|
 |
|

|
|
Nommer 81 |
Afrikaans KOOK!!! |
7 Des 2005 |
|
Wees gegroet!
Kersfees is nou net
om die draai, dis eintlik bietjie laat, maar in die brief het ek 'n paar
Kerskoek resepte. so gaan kyk by die resepte hieronder en spring aan die
bak!
Amper die einde van
die jaar, die maande het darem omgevlieg! Is daar van julle wat in die
Alberton omgewing woon? Al lus gewees vir 'n lekker boerierol? Ons ry
vanoggend op Heidelberg weg uit en net buite Alberton verby Lindsay
Saker VW aan die linkerkant van die pad is daar 'n ou wat boerierolle
verkoop, sy naam is Richard. Dit was nou die lekkerste sappigste wors
wat ek in 'n lang tyd geproe het. Doen julle self die guns, hou stil en
vang 'n proe. Van nou af stop ons elke keer daar!
As julle enigsins
belangstel in Boeremusiek en in Gauteng woonagtig is, dan is hierdie net
die ding vir jou! Hou die 10de Desember oop en kyk na ondertoe wat dan
gaan gebeur!! Sien julle by die Monument!
Elsabé en haar
Danville Hulpgroep het 'n reusetaak wat voorlê, hulle moet honderde
Kerskospakke regkry om voor Kersfees uit te deel, gaan kyk verder
ondertoe of julle haar dalk op een of ander manier kan help.
Dis nou al
amper te laat om 'n Kersgeskenk aan geliefdes of vriende oorsee te pos.
Hier is egter 'n uitweg vir julle. Stuur 'n eBoek met om en by 2000
Boererate (in Afrikaans) per epos! Koop een boek en stuur dit per ePos aan al jou
vriende en familie. Dis 'n unieke geskenk en hulle sal dit geniet om al
die outydse rate te lees (en dalk nog uit te toets ook). En dink net, jy betaal geen posgeld nie! Om te
bestel, klik net
hier.
En wat van 'n
eBoek met Tradisionele Suid Afrikaanse resepte (in Engels) vir oorsese
familie en vriende? Bestel weereens net een boek en stuur dit aan al jou
kenisse per epos! Dink aan die posgeld wat jy gaan bespaar!
Klik hier
om te bestel.
Ek het nog
ander interessante eBoeke ook, sommige gratis, ander nie, gaan
kyk gerus
Hier is nog een
van Minette se artikels. Minette is verbonde aan die Republikein, die
enigste Afrikaanse dagblad in Namibië. Minette ontvang graag kommentaar
per
epos. Sy wag angstig om van julle te hoor!
Om te ‘too’ of
nie te ‘tattoo’
Minette Brink
DIE woord ‘tattoo’ is afgelei van die Tahitiese woord ‘tattau’ wat ‘om
te merk’ beteken en was die eerste keer aangehaal in die joernale van
die ontdekker, James Cook, tydens ‘n ekspedisie wat hy in 1769 na die
Suidsee gelei het.
Aangesien tatoeërings in Europese en Amerikaanse samelewings as eksoties
beskou is, het getatoeëerde Indiane en Polenesiërs in die 18e en 19e
eeue skares na sirkusse en kermisse gelok.
Tog is daar wetenskaplikes wat glo dat die merke op die vel van die “Ysman”,
‘n gemummifiseerde lyk wat uit 3300 v.C. dateer, tatoeëerings is, wat
dit die oudste bewys van dié kunsvorm maak.
Tatoeërings wat op Egiptiese en Nubiese mummies gekry is, dateer van
voor 2000 v.C. en klassieke skrywers maak melding van die praktyk met
verwysing na die Grieke, die antieke Germane, die Galliërs en die
antieke Britte.
Tatoeëring het verskillende betekenisse in verskillende kulture.
In die vroegste tye was versiering die algemeenste rede vir dié gebruik
en is dit vandag nog die hoofrede waarom mense hulself laat tatoeëer,
maar in sekere kulture het die merke gedien as indentifikasie van die
draer se rang of status binne ‘n groep, soos die antieke Romeine wat
slawe en kriminele op die wyse gemerk het.
Tahitiese tatoeërings dui op deurgangsrituele wat die geskiedenis van
die draer vertel, byvoorbeeld wanneer ‘n seun volwassenheid bereik of
wanneer ‘n man getrou het, is spesifieke tekens vir elke geleentheid
aangebring.
Matrose het tatoeërings tydens hulle reise na eksotiese verafgeleë lande
versamel om as aandenkings te dien, byvoorbeeld ‘n draak wat wys dat die
matroos in China diens gedoen het, en gevolglik het tatoeëerwinkels in
hawestede wêreldwyd begin verskyn.
Die vroegste tatoeëermetodes het gewissel van skrape in die vel waarin
kleurstof soos roet gesmeer is tot prikmerke wat met skerp voorwerpe van
been of hout gemaak is.
