|
Wees gegroet!
Sjoe, die jaar het
darem gevlieg! En hierdie is ook die laaste brief vir 2005. Ek gaan
bietjie uitspan tot vroeg 2006. Hoop om julle almal weer hier te sien.
Hiermee wens ek
julle almal 'n vredevolle en vreugdevolle Kersseisoen!
Ek hoop
julle almal het die briewe die afgelope jaar geniet. Ek wil volgende
jaar tyd spandeer en navorsing doen oor Tuiswerkgeleenthede en ook
maniere om 'n inkomste uit die Internet te verdien. Biljoene mense het
wêreldwyd toegang tot die Internet, die Amerikaners het so te sê
Internetbemarking vervolmaak en die dollars rol net in. Sekerlik moet
daar 'n manier wees om 'n snytjie van die koek te kry, selfs krummels
sal 'n hoop geld beteken. Daar is egter struikelblokke om te oorkom, hoe
ontvang mens geld as iemand van oorsee by jou koop, hoe gemaak om
kredietkaarte te kan aanvaar, hoe kry ek 'n webwerf om op te adverteer
en as ek 'n webwerf het hoe gaan Joe in Amerika van my weet?
Om die bal aan
die rol te sit het ek 'n Yahoo Groep begin (Peterjasie) sodat enige
belangstellendes met mekaar kan kommunikeer en gedagtes uitruil. Om
gratis aan te sluit tik jou eposadres in die blokkie hieronder.
Ons gaan besprekings
hou en inligting uitruil en na 'n paar maande weet al die lede wat daar te
wete is oor Tuis en Internet besigheid. En beste van alles, ons
kommunikeer in Afrikaans.
Baie dankie aan
Leonie wat vir my 'n paar lekker Boerekos resepte laat kry het, hulle is
verder ondertoe.
Net om julle te
laat weet dat ek vir my 'n herdruk van die eerste resepteboek in
Afrikaans, Mev Dijkman se Kook-, Koek en Resepteboek wat vir die
eerste keer in 1890 sy verskyning gemaak het, kan nie wag dat dit hier
moet aankom nie. As julle dalk na ou boeke soek, gaan na
www.abebooks.com en doen 'n soek
vir of die skrywer of die titel, jy sal verbaas wees oor wat nog
beskikbaar is.
Dis nou al
amper te laat om 'n Kersgeskenk aan geliefdes of vriende oorsee te pos.
Hier is egter 'n uitweg vir julle. Stuur 'n eBoek met om en by 2000
Boererate (in Afrikaans) per epos! Koop een boek en stuur dit per ePos aan al jou
vriende en familie. Dis 'n unieke geskenk en hulle sal dit geniet om al
die outydse rate te lees (en dalk nog uit te toets ook). En dink net, jy betaal geen posgeld nie! Om te
bestel, klik net
hier.
En wat van 'n
eBoek met Tradisionele Suid Afrikaanse resepte (in Engels) vir oorsese
familie en vriende? Bestel weereens net een boek en stuur dit aan al jou
kenisse per epos! Dink aan die posgeld wat jy gaan bespaar!
Klik hier
om te bestel.
Ek het nog
ander interessante eBoeke ook, sommige gratis, ander nie, gaan
kyk gerus
Ek sluit die jaar
af met nog een
van Minette se artikels. Minette is verbonde aan die Republikein, die
enigste Afrikaanse dagblad in Namibië. Minette ontvang graag kommentaar
per
epos. Sy wag angstig om van julle te hoor! Stem julle saam
met haar?
Net voordat julle
met haar artikel begin, net vlugtige kommentaar van my kant af. Ek dink
dat mense besig is om te vergeet wat die ware betekenis van Kerfees is.
Ek probeer om elke Kersoggend die Kersdiens by te woon, dit bring my
weer terug tot die werklikheid. Ek kan 'n boek skryf oor my gevoelens
rondom Kersfees maar dis vir 'n ander geleentheid. My hart gaan ook uit
na al die duisende Suid Afrikaans "Kersvaders" wat agter lang wit baarde
en in opgestopte rooi pakke sauna terwyl hulle moet glimlag vir die
kindertjies. Hoekom dra ons Suid Afrikaanse Kersvaders nie safaripakke
en daag met 'n Landrover by kinderpartytjies op nie. Hy kan nog 'n
wit baard hê en rooi vellies. wat dink julle!
