drieling Jannie en Sannie
negerna.
Intussen het
Daltwee en my vrou Chriself die vierpoot pot al reg en wag net vir ons
om te kom vuurmaak.
So, wat dink
julle daarvan? Waar kan mens soek vir 'n lys van woorde wat syfers
bevat? Dit sal nogal help om die storie te skryf.
Laat
weet my wat julle dink, dalk kan ons 'n spanpoging maak!
|
Vlooimark  |
|
Ek word gereeld
gevra of ek bereid sal wees om op my webwerf te adverteer. Kom
ons kyk of dit aftrek sal kry, klik op die skakel hieronder en plaas
jou gratis advertensie of snuffel maar net rond. |
|
|

Suid Afrika se Afrikaanse
soekenjin
ePos Vriende - In die ou dae voor die internet het ek vele
penvriende regoor die aardbol gehad. Jy moes weke wag vir 'n antwoord op
jou brief! Vandag, met ePos gaan dinge sommer blitsvinnig! Mens moet
egter in baie gevalle betaal om jou naam op 'n penvriend lys te kry. Ek
glo nie daarin om vir vriendskap te betaal nie, dus gaan ek 'n gratis "ePos
Vriende" afdeling begin. Al wat jy hoef te doen om jou gegewens op die
lys te kry is om
HIER te klik en jou besonderhede in te tik. As jy soek na 'n
vriend, klik
HIER en gaan deur die lys en stuur 'n epos aan iemand met wie
jy wil korrespondeer, so maklik soos dit! Die eerste 20 inskrywings kry
elkeen 'n gratis kopie van my Tradisionele SA Resepte eBoek!
Dis doodmaklik om 'n
kaartjie vir die UK Lotto te koop. Die boerpot is selde minder as R10
miljoen en gereeld naby die R90 miljoen!!
Klik hier en kry jou kaartjie! Jy kan nie wen as jy nie in is
nie!
Boerpotte is gereeld £5 miljoen of meer, dis darem 'n
allemintige klompie Rand!
Ek het nou die dag 4 nommers ingehad, hulle betaal dit sommer aan jou
per tjek in Rand!
st
se pitkos
Klik hier om st
se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Nog
gevleuelde woorde van ST:
Het jy vir ‘n saak beplan en dinge het toe anders verloop as wat jy gedink
het?
Ons probeer dikwels vir ons doelwitte stel, maar dan gebeur iets wat die koers heeltemal verander. Omstandighede - wat ‘n menigte van faktore insluit - kan maak jou aanvanklike idee van hoe ‘n saak verloop, verander. Die kruks is, kan jy aanpas en die nodige koersaanpassing doen of klou jy halsstarrig vas aan jou plan en
idees?
Wanneer jy suksesvol wil wees en suksesvol ‘n taak wil uitvoer, verg dit dikwels buigsaamheid en ‘n aanpassing van jou kant af. Soms is dit nie maklik om ‘n verandering te doen nie, want jy glo in jou manier van doen en wil dit deurvoer op die spesifieke plan wat jy in gedagte
het.
Dis egter belangrik om te weet jy kan verander, en jy mag verander. Die wenner is ‘n strateeg wat weet om in die stryd nodige aanpassing te doen om bo uit te kom. So sal ‘n besigheidsman wat net op een manier fokus, tred met die marktendense verloor en skade as gevolg daarvan ly. Dieselfde geld vir jou beroep. Jy het dalk jou plan vir jou loopbaan uitgewerk, maar nuwe probleme en uitdagings vra egter van jou ‘n aanpassing en
verandering.
Tye, omstandighede, mense, produkte, politiek, kompetisie, nuwe uitvindsels en so meer verander die wêreld waarin ons leef. Vir jou en my om werklik op die voorpunt te bly en munt te slaan uit nuwe tendense, vra buigsaamheid. Vra van ons ‘n nuwe uitgangspunt, ‘n ander plan van aksie, ‘n nuwe weg uit ‘n
doodloopstraat.
In 1943 het die voorsitter van IBM Thomas Watson gesê: “Ek dink in die wêreldmark is daar plek vir ongeveer vyf rekenaars.” Waar sou IBM gewees het indien hulle daarby sou staan? Sedert hierdie uitspraak het IBM sekerlik hul siening verander en derduisende rekenaars vervaardig en
verkoop.
In 1985 het Coca-Cola se voorsitter Roberto Goizueta van New Coke gesê: “Dit is die belangrikste ontwikkeling in koeldrank in die maatskappy se geskiedenis. Die beste is selfs beter gemaak.” Die New Coke was egter ‘n mislukking en kort daarna is dit van die rakke gehaal. Dit getuig van die vermoë van een van die wêreld se grootste maatskappye om te verander en aan te pas.
Wees realisties, niemand kan die toekoms voorspel nie. Daar is altyd determinante en veranderlikes wat intree. Wees dus daarop voorberei. Wanneer die situasie dit vereis, verander strategie, hou alternatiewe planne oop en wees aanpasbaar. Jy moet die vermoë ontwikkel om te kan aanpas by verandering, want daardeur bekom jy die potensiaal vir groei en om nuwe geleenthede aan te
gryp.
Let wel dit gaan nie om die verandering van beginsels nie, maar wanneer die gety draai, jy planne kan maak om die verandering ten beste te benut. Dit word in besigheid gevra, dit is deel van krygsvernuf, in die politieke en ekonomiese ommeswaai in ‘n land, maar ook in jou persoonlike
lewe.
Verandering en aanpassing is heel dikwels nie lekker nie, en mense bied daarteen weerstand. Maar wees jy op en wakker. Neem die veranderinge in omstandighede en die wêreld waar, en maak die nodige aanpassings tot jou voordeel. Die teendeel om nie buigsaam te wees en nodige veranderinge te doen nie, kan jou in cul de sac laat wat tot jou skade en nadeel is.
Met die nodige navorsing, kennis, waagmoed en positiwiteit kan jy verandering suksesvol aanpak en
deurvoer.
Sprankie Wysheid vir die Dag
“Die vraag moenie ‘Gaan ons ooit verander?’ wees nie, maar ‘Wanneer en hoeveel gaan ons verander?’ Niks bly dieselfde nie behalwe die feit dat alles voortdurend verander. Selfs in die begin het Adam, toe hulle by die paradys uitgelei is, herhaaldelik vir Eva gesê: ‘My skat, ons leef in ‘n oorgangstyd.’” – John C. Maxwell
Dr ST Potgieter
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za
|
|