In hedendaagse tye word tatoeëermerke geskep deur ink onder die vel in
te spuit met ‘n naald wat aan ‘n handbewerkte implement gekoppel is. Dié
implement laat die naald teen honderde vibrasies per minuut op en af
beweeg wat die vel ongeveer 1 mm diep penetreer.
Die ink wat agterbly, vermeng met die stabiele selle van die dermis en
is, met minimale verdowing, vir die res van die draer se lewe sigbaar.
Die pynfaktor wat saam met tatoeëering gaan, moet in ag geneem word
wanneer ‘n persoon dié kunswerk wil laat aanbring.
Sommige mense beskryf die gevoel as kielierig, of om geknyp te word,
terwyl ander sê dit voel soos honderde bysteke of soos ‘n boor wat deur
jou vel gaan.
Indien die voornemende getatoeëerde probleme met inspuitings tydens
doktersbesoeke ondervind of ten aanskoue van bloed ongemaklik begin voel,
is dit beter om eerder tydelike of henna tatoeërings te probeer. Dié
tendens is veral in Hollywood gewild waar sterre, soos Madonna, hoog in
die mode bly sonder om deur die pyn en uitgawes van permanente
tattoeëring te gaan.
Die area waar jy jou tatoo laat aanbring, sowel as die grootte daarvan,
speel ook ‘n groot rol ten opsigte van die pynfaktor.
Die laerug en die enkels is gewilde areas, maar dit is minder pynlik om
‘n tatoeëring op jou bors of bo-arm aan te bring, omdat daar meer
weefsel tussen die vel en die been is.
Maak seker dat jy in alle opsigte gemaklik voel by die
tatoeëerkunstenaar waar jy die groot (en permanente!) stap neem. Kyk of
die studio skoon is en na ‘n professionele bedryf lyk en sorg dat alle
naalde voor jou oopgemaak word.
Moenie bang wees om vrae te vra nie en maak seker dat jy die versorging
van jou nuwe tatoeëring noukeurig nakom. Die tatoeëerkunstenaar is
veronderstel om jou hieroor in te lig, maar indien jy enige twyfel het,
bel gerus jou huisdokter.
En laastens, onthou dis ‘n permanente kunswerk en wat op 18 hiper-cool
is, gaan op 50 dalk so ‘n effe verkeerd lyk!
Die Amerikaners
is seker die konings van bemarking van klein-en tuisbesighede. Ek het 'n
eBoek raakgeloop met 12 "gatskop" idees, as julle belangstel stuur net
vir my
ePos en ek stuur dit per ePos. Die boek is in Engels en is
503 kb groot en in Acrobat formaat en is gratis! 'n Geskenkie aan
intekenare.
Die volgende kom van
Johann van Staden, 'n Suid-Afrikaner in Duitsland, stuur gerus vir hom
epos al is
dit net om Hallo te sê, hy
hoor graag van julle!
Hallo Peter,
Hiermee nog 'n storietjie van my ervarings hier in Duitsland.
Groete van 'n goor, nat en koue Stuttgart. Het al Vrydag bietjie sneeu
hier gekry, maar net so effentjies. Nou is dit net koud...
Kerrie-kuiery in koue Neuhausen
Gisteraand was ek bevoorreg om gasheer te speel vir twee kollegas van
Suid-Afrika wat projekwerk hier in Duitsland doen en twee Oostenrykse
Duitsers ('n kollega en haar man). Vol bravade nooi ek hulle om kerrie
by my te kom eet.
Ek google vir 'n maklike kerrie-resep, en sukses - die wat soek, sal
vind. Die gevonde resep lyk maklik, en ek benodig net 'n paar bestandele
- weereens is Marktkauf die uitkoms. Gewapen met 'n sakvol
varkvleis-blokkies, muskaat-neut, appels, en dies meer, voel ek myself
gereed om die taak aan te durf. Gerrit Kritzinger bemagtig ons met 'n
whiskey, terwyl Johann Bauermeister homself aan 'n 'polisie-koffie' (brandewyn
en Coke) help. Ek is besig om die varkvleisblokkies te verbruin, Johann
B skil en kerf twee appels, en Gerrit K skil en kerf 'n klomp uie.
Soos redelik bekend in my vriendekring, is 'n resep vir my slegs 'n breë
riglyn. Ek help dus die varkverbruiningsproses aan met 'n koppie of so
brandewyn - met Johann B se aansporing. Die resep beveel 'n bees-ekstrak
aan, maar 'n pakkie bees-en-chilli sop moet maar instaan. Die sopmengsel
word gebruik om die meel, muskaatneut, geelsout (die resep sê witsout),
twee lepels goeie warm kerrie-poeier, en 'n ietwat meer swartpeper as
wat aanbeveel is, te meng. Dit word saam met die vleis gevoeg. Daarby 'n
bietjie müesli (my innovasie), 'n lepel appelkooskonfyt (my innovasie),
'n lepel grondboontjiebotter (my innovasie), genoeg knoffelvlokkies (my
innovasie), en 'n lepel heuning (ek het nie bruinsuiker nie), gevoeg. 'n
Blik Italiaanse tamaties en 'n handvol rosyntjies voltooi die proses.
