|
Wees gegroet!
Welkom aan alle nuwe
intekenare!
Ons gaan in April
kamp in die Kgalagadi Oorgrenspark. Op pad soontoe slaap ons oor in
Upington en dan kamp ons by Mata Mata, Twee Rivieren en Nossob. As
enigiemand al daar was en enige handige wenke vir my het, stuur my as
epos, ek sal dit baie waardeer. Dan gaan ons in Mei in Namibië rondry,
ek soek wenke oor Kolmanskop, Sossusvlei en Etosha. Epos my
hier asb.
Elsabé van die
Danville Hulp Groep het 'n dringende versoek, gaan lees verder ondertoe
en dra tog asseblief ietsie by! Elke bietjie help!
Hier is Minette weer
met nog 'n lekkerlees artikel. Minette is verbonde
aan die
Republikein, die enigste Afrikaanse dagblad in Namibië. Stuur
gerus vir Minette
epos as jy aanklank vind by haar artikel, sy hou daarvan om van
julle te hoor!
Minette, dink jy die
Taalrestaurant gaan vir ons 'n komplimentêre ete gee as ons in Mei daar
kuier vir al die bemarking wat ons vir hulle doen?
Taalrestaurant
Minette Brink
SINTUIGLIKE
oorlading, wat ʼn wonderlike ervaring.
Op die aand van my 37ste verjaarsdag word ek dié bederf gegee, danksy
Ruhan.
“Ek gaan nie vir jou ʼn persent gee nie, ek gaan jou vir ete vat,” sê hy
die week tevore so in die verbyloop.
Dis chaos in die kantoor. Einde van die jaar stresvlakke skree
oorverdowend, almal sit met opgetrekke spasma-skouers en slaat laaste
stories op sleutelborde uit.
“Ons gaan Taal toe,” sê Ruhan.
Ek gee een van my diep fronse.
“Taal? Watse taal? Wat praat jy?”
Hy klik vererg.
‘Man, die Taalrestaurant. Moenie vir jou aspris kom dof hou nie. Eet jy
Indiese kos?”
En net daar begin die sensoriese prikkels.
“Ek eet alles, jy kan mos sien hoe lyk ek, ek was nog nooit by ʼn Indiese
restaurant nie, ek vrek oor anderste kosse van ander lande en al daai
bakkies met die goetertjies, kan ons met ons hande eet, o lekker, o
dankie,” babbel ek tot erge irritasie van kollegas.
Die oomblik toe ek oor die drumpel van die Taal tree, verander die
wêreld. Ek is nie meer in Iendépidins éwwinjoe nie. Ek is nie meer in
Namibië nie.
Die musiek, die personeel, die sjefs duidelik sigbaar in die kombuis,
die bome, die tafels en stoele, alles speel saam om my op te lig en ver
weg te voer.
Gilbert is sy naam, sê die kelner in die kleed.
Soos ʼn skim verskyn en verdwyn hy op net die regte oomblikke.
Op die tafel loer die platbrode met die onbekende bruin saadjies in.
Stukkies word afgebreek en kou-kou raak ons aan die gesels.
“Dis die probleem in vandag se lewe. Ons jaag deur alles. Wanneer laas
het jy geproé wat jy eet,” sug Ruhan en ek stem saam.
Tot die spyskaart waarsku teen die gejaag.
Geheimsinnige geure spiraal deur die lug, warrel veerlig onder my neus
verby, sodat ek behaaglik diep snuif. Die sintuie roer.
‘Is waar,” sug ek. “Eet het soos tandeborsel geword. Net nog iets wat jy
elke dag uit gewoonte doen.”
En ons kom ooreen om dié aand uit te rek en elke stukkie kos met oorgawe
en oortuiging te geniet.
Elke happie met toe oë te ontdek en toe te laat dat die kruie en
speserye en geheime bestanddele met ons praat.
“It yields the fruit of righteousness to those who follow the moral law,
pleasure to those who follow lust, restraint for the unruly, discipline
for the followers of rule…” seg ene Bharata voor in die spyskaart.
Barra Boti, Reshmi Kebab Kali Mirch, Palak Paneer, Kulfi. Tot die name
van die geregte rol eksoties oor my tong.
Hoender en vegetariese samoosas vir voorgereg, ʼn palatumsimfonie.
Te gou is dit tyd vir die hoofgereg.
“Dis te veel,” sug ek droomverlore. “Waar begin mens kies?”
Dan val my oog op ʼn gereg met bestanddele wat ek nog altyd saam wou proe.
