|
 |
|

|
|
Nommer 79 |
Afrikaans KOOK!!! |
9 Nov 2005 |
|
Wees gegroet!
Welkom alle nuwe
intekenare!
Ek gaan begin om
Kersresepte in die nuusbrief te sit tot net voor Kersfees. En ek gaan
begin met koekies. In ons huis was die tyd van die jaar altyd koekietyd!
Vir dae aaneen word daar in die kombuis gewoel en gewerskaf om blikke en
blikke vol koekies te bak vir Kersfees. En ek was altyd by om die
deegkastrol uit te lek nadat die koekies in die oond was. Ek is seker my
ma het maar altyd ekstra deeg oorgelos vir my om uit te lek! Enigste
kind en so aan! Gaan kyk maar by die resepte biekie ondertoe watse koekie
respte ek daar het.
Ek glo vas dat
koekies en gemmerbier vir mekaar gemaak is, die volgende resep van ou
staatmaker, Elzeth:
VINNIGE
GEMMERBIER
1 Groot emmer met deksel wat lugdig sluit
7 x 750ml louwarm water (5¼ Liter)
4½ koppies suiker
10ml Jamaika Gemmer (Lennons se produk)
10ml kitsgis (korrelsuurdeeg)
28 rosyne
1. Meng 10ml suiker en die 10ml kitsgis in 125ml louwarm water. Laat
staan
vir 10 - 20 minute (todat dit begin gis).
2. Voeg die suiker by die louwarm water in die emmer en roer ongeveer 3
minute (totdat suiker gesmelt het).
3. Voeg die Jamaika Gemmer en die water-, suiker- en kitsgismengsel (nadat
dit begin gis het) by die suikerwater en roer baie goed. Voeg die rosyne
by en roer weer deur.
4. Plaas deksel op emmer en laat staan in die son om te gis. Persoonlik
laat staan ek dit in die son van so ongeveer 10 uur in die oggend tot 2
uur
in die middag. Dit is dan gereed, maar smaak verskil en dit kan langer
in
die son gelaat word om verder te gis. Onthou net om elke nou en dan die
lug
uit te laat, anders skiet die deksel af en jou gemmerbier is daarmee
heen!
5. Gooi die bier in houers en plaas in yskas om verdere gisting te
voorkom.
Nota: Dit is 'n heel eenvoudig resep en baie lekker. Ek moet egter erken
toe ek die resep die eerste keer onder oë kry, was ek baie skepties. Hoe
gebruik mens dan nou medisyne om gemmerbier mee te maak? Ek het dit
egter
probeer, en die resultate was verstommend. Selfs mense wat nie graag
gemmerbier drink nie, het gesê dit is lekker. Behalwe vir die suiker, is
dit ook nie so duur om te maak nie. So, probeer dit gerus.
Hier is nog een
van Minette se artikels. Minette is verbonde aan die Republikein, die
enigste Afrikaanse dagblad in Namibië. Minette ontvang graag kommentaar
per
epos. Sy wag angstig om van julle te hoor!
In die sop
EN daar word ek toe mos die anderdag sommer twee keer uitgetrap.
Deur WILDVREEMDES, nogal.
Eers gebel op my selfoon (die vermetelheid) om vasgevat te word oor die
wrede omgewing waarin ek durf werk en die harteloosheid waarmee ‘julle
koerantmense’ woorde kies.
Net daarna op straat voorgekeer oor my goddelose lewensstyl en oorlat ek
nie bewyse van lidmaatskap van ʼn spesifieke kerk kan lewer nie.
En weet ek dat ek reguit hel toe gaan omdat ek geskei is EN dat ek die
kinders in sonde saamsleep?
O, ek is ʼn slegte, slegte mens.
Ek kan niemand meer in die oë kyk nie.
O, behoede my.
Want: Hoe durf ek so sinies ligsinnig wees oor myself, ander, die lewe?
Want: Hoe durf ek Sondae werk?
Daarom gaan ek nou bedank en myself in my huis toesluit met die hoop dat
alle nare dinge sal weggaan en almal in Utopia sal voortleef.
Want wat die oog nie sien nie, kan die hart nie oor treur nie, nie waar
nie?
As ek dit wel die dag buite moet waag om ʼn broodjie te gaan koop, sal ek
nie die haweloses, die gestremdes, die bejaardes sonder pensioen, die
mishandeldes, die dwelm- en drankverslaafdes of die korrupsie om my
raaksien nie.
Ek sal ook vergeet van die derduisende sinkhuise net hier anderkant die
bult waar honger elke dag oorverdowend geluidloos skree en glo dat vigs
ʼn opgemaakte bangmaakstorie is wat net sekere mense opdoen omdat dit hul
verdiende loon is.