So vir bietjie meer as 'n uur prut hierdie poging op lae hitte op die
stoof - Pieter Pieterse sou gesê het 'simmerreer...'
Die tafel word gedek, 'n paar blikke mielies en 'n bottel beetslaai
gebeur, lekker Duitse broodrolletjies op die tafel, 'n bottel Italiaanse
rooiwyn raak deel van die pret, en na 'n ruk probeer ek 'n klomp pasta
in die drukkoker gaarkry. Soos altyd spuit meer kokende water as stoom
uit, en bemors die hele stoof en muur. (Pasta is nodig omdat ek net nie
die rys reg gekook kan kry nie...)
Johann B speel Steve Hofmeyer se Neil Diamond CD, en toe nog 'n keer.
Die kerrie-poging is 'n reuse sukses, en 'n bottel Chiliaanse rooiwyn
kom en gaan, en later ook 'n bottel Franse rooiwyn. Maar nou ja...
Edith berei die nagereg ('chocholate mouse' en naartjies) voor, en ons
kuier 'n hond uit 'n bos uit.
Oplaas spring die gaste in met 'n verwoeste poging om die kombuis te
red, en uiteindelik raak dit stil in die woonstel. Ek was toe maar die
potte en bakke nadat die bietjie oorskiet in my geliefde
margarien-bakkies in die yskas gebêre is, en ek raak rustig.
Maar niemand het gesê dit is maklik nie...
Die resep, vir die wat belang stel :
PORK CURRY HOT POT
2 lbs. lean boneless pork, cut into 1" cubes
2 tbsp. shortening
1 1/2 c. sliced onion
2 c. peeled, chopped apples
3 tbsp. flour
1 tsp. salt
1 or 2 tsp. curry powder (hopeloos te min ; volgende keer is dit 3 of 4
lepels...)
1/4 tsp. pepper
1/4 tsp. nutmeg
1 (10 1/2 oz.) can beef broth
1 (1 lb.) can tomatoes
1/3 c. raisins
2 tbsp. brown sugar
Brown pork cubes in hot shortening in large skillet (onthou die koppie
brandewyn ook...)
Add onion and apple; cook until onions are tender (net so...)
Blend in flour, curry powder, salt, pepper and nutmeg (sommer die
knoffel hierby....)
Add beef broth, tomatoes, raisins and brown sugar ('n bietjie chilli's
by sal dit beter maak...)
Cover and simmer until meat is tender, about 1 1/2 hours (ten minste...)
Serve over fluffy rice (dit is te sê, as jy rys kan kook - anders
pasta...)
Serves 6 (Dit is nie waar nie - dalk genoeg vir 4 mense...)
Groete,
Johann

Suid Afrika se nuutste en
beste soekenjin
Dis doodmaklik om 'n
kaartjie vir die UK Lotto te koop. Die boerpot is selde minder as R10
miljoen en gereeld naby die R90 miljoen!!
Klik hier en kry jou kaartjie! Jy kan nie wen as jy nie in is
nie!
Boerpotte is gereeld £5 miljoen of meer, dis darem 'n
allemintige klompie Rand!
st
se weeklikse pitkos
Klik hier om st
se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Nog
gevleuelde woorde van ST:
Wat
gaan jy hierdie Desember doen?
Wel, ek dink daar is so ‘n paar dinge wat ek gaan doen:
§ Ek gaan my ernstigheid opsy skuif, en ‘n slag meer gemaklik en
vriendelik wees. Ek sal mos rede hê, daar is ‘n vakansie-atmosfeer in
die lug, die son en see en strand is hier om te geniet. Ja, kom ons wees
‘n slag weer mens, ons lag ‘n slag, gooi ons maskers en fronte af en
geniet dit net om te lewe. Die lewe is kosbaar, en nog ‘n Desember is
tot ons lewe toegevoeg. Kom ons gryp dit en maak die beste daarvan.
§ Ek gaan nie te oordaad eet en drink nie. Nee, eerder oefening doen, en
gesond lewe. Eerder lekker fiks terugkom om 2006 vas te vat en die beste
van volgende jaar te maak. Hierdie uitspattigheid van alles oordoen,
neem in elk geval die plesier uit die lewe. Geniet alles voluit, maar
bewaar jouself en hou jou goed in stand. Bly fiks en gesond, sodat ons
slaggereed is vir alles wat voorlê. Ek het reeds in my vorige nuusbrief
vir jou gesê ek het ‘n kriewelrigheid in my murgpype dat 2006 ‘n groot,
‘n fantastiese jaar gaan wees.
