|
 |
|

|
|
Nommer 77 |
Afrikaans KOOK!!! |
14 Okt 2005 |
|
Wees gegroet!
Welkom alle nuwe
intekenare!
Ons is pas terug
van 'n week in Hazyview met daaglikse besoeke aan Kruger. As julle van
die fotos wil sien, klik
hier! Dit was,
soos gewoonlik, wonderlik. Party dae was maar vrekwarm, ander dae lekker
koel. Dele in die suide is erg gebrand maar daar was nog diere om te
sien, so geen probleem. Die Park is net baie droog, ek gaan weer as die
somer reën geval het.
Regs klik hier om vir
julle 'n hiëna muurpapier vir julle rekenaars af te laai.
Hier is nog een
van Minette Brink se artikels. Minette is verbonde aan die Republikein,
die enigste Afrikaanse dagblad in Namibië. As julle hou waarvan julle
lees, laat vir Minette per
ePos weet.
Neem jou
'rehab' geld vir 'n reënboogtrip
Minette Brink
Vreeslike geleerdes in Amerika het bewys dat kinders tot op sewejarige
ouderdom die mees kreatiewe wesens op aarde is.
Dan, tragedie op note, word hulle skool toe gestuur waar alle
kreatiwiteit geleidelik dog doelgerig uit hulle gedwing of geslaan word.
Teen die tyd dat hulle puberteit bereik, slaan hulle ouers hande in die
hare en ween: O, wee.O, wee, waar het ons gefaal?
Ons kinders soek ontvlugting in drank, dwelms en porno op die Net.
Kom ons slaan hulle nog harder. Kom ons stuur hulle na
rehabilitasiesentrums waar hulle tog net kan bykom. Ten duurste. Vir
beide partye. Kom ons ontneem hulle van alle voorregte totdat hulle die
lig gesien het.
Is dit enigsins vreemd dat al minder mense, veral tieners, sukkel met
hul bestaansrede?
Waarom sal hulle in enigiets wil glo?
Watter vreugde kan daar wees in reëls, reëls en nogmaals reëls?
Hoekom moet dissipline so ver gevoer word dat 'n kind genoop word om te
rebelleer teen alles en almal om hom?
"Jy maak jou kinders vir die duiwel groot," het ek al by baie tantes
gehoor. "Jou kinders moet leer om 'n mens ordentlik te groet."
Ek wil soos 'n leeuwyfie begin sis as iemand daardie deuntjie begin
teem. My kinders is drie en vyf jaar oud. Dit is vir my belangriker dat
hulle eerder die tannie se tuin met oe- en a-geluide bewonder as om die
militaristiese bladskudmetode toe te pas.
Daar is 'n onoorbruglike gaping tussen die generasies.
Ek gaan nie ingee nie. Ek gaan nie toelaat dat my kinders in klein
stokmannetjies ontwikkel nie.
Natuurlik glo ek in die nodige respek teenoor ander mense. Ek sal bv.
nie toelaat dat my kinders met tjoklitbesmeerde hande oor jou banke
klouter nie. Of sy brötchen in jou videomasjien wegsteek nie.Ek sal wel
toelaat dat hy sy frustrasies tot uiting bring op 'n manier wat vir ons
altwee aanvaarbaar is.
Oeee, gaan die koor ontevrede stemme op.
Nee, ek is nie 'n New Age Mama nie.
My kinders word nie soos ongetemde diere groot nie.
Hoe kry ek dit reg?
Maklik.
Met verbeelding.
Deur die wonders van elke dag vir hulle te wys.
Menige feëtjie-buffets is al opgedis. Blare vol stokkies en blommetjies
op die spyskaart.
Ek glo saam met hulle dat 'n mens op die reënboog kan slip-'n-slide. En
dat die kleure op jou sitvlak gaan agterbly.
Soggens sing ons kliphard saam met "Stiem" (Sting!) of "Dybid Baubie"
(David Bowie!) Of ons luister na die klankbaan van "The Big Blue" en dan
moet hulle vir my sê wanneer hulle dolfyne hoor en wanneer is dit die
walvisse.