Sal ook nie meer wonder of die 122 000 weeskinders in die land vanaand
hulleself aan die slaap huil nie. Ook nie meer omgee of vroue in gegoede
en krotbuurte deur hul mans half bewusteloos geslaan word nie.
Ek sal regtig vere voel vir kinders met kanker en ander oorerflike
siektes wat dringend geld nodig het vir operasies en ander mediese sorg.
Ook my nie langer steur aan gestremde kinders se nuwe plaasstal wat met
groot moeite opgerig is net om ʼn ekstra geldjie vir nuwe boeke en
toerusting in te samel nie.
Tonnelvisie sal voortaan aan die orde van die dag wees met net die trein
van positiewe denke se lig wat van vooraf aangerol kom.
Maar voor ek myself heeltemal van realiteit onttrek, net ʼn laaste paar
selfsugtige versoeke.
Sal die twee persone wat my so blatant sleggesê het asseblief die
grootheid van gees hê om my te vergewe vir my tekortkominge?
Want ek wil vra dat niemand ooit weer iets lees oor buitensporige
tienerbedrywighede, skoolgeld, mediese onkoste, rolstoele, krukke,
bloedoortappings, nekstutte, terapeutiese perdrylesse, fisioterapie
sessies, insamelingsveldtogte, verlore gesinslede, tragiese
velduitstappies, verlore wisseltrofees, stamseloorplantings,
Dagbreekkonserte, vigsdonasies, vigskinders, weeskinders, verlore diere,
mishandelde diere, dwelmslawe, drankrehabilitasie, onthoofde lyke,
gru-motorongelukke, begrafnisse, selfmoorde, korrupsie, bedrog, diefstal,
huisinbrake, motorsindikate, swak diens en lawaai in munisipale gebiede
nie.
Asseblief.
Laat ons van nou af net die goeie raaksien en vergeet van al die
negatiewe ou invloede van die verlede.
Want as ons dit nie erken nie, kan dit nie bestaan nie.
Ag man, dis lekker in Utopia!
Net ʼn laaste vraag: het jou tiende net waarde in geldnote?
LEWENSRESEP
'n Bietjie meer doen en minder praat
'n Bietjie meer liefde en minder kwaad
'n Bietjie meer dank en minder kla
'n Bietjie meer gee en minder vra
'n Bietjie meer vreugd' en minder vrees
'n Bietjie meer musiek wat spanning genees 'n Bietjie meer blomme in die
lewensuur as ruikers na die graf te stuur 'n Bietjie meer glimlag,
minder
steun, maar voluit vertrou en op Hom leun..
MAG JY...
- Nooit omdraai wanneer jy teleurgestel word nie.
- nooit ophou wanneer jy verloor het nie.
- nooit bly lê wanneer jy geval het nie.
- nooit haat wanneer jy nie waardeer word nie.
- nooit hoogmoedig word wanneer jy presteer het nie.
- nooit rus wanneer jy voorspoed gevind het nie.
- nooit in die steek laat wanneer jy vertrou word nie.
MAG JY..
- Altyd lewe met die wete dat jy met 'n doel lewe.
- altyd ly in die geloof dat lyding krag bring.
- altyd doen met die besef dat dit jou taak is.
- altyd gee en deur jou gawe verryk word.
- altyd gereëlmagtigheid en ondersteuning
- altyd lewe met die oog op die onsienlike
Dankie vir die
bovermelde, Debbie!

Suid Afrika se nuutste en
beste soekenjin
Dis doodmaklik om 'n
kaartjie vir die UK Lotto te koop. Die boerpot is selde minder as R10
miljoen en gereeld naby die R90 miljoen!!
Klik hier en kry jou kaartjie! Jy kan nie wen as jy nie in is
nie!
Boerpotte is gereeld £5 miljoen of meer, dis darem 'n
allemintige klompie Rand!
st
se weeklikse pitkos
Klik hier om st
se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Nog
gevleuelde woorde van ST:
Het jy gisteraand goed geslaap?
Ek
het ‘n belangrike vraag om jou te vra.
Miskien lees jy die “subject line” en dink hierdie nuusbrief gaan oor
jou slaappatroon. Of miskien oor ‘n nuwe slaappil wat ek aan jou wil
smous. Of oor slaapterapie.
Wel jy is verkeerd.
Dit gaan inderwaarheid nie oor slaap nie.
Maar wel oor die gebrek aan slaap.
Jy sien wanneer ‘n mens nie goed slaap nie is daar ‘n rede voor. Ek wil
nie nou ‘n ontleding doen van al die redes vir swak slaap nie, maar op
een spesifieke rede konsentreer.
Het jy al gesukkel om aan die slaap te raak omrede goed in jou kop maal?