§ Desember is ook ‘n wonderlike tyd vir oorpeinsing en nabetragting van
jou lewe. Miskien so ‘n bietjie tyd afsonder net om te dink, en om my
geestelike lewe reg te kry. Desember is ‘n goeie tyd om myselwers weer
agtermekaar en in orde te kry.
§ Dan gaan ek een swak punt van my identifiseer en dit volgende jaar die
ban indoen. Ek dink eintlik ek weet al wat dit is – ek is so
ongeorganiseerd. Gaan meer orde in my lewe kry. Wat is die een swak punt
wat jy wil verander?
§ En ek gaan so ‘n paar planne maak vir die nuwe jaar, kan tog nie 2006
ingaan en dinge laat gebeur sonder planne nie. Hoe lyk dit met jou – het
jy ‘n klompie idees?
§ Hierdie vakansietyd gaan ek fokus op positiewe lekker dinge en die
negatiewe goed uitban uit my lewe. Negatiewe dinge, slegte goed wat
mense sê, krap jou net om. Fokus op die positiewe, praat en kuier met
positiewe mense, doen positiewe dinge. Dan gaan jy goed voel, reg voel.
Betaal jy teveel vir motorversekering?
Klik hier vir 'n gratis aanlyn kwotasie!
Al wat jy dan moet doen is om te
besluit wat om met die ekstra geldjie te maak
|
|
|
Webwerf soeklig |
|
Met elke uitgawe
sal ek van nou af die soeklig plaas op 'n webwerf met Afrikaanse
inhoud. Hierdie keer is dit die beurt van:
Soek Afrikaans
Klik asseblief die skakel hierbo en gaan kyk na Soek
Afrikaans, kom ons kyk of ons sommer 'n hele klomp
besoekers soontoe kan stuur!
|
|
|
|
My Webwerf se Soekenjin |
|
Vind enigiets op my webwerf, tik 'n sleutelwoord
in die blokkie en Klik. Soek resepte, bestanddele, plekname ens.
Klik op webkaart vir 'n kaart van my webwerf |
|
|
|
|
|
|
'n Tikkie Humor |
|
Koos stap eendag by sy dokter se spreekkamer in en kla dat hy dink dat
hy dalk 'n lintwurm het.
Die dokter het hom deeglik ondersoek en ewe deeglik saamgestem.
Dokter: "Ek wil he jy moet more terugkom om jou behandeling te begin,en
ek wil he jy moet vir my 'n piesang en 'n koekie saambring."
Koos is effens verward, maar doen maar wat die dokter se . Die volgende
dag is hy terug met sy piesang en sy koekie.
Dokter: "Uitstekend, trek nou asseblief jou broek uit en buk vooroor.
Dit gaan niks seermaak nie."
Nou ja, wat kan hy doen? Hy trek sy broek af, buk vooroor en die dokter
druk die piesang in waar dit eintlik nie hoort nie. Hy wag 'n minuut -
presies 60 sekonde later volg die koekie die pad van die piesang.
Dokter: "Nou ja, dit was die eerste deel van jou behandeling. As jy wil
he dit moet regtig werk, kom more terug met nog 'n piesang en nog 'n
koekie."
Arme Koos is daar weg met trane van pyn en vernedering in sy oë, maar
die volgende dag is hy terug; piesang, koekie en al. Presies dieselfde
gebeur op dag twee, dag drie en dag vier . . . Eers die piesang, dan die
koekie .
En so gaan dit vir 'n hele week lank aan. Dokter: "Veels geluk, more is
jou heel laaste behandeling. Ek wil graag he jy moet 'n piesang en 'n
hamer saambring."
Koos (bang verby; wil nie eens dink waarvoor die hamer is nie): "Nie 'n
koekie nie?"
Dokter: "Nee, 'n hamer."
Die volgende dag is Koos terug - met sy piesang en sy hamer.
Dokter:"Nou ja, meneer Van der Merwe, jy ken nou al die roetine. Broek
uit, buk af. Die dokter druk die piesang op, kyk op sy horlosie en tel
die hamer op.
Een minuut gaan verby. Twee minute gaan verby. Drie minute. En
uiteindelik na vier minute.... druk die wurm sy klein koppie by Koos se
alie uit en skree:.............
"Waar's my f**en koekie!!!??"
|
|
|
Die Resep(te) |
|
Wat is Kersfees sonder 'n lekker Krismiskoek? Probeer gerus een van die
resepte hieronder! Dit kom uit OU respteboeke.
|
|
SPESIALE KERSKOEK
240 g Brasiliaanse neute (375 ml)
100 g pekanneute (250 ml)
75 g amandels (125 ml)
225 g dadels (grof gekap 375 ml)
75 g pitlose rosyntjies (125 ml)
75 g glansvrugte (grof gekap (125 ml)
120 g rooi en groen glanskersies (200 ml)
120 g koekmeelblom (250 ml)
2 ml sout
3 ml bakpoeier
105 g strooisuiker (125 ml)
3 eiers
12.5 ml brandewyn
Plaas neute en vrugte in groot mengbak. Sif droë bestanddele daaroor.