Ek is seker dat sommige mense my nou geklassifeer het as "een-van-daai-arty-farty-faerie-believers."
Daar is 'n tyd en 'n plek vir alles. Selfs Die Boek sê so.
Ek is nie naiëf nie. Maar ek is bereid om te belê in my kinders se
geestestoestand en as dit beteken dat ons dit via ons verbeeldings moet
doen, waarom nie?
Hoe anders kan ons dan die goedheid rondom ons raaksien?
Hoe kan ons God sien?
Hoe kan ons glo?
Ek gaan nie hierdie skrywe vir die Minsterie van Onderwys stuur nie. Ek
glo die oplossing lê tuis.
Stuur jou kind gewapen die toekoms in.
As jy nou saam met hom kan droom, sal jy eerder jou rehab-geld kan
gebruik vir 'n trip op die reënboog.
Kersgeskenke?
Ek
het die oplossing! Koop een geskenk en stuur dit per ePos aan almal,
selfs wêreldwyd! Dink net al die posgeld wat jy gaan bespaar!
Ek
het 'n eBoek saamgestel wat om en by 2000 Boererate bevat. Jy koop dit
eenmalig vir net R60 en stuur dit dan vir soveel mense as jy wil!
Ook op CD beskikbaar tesame met Boeremusiek.
Klik hier vir meer besonderhede
DIT WAS
SATERDAG 24 SEPTEMBER 2005 NASIONALE VLEISBRAAIDAG!
Vleisbraai is die enigste tipe kosmaak wat 'n ware man sal doen.
Wanneer 'n man besluit om te braai, word die volgende ketting-reaksie
aan die gang gesit:
1) Die vrou gaan koop die kos.
2) Die vrou maak die slaai, pap en sous.
3) Die vrou gooi speserye op die vleis, sit dit in 'n bak saam met die
nodige braai-gereedskap en souse en vat dit na die man wat langs die
braaier met 'n dop in sy hand.
4) Belangrik: DIE MAN PLAAS DIE VLEIS OP DIE ROOSTER...
5) Die vrou gaan na binne om die borde en eetgerei reg te kry.
6) Die vrou kom uit om die man te vertel dat die vleis besig is om te
verbrand. Hy bedank haar en vra of sy nog 'n dop sal gooi terwyl hy die
situasie onder beheer bring.
7) Weer belangrik: DIE MAN VERWYDER DIE VLEIS VAN DIE ROOSTER EN GEE DIT
VIR DIE VROU AAN.
8) Die vrou sit al die kos gereed op die tafel.
9) Na ete dek die vrou die tafel af en was al die skottelgoed.
10) Almal bedank die MAN vir die heerlike braai-poging. Later vra die
man of sy vrou darem haar "aandjie af" geniet het. Wanneer hy die
reaksie op haar gesig sien, besluit hy daar is ook niks wat sommige
vrouens tevrede sal stel nie!
Volgende van Debbie:
Vriendskap is soos die natuur. Soms waai ons by mekaar verby sonder om
te stop en te vra hoekom die ander so verkreukeld lyk.
Die lewe se wind dra ons weg met 'n oppervlakkige "Goed dankie" en "Sien
jou later".
Soms sien ons eers baie later die rypskade aan die ander se brose
binneste en wonder ons hoekom het ons nie al lankal gevra nie.
Soms sien ons net die lentekleur raak op 'n gesig en is ons nie eers
bewus van die wurm wat aan sy/haar binneste vreet nie.
Soms wonder ons of dit net die wind is wat hom/haar wegbuig van ons
af en of dit dalk die stingeltjie self is wat sy stokstywe ruggie op jou
draai.
Pluk iemand ons vir 'n ruiker uit God se tuin, wriemel ons weg van
mekaar.
Roos se dorings steek te seer en papawer wil mos langs niemand wees nie!