Of het jy in die vroeg oggendure al wakker geskrik, natgesweet en in ‘n
staat van paniek?
Bekommernis is een van die grootste oorsake van versteurde slaap. Of jy
nie aan die slaap raak nie, rol rond in die bed, natgesweet met aaklige
drome, koorsagtige “worries”. Of jy ruk wakker in die nag, met dwalende
gedagtes en ‘n soort hopeloosheid met geen uitkoms vir jou situasie nie.
Bekommernis maak jou lam. Bekommernis tap jou energie en kragte, gooi
jou slaappatroon omver, demper jou eetlus, ontwrig jou gesonde
lewensfunksionering.
Ja, daar is baie goed wat jou ernstig bekommerd maak. Byvoorbeeld
finansiële druk, ‘n saak wat verkeerd geloop het, druk by die werk, iets
wat jy verkeerd gedoen het, ernstige probleme wat jou in die gesig staar,
onafgehandelde take, jy is bang, bekommernis oor ‘n kind of geliefde,
onreg wat iemand jou aangedoen het.
Die belangrike vraag wat ek jou wil vra is : weet jy hoe om bekommernis
in jou lewe te hanteer?
Ek het vir jou ses stappe neergeskryf wat jy kan doen. Kragtige
effektiewe aksiestappe.
Stap 1: Neem drie diep asemteuge en gaan sit by ‘n tafel in stilte.
Stap 2: Neem jou Bybel en lees ‘n stuk daaruit. Bid baie ernstig,
verootmoedig jou, bely jou sonde en skuld, en vra die Here vir genade en
uitkoms.
Stap 3: Skryf neer wat jou probleem is in presiese detail.
Stap 4: Wat is die oorsaak van die probleem? Dit is nodig om ‘n baie
duidelik begrip hiervan te vorm.
Stap 5: Breinstorm alle moontlike oplossings vir die probleem. Dit verg
tyd en goeie nadenke van alle moontlikhede, omrede die eerste oplossing
nie noodwendig die beste een is nie.
Stap 6: Kies die beste oplossing.
Ek hoop bostaande gee vir jou riglyne hoe om die bekommernis in jou lewe
op ‘n konstruktiewe wyse te hanteer. Dit mag simpel en eenvoudig klink,
maar dis in werklik ‘n wonderlike formule om angs, vrees, bekommernis,
paniek op sinvolle wyse aan te spreek. Jy dae en weke rondrol en
nutteloos ronddwaal in bekommernis, of jy tot ‘n plan oorgaan.
Ek hoop jy het darem al my webwerf by www.pitkos.co.za besoek. Ons werk
aan die webwerf om nog meer interessante dinge daarop te plaas en dit
meer interaktief te maak.
Onthou van ons vorige nuusbriewe, asook lesersbriewe is daarop te lees.
Vir briewe en kommentaar st@pitkos.co.za.
‘n Sprankie wysheid vir die Dag
"Bekommernis is die natuurlike gevolg as ons hoop gevestig is op
enigiets anders as God se wil vir ons lewe." - Billy Graham
Betaal jy teveel vir motorversekering?
Klik hier vir 'n gratis aanlyn kwotasie!
Al wat jy dan moet doen is om te
besluit wat om met die ekstra geldjie te maak
|
|
|
Webwerf soeklig |
|
Met elke uitgawe
sal ek van nou af die soeklig plaas op 'n webwerf met Afrikaanse
inhoud. Hierdie keer is dit die beurt van:

Teken in op
hulle nuusbrief,
klik
hier en stuur leë epos. |
|
|
|
My Webwerf se Soekenjin |
|
Vind enigiets op my webwerf, tik 'n sleutelwoord
in die blokkie en Klik. Soek resepte, bestanddele, plekname ens.
Klik op webkaart vir 'n kaart van my webwerf |
|
|
|
|
|
|
'n Tikkie Humor |
|
Ons mense aan die
Oosrand (is Alberton Oosrand?) het 'n reputasie dat hulle biekie "rof"
is. Soveel so dat daar vir hulle basiese lewensreëls moes geskryf word:
ETIKET vir
Brakpanners
Algemeen:
1. Moet nooit bier saamvat na 'n job interview nie.
2. Probeer eers uitvind wie die mense in jou jaart is voor jy begin
skiet.
3. Die dominee smaak dit nie as jy 'n cooler box saamvat kerk toe nie.
4. As jy die bed moet stofsuig is dit tyd om ander lakens op te sit.
5. Selfs al is jy seker jy is ingesluit in die testament, moenie jou
Venter saamsleep na 'n begrafnis toe nie.
Uiteet:
1. As jy wyn skink, tilt die "paper cup" sodat jy nie die "vrug" van die
wyn bederf nie.
2. As jy uit die bottel uit drink, hou hom so vas sodat jou vingers die
label toehou.