Voeg suiker by en meng goed. Voeg eiers en brandewyn by en meng weer
good. Skep mengsel in 'n gevoerde eenbroodpan en bak in 'n voorverhitte
oond van 150 grade C ongeveer 2 uur 30 minute tot goudbruin en gaar.
FEESTELIKE LIGTE VRUGTEKOEK
250 g botter (270 ml)
250 g strooisuiker (300 ml)
2 ml vanieljegeursel
knypie sout
12.5 ml rum
6 eiers
350 g koekmeelblom (730 ml)
5 ml bakpoeier
400 g sultanas (665 ml)
50 g gemaalde amandels (85 ml)
100 g versuikerde suurlemoenskil
100 g gepelde amandels (gehalveer, 165 ml)
Voer 'n 230 mm ronde koekpan met vetpapier uit. Verhit oond tot 150
grade C. Klits strooisuiker, botter, vanieljegeursel, sout en rum tot
lig en romerig. Voeg eiers een vir een by en klits goed na elke
byvoeging. Indien mengsel skif, voeg 12,5 ml meelblom by. Sif meelblom
en bakpoeier en meng. Voeg sultanas, gemaalde amandels en gekapte skil
by. Vou meelblommengsel liggies in romerige mengsel in. Giet in
voorbereide koekpan, rangskik amandels bo op en bak in voorhitte oond
vir 4 uur 30 minute. Toets met 'n vleispen of koek gaar is. Laat koek
vir 15 minute in pan afkoel en keer dan uit.
BRANDEWYNKERSKOEK
225 g koekmeelblom (465 ml)
knypie sout
3 ml gemaalde kaneel
3 ml gemaalde neut
450 g sultanas (750 ml)
350 g rosyntjies (580 ml)
225 g glanskersies (375 ml)
100 g gepelde amandels (gesnipper, 165 ml)
60 g versuikerde skil
gerasperde skil van 'n halwe suurlemoen of lemoen
180 g botter (195 ml)
180 g donkerbruin suiker (225 ml)
4 eiers (geklits)
25 ml brandewyn of sjerrie
50 ml brandewyn
Sif koekmeelblom, sout en speserye goed saam en plaas eenkant.
Plaas sultanas, rosyntjies, glanskersies, amandels, versuikerde en
gerasperde skil in mengbak en meng liggies. Plaas eenkant.
Klop botter tot romerig, voeg suiker by en klop tot lig en goed gemeng.
Voeg geklitste eiers bietjiesgewys by en klop goed na elke byvoeging.
Voeg gesifte koekmeelblommengsel geleidelik by en meng. Voeg
vrugtemengsel en brandewyn by en meng. Skep mengsel in voorbereide
koekpan en bak in voorverhitte oond van 160 grade C vir 2 uur. Verlaag
oondtemperatuur na 150 grade C en bak nog 1 1/4 uur. Haal uit oond,
giet brandewyn oor en laat effens atkoel in pan voor dit uitgekeer
word.
LIGTE KERSKOEK
200 g koekmeelblom (420 ml)
2 ml sout
5 ml gemengde speserye
200 g botter (215 ml)
200 g strooisuiker (240 ml)
6 eiers
50 ml brandewyn of sjerrie
100 g glanskersies (165 ml gekap)
50 g gemmerkonfyt (gekap)
50 g okkerneute (125 ml)
200 g korente (330 ml)
200 g sultanas (330 ml)
150 g'pitlose rosyntjies (250 ml)
75 g gemengde, gesnipperde skil (125 ml)
Sif meelblom, sout en speserye. Klits botter en suiker tot lig en
romerig. Voeg eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging.
Voeg brandewyn of sjerrie by en klits goed. Voeg gekapte vrugte, neute,
skil en gesifte meelblom by. Giet mengsel in gevoerde koekpan en bak in
'n voorverhitte oond van 160 grade C vir 45 minute. Verlaag hitte tot
150 grade C en bak 1 uur. Verlaag hitte verder tot 140 grade C en bak
nog 1 uur tot gaar. Laat in pan afkoel.
OUMA SE VRUGTEKOEK
75 g ontpitte pruimedante (125 ml)
75 g droëvye (125 ml)
175 g droëpere
50 g rosyntjies (85 ml)
50 g korente (85 ml)
50 g gekapte, gemengde ski!