“O! O! Die ene, die ene...eeehh, die Badshahi Badam Pasanda,” probeer ek
my tong om die woorde krul.
Ruhan is duidelik ʼn kenner, want saam met dié bestel hy Chicken Vandaloo,
Jeera-rys en Knoffel Naan.
Gilbert se kleed swiep geluidloos kombuis toe.
Voor ons kan sê Sitar en Tabla sit die kelner die hordes bakkies neer.
“Kan 45 minute al om wees” vra ons tegelyk.
Ek het nie woorde om die eerste happie te beskryf nie. Elke hoekie van
my lyf sug “fluweel.”
“Lewendig,” knik ons oor die Vandaloo.
“Geniepsig,” hyg ons vir die atjars.
Dis te veel, dink ek beneweld. Dis soos besoeke aan katedrale in Europa.
Oorweldigend, ongelooflik, verbysterend mooi.
“Nooit kon dink dat kos my tot trane kan dryf nie. En ek praat nie van
die rissies nie,” sê ek.
Teen die tyd wat ons nagereg moet bestel, was ek om die wêreld en terug.
Met ʼn swaar hart neem ek afskeid van die Taal.
By ons motors kan ek nie genoeg dankie sê nie.
“Van nou af gaan ons elke sintuig inspan om van vooraf te ontdek,”
beloof ons mekaar en groet.
“Het jy ook die seilskepe gelaai met speserye gesien? En die eksotiese
dansers in die maanlig,” vra ek voor ek in die kar klim.
Ruhan het net geglimlag.
Hier is nog een
van my strokiesprente! Klik op die strokiesprent om 'n groter weergawe
te sien
|
Vlooimark  |
|
Ek word gereeld
gevra of ek bereid sal wees om op my webwerf te adverteer. Kom
ons kyk of dit aftrek sal kry, klik op die skakel hieronder en plaas
jou gratis advertensie of snuffel maar net rond. |
|
|

Suid Afrika se Afrikaanse soekenjin
Polisiekar - ek het lank gedink voordat ek die volgende geplaas het want nou kry
die gemors nog gratis publisiteit ook, maar dalk word mense wakker en hou
op om hulle vertonings by te woon en hulle musiek te koop. Lees maar en
besluit vir jouself. Die Moslems betoog wêreldwyd oor spotprente van
Mohamed en toe John Lennon jare gelede verkondig het dat die Beatles
meer populêr as Jesus was is hulle plate wêreldwyd vernietig. Wat doen
ons as Christene hier in SA oor die spul??? Net mooi NIKS! Of amper niks,
een ouer skryf darem 'n E-Pos. As ek deur hierdie te plaas een persoon
oortuig om nie hulle vertonings by te woon of CD's te koop nie het ek my
doel bereik.
Polisiekar in pekel nadat lid God vloek
Feb 16 2006 09:40:22:290PM - (SA)
Jaco Nel
"Vergewe ons, asseblief."
Só het die groep ****ofpolisiekar in 'n verklaring om verskoning gevra
nadat 'n ketting-e-pos uitgestuur is met 'n gebedsversoek en 'n
dringende aanmaning aan ouers om hul kinders teen dié groep te beskerm.
Dit kom nadat Wynand Myburg, die baskitaarspeler, ná hul optrede verlede
naweek in Witbank die woorde "F** God" op 'n jong aanhanger se beursie
geskryf het tydens 'n gesprek oor geloof.
Die e-pos is geskryf deur 'n kwaai ma (wat in die brief anoniem bly) aan
wie se kinders 'n groeplid glo gesê het: "Christenskap is 'n p***spul."
"Ek moet ongelukkig blatant sê wat hulle geskryf en gesê het, sodat
julle kan verstaan hoe verskriklik verlore die ouens is," skryf sy in
die e-pos.
"Van hulle (die aanhangers) kan miskien ook jou kinders wees. My kinders.
Hulle word beïnvloed deur hierdie groep se sienswyse en verander dan in
kinders wat ons nie ken of grootgemaak het nie."
Myburg het gesê hy vind dit "weird dat dit só opgeblaas is, want mense
weet uit ons CD's ons is nie Christene nie".
"Dit is onvolwasse om ná die tyd 'n persoonlike gesprek wat 05:00 die
oggend onder die invloed van drank gebeur het nou aan die hele
Suid-Afrika bekend te maak.
"Ons verkondig mos nou nie 'F** God' van die verhoog af nie."