Onthaal in jou huis:
1. Moenie jou geliefde opgestopte hamster/kat/hond/aap op die
koffietafel sit nie.
2. Moenie dat jou hond van die tafel eet nie (al is sy maniere beter as
jou gaste s'n).
Persoonlike higiene:
1. Terwyl ore gereëld moet skoongemaak word, is dit 'n job wat
verkieslik met jou eie bakkiesleutels gedoen moet word.
2. As jy toiletware reg gebruik kan jy 'n paar dae gaan sonder 'n wassie.
3. Grond en olie onder jou vingernaels is 'n social nee, want dit gee
daai finger snacks 'n snaakse smaak en cherries laaik dit nie so kwaai
nie.
Verhoudings (buite die familie):
1. Bied altyd aan om die aas aan jou goose se hoek te sit, veral met die
eerste date.
2. Wees aggressief. Laat weet haar jy wag al twee jaar om met haar uit
te gaan 3. Maak seker jy vind uit by haar ma-hulle wanneer sy by die
huis moet wees. Party sal sê "10-uur", ander "Maandag". As die antwoord
Maandag is, is dit jou job om te sorg dat sy betyds by die skool is.
Fliek:
1. Huilende babas moet verkieslik in die voorportaal gelos word en
onmiddellik na die show gehaal word.
2. Moenie met die mense op die screen probeer praat nie.
Jarelange wetenskaplike navorsing het bewys dat hulle jou nie kan hoor
nie.
Troues:
1. Kleinvee is nie so 'n hot trougeskenk nie.
2. As jy die bruid langer as 5 sekondes soen, kan jy miskien geskiet
word.
3. Vir die bruidegom: Huur 'n tux. 'n Corduroy broek en T-shirt met'n
cummerbund werk nie so lekker nie.
4. Al is dit moelik, sê maar ja vir sokkies en skoene (al is dit dan net
vir die kerk).
Bestuur:
1. Dim jou ligte as 'n kar van voor af kom, al is jou gun gelaai.
2. As jy by 'n "4-way stop" kom, ry die ou met die grootste en blinkste
mags eerste.
3. Moet nooit 'n ander blaar se kar tou met pantyhose en duct tape nie.
4. As jy jou vrou/goose met 'n kannetjie stuur om te gaan petrol haal,
is dit swak maniere om haar te vra om bier ook terug te bring.
5. Moenie spin as jy in 'n begrafnisstoet ry nie.
|
|
|
Die Resep(te) |
|
Dankie vir Minette Schneider vir die volgende resepte. Party van hulle is
baie oud en mate is nog in ponde! Ander dateer uit resepteboeke van
1914.
|
|
KOFFIEKOEKIES
8 Koppies meelblom,
1 pond (500 g) maizena
1 ons (30 g)koeksoda
1 Koppie stroop
1 1/2 pond margarien
2 Koppies suiker
4 eetlepels koffie essence
1/2 teelepel sout
Melk indien nodig.
Meng botter, suiker, stroop. Voeg koffie essence by. Meng koeksoda met
bietjie melk. Voeg by mengsel. Voeg droë bestanddele by en maak aan tot
stywe deeg. Druk deur koekie masjien en bak in warm oond 400 F. Sit 2 -
2 opmekaar met konfyt.
CONDENCED MELK KOEKIES
12 Koppies meel
4 eiers
1 pak cream of tartar
1 pak koeksoda
2 eetlepe1s stroop
1 blik kondensmelk
2 pond (1 kg )margarien
3 Koppies suiker
1 Koppie klapper
Meng Suiker en botter tot room. Voeg eiers een vir een by. Voeg stroop
en melk by. Laaste word meel koeksoda, klapper en cream of tartar
bygevoeg. Meng,druk uit en bak in oond 400 F tot gaar.
BOERE SOETKOEKIES
15 Koppies mee1
3/4 Koppie stroop
15 teelepels bakpoeier
6 1/2 Koppies suiker
1 teelepel kaneel .
1 teelepel neut
1/2 teelepel naeltjies
1 teelepel gemmer
6 eiers
1 1/3 pond (660 g) margarien
Meng die droë bestanddele, vryf margarien in. Voeg stroop en eiers by,
meng verder met melk tot 'n stywe deeg. Rol uit en druk af met
drukkertjies. Bak in oond 400°F tot ligbruin.
LEKKER SOETKOEKIES
2 Koppies klapper
3/4 pakkie cream of tartar
1/4 pond gesnipperde kersies
1 eetlepel goue stroop
14 Koppies meel
3 Koppies suiker .
1 3/4 Koppie botter
knippie sout.
1 blik gekondenseerde melk
6 eiers
1 pakkie koeksoda
Maak koeksoda en cream of tartar met een eetlepel asyn aan.
