|
 |
|

|
|
Nommer 76 |
Afrikaans KOOK!!! |
28 Sep 2005 |
|
Wees gegroet!
Welkom alle nuwe
intekenare!
My CD wat
Boererate sowel as Boeremusiek bevat, Rate en Plate, is
uiteindelik beskikbaar! Bestel jou eksemplaar sommer NOU!
Klik hier vir
besonderhede!
Is "smoothie"
(die vrugtemengeldrankie) al in Afrikaans vertaal? Indien jy weet,
vertel vir my ook asb,
per epos. Ek het toe terugvoer gekry en die beste een is
vrugteskommel
Onthou jy nog??
Honderde
muskietbyte, stukkkende knieë en repe vel afdop in die somer. Taai
toffie-appels en sand in die swemklere en oral. "Cowboys en kroeks",
'rounders' 'foefie-slide' en boomklim; modderkoekies bak.
Skooltoe loop of fietsry - ongeag die weer. Jagertjie speel tot jy op
die
gras neerslaan sonder asem. Lag tot jou maag pyn, rondomtalie draai tot
jy
dronk-dronk val. Moeg en vuil gespeel...... onthou jy?
Grootste verleentheid groter as om laaste vir daardie kant gekies te
word.
Waterbomme en kleilat was jul grootste wapens; 'n Stukkie karton in die
speke het jou fiets laat sing;
Ek's nog nie klaar nie.... kan jy nog proe en ruik: die droë
jelliepoeier
uit die pakkie; of droë Milo vir sjokolade; yslollies in
Tupperhouertjies
gevries van aanmaak koeldrank; jou eie sherbet van versiersuiker en
Eno's; borrels blaas met seepwater en 'n strooitjie, lang ure se kook
aan
'kondensmelk' tot karamel; Wilson's en pienk toffies; taai
malva-lekkersvissies en lang stukke 'liquorish' of 'drop'.
Onthou toe die enigste tekkkies wit seilskoene was, maar die enigste
keer wat
jy dit mag dra was vir PT.
Dit was nie vreemd om 2 of 3 'beste' maats te hê nie. Niemand het betaal
vir 'n troeteldier nie. As jy gelukkig was het jy R2 noot vir sakgeld of
vir
die kermis gekry.
Almal se ma's was by die huis as die skool uitkom.
Onthou hoe 'n slim pa kon toor as hy sy duim aftrek of 10c agter jou oor
uithaal.
Die lekkerte van by die padkafee gaan eet - uiteet by 'n restaurant of
hotel was taboe vir kinders.
Onthou toe niemand 'n wenkbrou sou lig as enige ouer 'n kind berispe of
in
die werk steek nie en almal op die werf kosgee as dit etenstyd is nie.
Om by die skool gestraf te word was niks in vergelyking met wat tuis wag
as ma daarvan hoor nie, basies was ons doodbang - nie vir aanranding,
dwelms, bendes ens nie. Grootmense was 'n groter bedreiging - baie van
ons is vandag
nog bang vir wat Pa daarvan sal dink.
Het dit nie goed gevoel nie.... die onthou .......
Onthou nog toe besluite geneem is met "eeny-meeny-miney-mo." Foutjies
was
omseil met 'n eenvoudinge "nixs daps". Geldsake was net in 'Monopoly".
Die ergste wat jy van die 'ander' geslag kon kry was kieme.
Gevang met 'n wapen by die skool was die BIC pen 'pea shooter' waarmee
jy
die klasmaats agter die oor probeer piets het of dalkies 'n kettie op
die
speelgrond.
'Verdowingsmiddel' het beteken Melk van Magnesia of Lewensessens. Roomys
was kos; en moed is ontdek as iemand jou "dare". Ouer broers was die
grootste boelies maar ook die beste beskermers.
As jy die meeste van die dinge onthou, dan het jy G E L E W E!!!!
Kan jy aan nog
"Onthou jy nog" goed dink?
Laat my
weet en ek sit dit by.
Die resepteboek, Bos &Kombuis, wat ek van die SA Jagtersvereniging
bestel het was vanoggend in my pos en ek kan dit aanbeveel. Net R30 plus
posgeld. Bel hulle by 012-5654856
Van
resepte gepraat, hier is seen van my persoonlike gunstelinge:
Kerriesult
1 skaapkop en pootjies of 12 skaappootjies
12 peperkorrels
1 eetlepel koljandersaad
12 korrels wonderpeper
3 tot 4 lourierblare
4 kruienaaltjies
1/4 koppie asyn
sout en peper na smaak
Maak die skaapkop en pootjies skoon, kap dit in stukke en bedek in koue
water in swaar kastrol. Laat stadig kook tot die vleis heeltemal sag is
en maklik van die bene verwyder kan word. Voeg sout en peper by na smaak.