Hier is Minette
se artikel, onthou om vir haar tergvoer te gee.
Kersfees
AANGESIEN die
hele wêreld waansinnig met Kersfees-gevoelsaanvalle geraak het, hier is
my stuiwer in die armbeurs. Om mee te begin: ek doen nie Kersfees nie.
Om verskeie redes waarop ek nie gaan uitbrei nie. Smaak verskil.
Genadiglik.
Almal het al verwys na die versierings wat lyk my elke jaar al vroeër in
winkels en waar-ookal-ons-goeddunk opduik. En is dit nie die lelikste
goed op aarde nie, dink ek nou die dag in een van die sentrums. Sulke
kitsch blink bedrywe waarvan die style en vorms sedert die jare toet nog
net mooi niks verander het nie.
O hier en daar het iemand met inisiatief asemsnakkende ontwerpe in
vensters staangemaak en van plafonne laat swaai, maar dis in die
minderheid. Kitsch rules en verswelg elke ‘andersoortige’ probeerslag. ʼn
Dansende Kersvader, skud ek my kop. Gʼn bejaarde omie kan sy heupe so
swaai nie, al is hy meganies.
Die jingelklokke wat uit elke ding met watts blaas, ignoreer ek met
inspanning. Kan die mense nie maar nuwe tapes vir hulself vir krismis
loop koop nie, wonder ek en byt om my tande vir die ge(t)rekte
bandopnames.
En dan val my oog op ʼn lang tafel besaai met uitverkoping-boeke.
“The Little Book of Christmas Stress” skree ‘koop my, koop my!’
Opgeslurp in die histeriese kooplawwes om my raap ek die boekie op en
betaal voor ek nog iets, soos die N$1000 se rapto-saurus waarvoor my
seun sy voortande sal gee, begin koopmy skree. (Of ek dink dis die
vreesaanjaende ding se naam. Wie kan byhou?)
Ek gaan sit in die verste hoekie van ʼn teehuisie en begin blaai.
Danksy die skrywer, ene Rohan Candappa, gaan ek hierdie Kersfees met ʼn
lied in die hart binne. Hier is my lysie van krismisbeplanning en mag
dit vir ʼn paar mense ook verligting bring in hierdie tye:
“Indien jy kleinkinders het, maak jouself nog meer geliefd deur nié die
vuilbek Gangsta Rap CD vir hulle te koop nie, maar eerder ʼn lieflike
dubbelalbum van Bing Crosby.
Dieëtboeke is fantastiese geskenke vir oorgewig familielede.
Tydens besoeke aan familie en vriende, skud hul kersbome met mening
wanneer niemand kyk nie.
Hang al die breekbare kersboomversierings onder aan die boom waar klein
kindertjies hulle maklik kan bykom.
Draai onvanpaste geskenke wat jy laasjaar by onnadenkende mense gekry
het weer toe en gee dit vir hulle terug.
Indien jy die eienaar van ʼn onderneming is wat daagliks van aangesig tot
aangesig met kliënte werk, dring daarop aan dat jou werknemers te alle
tye feestelike kabouterhoedjies dra waarop flitsende rooi liggies vas
is.
Wanneer jy die werk se kerspartytjie reël, maak seker dat die mense wat
niks van mekaar hou nie, altyd langs mekaar aan tafel geplaas is.
Wanneer jy ʼn Kersvader in ʼn winkelsentrum sien speelgoed uitdeel of
luister na kinders se wense, staan nader en verduidelik so hard jy kan
vir jou kind dat Kersvader nie bestaan nie.
Wag tot die gasvrou van die Kersete ʼn reusebord kalkoen opdien voor jy
skielik hardop onthou dat jy eintlik ʼn vegetariër is.
Wag tot die hele Krismiskoek opgeëet is en vra dan “wie het die
weggesteekte muntstuk gekry?”
Dring daarop aan dat die hele familie en gaste aansit vir ʼn bordspel
waarin niemand belangstel nie en waarvan die reëls ʼn driekwartier neem
om te verstaan.