Koringblommetjies kruip weg van skaamte oor haar kartelhoede en
hibuskus wonder of almal weet van haar verlede.
Intussen vergeet ons dat die Here afkyk op sy tuin en net pragtige
blomme sien.
Almal is ewe mooi, ewe kosbaar, ewe goed in sy ok.
VERGEWE MY daarom as ek by jou verbygewaai het op 'n herfsoggend; nie
jou hand gevat het in die sonlig nie.
VERGEWE MY as ek op 'n wintersoggend nie vir jou 'n trooskombersie van
woorde wou oorgooi teen die rypskade nie.
VERGEWE MY as ek op 'n lenteoggend selfsugtig met my eie nuwe blare loop
en spog het, en nie die kneusplekkies aan jou stingeltjie gesien het nie.
VERGEWE MY as ek op 'n warm somersdag nie vir jou 'n tydjie gemaak
het nie,
Omdat ek te besig was, selfs te veel gekla het, te haastig was om aan
jou die koelte van my vriendskap te bied.
WEET DUS DAT EK DAAR IS VIR JOU

Suid Afrika se nuutste en
beste soekenjin
Dis doodmaklik om 'n
kaartjie vir die UK Lotto te koop. Die boerpot is selde minder as R10
miljoen en gereeld naby die R90 miljoen!!
Klik hier en kry jou kaartjie! Jy kan nie wen as jy nie in is
nie!
Boerpotte is gereeld £5 miljoen of meer, dis darem 'n
allemintige klompie Rand!
st
se weeklikse pitkos
Klik hier om st
se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Betaal jy teveel vir motorversekering?
Klik hier vir 'n gratis aanlyn kwotasie!
Al wat jy dan moet doen is om te
besluit wat om met die ekstra geldjie te maak
|
|
|
Webwerf soeklig |
|
Met elke uitgawe
sal ek van nou af die soeklig plaas op 'n webwerf met Afrikaanse
inhoud. Hierdie keer is dit die beurt van:
STOF
Klik hier om
'n reis deur stofpaaie, teerpaaie, slaggatpaaie
en doodlooppaaie te deel.
|
|
|
|
My Webwerf se Soekenjin |
|
Vind enigiets op my webwerf, tik 'n sleutelwoord
in die blokkie en Klik. Soek resepte, bestanddele, plekname ens.
Klik op webkaart vir 'n kaart van my webwerf |
|
|
|
|
|
|
'n Tikkie Humor |
|
Juffrou vra die
klas om huistoe te gaan en te gaan uitvind watter ontwikkeling in hulle
omgewing aangaan en die volgende dag te kom praat daaroor.
Sy vra al die meisies om agter te bly om met hulle te praat.
Toe al die seuns uit is vertel sy die meisies dat sy nou moeg is vir
Jannie se vuil bek en opmerkings en dat sy baie klagtes kry van hulle
ouers in die verband.
Sy vra die meisies om asseblief op te staan en uit te stap as Jannie
weer vuil praat.
Die volgende dag begin hulle met hulle terugvoer. Sannie s "Juffrou
hulle is besig om 'n winkelsentrum naby ons huis te bou, nou hoef my ma
nie meer so ver te loop vir brood en melk nie."
Pietie s "Hulle is besig om 'n meubel winkel naby ons te bou, nou kan my
pa van die huis af werk want hy is 'n meubelmaker"
Jannie steek sy hand op en juffrou sidder alweer. Jannie s :"Juffrou
hulle is besig om 'n hoerhuis naby ons huis te bou..." Al die meisies
staan op en begin deur toe stap toe Jannie afhaak "Julle klomp hoertjies
kan maar sit die plek het nog nie oopgemaak nie" |
|
|
Die Resep |
|
Ek kry die
volgende van Léanda:
Ek het heel toevalling op jou site afgekom (ek was op soek na
volstruisnek resepte) en ek is mal-mal-MAL daaroor! Ek is vreeslik lief
vir 'n resep, en veral vreeslik lief vir regte-egte Suid-Afrikaanse
resepte. En soos ek deur joune gegaan het, het ek myself terug gevind in
my ouma se kombuis!
