|
Wees gegroet!
Welkom alle nuwe
intekenare!
As jy nog nie jou
eksemplaar van my Boererate eBoek gekry het nie,
klik hier vir
meer besonderhede.
My CD wat
Boererate sowel as Boeremusiek bevat, Rate en Plate, is
uiteindelik beskikbaar! Bestel jou eksemplaar sommer NOU!
Klik hier vir
besonderhede!
Wil jy met gawe
Afrikaanse mense kennis maak? My vriendin, Rosi, het 'n Yahoo Groep (Netvriende)
waar mens sommer lekker met mekaar in Afrikaans kan kommunikeer! As jy
sou belangstel,
klik hier om Rosi te kontak vir meer besonderhede.
Hier is nog een
van Minette Brink se artikels. Minette is verbonde aan die
Republikein,
die enigste Afrikaanse Dagblad in Namibië.
'n Krampagtige
vasklou aan 'n verdwene jeug
Minette Brink
NA jare se desperate gesoek na die regte kopdokter en die regte pille om
die chemiese wanbalanse in die brein te herstel, vind ek uiteindelik
stilte in my gemoed.
Vir twee jaar na die groot ontdekking leer ken ons mekaar (ek, die
kopdokter en die pille) en sowat 'n maand gelede kan ek vir die eerste
keer in my lewe sê ek dink ek gaan orraait wees.
Die man met die grys jas staan nie meer op elke straathoek nie, die
swart hond loop nie meer in die nanag nie en die wurggreep van angs pers
nie meer die laaste lug uit my lyf nie.
Dit gaan goed. Ek is gesond. Ek is happy.
En toe hou 'n gesinstydskrif 'n kompetisie vir sexy oumas.
Toe ek daardie bladsy omblaai, is dit soos tyd wat vries. In daardie
gevriesde oomblik slaat jou brein, jou lyf, jou hele wese brieke aan dat
die rook trek.
Maar helaas. Tyd kan nie teruggedraai word nie.
Want jy moes nie omgeblaai het nie omdat dit wat jy daar sien, links bo
in die hoek, laat alle emosies, vrese en neuroses met geweld weer
losbars, soos V.S.B. (voor suksesvolle behandeling.)
Nee, nee, nee, brul dit in jou siel soos 'n ou kasset wat trek.
Maar jy kan nie jou verstarde oë wegskeur van die skokkende tonele op
die blad nie.
Boude, borste, bobene, pruilmonde, gepluisde hare, mini-rompe soos
boordjies, uitpeulbloese sonder skroom, gedrapeer oor rusbanke,
uitgestrek op snoekertafels, bedruip oor gordynreëlings, geknoop om
vensterknippe.
Oumas.
Ek word in die hoësorg-eenheid wakker met die kopdokter wat oor my hang.
Werklik, sug hy. Was dit nou regtig so erg?
Ek gaan aan die bewe en besef ek klou nog steeds aan die tydskrif.
“Hhnn….hhhnnn…”is al wat ek uitkry, beduie na Daai Een links bo in die
hoek.
Hy sit nader en bekyk met skrefiesoë die rede vir my groot floute.
En kry terstond asemnood.
“Jy’s nie 'n kopdokter se dinges werd nie,” sê ek vies.”Die vrou het my
jare teruggesit. Ek gaan sue, maar vir wie?”
Maar hy lag so dat ek nie gehoor word nie.
Ek pak my sakkie, gryp Die Tydskrif en storm by die hospitaal uit.
Skryf die ounag koud oor my diepe emosionele ontwrigting oor OUMAS en
druk die send-knoppie met geweld.
Eers toe kan ek vir die eerste keer ontspan en die rede vir my
ontwrigting probeer uitpluis.
Ek ken net een soort ouma. Dié met die grys hare en die potblou oë en
die sagte hande.
Die ouma wat kosmaak, koekies bak, saam met die kinders met klei speel
en babahondjies help vang.
Ouma met die breë skoot en die beskermende arms en die reuk van jasmyn,
karringmelkbeskuit en anys.
My ouma wat net kerk toe 'n smeerseltjie ligpienk lipstiffie aangestip
het sonder rooi kloue vir naels en hoog, geboë, pikswart wenkbroue.
Sonder stywe nommertjies en hemelhoë spykerhakke om haar 75-jarige lyf
op te balanseer.
Ja, stenig my op die markplein, noem my verkramp, eng, wat ook.
'n Ouma is 'n sagte, liefdevolle mens wat die lewe verstaan, wat baie
lag, wat poetse bak, wat seerplekke wegtoor, wat skelm 'n geldjie in die
hand stop.
Ouma lyk soos die enigste ligpunt onder al die inskrywings. Die même op
die rotse van wie haar kleinkind skryf: my ouma is so sag soos sjokolade.
Nie iemand wat lyk soos 'n paaldanser in 'n ontkleeklub nie. Dink net
hoe verskrik daai arme, arme kleinkindertjies saans moet wees om deur so
iets in die bed gesit te word.
“Pasop Ouma, daai silikoon gaan ontplof as Ouma my so hard druk. Nee,
nee, moenie my soen nie, daai rooi verf gaan NOOIT van my wang afkom nie!
WHAA! EINA! Ouma se wrede nael het my oog uitgehaal!”