Vra herhaaldelik vir ongetroude familielede of hulle al kêrels en
meisies het. Die tegniek is veral doeltreffend indien die familielid
reeds diep in die dertigs is.
Draai ʼn klein, goedkoop geskenk in die vorm van ʼn fiets toe. Gee vir ʼn
kind.”
Teen die tyd is ʼn paar mense seker goed die josie in vir my
ongevoeligheid. Maar voor ek weer markplein toe gesleep word om daar vir
goed gestenig te word, dink asseblief na oor Rohan se laaste inskrywing:
“God, why not really scare the sprouts out of everyone by turning up
unannounced on Christmas day and explaining what you really had in
mind?”

Suid Afrika se nuutste en
beste soekenjin
Dis doodmaklik om 'n
kaartjie vir die UK Lotto te koop. Die boerpot is selde minder as R10
miljoen en gereeld naby die R90 miljoen!!
Klik hier en kry jou kaartjie! Jy kan nie wen as jy nie in is
nie!
Boerpotte is gereeld £5 miljoen of meer, dis darem 'n
allemintige klompie Rand!
st
se weeklikse pitkos
Klik hier om st
se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Nog
gevleuelde woorde van ST:
Misluk jy omdat jy so glo?
Soos hierbo aangedui aangedui, vra ek vandag ‘n ongelooflike belangrike
vraag aan jou.
Ek wil hierdie vraag eintlik wyer trek en aanvul met nog ‘n paar vrae.
· Misluk jy omdat jy so glo?
· Presteer jy gemiddeld omdat jy dink jy is gemiddeld?
· Is jy nie goed genoeg nie?
· Watter grense stel jy vir jouself?
· Het jy al ‘n “onmoontlike” ding probeer aanpak.
· Het jy potensiaal wat nie tot reg kom nie?
Ons is so bang om te waag, bang vir foute en mislukking. Ons probeer nie,
omdat ons dink ons is nie goed genoeg nie. Is jy dalk so iemand? Is jy
iemand wat die potensiaal het, maar jy kom nie tot jou volle reg nie? Jy
leef, jy doen, maar eintlik is jy nie tevrede met dit wat jy bereik nie.
Vandag net enkele gedagtes hieroor:
· Gooi jou beperkende idees en bang geloof by die venster uit – verander
jou denksisteem en weet daar is ongelooflike potensiaal in elkeen van
ons opgesluit.
· Ek daag jou uit (soos die Engelse sê: ek “challenge” jou): Waag iets
wat jy voorheen gedink het is onmoontlik – steek persoonlike grense oor.
· Dink diep en wyd oor dit wat jy graag sal wil doen.
· Fokus in op jou sterk punte en belangstellings.
· Visualiseer dit wat jy wil doen. Visualiseer hoe jy dit suksesvol doen.
· Hou aan planne maak, bepaal vir jou doelwitte.
· Sien foute nie as mislukkings nie, maar geleenthede tot leer en groei.
· Verander jou negatiewe selfpraat van jou lewe is ‘n gemors, na ek het
‘n wonderlike geleentheid om die lewe te gryp en te doen.
· Wees leergierig en moenie bang wees om jou eie idees te genereer nie.
· Neem inisiatief en beheer oor jou lewe – gooi die juk af van ander
mense wat jou wil vertel oor die hoe en wat van jou lewe.
· Kom oor die slegte van die verlede, leer die lesse daaruit en beweeg
aan.
· Weet die Here se genade is vir jou genoeg.
· Vergeet daarvan dat jy te oud is, nou is die regte tyd om te leef en
uitdagings aan te pak.
Ons is hier teen die einde van nog ‘n jaar. Ek voel dit in my broekspype,
ek voel die krieweling in die murg in my pype, ons kan volgende jaar die
beste jaar ooit maak. Daarom is hierdie nuusbrief so belangrik ook vir
jou, want hier deel ons met mekaar, help ons mekaar, ondersteun ons
mekaar. Hand aan hand gryp ons die lewe, die geleenthede, sê ons JA want
ons weet ons kan!!
Dr ST Potgieter
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za
Betaal jy teveel vir motorversekering?
Klik hier vir 'n gratis aanlyn kwotasie!
Al wat jy dan moet doen is om te
besluit wat om met die ekstra geldjie te maak
|