Meng meel, suiker en sout saam. Meng gekondenseerde melk, goue stroop,
koeksoda mengsel, asook geklitste eiers saam. Voeg nou alles bymekaar en
werk sagte botter met hande deur mekaar.
Rol uit, druk af en bak (Moenie gesmelte botter gebruik nie).
OUMA SE GEMMERKOEKIES
(Lewer sowat 100 koekies)
250 9 botter
250 ml gouestoop
400 9 geelsuiker (500 ml)
2 eiers
750 9 koekmeelblom
40 ml fyn gemmer
5 ml fyn kaneel
5 ml sout
10 ml koeksoda
85-100 ml melk
Plaas botter in kastrol en smelt oor lae hitte. Voeg stroop en suiker by
en roer tot suiker opgelos het. Verwyder van hitte en laat effens afkoel.
Klits eiers en roer by botter mengsel. Sif droë bestanddele saam en voeg
beurtelings met melk by bottermengsel. Meng goed. Bedek met
kleefplastiek en plaas minstens 1 uur lank in yskas.
Vorm okkerneutgrootte-bolletjies en plaas op bakplaat. Druk effens met
vinger en bak in voorverhitte oond by 190 grade C 10-12 minute lank lot
goudbruin en gaar. Verwyder uit oond, laat afkoel en sit voor.
OBLIETJIES
500 g bruinsuiker (625 ml)
2 eiers
250 g botter (gesmelt)
15 ml fyn kaneel
10 ml droë nartjieskil (fyn gestamp)
100-125 ml volroomsjerrie
480 g koekmeelblom (4x250 ml)
Klits suiker en eiers saam lot romerig. Voeg botter, kaneel en
nartjieskil by en meng. Voeg sjerrie by en meng. Voeg gesifte meelblom
by en meng tot stewige deeg.
Indien nodig voeg meer meel by.
Vorm bolletjies en plaas in middel van oblietjiepan. Maak toe en bak
sowat 30-40 sekondes aan elke Kant tot goudbruin en gaar. Rol dadelik
op deur gebruik te maak van dik steel van houtlepel op roomhorinkievorms.
Vul met stYf geklopte gegeurde room en sit voor.
AFRIKA'S KOEKIIS
Die resep het verskyn in Di Afrikaonse Koek en Poeding Boek Duer 'n
Frystaatse Dame, Paarlse Drukpers Maats. Beperkt. 1914
3 lb Flour, 1 lb witsuiker, 1 lb botter, telepel soda en 2 telepels
kremetat, met melk of water angemaak.
Dit is die hele resep.
Hiermee 'n variasie van Afrika-koekies in die jare 90.
(lewer 90 koekies)
120 g koekmeelblom (250 ml)
390 g volkoringmeel (750 ml)
120 9 mieliemeel (250 ml)
200 g sagte bruinsuiker (250 ml)
3 ml gemengde speserye
5 ml Kremetart
250 g botter
3 ml Koeksoda
225 ml melk
250 ml karringmelk
Meng meelblom, volkoringmeel en mieliemeel. Voeg bruinsuiKer, speserye
en kremetart by. Vryf botter daarby in tot mengsel soos broodkrummels
lyk. Los koeksoda op in melk en voeg by meelmengsel. Voeg karringmelk
by en meng tot sagte deeg. Skep lepelsvol vam mengsel op gesmeerde
bakplate en bak in voorverhitte oond by 180 grade C, 15-20 minute lank
tot gaar. Verwyder uit oond en laat afkoel op draadrak.
Variasies
. Maak holte in rou koekies en skep bietjie appelkooskonfyt daarin. Bak
soos bo.
. Drup gesmelte sjokolade oor vir 'n soeter koekie.
JAN SMUTS-KOEKIES
Hierdie koekies is genoem na genl. Jan Smuts wat van 1919 tot 1924 en
van 1939 tot 1948 die eerste minister van die Unie van Suid-Afrika was.
Die resep lewer 4 dosyn koekies. Volgens oorlewering was die koekies
destyds baie gewild onder genl. Smuts se aanhangers terwyl hul politieke
opponente niks daarvan wou weet nie en net Hertzoggies gebak het.
Kors
400 g (750 ml, ongesif afgemeet)
koekmeelblom
10 ml bakpoeier
1 ml sout
250 g botter of margarien, by
kamertemperatuur
200 g (250 ml) suiker
2 eiers, geklits
Vulsel
125 g botter of margarien, by kamertemperatuur
125 g (150 ml) suiker
2 eiers, geklits
125 g (225 ml, ongesif afgemeet)
koekmeelblom
5 ml bakpoeier
100 ml fyn appelkooskonfyt
Voorverhit die oond tot 190°C (375 F).