Voeg die speserye, in 'n kaasdoeksakkie toegebind, daarby. Voeg die asyn
by en kook dit 1/4 uur lank.
Verwyder die bene en speserye en sny die vleis in stukkies. Gooi dit uit
in vorms.
Enige ander gaar vleis in stukkies gesny, soos hoender, tong, ham of
skaapvleis kan vir afwissling bygevoeg word.
Vir kerriesult, voeg die volgende mengsel by saam met die asyn:
1 eetlepel kerriepoeier
grasperde skil van een suurlemoen
Lekker smul!!!!

Suid Afrika se nuutste en
beste soekenjin
Dis doodmaklik om 'n
kaartjie vir die UK Lotto te koop. Die boerpot is selde minder as R10
miljoen en gereeld naby die R90 miljoen!!
Klik hier en kry jou kaartjie! Jy kan nie wen as jy nie in is
nie!
Boerpotte is gereeld £5 miljoen of meer, dis darem 'n
allemintige klompie Rand!
Ontvang Dr ST Potgieter se gratis nuusbrief: Verskaf jou besonderhede
deur te klik op die volgende skakel:
http://www.successsecrets.co.za/signup_form.html
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Betaal jy teveel vir motorversekering?
Klik hier vir 'n gratis aanlyn kwotasie!
Al wat jy dan moet doen is om te
besluit wat om met die ekstra geldjie te maak
|
|
|
Webwerf soeklig |
|
Met elke uitgawe
sal ek van nou af die soeklig plaas op 'n webwerf met Afrikaanse
inhoud. Hierdie keer is dit die beurt van:
Een van my
gunsteling Afrikaanse Webwerwe is Danie se
Eg
Afrikaans.
www.egafrikaans.co.za
As jy ooit
inligting soek oor enigiets, vra jou vraag in Danie se Hulpnavrae.
Sy weeklikse nuusbrief gaan na ongeveer 8000 intekenare uit en jy
sal vir seker 'n hele paar mense kry wat jou inligting het. Teken
gerus op een (of almal) van sy nuusbriewe in en ontvang pure
leesgenot!
|
|
|
|
My Webwerf se Soekenjin |
|
Vind enigiets op my webwerf, tik 'n sleutelwoord
in die blokkie en Klik. Soek resepte, bestanddele, plekname ens.
Klik op webkaart vir 'n kaart van my webwerf |
|
|
|
|
|
|
'n Tikkie Humor |
|
Kleredrag wenke:
Werksdrag
Wit sokkies word NOOIT by werksklere gedra nie, net pedofiele doen dit.
Jou sokkies se kleur moet by jou broek se kleur pas, donkerblou of
donkergrys sokkies pas nie by ´n swart broek en swart skoene nie.
Van skoene gepraat; jy dra nie skoene met sole van meer as 1cm by ´n
pakbroek nie. Onthou, hoe hoër jy staan hoe harder val jy. En as die
skoen enige gekroomde metaal aanhet, dra jy dit glad nie (behalwe as jy
navorsing oor magneetvelde doen).
´n Das by ´n kortmouhemp lyk moer kommin en das wat te kort is, lyk nog
erger.
Effekleurige dashemde met wit krae is dood, brand of begrawe dit. Moet
nooit ´n geel das dra nie, dit lyk of ´n heks op jou gebraak het. Moet
ook
nooit ´n das met Disney-karakters dra nie, as jy ernstig opgeneem wil
word, moet jy soos CNN lyk, nie soos Cartoon Network nie. Colour-code
beteken NIE dat jou Disney-karakter kouse en das bymekaar moet pas nie.
Informeel:
Swart belde of skoene word nie by blou jeans gedra nie. ´n Beltbuckle
wat
groter is as jou kop word slegs gedra as jy op vakansie is in Texas of
Vereeniging.
Jy dra nie ´n afmou hemp in die publiek nie, die cherries spek jou wel
meer, maar dis slegs uit skok, jy fire nie hulle jets nie. PT-broeke met
die
slit¨ aan die kant lyk, en is, ongemaklik, moenie dit dra behalwe as jy
ander gay mense opgewonde wil maak nie.
Die hele doel van ´n pet, is om die son uit jou oë te hou, nie uit jou
ore
of agterkop nie, dra die afdakkie na voor en as jy onder dak inloop,
haal
dit af.