Gepraat van my ouma. Sy kon nou vir jou 'n suurlemoen meringue-tert bak.
Toe besluit ek dat ek gaan aanhou soek tot ek die perfekte meringue-tert
opspoor. Toe kry ek een - na vele wat platgeval en glad nie lekker
gesmaak het nie. Probeer dié een gerus.
Die geheim van die meringue is in die mielieblom en asyn. Sonder dit is
die meringue geneig om plat te val. Maar dié twee bestanddele laat dit
sommer so hoog en pof staan. Nodeloos om te sê is al my vriende en
familie gek daaroor, en my ouma sê dis die lekkerste suurlemoen meringue
wat sy nog ooit geproe het!
|
|
Hier is hy:
Suurlemoen
meringue-tert
Ek gebruik 'n beskuitjiekors - 3/4 pakkie Marie beskuitjies en 80 ml
margarien, gesmelt.
397g-blikkie kondensmelk
125 ml suurlemoensap
3 eiers, geskei
125 ml strooisuiker
5 ml asyn
15 ml mielieblom (Maizena)
Voorverhit die oond tot 180oC. Berei die kors en druk dit vas in 'n
tertbord. (Ek maak altyd my meringue eerste, dan hoef ek nie nog die
klitsers te was voor ek die gele berei nie - regte lui huisvrou!)
Klits die eierwit, en voeg die strooisuiker geleidelik daarby tot dit
styf is. Klits nou die asyn en mielieblom by.
Klits die eiergeel saam met die kondensmelk en suurlemoensap. Gooi dit
in die tertkors. Skep die meringue bo-op.
Bak vir 10 minute of tot ligbruin.(Nie veel langer nie, anders word die
meringue taai en dit kan brand.)
Verkoel voor opdiening (indien verkies).
|
|
|
Vriende van Boeremusiek |
|
Kontak vir Wia
en Kalie
van Vriende van
Boeremusiek
082 578 8907
of 012 362 7097 of
kalie@telkomsa.net
ofwia@telkomsa.net
of
hoor-nou-net@yahoogroups.com
Boeremusiek Dagboek
Elke laaste Saterdag van die maand vir die res
van die jaar! Manie Erasmus: Dans by
Voortrekker Monument
10 Desember - Vriende van Boeremusiek -
afsluitfunksie vir 2005!
Vir meer inligting, klik
hier
Maak ook
sommer ‘n knoop in die oor vir ons Byeenkomste by die Voortrekker
Monument op 10
Desember 2005…
Wia
Kontabesonderhede:
Posbus 75144
Lynnwoodrif, 0040
Tel: 012 361 7097
082 5788907
E-pos:
wia@telkomsa.net
|
|
|
|
|
|
Die Danville Hulp Groep |
|
KINDERHUIS
DOGTERS KAMP 21 - 23 OKTOBER 2005
Die jaar is amper op sy rug! en ons kyk met met groot dankbaarheid na al
die
seëninge en voorregte wat ons projek gehad het in 2005! Al hierdie is
slegs
moontlik deur die genade van God! Geen mens kan alleen alles vermag nie!
-
Dankie ook weereens aan al ons ondersteuners wie se harte op die regte
plek
is!
Dit is nou ons Kinderhuis dogters se beurt om te kamp!! Hulle is
opgewonde
want die seuns het natuurlik alweer hulle kamp goed ingevryf!. Die kamp
is
die 3e naweek in Oktober 2005. Soos met die ander kampe is die
benodighede
weer dieselfde. Dit sal weer R250-00 per kind kos (alles ingesluit).
Ons het borge vir 45 persone nodig asb. Gelukkig is betaaldag net om die
draai en kan u miskien weer so ietsie afknyp om 'n dogter gelukkig te
maak.
Onthou enige bydrae help hetsy in die vorm van geld of enige van die
artikels wat ons benodig.