300 ml warm, swart tee
50 g suiker (60 ml)
3 ml gemaalde kaneel
knypie elk wonderpeper, sout en gemmer
25 ml rum
25 ml suurlemoensap
200 g koekmeelblom (415 ml)
50 g haselneute (fyn gekap)
50 g okkemeute (fyn gekap)
Suurseldeeg
25 ml melk
50 ml water
5 ml olie
5 ml droë gis
25 ml warm water
5 ml strooisuiker
10 ml sout
50 g koekmeelblom (100 ml)
50 g broodmeel (100 ml)
Versiering
25 g gepelde amandels (gehalveer)
glanskersies
engelwortel
Maak eers suurseldeeg. Meng melk,50 ml water en olie in 'n kastrol en
verhit tot kookpunt. Laat afkoel. Meng gis met 25 ml warm water en voeg
suiker by. Laat staan vir 5 minute. Voeg by melkmengsel en roer sout by.
Voeg hierdie mengsel by brood-en-koekmeelblommengsel en klits goed.
Bedek en laat staan vir 12-18 uur.
Kap pruimedante, pere en vye. Plaas in 'n mengbak saam met rosyntjies,
korente en gemengde skil en giet tee oor. Bedek en laat oornag staan.
Voeg suiker, speserye, sout, rum en suurlemoensap by vrugte. Klits alle
bestanddele goed saam, bedek en laat staan vir nog 30 minute.
Voeg vrugtemengsel by suurseldeeg saam met gesifte meelblom en neute.
Meng alles goed saam en plaas in 'n gesmeerde koekpan (200 mm). Versier
met amandels, kersies en engelwortel. Bak in 'n voorverhitte oond van
180 grade C vir 1 uur 10 minute.
KERSBROOD
400 g droëpere
300 g pruimedante (500 ml)
400 g droëvye (665 ml)
150 g okkerneute (375 ml)
100 g rosyntjies (165 ml)
125 g sultanas (210 ml)
75 g gemengde, gesnipperde skil (125 ml)
200 g strooisuiker (240 ml)
15 ml gemaalde kaneel
3 ml gemaalde naeltjies
5 ml wonderpeper
3 ml sout
25 ml rum
1 kg koekmeelblom
40 g geperste suurdeeg
Brooddeeg
900g broodmeel
150 ml warm melk
25 g geperste suurdeeg
10 ml strooisuiker
5 ml sout
25 g gesmelte botter
12,5 ml olie
Week pere en pruimedante in 900 ml water. Sit deksel op en kook tot
sag. Dreineer en hou vloeistof. Ontpit pruimedante en kap pere, vye en
okkerneute. Voeg rosyntjies, sultanas, gemengde skil, suiker, speserye,
sout en rum by en bedek.
Klits 300 ml van warm water en 50 g van broodmeel saam om meeldeeg te
vorm. Bedek en laat staan vir 1 uur 30 minute.
Voeg dan warm melk by en klits goed. Meng suurdeeg, 150 ml warm water
en suiker en laat staan vir 10 minute. Voeg by meeldeeg. Voeg sout,
botter en olie by. Meng res van broodmeel by. Bedek en laat staan tot
uitgerys.
Sit koekmeelblom in 'n groot bak en maak 'n holte in middel. Klits 40 g
suurdeeg met 400 ml koue vrugtevloeistof en suiker en giet dit in
meelholte. Strooi 'n bietjie meelblom oor en laat staan tot skuimerig.
Voeg vrugte-enneutemengsel by en klits tot 'n deeg gevorm word. Laat
staan vir 15 minute. Verdeel vrugtedeeg in vier ovaal brode. Verdeel
brooddeeg in vier en rol elke deel uit tot 'n groot ovaal gevorm is.
Plaas vrugtebrood op uitgerolde deeg. Bestryk vrugtebrood met water en
draai in brooddeeg toe. Plaas op 'n gesmeerde bakplaat en verf met
water. Laat staan vir 15 minute. Bak in voorverhitte oond van 190 grade
C vir 1 uur en 20 minute.
. Hierdie gereg is nie geskik om lank te hou nie. Eet dit binne 'n week
nadat dit gebak is
SJERRIEKERSKOEK
100 g okkerneute (250 ml)
240 g Brasiliaanse neute (375 ml)
75 g amandels (125 ml) '
225 g pitlose pruimedante (grof gekap, 375 ml)
75 g pitlose rosyntjies (125 ml)
75 g glanspynappel (125 ml)
120 g glanskersies (200 ml)
120 g koekmeelblom (250 ml)
2 ml sout
3 ml bakpoeier
100 g bruin suiker (125 ml)
3 eiers
12,5 ml sjerrie
Plaas neute en vrugte in groot mengbak. Sif droë bestanddele daaroor.
Voeg suiker by en klits goed. Voeg eiers en sjerrie by en meng goed.