Smeer die holtes van kolwyntjiepanne, of bespuit hull met kleefwerende
middel.
Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter of
margarien met die vingertoppe hierin totdat die mengsel fyn gekrummel
is. Voeg die suiker by en meng. Voeg die eiers by en meng tot 'n deeg.
Rol die deeg sowat 3 mm dik uit op 'n meelbestrooide deegplank. Druk
sirkels, 8 cm in deursnee, met 'n koekiedrukker uit. Voer die holtes van
die kolwyntjie
panne met die deegsirkels uit.
Verroom die botter of margarien en die suiker saam. Voeg die eiers by en
meng. Sif die koekmeelblom en bak poeier saam en meng dit met die
eiermengsel.
Skep 2 ml van die appelkooskonfyt in elke korsie. Skep 'n lepelvol
vulsel daarop.
Bak die koekies 15 minute of tot goudbruin op die middelste oondrak.
Keer hulle versigtig op 'n draadrak uit en laat afkoel.
KORENTEKOEKIES
Nog 'n resep wat dateer uit 'n 1914 resepteboek
130 g botter
400 g suiker (500 ml)
4 eiers (geskei)
375 ml melk
2 ml koeksoda
480 g koekmeelblom (4 x 250 ml)
150 g korente (250 ml)
5 ml kremetart
Klits botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg eiergele een vir
een by terwyl voortdurend geklits word. Meng melk en koeksoda en voeg
beurtelings met meelblom by bottermengsel. Roer korente daarby in. Klits
eierwitte en
kremetart saam tot stYf en vou liggies by mengsel. Skep in gesmeerde
kolwyntjiepanne en bak in voorverhitte oond by 200 grade C. 20-25
minute lank tot gaar.
MINETTE SE
GEMMERKOEKIES Hierdie is nie die Minette wat so kan skryf nie,
hierdie is die Minette wat kan kook en bak, nie dat die skryf Minette
ook nie kan kook nie.........(Nou
het ek myself ge-cover!- Peter)
185g margarine
250ml stroop
700g koekmeel
20ml koeksoda
20ml kremetart
60ml gemmer
550g bruinsuiker
5ml sout
3 eiers
Smelt botter en stroop in groot kastrol en laat afkoel. Voeg nou die
eiers een vir een by die stroopmengsel. Gooi nou die bruinsuiker bo-oor
en meng net tot die mengsel nat is. Sif droё bestandele en voeg by die
die stroopmengsel en meng. Laat staan vir 2 ure, maak balletjies en bak
10 – 12 minute by 180ْ C. Die resep lewer omtrent 13 dosyn. Ek voeg maar
altyd ń bietjie ekstra gemmer by, net vir liefde. Die is ’n regte
outydse harde gemmerkoekie wat lekkerder word soos dit ouer word.
|
|
|
Vriende van Boeremusiek |
|
Kontak vir Wia
en Kalie
van Vriende van
Boeremusiek
082 578 8907
of 012 362 7097 of
kalie@telkomsa.net
ofwia@telkomsa.net
of
hoor-nou-net@yahoogroups.com
Boeremusiek Dagboek
Elke laaste Saterdag van die maand vir die res
van die jaar! Manie Erasmus: Dans by
Voortrekker Monument
10 Desember - Vriende van Boeremusiek -
afsluitfunksie vir 2005!
Vir meer inligting, klik
hier
Maak ook
sommer ‘n knoop in die oor vir ons Byeenkomste by die Voortrekker
Monument op 10
Desember 2005…
Wia
Tel: 012 361 7097
082 5788907
E-pos:
wia@telkomsa.net
|
|
|
|
|
|
Die Danville Hulp Groep |
|
JEUGKAMPE
28 - 30 Oktober 2005 Danville dogterskamp
25 - 27 November 2005 Danville seunskamp.
Dit is die kampe wat ons beplan vir die res van die jaar. Die kostes sal
weer R250 per kind wees. Ons probeer om gemiddeld 60 kinders op 'n kamp
te
neem indien ons borge vir hulle kan kry.
Hou asb hierdie 4 kampe ingedagte.
Ons kruideniersware insameling is
prioriteit nommer 1 - 10!! Versprei maar die woord na almal en op die
manier kan ons help om die hongerpyne te stil.
Terugvoer van
Elsabe:
Goeiemôre vriende,
Die GENADE was so groot die afgelope maande - dit laat 'n mens heeltemal
nederig voel!
"Blessings" het op ons gereën. Ek deel graag hierdie met julle.
Die koskaste is leeg en ek weet dat ons met erns sal moet begin "bedel"
en
wat gebeur - ons kry 'n donasie vir 'n hele bees! en donasies van/vir
kruideniersware kom in!