Dr. Nelis Niemand, moderator van die NG Kerk se Hoëveld Sinode, sê hy
sou self met die groep hieroor wou praat. "Ek kan sê dit maak ons eina
as iemand iets wat vir ons kosbaar is verkleineer, maar ek hou nie
daarvan om uitsprake te maak as ek dit nie aan die persoon self maak nie.
Ek dink die probleem lê dieper as net dít."
"Ek kan nie glo 'n groep soos hulle het soveel ondersteuners nie," sê
dr. Isak Burger, president van die Apostoliese Geloofsending (AGS). "Hulle
ly aan morele bankrotskap en hulle gaan hul bietjie ondersteuners
daarmee verjaag. Só 'n uitspraak is banaal en vlak."
"Ek dink dis net plain ridiculous om so iets te doen," sê Huyser Burger
van die groep Battery9, sélf bekend om ekstreme en anargistiese lirieke.
"Dit is onverantwoordelik en dis mos nou laatie- twak."
Hier is die E-Pos:
Subject: FW: KETTING GEBED VIR F-POLISIEKAR - GOD IS GROOT EN GETROU!!
Hallo Almal,
Vandag wil ek 'n DRINGENDE EN ERNSTIGEgebedsversoek doen aan al my
Christen vriende.
My kinders het Vrydagaand in Witbank in vertoning van F-Polisiekar
bygewoon. Die een kind om ondersoek in te stel en die ander een omdat hy/sy
van hulle musiek hou.
Na die vertoning het een my kinders se vriende na een van die lede van
F-Polisiekar gegaan om 'n handtekening te vra en en die betrokke lid het
op die vriend die beursie die volgende boodskap geskryf wat moes dien as
'n handtekening.
"F*k vir God"
Een van die lede van F-Polisiekar het ook reguit vir een van my kinders
gesê dat Christenskap is 'n p**sspul. Ek moet ongelukkig blatant sê wat
hulle geskryf en gesê het, sodat julle kanverstaan hoe verskriklik
verlore die ouens is.
Vriende, dit is ongelooflik hartseer vir my. Jongmense tussen die
ouderdomme van 13-19 stroom na die hierdie groep se vertonings. Van
hulle kanmiskien ook jou kinders wees. My kinders. Hulle word beinvloed
deur hierdie groep se sienswyse en verander dan in kinders wat ons nie
ken of grootgemaak het nie.
As Christen is dit nie my plek of reg om te oordeel nie en daarom het ek
besluit om te bid vir elke lid van hierdie groep. Ek dank die Here dat
my kinders besef het waarmee hulle te doene het en dat dit vir hulle ook
onaanvaarbaar is. Hulle het egter ook gesê dat ons eerder vir hulle moet
bid as om hulle te verstoot, want hulle weet nie wat hulle doen nie.
Dit is dus my versoek. Stuur hierdie epos aan elke Christen vriend of
vriendin. Kom ons bid vir hierdie jongmense. Kom ons vra vir God om
hulle harte aan te raak en hulle oë oop te maak sodat hulle kanbesef wat
hulle besig is om te doen.
Assebief, kom ons bid saam vir hierdie groep mense en vertrou God vir 'n
wonderwerk in hulle lewe.
Ons God is groter as enige probleem!!
Amen
Groete
Van 'n ouer wat omgee vir jongmense
My
persoonlike mening?? Hulle moet doen wat hulle naam sê, hoe verder uit
Suid Afrika hoe beter.
Nuwe Rookwette
Die Minister van Gesondheid het pas wette deur die parlement gevoer
waarvolgens iemand tronk toe kan gaan as hy/sy in 'n openbarhe plek rook
en dit in 'n land waar 70 moorde per dag plaas vind!!!
Met Dr. Nkosanzana Zuma se rookwette wat kom, het verskeie mense al
gewonder hoe dit toegepas gaan word. 'n Spesiale eenheid gaan daarvoor
geskep word. En in die lig van die lewensgevaar wat rook inhou, sal die
eenehid bekend staan as die "moord-en-rook-eenheid".
Dit blyk ook dat daar verskillende "kategoriee" van die nuwe misdaad
gaan bestaan:
Naas die basiese oortreding van rook, sou iemand wat byvoorbeeld:
- Sigare met 'n sterk reuk rook,
- Iemand wat 'n rokende stompie in 'n asbak laat of iemand wat sy rook
doelbewus in iemand anders se gesig blaas, aangekla kan word weens
rook met verswarende omstandighede.