Skep mengsel in 'n gevoerde eenbroodpan. Bak in 'n voorverhitte oond
van 150 grade C vir 2 uur 30 minute tot gaar. Laat koek in pan afkoel
en keer dan uit.
|
|
|
Vriende van Boeremusiek |
|
Kontak vir Wia
en Kalie
van Vriende van
Boeremusiek
082 578 8907
of 012 362 7097 of
kalie@telkomsa.net
ofwia@telkomsa.net
of
hoor-nou-net@yahoogroups.com
Dagsê Boeremusiekvriende.
Die jaar lê op sy rug en dit voel of daar nie genoeg Boeremusiek was die
jaar nie. Maar nou ja, as mens nugter oor die saak dink dan besef jy
daar was BAIE Boeremusiek deur die jaar en nog is dit einde niet!! Daar
is nog twee belangrike byeenkomste voor die einde van die jaar: Die
eerste byeenkoms is op 10 Desember 2005 by die Voortrekkermonument se
piekniek terrein en begin om 9-uur die oggend.. Dit sal soos gewoonlik
‘n bring en braai byeenkoms wees en vure, pap en sous sal verskaf word.
Toegang is R20 per persoon maar musikante wat met my vooraf reël sal
gratis toegang kry. Daar word veral vir Boeremusiekgilde lede gevra om
die dag te ondersteun aangesien ons graag die Pretoria tak van die
Boeremusiekgilde wil re-aktiveer deur middel van ‘n nuwe bestuur.
Pretoria is die mekka van Boeremusiek en daarom moet Pretoria die
voortou neem in Boeremusiek aktiewiteite. Daaro vra ons baie mooi dat u
Voortrekkermonument toe sal kom en kom help om Boeremusiek sy regmatige
plek in Pretoria te laat kry! Boeremusiekgilde lede sal eersdaags kennis
van Noordstreek kry vir bogenoemde byeenkoms. Let wel, dis nie ‘n
kompetisie wat gehou word nie maar net ‘n lekker speel en ALLE
Boeremusikante is welkom om te kom speel.
Die tweedee byeenkoms is op 31Desember 2005. Dis reg!, so op die ou jaar
en dan gaan ons deur na die nuwe jaar met al die boeresport en
boeremusiek wat daarmee saam gaan. Ons orkes vir die aand is Neels
Ackerman en sy manne wat vir ons die musiek sal maak vir die oujaarsdans!
Dit begin ook 9-uur die oggend en toegang sal R50 per persoon wees wat
die dans insluit asook potjiekos laat middag voor die dans. Deur die dag
sal daar ook vure, pap en sous beskikbaar wees. Deur die dag kan enige
Musikant speel maar die aand is dit Neels Ackerman se orkes en slegs
gaskunstenaars sal genooi word om te speel.
Vriende, hierdie is ‘n daadwerklike poging om Boeremusiek in Pretoria
hoogty te laat vier. Kom ons vat hande en maak ‘n sukses daarvan. So sal
Boeremusiek wen by die Monument wat opgerig is vir die mense wat
boeremusiek oorspronklik gemaak het!!
Vir die van u wat weens omstandighede nie een of albei byeenkomste kan
bywoon nie, word u ‘n geseende Kersfees en voorspoedige nuwejaar van my
en Wia toegewens.
Baie belangrik is die reëlings met die tafels en die stoele. ‘n Tafel
met 8 stoele kan vir die dag gehuur word vir R50. Dit moet net voor 9
Desember gereël word. Skakel my as u tafels en stoele benodig of bring u
eie.
Boeremusiekgroete,
Kalie de Jager.
Wia
Tel: 012 361 7097
082 5788907
E-pos:
wia@telkomsa.net
|
|
|
|
|
|
Die Danville Hulp Groep |
|
Met die Kersfeesfunksies so te sê agter die rug is dit nou volstoom met
die
kersfeeskospakke.
Om vir 'n gesin van gemiddeld 5 persone die basiese kos te voorsien oor
die
3 dae gaan ons ± R200-00 per gesin kos. Teen 250 gesinne het ons dus R50
000-00 nodig hiervoor. Ons het dus nou dringend fondse nodig om die
kruideniersware aan te koop. Die kospakke bevat die basiese kos met 'n
bietjie ekstra vir die kersfeesete. Sou mens dit op deel teen 3 maaltye
per dag x 5 persone werk dit ongeveer op R4-50 per persoon per maaltyd!
Indien u graag kruideniersware wil gaan aankoop sal dit ook baie welkom
wees. Kontak my dan asb by elecnet@mweb.co.za sodat ons nie dupliseer
nie.
Aflewerings adres:
286 Cliffendale rylaan
Faerie Glen
Tel 991 3914 of Cel: 082 8282 551 skakel net asb voordat u ry.
Ek glo dat al ons ondersteuners hulle harte gaan oopmaak en hierdie
minderbevoorregte mense in ons gemeenskap (hoofsaaklik pensioenarisse en
kinders) gaan help om kos op die tafel te hê oor Kersfees.
R4-50 per persoon per ete is waarlik so min! HELP ASB !!
