|
Wees gegroet!
Welkom aan alle nuwe
intekenare!
Ek en 'n vriendin
bespreek nou die dag watse kos vir ons lekker is, hier is 'n paar van my
persoonlike gunstelinge, ek wonder wie se monde gaan nou water.
Skryf
gerus en laat my weet of jy met my saamstem. Hierdie is in geen volgorde
nie maar net soos dit by my opkom:
Koeksisters:
Nie sommer enige koeksister nie. Toe ek jare gelede in Pretoria Noord in
die bank gewerk het , het een van ons kliënte wat by Transvaal
Industrial Foods gewerk het een keer per week vir ons koeksisters
gebring. Hierdie was massiewe goed, maklik 25cm lank en DIK en so
souserig. As jy hom byt moet jy versigtig wees of jy is vol sous!
Slap tjips:
regte keffie-op-die-hoek se slaptjips met woestersous en asyn-mengsel
oor, mildelik dat dit sommer so 'n dammetjie onder in die pakkie lê.
Voor die tyd van russians was dit weense worsies by jou tjips. In
Rustenburg het ons altyd Saterdag aande by Toni's Cafe by die stadsaal
gaan chips en viennas koop en sommer almal uit die een pak gesmul, dan
dit met Coke afgespoel.
Kerrie en rys:
Jy kry twee soorte kerrie en rys, die wat jy by die kerkbasaar koop
en die ware jakob. Daar is niks verkeerd met die kerkbasaar se kerrie
nie maar ek is seker dat hulle een resep het wat hulle onder al die
gemeentes uitdeel, want almal proe dieselle. Die ware jakob kry jy net
by fensie plekke en in Natal. Natal se medium is ons in Transvaal se
HOT. Natal se hot is oneetbaar vir ons vaalies. (Julle sal oplet dat ek
in Transvaal woon en Natal toe gaan, mag van die gewoonte). REGTE kerrie
word as volg bedien, die vleis in een bakkie, die rys in een bakkie en
die sambals of byklanke soos ek dit noem elkeen in sy eie kleiner bakkie.
Dan moet daar nog roti ook wees. sambals moet insluit klapper, tamatie,
uie, rosyne en mango atchar. En dit moet so effens warmer as medium wees,
en nou moet julle my uitlos want ek wil op my kos konsentreer!
Biefstuk,
eiers en tjips: Dis nou koningskos. Biefstuk moet lekker groot wees,
nie te gaar nie, effens souserig. Ten minste twee gebakte eiers, die
gele nog heel maar die wit gaar, en dan 'n hoop slap tjips. Byklanke is
woestersous en tamatiesous, niks meer nie, en nou los jy my weer dat ek
kan konsentreer!
Pannekoek:
Die keer stem ek vir kerkbasaar pannekoek. Daardie tannie bak die beste
pannekoek in die wêreld! Nie te dik, net lekker dun, dan mildelik met
kaneelsuiker bestrooi en opgerol. As jy hom eet het die suiker al begin
smelt en dit drup so uit. Njammies.
Boerewors:
Elkeen se slaghuis verkoop die beste boerewors. Hy moet net reg
wees, van goeie vleis gemaak (jy moet jou slagter vertrou) Net genoeg
spek, en hy moet oor die kole gebraai word! Jy moet groot stuk opsit
want jy gaan gereeld proe! Ek is nie 'n pap-en-vleis persoon nie, gee my
stuk boerewors met 'n dik sny vars brood, gebotter met uie en
tamatiesous bo oor. En jy's reg, los my nou dat ek kan konsentreer!
Vetkoek:
Vetkoek kan mens enige tyd eet. Jy kan hom net so eet, gebotter met
stroop, met kaas en konfyt of met kerriemaalvleis. Maar jy moet hom
GROOT maak, hy moet jou hand so toemaak. In Rustenburg was daar 'n
plek wat vetkoek hamburgers gemaak het, Vetkoek Den, weet nie of hulle
nog bestaan nie, ek praat nou van jare gelede, jy moes BAIE honger wees
om een van hulle op te eet!
En nou water my
mond behoorlik!!
Elke nou en dan
stuur iemand my iets waaraan ek sommer lekker lees. Die volgende kom van
Janet Appel, wat haarself in die vreemde bevind. Sy skryf:
Verskoon maar my growwe afrikaans, eks 21 en al vanaf 2003 hier in
Amerika en het geen afrikaanse geselskap nie.
Herfs
So het die somer aande stadig aan kouer geword hier in die noorde. Net
soos my verlowing aan 'n Suid-Afrikaanse man hier in Amerika. My lewe
het uit mekaar geval en net soos herfs wat haar wals gedoen het met
derduisende akkerblare as haar skare. Het ek saam gedwarrel en
voetjie-vir-voetjie saggies getrap waar ek grond gevat het en
uiteindelik 'n gemaklike plek gevind om te rus.
Met my gypsy rompies en en bonkige krale,soos 'n opregtige Philly
studente stadsmeisie, het ek vele romantiese herfsaande spandeer met my
28-jarige Amerikaanse mediese student. Verlange na die peperbome en jong
studente in Stellenbosch is skielik vervang met goeie geselskap by
moderne wyn, kaas en bier eetplekke waar Ken Forrester se petit-pinotage
op die wynlys pryk vir $8 'n glas(vir 4 oz). Dit was nie lank nie en dit
was als vervang met wol jasse en sneeu stewels. Warm Parmesan brood en
Amish botter was skielik welkom op die eet tafel asook meelblom-vrye
sjokolade koek met braam stroop in plaas van kersie-geurige italiaanse
ys.