Die nood vir houthuisies word groot - "hoe vra mens nou nog vir dit ook?"
Moet nie benoud wees nie! - 'n paartjie skenk sommer uit hulle eie -
sonder dat ons hoef te gevra het - vir ons 2 pragtige splinternuwe
houthuisies!!!!
'n Bakkery se krag is af en hulle kan eers na 1 uur die nag begin bak -
en
elke melktert wat uitkom het om een of ander onverklaarbare rede 'n
krakie
in - die resultaat? - Ons kry 100 heerlike melkterte present! By
Bloudakkies ouetehuis kry elke gesin 'n halwe melktert en die res word
by
die kinders, gesinne en die Andeon projek uitgedeel! "Die een se dood
is -
die ander se melktert"!! of hoe sê die spreekwoord.
Op 'n Sondagmiddag kry ek 'n HEERLIKE oproep!!! Kan jy 500 hoendertjies
gebruik? - "Ek ril aan die gedagte van geveerdes my hele erf vol - (maar
sal nie nee dankie sê nie) - en net toe ek "n paniekaanval" wil kry -
red
die dame my! -
"Dit is klaar geslagde gevriesde hoendertjies" Die persoon het dit
opgekoop
nadat die funksie waarvoor dit bedoel was nie so suksesvol was nie!!! -
"Die
een se dood is - die ander se hoenders"! Ek is regtig jammer vir die
mense
wat so skade kry - maar ek is ook so verskriklik bly dat hulle eerste
aan
ons dink!!
Uit die wins wat die Mathys Roets vertoning gemaak het, kon ons vir die
Rainbow kleutergroep - 10 tafeltjies - 40 stoeltjies - skryfbehoeftes -
speelgoed en die personeel se lone betaal.
Is dit dan nie hoe wonderwerke lyk nie???
Die Andeon projek - wat nou mos eintlik ons grondpad projek is word nou
mettertyd al hoe beter! Op 'n Sondagoggend maak ek 'n onverwagte
blits-besoek daar! Groot is my vreugde toe ek "huisbesoek" doen by elke
plekkie - dit is silwerskoon - dit is pragtig binne - daar word tuine
gemaak
- en die land is omgeploeg! Nêrens sien jy 'n papiertjie of rommel lê
nie.
MY HART JUIG!!! Geen groter beloning op aarde nie!!
Vir die eerste keer in 'n redelike lang tyd weet ek "Ons is
besig om 'n groot verskil in dié mense se lewens te maak"
Die een dogtertjie daar is vir die eerste keer in haar lewe vir 'n jaar
in
een skool!! en dit is aan die Andeon projek se ondersteuners en Arnold
se
groot naasteliefde te danke! (Haar tande is ook nou al 50% beter - julle
sal
onthou dat ons 'n Ortodontist gekry het wat haar gratis behandel?)
Gaan kyk gerus na die nuutste foto's op die webwerf.
Die Hannon Bothma grimeer werkswinkel was 'n ware fees!
Ons het gesien hoe 2 dames 'n metamorfose ondergaan - en toe darem weer
moed
geskep - daar is nog hoop vir ons oues!
Dit was 'n lieflike oggend en Hannon se kwinkslae het ons gedurig aan
die
giggel gehad! Baie dankie aan Trudie en Wanda wat hierdie funksie gereël
het
Intussen word dit tyd vir ons Christusfees - en met groot opgewondenheid
sien ek uit na al die wonderwerke wat weereens
met hierdie Kersprojek ook gaan gebeur!!
Daar het al 'n paar geskenkies ingekom en ek voel sommer al lus om die
kersboom op te slaan!! (my familie dink ek is laf!)
Daar is heelwat beloftes vir donasies - en ek glo dat ons sommer
binnekort
dit wat ons nie gaan inkry nie of kortkom - sal kan aankoop. Dit lyk
nou
dat die syfers en lyste begin inkom, dat ons ± 800 geskenke moet uitdeel!
Moet nie bekommerd wees nie - julle sal onthou dat ons verlede jaar
digby
1000 splinternuwe geskenke aan behoeftige bejaardes en kinders kon
uitdeel!
Dan sal ons ook vir 250 gesinne spesiale "Kerskospakke" moet gee en die
onkoste daaraan is ± R200 per gesin (vir 5 dae - met 'n gemiddeld van 5
persone per gesin) Die beraamde koste hiervoor - maar net R50 000!!!!!
-
Dit werk uit op R40 se kos per dag - vir 'n gesin van 5 - vir 5 dae -
oor
die feesseisoen!
Nou toe daar is dit nou alles - en sing jou hart nie nou saam met myne -
'HOW GREAT THOU ART - HOW GREAT THOU ART"
Ek glo en vertrou dat almal 'n wonderlike geseënde week sal geniet - en
nogmaals BAIE, BAIE, BAIE dankie aan almal wat help om hierdie
wonderwerke
te laat gebeur.