Benodighede
Flitse
Batterye
45 Baadjies (windbreakers)
45 T-hemde
45 Hoedjies
Al hulle toiletware:- sjampoo, tandepaste, seep, waslap tandeborsel,
deoderant, handeroom, sonblok
Verversings en kos:
100 lekkergoed pakkies (gemeng vir padkos)
Aartappelskyfies
Koeldrank
Lekkers
"Bokspap" - (Frosties, Cocopops ens)
Nesquick vir melkskommels
Melk (langlewe)
Vleis braaipakkies
Kouevleis
Kaas
Koffie, tee, suiker
Roomys
Ysies
Slaai
Ons bankbesonderhede:
Danville Hulp Projek
FNB - Brooklyn
Takkode: 251345
Tjek rek: 62054634128
Verw: Dogterskamp
Help ons asb om vir hierdie kinderhuis dogters 'n onvergeetlike kamp te
gee.
Ons moet borge vir almal kry - kan nie kinders agterlaat nie, maar kan
slegs soveel kinders laat kamp as waarvoor ons borge kry!
Ek glo en vertrou
dat almal sommer 'n baie geseënde week sal hê!
Die kersfees wenslyste kom nou fluks in - party laat mens lekker lag
maar
dan is daar die persone wat met so min tevrede sal wees - en dit laat
jou
keel toetrek!
Ek deel graag weer van die wense met julle:-
'n 69 jarige omie skryf: Net een pak koekies of 1 pak gemengde lekkers -
baie dankie.
'n 71 oom skryf:- 'n Paar loop tekkies nr 10 - of - gemaklike plakkies
nr
10 - of sommer net lekker eetgoed!
Hy sê - Die grootste wonders gebeur waar mense met harte vol lig dade
van
liefde verrig!
'n 71 jarige tannie skryf: 'n Klein x-mas poeding of lekker ruik dinge
of
iets lekkers om te eet!
Sy sê - Ons dank die hemelse Vader dat ons almal nog veilig is na 1 jaar.
Baie dankie vir alles.
'n 75 jarige tannie skryf:- "Wat u vir my bring sal ek tevrede wees en
dankbaar" - Voorspoed en geluk vir kersvader sterkte vir u opofferings
aan
ons bejaarde mense. Dankie
Nog 'n 65 jarige tannie skryf: Niks is te klein of te min om te waardeer
wat ander gee! - Baie dankie dat jy pragtige mense stuur om vreugde vir
ander te bring!
'n 68 jarige tannie skryf: 'n Pak koekies of haarsjampoo of lappie verf.
Een van die Heer se grootste seëninge is iemand wat omgee!
Een omie vra vir - kouse -of- onderarmsproei - of swiets!
En nog een vra asb net vir Nescafe Classic!!!!!!!
Nou ja - laat ons inspring en vir hierdie bejaardes 'n wonderlike
kersfees
ete en lieflike geskenkies gee! - Dink net aan die vreugde wat ons gaan
bring.
Danville Hulp Projek
FNB - Brooklyn tak
Tjek rek: 62054634128
Verw: Kersfees
Mooi dag
Elsabe
JEUGKAMPE
28 - 30 Oktober 2005 Danville dogterskamp
25 - 27 November 2005 Danville seunskamp.
Dit is die kampe wat ons beplan vir die res van die jaar. Die kostes sal
weer R250 per kind wees. Ons probeer om gemiddeld 60 kinders op 'n kamp
te
neem indien ons borge vir hulle kan kry.
Hou asb hierdie 4 kampe ingedagte.
Ons kruideniersware insameling is
prioriteit nommer 1 - 10!! Versprei maar die woord na almal en op die
manier kan ons help om die hongerpyne te stil.
Ek is tans nog by die huis en julle is welkom om my enige tyd te skakel
by :
Cell; 082 8282 551 e.pos elecnet@mweb.co.za
Gebruik asb hierdie e.pos adres vir enige korrespondensie.