Danville Hulp Projek
FNB * Brooklyn
Tjek rek: 620 546 34128
Verw: Kerskospakke
Enige bydrae gaan help om 'n verskil te maak!
Sel: 082 8282 551
Faks: 012 991 2073
www.danvillehulp.co.za
elecnet@mweb.co.za
BANKBESONDERHEDE
Danville Hulp Projek
FNB - Brooklyn
Takkode: 251 345
Tjek rek: 620 546 34128
Verw: (Kos - of - Kersfees of dit waarvoor die donasie is asb)
webwerf:
www.danvillehulp.co.za
|
|
|
Boereraat van die Week |
| !! Ek beveel sterk aan dat 'n apteker of dokter se
raad eers ingewin word voordat veral die medisinale rate gebruik word, ek
kan ongelukking nie verantwoordelikheid aanvaar as iets verkeerd gaan nie,
ek plaas die rate suiwer as interessante inligting. !!
Klik hier vir
inligting oor my Boererate eBoek!
Hare te laat groei. - neem 1
eetlepel paraffien, 1 eetlepel brandewyn en 1 eetlepel kasterolie. Skud
alles goed deurmekaar. Vryf eenmaal per week die kopvel goed daarmee in die
aand.
Hare wat uitval - vryf elke aand en elke more 'n bietjie vaselien of
klapperolie
goed by die wortels van die hare in. Welriekende kasterolie is ook
doeltreffend.
|
|
|
|
Afrikaanse Lied |
Hier is iets nuuts! Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek |
|
AL DIE VELD IS
VROLIK
Woorde: C. LOUIS LEIPOLDT
Musiek: J. WEBER; verwerk: PIETER DE VILLIERS
Al die veld is vrolik; al die voëltjies sing;
al die kriekies kriek daarbuit'; elke sprinkaan spring.
Al die koggelmannetjies kom om fees te vier;
hier galop 'n goggatjie, daarso dans 'n mier.
[KOOR]
Nou gaan die kinders draai, nou gaan hul speel!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai--
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai--
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!
Selfs die vissies spartel teen die kafferskuil;
in die groot ou eikeboom droom 'n oupa-uil.
Oral in Karooland is 'n ruik versprei:
boegoeblom en appelkoos--kan jy beter kry?
[KOOR]
Nou gaan die kinders draai, nou gaan hul speel!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai--
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai--
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!
Bind vir my tesame katjiepiering wit,
bobbejaantjies blou en bont, rose in gelid,
varings van die klippe, oral, ai só mooi,
rooi kalkoentjies uit die vlei--blomme uitgestrooi.
[KOOR]
Nou gaan die kinders draai, nou gaan hul speel!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai--
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai--
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!
Vrolik is die wêreld, vrolik rant en vlei!
Elke koggelmannetjie het sy maat gekry.
Elke gons'rig' goggatjie is getroud of vry:
vrolik is die wêreld hier, vrolik veld en vlei!
[KOOR]
Nou gaan die kinders draai, nou gaan hul speel!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai--
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai--
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!
|
|
|
Snuffelhoekie |
|
Ek versamel yskasmagnete van buite Suid
Afrika,
kontak my
en dan ruil ons uit! |
|
|
|
|
As jy nog nie jou
eksemplaar van my Boererate eBoek gekry het nie,
klik hier vir
meer besonderhede. |
|
|
|
|
bukhuki
is 'n annerster boekwinkel in Somerset-Wes, Wes-Kaap, met boeke en
verwante produkte gemik op kinders en jongmense tot ongeveer 14 jaar oud.
|
|
|
|
op my webwerf |
|
|
|
|
Hulp met
skooltake??
Klik hier! |
|
|
Teken in op hulle
nuusbrief,
klik hier
en stuur leë epos. |
|
|
|
|
Vakansieverblyf is altyd 'n probleem, dié mense maak dit makliker om te
kry,
klik net hier.
|
|
|
|
|
Soek jy plek om te gaan kampeer?
Klik dan hier!
|
|
|
|
"Making Diabetic Cooking Easy"
Die boek bevat 177 resepte en kos maar net R65. Vir meer
inligting, kontak Anna by
0822946799 of per epos by
anna_se_kombuis@yahoo.com
Vir nog meer van Anna se resepteboeke,
klik hier |
|
|
|
|
Jy geniet gratis toegang tot internet
bankdienste met 'n bluebean kredietkaart
doen nou aansoek !
|
|
|
|
|
Elkeen van my nuusbriewe bevat 'n goeie Afrikaanse artikel, 'n tikkie
humor, 'n Tradisionele Afrikaanse resep en die woorde van 'n Afrikaanse
lied, gaan kyk gerus in die
Argiewe na vorige
uitgawes |
|
|
|
|
Ek sal enige
konstruktiewe
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
|
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
|