Jou broek se bokant moet op jou jeupbene sit nie onder jou boude of
onder
jou arms nie. Niemand stel belang hoe jou boxer lyk of watse snaakse
vorme jou genetalië onder druk aanneem nie.
Bykomstighede:
´n Sonbril hoort op jou oë, in sy sakkie, of in jou hand, nie op jou
kop,
om jou nek, of voor aan jou kraag nie. En haal tog jou sonbril af as jy
met
iemand praat, behalwe as jy nou net iets gesteel het.
´n Selfoon moet nie aan jou belt gedra word nie, dis ´n Nokia, nie ´n
Beretta nie.
'n Belt is gemaak om jou broek bo te hou, nie vir jou selfoon, knipmes,
Leatherman, toolbox, Beretta, Beretta se laserscope, Beretta se ekstra
petrone, bottletjie haarolie, kondome ens. nie.
Jou kam hoort in die badkamer, nie in jou kouse nie, maak nie saak wat
jou
pa gesê het nie! En haarolie is iets wat deur die Natzi's uitgedink is
om
vroue reg oor die wêreld te pynig, hulle noem dit massa marteling.
Wenke aan die dames:
Daar is niks so mooi soos ´n kant boudeflossie wat net so effens
uitsteek
nie. Maar met die klem op ¨net so effens ¨. Ek kry trane in my oë as ek
van agter vir vrou loer en dit lyk of haar boude besig is om haar
g-string
op te eet.
As jy ´n rolletjie (of twee of drie...) het, moet asseblief nie ´n ¨
boob-tube¨ met ´n oop maagie dra nie, ´n stukkie suurdeeg wat oor ´n
belt
borrel is verkeerd in enige boek.
Alhoewel jy baie trots voel daarop, wil ons asb. nie jou nuwe naeltjie
ring sien nie, vernaam nie as jy die rolletjies eers moet oopvou terwyl
jy met
die ander hand 'n metaalverklikker gebruik om die dingetjie te probeer
opspoor nie.
Onthou tog asb. om in die spieel te kyk voordat jy uit die huis gaan in
die oggend, dit mag dalk vir jou lyk asof die mensdom jou bates wat
uitpeul
bewonder, maar wees verseker dat hulle jou in skok en verbasing aanstaar,
nie bewondering nie.
Wees asb. versigtig wanner 'n broek gemaak uit die nuwe rek materiaal
gedra word - vernaam in wit/beige - dit lê beslis klem op alle bewegende
dele
asook haelduike - die term "twee varkies wat spook om asem in 'n nat
streepsak" is hier goed van toepassing.
Volgende van
Kobus Steenkamp
:
Lank gelede het die Britse Koningshuis Suid Afrika besoek.1948 om
presies te wees.Hulle het in die Kaap voet aan wal gesit. Die rooi
tapyte is letterlik uitgerol. Na die feestelikhede is die Koninklike
gesin met die wit trein na die noorde.
Al die stasies oppad deur die groot karoo is opgetof.
Die plaasboer wat met sy perdekar room by so `n stasietjie kom aflewer
was heel verbaas om te sien hoe die werkers gras op die perron plant. Hy
verneem toe by die stasiemeester wat gaan aan?
"het jy nie gehoor, die Koning kom"
Na `n karoostilte: "Die laaste koning wat gras gevreet het was
Nebukadneser!" |
|
|
Die Resep |
|
Alweer van Elzeth
|
|
Bobotie in die
Mikrogolf
1 ui (geskil & gekap)
30 ml botter
7 ml sout
2 ml borrie
sap v. 1 suurlemoen
1 kg gemaalde beesbinneboud
150 ml sagte broodkrummels
175 ml blatjang
100 ml droë wit wyn
50 ml fyn appelkooskonfyt
100 ml melk
2 eiers
Mikrogolf ui + botter 4 minute oop by 100 % in ronde tertbak. (25 cm
deursnee, 6 cm diep) Roer na eerste 2 minute.
Roer kerrie, sout, borrie, en sap by. Voeg vleis by en roer liggies met
vurk. Bedek en mikrogolf mengsel 5 min. by 100% krag. Roer goed om los
te maak.
Roer broodkrummels, blatjang en wyn by. Bedek en mikro 10 minute by 70%
krag. Laat 'n rukkie afkoel.
Smeer fyn appelkooskonfyt bo-oor. Klits melk en eiers en giet bo-oor.
Mikro sowt 25 minute oop by 50% krag tot eiermengsel gestol is.