Vroee oggend treinritte is skielik afgerond met franse vanilje
cappuchinos, wol jasse en sneeu stewels. Die kaggel brand en die menorah
word aan gesteek terwyl almal saam sing. Uit my kamervenster sien ek 'n
kersboom met helder liggies in die bure se tuin. Dit sal vanjaar maar
moet dien as my kersboom.
'n Week na kersfees bring die posman 'n pakkie na die voordeur. Ma se
kersgeskenk aan my. Nik Naks, tuisgemaakte fudge, pa se biltong, oom Jan
van Spar se droewors, Melrose kaasblokkies met biltong in, Robertsons
hoender speserye, Aromat, Peppermint Crisps en jelly tots. Moeder plaas
gedroogte laventel van ons tuin in die boks en gelukkig snuffel geen
hondjies my kos uit nie.
En skielik is ek dankbaar dat my wals my hier laat rus het ...
Dankie, Janet.
Stuur vir Janet epos,
ek is seker sy sal dit waardrre om pos in Afrikaans te kry!
Die resep die
keer kom van Mel. Sy is 'n Boerenooi en bevind haar ook in die
vreemde. Dankie, Mel
|
Vlooimark  |
|
Ek word gereeld
gevra of ek bereid sal wees om op my webwerf te adverteer. Kom
ons kyk of dit aftrek sal kry, klik op die skakel hieronder en plaas
jou gratis advertensie of snuffel maar net rond. |
|
|

Suid Afrika se Afrikaanse soekenjin
Dis doodmaklik om 'n
kaartjie vir die UK Lotto te koop. Die boerpot is selde minder as R10
miljoen en gereeld naby die R90 miljoen!!
Klik hier en kry jou kaartjie! Jy kan nie wen as jy nie in is
nie!
Boerpotte is gereeld £5 miljoen of meer, dis darem 'n
allemintige klompie Rand!
st
se pitkos
Klik hier om st
se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Nog
gevleuelde woorde van ST:
Terapie vir eensaamheid
Vandag fokus ons op enkele maniere oor hoe jy eensaamheid in jou lewe kan
hanteer en oorkom.
Dit is belangrik dat jy weet dat eensaamheid ‘n menslike emosie is en
dat meeste mense dit een of ander tyd ervaar. Worstel jy met eensaamheid,
onthou dan dat jy nie aan ‘n soort siekte of versteurdheid ly nie.
Eensaamheid is iets wat jy kan verander.
Reik uit na mense. Moenie vir ander wag om na jou te kom en met jou te
praat nie. Staan jy op en maak eerste kontak met ‘n ander persoon. Met
‘n glimlag of telefoonoproep kan jy reeds ‘n groot verskil maak. Luister
aandagtig na wat iemand sê, vergeet ‘n oomblik van jouself en toon
opregte belangstelling en empatie.
Bou goeie verhoudings deur ‘n vriend te wees vir iemand anders.
Skakel in by nuwe situasies. Sluit aan by ‘n klub of doen vrywillige
werk vir ‘n organisasie. Raak betrokke by verenigings en klubs.
Wanneer daar niemand is wat saam met jou kan of wil gaan nie, gaan dan
alleen. Moenie jouself weerhou van geleenthede net omdat jy alleen is
nie. Dit is juis wanneer jy op jou eie inskakel by ‘n nuwe situasie of
groep dat jy uit die web van eensaamheid loskom.
Stop om passief te wees en raak aktief.
Moenie emosionele seerkry of traumatiese gebeure van jou kinderjare of
verlede onderdruk nie. Jy moet hiermee deel en ‘n oorwinning oor dit
behaal.
Moenie skaam of bang wees om aan te klop vir hulp nie. Wanneer jy
depressief en eensaam voel, praat met iemand wat sal luister.
Uit bogenoemde kan jy nou vir jou ‘n plan saamstel oor hoe jy die
eensaamheid in jou lewe gaan aanspreek. Maar soos enige plan beteken dit
niks indien jy nie werklik oorgaan tot die daad en aksie nie.
Pasop egter vir die slagyster om jou dag te vul met tientalle
aktiwiteite. Mense met te besige programme probeer soms om van
alleen-wees te vlug. Jy het steeds tye nodig om alleen te wees, sodat jy
in kontak bly met jou eie self, hart en gevoelens.
Eensaamheid kan positiewe waarde hê. Deur die pyn van eensaamheid leer
ek myself beter ken en ontdek ek die diepte van my eie-ek en menswees.
Eensaamheid kan die kreatiewe inspirasie wees vir selfontdekking en
persoonlike groei.
Kortom: eensaamheid kan oorkom en gewen word, en hanteer jy dit reg
ontsluit dit nuwe moontlikhede en potensiaal in jou lewe.
Dr ST Potgieter, sielkundige – webwerf
http://www.pitkos.co.za
Dr ST Potgieter
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za
Lê
2006 se finansiële verpligtinge soos 'n berg voor jou?
Op soek na 'n huislening? Verlaag u
verband koers!
Benodig u ekstra geld en het 'n bestaande huislening? Doen nou aanlyn
aansoek vir 'n tweede verband!
Klik
hier
|