Ek hou julle op hoogte met al die heerlikhede!
Gebruik asb my e.pos adres by die huis -
elecnet@mweb.co.za
Mooi dag
Elsabe
Sel: 082 8282 551
Faks: 012 991 2073
www.danvillehulp.co.za
elecnet@mweb.co.za
BANKBESONDERHEDE
Danville Hulp Projek
FNB - Brooklyn
Takkode: 251 345
Tjek rek: 620 546 34128
Verw: (Kos - of - Kersfees of dit waarvoor die donasie is asb)
Regards
Elsabé Blignaut
Ek is tans nog by die huis en julle is welkom om my enige tyd te skakel
by :
Cell; 082 8282 551 e.pos elecnet@mweb.co.za
Gebruik asb hierdie e.pos adres vir enige korrespondensie.
286 Cliffendale rylaan Faerie Glen.
Danville Hulp Projek
FNB - Brooklyn
Takkode: 251 345
Tjek rek: 62054634128
Verw: Kos
webwerf:
www.danvillehulp.co.za
Gaan loer gerus op die webwerf - die nuutste fotos van die kos insamel
en
verspreiding is daarop onder "Danville Algemeen"
Mooi dag
Elsabe
|
|
|
Boereraat van die Week |
| !! Ek beveel sterk aan dat 'n apteker of dokter se
raad eers ingewin word voordat veral die medisinale rate gebruik word, ek
kan ongelukking nie verantwoordelikheid aanvaar as iets verkeerd gaan nie,
ek plaas die rate suiwer as interessante inligting. !!
Klik hier vir
inligting oor my Boererate eBoek!
Inflammasie in die longe - 1
dessertlepel jenewer met 1 lepel lynolie elke twee uur.
Inflammasie - 1 eetlepel vol
jenewer met een teelepelvol kasre olie 3 maal per dag
Inflammasie - prik 'n hond se
oor, neem 10 druppels bloed saam met suiker om imflammasie te breek
(Nou het die arme hond seker inflammasie in die oor! _
Peter)
Inflammasie - Verbrand 'n
bokhoring in die vuur, maal fyn en gee vir die persoon 1/2 teelepel in.
Inflammasie - Sit vernis (vir meubels)
op 'n flennielap, vou lap dubbel en sit op die pynplek. Sodra die pyn
oor is val die lap self af, anders sit dit nog vas.
|
|
|
|
Afrikaanse Lied |
Hier is iets nuuts! Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek |
|
HEERLIK IS DIE
BUITELEWE
Woorde: Tradisioneel
Musiek: Tradisioneel; verwerk: CHRIS LAMPRECHT
Heerlik is die buitelewe, waarlik ja!
Vry te lewe, rond te swerwe, waarlik ja!
Skoon en blou is die lug daarbo;
groen en mooi lê die Kleinkaroo;
waarlik, waarlik, waarlik, waarlik, waarlik, waarlik, ja!
waarlik, waarlik, waarlik, waarlik, waarlik, waarlik, ja!
|
|
|
Snuffelhoekie |
|
Ek versamel yskasmagnete van buite Suid
Afrika,
kontak my
en dan ruil ons uit! |
|
|
|
|
As jy nog nie jou
eksemplaar van my Boererate eBoek gekry het nie,
klik hier vir
meer besonderhede. |
|
|
|
|
bukhuki
is 'n annerster boekwinkel in Somerset-Wes, Wes-Kaap, met boeke en
verwante produkte gemik op kinders en jongmense tot ongeveer 14 jaar oud.
|
|
|
|
op my webwerf |
|
|
|
|
Vakansieverblyf is altyd 'n probleem, dié mense maak dit makliker om te
kry,
klik net hier.
|
|
|
|
|
Soek jy plek om te gaan kampeer?
Klik dan hier!
|
|
|
|
"Making Diabetic Cooking Easy"
Die boek bevat 177 resepte en kos maar net R65. Vir meer
inligting, kontak Anna by
0822946799 of per epos by
anna_se_kombuis@yahoo.com
Vir nog meer van Anna se resepteboeke,
klik hier |
|
|
|
|
Jy geniet gratis toegang tot internet
bankdienste met 'n bluebean kredietkaart
doen nou aansoek !
|
|
|
|
|
Elkeen van my nuusbriewe bevat 'n goeie Afrikaanse artikel, 'n tikkie
humor, 'n Tradisionele Afrikaanse resep en die woorde van 'n Afrikaanse
lied, gaan kyk gerus in die
Argiewe na vorige
uitgawes |
|
|
|
|
Ek sal enige
konstruktiewe
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
|
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
|