(Mens kan so vinnig dan in die gewone oond naby die rooster (gril) sit
om bo-op mooi bruin te bak.)
|
|
|
Vriende van Boeremusiek |
|
Kontak vir Wia
en Kalie
van Vriende van
Boeremusiek
082 578 8907
of 012 362 7097 of
kalie@telkomsa.net
ofwia@telkomsa.net
of
hoor-nou-net@yahoogroups.com
Boeremusiek Dagboek
Elke laaste Saterdag van die maand vir die res
van die jaar! Manie Erasmus: Dans by
Voortrekker Monument
10 Desember - Vriende van Boeremusiek -
afsluitfunksie vir 2005!
Vir meer inligting, klik
hier
Maak ook
sommer ‘n knoop in die oor vir ons Byeenkomste by die Voortrekker
Monument op 10
Desember 2005…
Wia
Kontabesonderhede:
Posbus 75144
Lynnwoodrif, 0040
Tel: 012 361 7097
082 5788907
E-pos:
wia@telkomsa.net
|
|
|
|
|
|
Die Danville Hulp Groep |
|
KINDERHUIS
DOGTERS KAMP 21 - 23 OKTOBER 2005
Die jaar is amper op sy rug! en ons kyk met met groot dankbaarheid na al
die
seëninge en voorregte wat ons projek gehad het in 2005! Al hierdie is
slegs
moontlik deur die genade van God! Geen mens kan alleen alles vermag nie!
-
Dankie ook weereens aan al ons ondersteuners wie se harte op die regte
plek
is!
Dit is nou ons Kinderhuis dogters se beurt om te kamp!! Hulle is
opgewonde
want die seuns het natuurlik alweer hulle kamp goed ingevryf!. Die kamp
is
die 3e naweek in Oktober 2005. Soos met die ander kampe is die
benodighede
weer dieselfde. Dit sal weer R250-00 per kind kos (alles ingesluit).
Ons het borge vir 45 persone nodig asb. Gelukkig is betaaldag net om die
draai en kan u miskien weer so ietsie afknyp om 'n dogter gelukkig te
maak.
Onthou enige bydrae help hetsy in die vorm van geld of enige van die
artikels wat ons benodig.
Benodighede
Flitse
Batterye
45 Baadjies (windbreakers)
45 T-hemde
45 Hoedjies
Al hulle toiletware:- sjampoo, tandepaste, seep, waslap tandeborsel,
deoderant, handeroom, sonblok
Verversings en kos:
100 lekkergoed pakkies (gemeng vir padkos)
Aartappelskyfies
Koeldrank
Lekkers
"Bokspap" - (Frosties, Cocopops ens)
Nesquick vir melkskommels
Melk (langlewe)
Vleis braaipakkies
Kouevleis
Kaas
Koffie, tee, suiker
Roomys
Ysies
Slaai
Ons bankbesonderhede:
Danville Hulp Projek
FNB - Brooklyn
Takkode: 251345
Tjek rek: 62054634128
Verw: Dogterskamp
Help ons asb om vir hierdie kinderhuis dogters 'n onvergeetlike kamp te
gee.
Ons moet borge vir almal kry - kan nie kinders agterlaat nie, maar kan
slegs soveel kinders laat kamp as waarvoor ons borge kry!
KOM GENIET 'N
HEERLIKE OGGEND SAAM MET HANNON BOTHMA EN SY "MAKE-OVER" VERTONING.
DATUM: Saterdag 15 Oktober 2005
PLEK: Die Performer Teater, Menlo Park
TYD: 8:30 vir 9:00 tot 12:00
TE BATE VAN: Danville Hulp Projek
KOSTE: R120.00 per persoon
Kontak Trudi Fisher - 083 459 4977 na 13:00 vir kaartjie besprekings
"Trudie Fisher" <trudief@pta.mr.co.za
BANK BESONDERHEDE: Danville Hulp Projek
F N B Tjekrekening
Rek no: 6205 4634 128
Brooklyn Takkode: 251 345
Verw: Jou naam/Hannon
Jammer - ongelukkig mag ons geen kinders toelaat nie.
Ons sal dit waardeer as die dames vir Trudie en Wanda
kan bystaan met die verkoop van die kaartjies. Versprei asb hierdie
advertensie na soveel as moontlik vriende en familie. Op die manier is
ons
verseker van 'n reuse sukses.
JEUGKAMPE
28 - 30 Oktober 2005 Danville dogterskamp
25 - 27 November 2005 Danville seunskamp.
Dit is die kampe wat ons beplan vir die res van die jaar. Die kostes sal
weer R250 per kind wees. Ons probeer om gemiddeld 60 kinders op 'n kamp
te
neem indien ons borge vir hulle kan kry.
Hou asb hierdie 4 kampe ingedagte.