286 Cliffendale rylaan Faerie Glen.
Danville Hulp Projek
FNB - Brooklyn
Takkode: 251 345
Tjek rek: 62054634128
Verw: Kos
webwerf:
www.danvillehulp.co.za
Gaan loer gerus op die webwerf - die nuutste fotos van die kos insamel
en
verspreiding is daarop onder "Danville Algemeen"
Mooi dag
Elsabe
|
|
|
Boereraat van die Week |
| !! Ek beveel sterk aan dat 'n apteker of dokter se
raad eers ingewin word voordat veral die medisinale rate gebruik word, ek
kan ongelukking nie verantwoordelikheid aanvaar as iets verkeerd gaan nie,
ek plaas die rate suiwer as interessante inligting. !!
Klik hier vir
inligting oor my Boererate eBoek!
Sement vir glase - dit is nie
algemeen bekend nie dat gewone aluin in 'n ysterlepel gesmelt, 'n bale sterk
sement is om glase, porselein, ens. mee te las. Voorwerpe daarmee heelgemaak,
kan gewas word, sonder dat dit sal losgaan.
|
|
|
|
Afrikaanse Lied |
Hier is iets nuuts! Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek |
|
BOSVELD-LENTE
Woorde: P. MCLACHLAN: Vers 1, 2; ANNEMARÉ SCOTT: Vers 3
Musiek: Sweedse Volkswysie; diskant: ANNEMARÉ SCOTT; verwerk: H. PIETER
VAN DER WESTHUIZEN
Vanmôre in die vroegoggenddou, fal-le-ra,
stap ons na die berge so blou, fal-le-ra.
Dit tintel in ons harte, weg is alle smarte
want lente is hier, en die somer gou!
Dit tintel in ons harte, weg is alle smarte
want lente is hier, en die somer gou!
Kom laatslapers, op, laat ons sing, fal-le-ra,
van skoonheid wat lente ons bring, fal-le-ra.
Die kleure van die bome--louter lentedrome,
dis Bosveld se fleur wat ons hier omring!
Die kleure van die bome--louter lentedrome,
dis Bosveld se fleur wat ons hier omring!
Die lied uit 'n hart vol geluk, fal-le-ra,
is mooier as rykdom en gesmuk, fal-le-ra.
Vergeet maar ander deugde, gee my net die vreugde
van Bosveld se prag wat my hart verruk.
Vergeet maar ander deugde, gee my net die vreugde
van Bosveld se prag wat my hart verruk.
|
|
|
Snuffelhoekie |
|
Ek versamel yskasmagnete van buite Suid
Afrika,
kontak my
en dan ruil ons uit! |
|
|
|
|
As jy nog nie jou
eksemplaar van my Boererate eBoek gekry het nie,
klik hier vir
meer besonderhede. |
|
|
|
|
bukhuki
is 'n annerster boekwinkel in Somerset-Wes, Wes-Kaap, met boeke en
verwante produkte gemik op kinders en jongmense tot ongeveer 14 jaar oud.
|
|
|
|
op my webwerf |
|
|
|
|
Vakansieverblyf is altyd 'n probleem, dié mense maak dit makliker om te
kry,
klik net hier.
|
|
|
|
|
Soek jy plek om te gaan kampeer?
Klik dan hier!
|
|
|
|
"Making Diabetic Cooking Easy"
Die boek bevat 177 resepte en kos maar net R65. Vir meer
inligting, kontak Anna by
0822946799 of per epos by
anna_se_kombuis@yahoo.com
Vir nog meer van Anna se resepteboeke,
klik hier |
|
|
|
|
Jy geniet gratis toegang tot internet
bankdienste met 'n bluebean kredietkaart
doen nou aansoek !
|
|
|
|
|
Elkeen van my nuusbriewe bevat 'n goeie Afrikaanse artikel, 'n tikkie
humor, 'n Tradisionele Afrikaanse resep en die woorde van 'n Afrikaanse
lied, gaan kyk gerus in die
Argiewe na vorige
uitgawes |
|
|
|
|
Ek sal enige
konstruktiewe
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
|
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
|