- Iemand wat Gunston rook, moet hom of haar gereed maak vir 'n aanklag
van gewapende rook.
Ook die misdadigers sal in verskillende "kategoriee" val.
1. Iemand wat op kantoor agter 'n potplant probeer wegkruip terwyl hy of
sy 'n dampie slaan, sal bekend staan as 'n struikroker.
2. 'n Ou wat 'n sigaret opsteek terwyl hy in die tou staan om geld te
trek sal gebrandmerk word as 'n bankroker.
3. Iemand wat in 'n bus, 'n trein of vliegtuig oortree, moet voorbereid
wees op die etiket van transitoroker.
Dis doodmaklik om 'n
kaartjie vir die UK Lotto te koop. Die boerpot is selde minder as R10
miljoen en gereeld naby die R90 miljoen!!
Klik hier en kry jou kaartjie! Jy kan nie wen as jy nie in is
nie!
Boerpotte is gereeld £5 miljoen of meer, dis darem 'n
allemintige klompie Rand!
Ek het nou die dag 4 nommers ingehad, hulle betaal dit sommer aan jou
per tjek in Rand!
st
se pitkos
Klik hier om st
se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Nog
gevleuelde woorde van ST:
‘n
Mens hoor dikwels hoe belangrik die eerste indruk is. Binne die eerste
paar sekondes, 20 na 30 sekondes het jy geleentheid hiervoor.
Is ‘n eerste indruk egter regtig so belangrik?
Ek dink nogal so. Vra maar enige verkoopspersoon hoe belangrik is die
eerste indruk wat jy as verkoopspersoon op ‘n moontlike verkoper maak.
Of ‘n onderwyser op nuwe ouers wat hul kind by die skool inskryf. Of die
dokter op sy nuwe pasiënt. Of ‘n ou wat op ‘n mooi meisie indruk wil
maak by ontmoeting? Daar is talle voorbeelde in die lewe waar eerste
indrukke belangrik en dikwels ook blywend is.
Hoe maak ek ‘n goeie eerste indruk?
Kyk maar na ‘n televisie advertensie. Binne ‘n paar sekondes moet die
advertensie die harte en verstand van kykers oortuig hul produk is so
fantasties dat dit gekoop moet word.
Hier is so ‘n stukkie sielkundige towerkuns hoe jy gaan regkry om ‘n
positiewe en kragtige eerste indruk te maak.
Verbeel jou jy is in ‘n televisie advertensie en het net 30 sekondes om
‘n fantastiese boodskap van jouself oor te dra. Oefen hierdie
“ek-advertensie” voor ‘n spieël. Skryf die advertensie uit en oefen dit.
En oefen dit. En oefen dit hardop uit.
Het jy dit? Besin deeglik oor die 30 sekondes flits boodskap van jou
“ek-advertensie” en oefen dit tot volmaaktheid.
Oefen jou “ek-advertensie” voor ‘n spieël of ‘n vriend. Kry van jou
vriend terugvoering, laat hy jou krities evalueer.
Dinge waarna jy moet kyk: was my houding reg? Het my liggaamstaal ‘n
aangename boodskap oorgedra? Het ek positiewe woorde gebruik? Was my
sinne kort en die boodskap duidelik? Het ek geglimlag? Het ek oogkontak
gemaak?
‘n Laaste gedagte in die oefening om ‘n goeie eerste indruk te vorm. Kyk
na hoe ander mense wat jy die eerste keer ontmoet. Waarvan hou jy? Wat
trek jou aan na die persoon? Waarvan hou jy wat hy of sy doen? Wat stoot
jou af; waarvan hou jy nie? Delf ‘n bietjie in jou verlede, wie is die
mense wat ‘n blywende positiewe indruk op jou gemaak het?
Leer dus wat jy by ander mense waarneem. Maak gebruik van dit wat jy
ervaar by jou naaste en vreemdeling.
Kortom: gebruik bostaande tegnieke en jy sal instaat wees om ‘n unieke
fantastiese intro te maak wanneer jy mense die eerste keer ontmoet.
Sprankie Wysheid vir die Dag
“Wen begin met die begin.” – Anoniem
Of soos die Engelse sê: “Winning starts with beginning.”
Baie dankie vir al die lesers van wie ek briewe ontvang. Besoek my
webwerf www.pitkos.co.za om
die briewe te lees. Indien jy ‘n nuwe leser is wat nog nie my nuusbrief
ontvang nie, kan jy die webwerf besoek en aanteken – die nuusbrief is
heeltemal gratis.