Ons kruideniersware insameling is
prioriteit nommer 1 - 10!! Versprei maar die woord na almal en op die
manier kan ons help om die hongerpyne te stil.
Ek is tans nog by die huis en julle is welkom om my enige tyd te skakel
by :
Cell; 082 8282 551 e.pos elecnet@mweb.co.za
Gebruik asb hierdie e.pos adres vir enige korrespondensie.
286 Cliffendale rylaan Faerie Glen.
Danville Hulp Projek
FNB - Brooklyn
Takkode: 251 345
Tjek rek: 62054634128
Verw: Kos
webwerf:
www.danvillehulp.co.za
Gaan loer gerus op die webwerf - die nuutste fotos van die kos insamel
en
verspreiding is daarop onder "Danville Algemeen"
Mooi dag
Elsabe
|
|
|
Boereraat van die Week |
| !! Ek beveel sterk aan dat 'n apteker of dokter se
raad eers ingewin word voordat veral die medisinale rate gebruik word, ek
kan ongelukking nie verantwoordelikheid aanvaar as iets verkeerd gaan nie,
ek plaas die rate suiwer as interessante inligting. !!
Klik hier vir
inligting oor my Boererate eBoek!
Vir
tandpyn: Plaas naeltjies op die tand (dis nou as tand 'n gat in het)
Baba se
tandekry - laat baba aan 'n stuk biltong kou
Tandpyn - Byt 'n aspirien op
die tand vas en smeer die wang waar die tand is met bruin skoenpolitoer, of
rook perdemis.
Vir witter tande en minder
ulcers in die mond:
Suurlemoen, sout en koeksoda.Maak dit in a paste, en doop jou tandeborsel
in, en skrop jou tanne behoorlik! Jou mond voel sommer lekker skoon, en dit
smaak sleg, maar as jy behoorlik spoel sal jy agterkom dit werk beter as
tandepasta!!
Tandpyn: Spoel jou mond
kort-kort uit met water en appel-asyn (1 koppie water + 2 eetlepels
apppelasyn), en smeer Icy-Hot op jou wang aan die kant wat die tand pyn.
|
|
|
|
|
|
|
Afrikaanse Lied |
Hier is iets nuuts! Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek |
|
AANSTAP, AANSTAP
Woorde: PIERRE MALAN
Musiek: J.P. DU TOIT; verwerk: P.J. LEMMER
Aanstap, aanstap, somertyd is hier! Stap langs heuwelland,
stap so flink en fier, sing van puur plesier; aanstap, hand aan hand!
Aanstap waar die waterstrome vloei, deur die veld en vlei
waar die heide groei en die lelies bloei: daar's die lewe vry!
Aanstap in die vroeë môrelug langs die bos se soom,
waar die ribbok vlug oor die rant se rug, waar die steenbok droom.
Links, regs, links, regs, onder hemelblou; laat ons voorwaarts gaan.
Trap ons spore nou in die môredou. Kom, stap saam, komaan!
|
|
|
Snuffelhoekie |
|
Ek versamel yskasmagnete van buite Suid
Afrika,
kontak my
en dan ruil ons uit! |
|
|
|
|
As jy nog nie jou
eksemplaar van my Boererate eBoek gekry het nie,
klik hier vir
meer besonderhede. |
|
|
|
|
bukhuki
is 'n annerster boekwinkel in Somerset-Wes, Wes-Kaap, met boeke en
verwante produkte gemik op kinders en jongmense tot ongeveer 14 jaar oud.
|
|
|
|
op my webwerf |
|
|
|
|
Vakansieverblyf is altyd 'n probleem, dié mense maak dit makliker om te
kry,
klik net hier.
|
|
|
|
|
Soek jy plek om te gaan kampeer?
Klik dan hier!
|
|
|
|
"Making Diabetic Cooking Easy"
Die boek bevat 177 resepte en kos maar net R65. Vir meer
inligting, kontak Anna by
0822946799 of per epos by
anna_se_kombuis@yahoo.com
Vir nog meer van Anna se resepteboeke,
klik hier |
|
|
|
|
Jy geniet gratis toegang tot internet
bankdienste met 'n bluebean kredietkaart
doen nou aansoek !
|
|
|
|
|
Elkeen van my nuusbriewe bevat 'n goeie Afrikaanse artikel, 'n tikkie
humor, 'n Tradisionele Afrikaanse resep en die woorde van 'n Afrikaanse
lied, gaan kyk gerus in die
Argiewe na vorige
uitgawes |
|
|
|
|
Ek sal enige
konstruktiewe
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
|
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
|