| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer 8 |
'n Passie vir
Afrikaans |
21 November
|
|
Hallo almal!
Hier's ek weer!
Ons woon toe ons (gewese)
werk se jaarlikse Pensioenaris-ete by. Goed om weer met die gewese
kollegas te praat en op te vang. "n Paar het my gevra waarmee ek myself
besig hou, ek het aangeneem dis die ouens wat verveeld is en niks het om
hulle mee besig te hou nie. Dit hang alles van jouself af, jy kan voor
die TV sit en stoel of jy kan betrokke raak en LEWE! Ek is nou al bys
soveel goed betrokke dat ek weer 'n dagboek moet aanhou! Ek raak nou al
hoe meer by kerkdinge betrokke, dit gee nuwe betekenis aan my lewe! Vir
die wat bekommerd is oor wat hulle gaan doen as hulle aftree, moenie
worry nie, jy sal meer as besig wees!
Begin deur tuindienste te kanselleer. Jy bespaar
geld, jou tuin lyk baie beter EN jy kry oefening! Kry projekte om te
doen, ek het geleer afdak opsit, plaveisel lê, verf , dinge waarvoor ek
nooit tyd gehad het nie. En gaan ry rond, leer jou land en sy mense ken!
Ons mense is wonderlik! |
|
|
'n Tikkie
Humor |
'n Paar Dol
Definisies!
Hier is nog....
MATRIEKSERTIFIKAAT : Kwitansie wat 'n kind ontvang vir die rekening wat
sypa/ma betaal het. MIDDELJARE : Wanneer jy jou emosies vir simptome
verruil.
MôRE : 'n Plek waar jy alles kan aflaai wat jy gister moes gedoen het.
NOODHULP : Jou kans om gesond te kry voor die dokter jou beetkry.
OUDERDOM : Wanneer jou ledemate harder kraak as jou stem.
POU : 'n Hoender wat blom.
PREDIKANT : Ses dae is hy onsigbaar en die sewende dag is
hyonverstaanbaar.
ROLSKAATSE : Tekkies sonder remme.
SNIPPERMANDJIE : Iets wat tieners altyd mis kyk.
SNOR : Bolip wat uitrafel.
TAKT : Die vermoë om jou mond toe te maak voor iemand anders dit vir jou
doen. WEERVOORSPELLER : Iemand met wie die weer nie altyd saamspeel nie.
. |
|
|
|
|
Die Resep |
Hierdie resep
kom van Anna Eksteen se uitstekende aflaaibare resepteboek, Vir meer
uithaler Suid Afrikaanse resepte soos die een, kontak Anna soos volg:
Sel: 0822946799 |
|
KORSLOSE KAASTERT:
15ml botter of margarien
6 eiers, geklits
125ml gerasperde Cheddarkaas
2 tamaties, geskil en grof gekap
5ml sout
1ml varsgemaalde swartpeper
12.5ml vars gekapte pietersielie
1 spekvleisrepie, swoerd verwyder & gekap
Voorverhit die oond tot 180C. Verhit die botter of margarien in ‘n
swaarboombraaipan. Meng die res van die bestanddele en voeg dit by die
gesmelte botter of margarien. Meng alles goed saam. Gooi die mengsel uit
in ‘n goed gesmeerde oondskottel en bak dit 35-40 minute lank op die
middelste oondrak totdat dit ferm is. |
|
|
|
|
|
Brokkies |
|
Kampeer
Ons gaan wy toe ons nuwe tent in langs die Vaalrivier. Die eerste
aand beleef on die moeder van alle donderstorms, weerlig en reën vir
Afrika. Volgende oggand is ons nog op dieselfde plek en die tent is
behoorlik ingewy! Die res van die naweek was gewy aan ontspan en eet, en
eet en ontspan! Lekkerrrrr! |
|
|
|
|
Komper
My komper is nou opgradeer en behoort goed te wees vir die volgende jaar
of so. Die video redigering gaan nou vlot met die vinniger komper, kan
selfs na DVD skryf! Spielberg se moses! |
|
|
|
|
Danville Kersboom
Elsabe is kliphard
besig met die nodige reëlings vor die Kersboom op die 6de Desember. Hou
maar die webblad en die Kersboom bladsy dop vir verwikkelinge, skakels
hieronder
(Kersboom en kinders se
wenslys) (Die
Danville Hulpgroep) (Kersboom) |
|
|
|
|
.Ek sal enige
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
| |
|
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
Peter-jasie |
|