Ek is terug in intensiewe berading en 'n dubbele dosis medikasie. Daai
Een links bo in die hoek…
|
Regs klik
op die foto om jou cheetah muurpapier af te laai. Een van die fotos
wat ek in die Kruger Park geneem het. |
|
 |
Mens kan nogal
redelike ordentlike fotos met 'n selfoon neem, ek was nogal verbaas.
Klik hier om van my pogings te sien
Ek kry die
volgende van Mel in Aussie, goed om te hoor dat Boerekos daar ook geniet
word!:
Ek het hierdie
vanaand gemaak vir aandete en dit is regtig VERSKRIKLIK lekker. Ek het
dit as bygereg saam met gebakte wors (BOEREWORS!) gemaak. Dit was so
lekker dat ek NOG mos maak omdat dit vir die huismense kwansuis te min
was.
Barry sê daar geen kos op aarde wat lekkerder is as Boerekos nie!
Mel se Aartappeldis
1 Pakkie BRUIN UIE Sop Poeier
250gram GESMELTE BOTTER(1/2 Pond)
Meng goed saam en gooi oor Aartappels.
8 Medium GROTE AARTAPPELS.
Sny die Aartappels sulke kepies in maar moet nie deursny nie. Die
maklikste is as jy die aartappel in 'n groot opskep lepel sit dan
verhoed dit dat jy per ongeluk deursny.
Die Aartappels moet net gewas en nie geskil wees nie en verkieslik die
peervormigge aartappeltjies. Dink hulle noem dit "Up to Dates" Maar ons
kry dit nie altyd op die rakke nie en ek gaan maar vir dit wat die
naaste daaraan lyk. Solank die aartappel net nie te groot is nie. Bedek
met foelie en bak by 180ºc vir so +- 3/4 -1 uur.

Suid Afrika se nuutste en
beste soekenjin
|
bukhuki |
|
n Annerster boekwinkel
in Somerset-Wes, Wes-Kaap, voorsien kinder-en jeugboeke aan kinders en
jongmense tussen die ouderdomme van 0 en 14 jaar.
klik hier |
Dis doodmaklik om 'n
kaartjie vir die UK Lotto te koop. Die boerpot is selde minder as R10
miljoen en gereeld naby die R90 miljoen!!
Klik hier en kry jou kaartjie! Jy kan nie wen as jy nie in is
nie!
Boerpotte is gereeld £5 miljoen of meer, dis darem 'n
allemintige klompie Rand!
Ontvang Dr ST Potgieter se gratis nuusbrief: Verskaf jou besonderhede
deur te klik op die volgende skakel:
http://www.successsecrets.co.za/signup_form.html
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Betaal jy teveel vir motorversekering?
Klik hier vir 'n gratis aanlyn kwotasie!
Al wat jy dan moet doen is om te
besluit wat om met die ekstra geldjie te maak
My vriendin, Anna Eksteen het 'n paar oulike resepte eBoeke
saamgestel.
Die 5 Beste van Alle Suid Afrikaanse Resepte,
The 5 Best of All South African Dishes,
101 Onweerstaanbare Poedings en
101
Kraakvars Slaaie.
NUUT Nou
ook 110 Spyskaarte
Hier is letterlik honderde puik resepte en wat nog meer is, daar is geen
posgeld betrokke nie aangesien hulle afgelaai kan word of per ePos
aangestuur kan word. Klik hier vir meer inligting.
|
En nou, na vele
versoeke, Anna se nuutste boek - "Making Diabetic Cooking Easy"
Die boek bevat 177 resepte en kos maar net R65. Vir meer
inligting, kontak Anna by
0822946799 of per epos by
anna@minimax.cc |
|
|
|
Die een het darem
Afrikaans ook in!
Piet and Anna went to the Garies
Landbou Skou every year. Every year, Piet would ask:
"Anna, ek wil bietjie in daai helikopter vlieg."
And every year, Anna would answer:
"Jong, Piet, daai helikopter vlug kos vyftig rand. En vyftig rand is
vyftig rand!"
One year, Piet and Anna went to the fair again. Piet said:
"Jong, Anna, vandag is ek 71 jaar oud. As ek nie nou op daardie
helikopter klim nie, dan kan ek maar vergeet."
Anna replies:
"Jong Piet, daai helikopter vlug kos vyftig rand. En vyftig rand is
vyftig rand!"
The pilot overheard them, and since it was a quiet day, he decided to
have some fun.
"Ek se julle wat. Ek neem julle altwee vir 'n rytjie. As julle vir die
hele vlug stilbly, dan is die vlug verniet. So nie, dan betaal julle
vyftig rand!"
Piet and Anna agree to the conditions, and into the chopper they got.
The pilot took off, and did all sorts of rolls, dives, twists, turns and
tricks. Not a word was said. He did all his tricks over again, this time
even scaring himself. Still not a word was said.
They landed and the pilot turned to Piet:
"Bliksem! So iets het ek nog nie gesien nie! Ek het tot myself bang
gevlieg, maar julle twee het niks gesê nie!"
Piet replied:
"Ek wou so graag iets gesê het toe Anna uitgemoer het, maar vyftig rand
is vyftig rand!"
|
|