Dr ST Potgieter
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za
|
|
|
Dankie hiervoor, Jenine:
VIR DIE MANS WAT
GEDWING WORD OM 7E LAAN TEKYK. MANS EK VOEL VIR JULLE!!!!!
7E LAAN ...
Hoop die skrywers van die reeks lees hierdie iewers raak en vang die
skimp. Ek kyk 7e Laan omrede ek moet - dis deel van programuitruil met
huismaat. Dan kla hy nie as ek History Channel kyk nie.
Week 1:
Hilda word in hegtenis geneem nadat sy sewe mense vergiftig het met kaar
konkoksies. Sy skrik haarself buite weste en los kook vir altyd. Oubaas
leef op Maria se kos en sy hartsiekte verdwyn. Sy sooibrand ook. Paula
sterf tragies in `n elektrisiteitskortsluiting, ten aanskoue van die
hele kantoor
by die Hillside Times. Stadig en aaklig. Mandla skrik sy dreadlocks
reguit en trek dadelik Londen toe. Neville kry mense wat regtig
joernaliste is om vir hom te werk. Aggie antwoord foon en maak tee.
Week 2:
Dewaal kom terug van oorsee, klim uit die kas en kondig sy troue met
Bart aan, wie finaal alle vrouens gelos het. Hulle is baie gelukkig,
neem Oppikoffi oor en doen iets oorspronkliks daaraan. En verander die
specials. Neville se eks, Daleen pleeg selfmoord na al haar bedrog. Ten
aanskoue van die hele ateljee en stadig met `n stomp kombuismes. Haar
twee seuns, die useless een en die irriterende een skiet mekaar dood in
`n tweegeveg oor die boedel. Al die sterf stadig. Aaklig. George vind
uit Karien is `n flerrie, bel Wilmien en vertel haar oor Zac se affair.
Wilmien vlieg terug, skiet Karien dood en kom los op `n technicality van
insanity. Sy word PRO by Oppikoffi, skop Zac onder sy gat en trou met
George.
Week 3:
Charmaine kry tot verbasing van almal `n derde gesigsuitdrukking by na
haar eerste wittebroodsnag en sy en Neville besluit om saam die Times te
run. Emma los haar fiksasie vir ouer mans nadat Debbie Meyer terugkom en
Ryno afrokkel. Sy trou met Tobie, die rekenaar ou en hulle begin `n IT-plek
en
trek Londen toe, waar sy nog meer gewig aansit. Debbie val van `n trap
af terwyl sy Hollywood name dropping doen en breek haar nek ten aanskoue
van ons en so 100 ander mense. Sy sterf stadig. O, en aaklig. Ryno word
`n kluisenaar en trek weg nadat hy die boekwinkel verkoop het. Vanessa
kom
agter sy is altyd vol stront en dikbek omrede sy `n closet lesbian is,
verlei vir Felicity en hulle trek Oos-Kaap toe om Macadamia nuts te gaan
boer.
Week 4:
Christelle en Leon raak verlore op `n skivakansie en word dood verklaar.
Niemand weet dat hulle stadig en aaklig gesterf het nie, en min gee om.
Madel raak mal en land in `n gestig. Sy het, volgens haar, die onsigbare
Groblers vermoor in `n woedebui en aangesien niemand die Groblers met `n
dooie oog al ooit gesien het nie, word sy net toegesluit en die sleutel
weggegooi. Tiaan hoor daarvan en skryf sy motor af iewers in Italië. Hy
sterf stadig en aaklig. Jan-Hendrik kom ook om van pateetheidgeit. Ja,
ook stadig en aaklig. Dezi is so bly, sy kry haar sig terug, verloor
gewig en
gaan help vir George uit by Kyriakis de Lange.
Week 5:
7e Laan speel nou net af in Oppikoffi, waar als jolig gaan met Matrone
en Hilda so nou en dan aanmekaar, en baie partytjies. Die klub feature
so nou en dan, slegs om nog oorspronklike Afrikaanse kunstenaars ten
toon te stel. Die karakters wat nie genoem is nie, sterf almal aan
ongeneeslike siektes.
Stadig en aaklig.
EK STEM HULLE MOET BAYWATCH TERUG BRING, AL 200 EPISODES VAN 1980 AF.
ONS
GEE REGTIG NIE OM NIE!!!!!
Persoonlike
mening? Ek dink 7de Laan is lekker vermaak. Wanner nooi julle my
uit om in Oppie Koffie te kom koffie drink? Skimp-skimp -
Peterjasie
|
|