|
|
| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer 70 |
'n Passie vir
Afrikaans |
8 Julie 2005 |
|
Wees gegroet!
Welkom alle nuwe
intekenare!
Vir die uitgawe
plaas ek nog een van Frik Lombaard se kosartikels:
Van Toeka tot
nou
Soos julle al seker afgelei het is ek maar ’n nostalgiese mens. Een van
my passies is om te probeer uitvind hoe het die dinge juis gewerk so ’n
paar jare gelede. Saam met my versameling van kookboeke kom die twee
passies nogal tot hulle reg. So as ek so nou en dan nostalgies raak oor
die verlede, hou net vas dit duur gewoonlik nie lank nie. Ek glo daaraan
dat as jy nie weet waarvandaan jy kom nie sal jy nie weet waarheen om te
gaan nie.
Nou die dag lees ek een van my R 3 spesiale SPCA kookboeke “Cooking with
Elizabeth Craig”. In die kookboek is daar natuurlik baie gewone resepte,
maar ook ’n goeie dosis anderste resepte. Baie mense sal dink ek is nie
so vars nie, maar ek geniet dit om kookboeke te lees. Ek lees kookboeke
soos ander mense storieboeke lees.
Teen die einde van die boek kom ek op die hoofstuk “Catering and Cooking
in War Time”. Net daar begin my bloeddruk styg van opgewondenheid.
Ongelukkig het hierdie boek nie ’n datum by wanneer hy gedruk is nie,
maar dit moet seker so in die jare van die vroeë 1940’s wees. Die eerste
tipe wat hulle gee is hoe om jou vleis te rek. Vleis in daardie jare was
die wêreld oor gerantsoeneer. So om iets te ete kry moes jy lang toue
gaan staan in rye. En dan het jy seker nie eers genoeg gekry om te eet
nie.
Nou terug hoe om vleis te rek. Vervang een aandete deur vis en die ander
aandete deur ’n vegetariese ete. Gebruik dan die vleis wat jy so gespaar
het om een ete te kook met baie vleis. Maak nogal heeltemal sin vir my.
Die vleis wat jy koop moet ontbeen word sodat jy ’n vulsel in die vleis
kan sit om sodoende die vleis te rek. Wanneer jy vleis kook maak
kluitjies en sit dit in die pot. Gebruik ’n klein hoeveelheid vleis om
’n lekker kerrie te maak, voeg dan geblikte boontjies, snytjies appel of
’n paar hard gekookte eiers by te voeg. Boontjies, eiers en appel saam
in een dis ? Klink nie lekker nie, maar as daar ’n tekort is aan kos
moet mens seker so iets doen.
Hulle raai jou ook aan om niertjies in kleiner hoeveelhede saam met die
vleis te kook. Met die lees van die afdeling kom ek agter dat ek, en ek
glo ook baie ander mense ook, nie swaarkry ken nie. Ons weet nie wat dit
is om honger te gaan slaap nie, of om in toue te gaan staan as jy honger
is nie. Ons kan net die Vader daarvoor dankie sê.
Die volgende afdeling gaan daaroor hoe om jou Bacon, ek wou ontbytspek
sê, maar dan sou niemand seker geweet het waarvan ek praat nie. Gee elke
persoon een snytjie bacon, dien dit op saam met brood steaks (Bread
Steaks? Wat op aarde is dit?). Sny die randjie van die bacon af. Sny dit
fyn, braai dit in vet en gooi dan oor roereiers. Hier kom hulle ook weer
uit met bacon en niertjies. Lyk my niertjies was volop gewees in daardie
jare. Hier ook word die raad gegee om so nou en dan jou mense net vrugte,
koffie en tee te gee. Die bacon wat jy so spaar kan jy dan een keer
gebruik en ’n groot en lekker dis maak.
Daar is ook heelwat resepte of idees wat jy kan maak om jou botter te
rek. Meng dieselfde hoeveelheid botter met melk, meng dan Mezina en sout
in. Julle sal my nie glo nie, maar daar is ook ,n resep in hoe om
Aartappel botter te maak. Die mense moes baie desperaat gewees het.
Hulle vertel jou ook presies hoe om meer ekonomies te kook. Na
aanleiding van bogenoemde kan ek nie glo jy kan nog meer ekonomies kook
nie. Daar is ook wenke van hoe om gas, olie en elektrisiteit te spaar.
In detail kan jy ook leer hoe om ’n hooi doos (a Hay Box) te maak. Is
maar ’n gewone doos wat jy die helfte strooi insit, jou pot met die kos
daarin, en dan strooi oor die pot. Die kontrepsie sit jy dan in die son
en na ses weke kan jy kyk of jou kos gaar is. Ek spot net oor die ses
weke. Teen die einde van die dag is jou kos gaar.
Al wat ek weet is dat ek dankbaar bly is dat ek nie in daardie tyd
geleef het nie. Toe ek die gedeelte gelees het, kon ek die mense se
wanhoop en swaarkry daarin lees. Maar meer op ’n ligter trant en dit is
dat indien daar nou ’n oorlog sou uitbreek, sal ek in die pound seats
wees, aangesien ek al klaar die handleiding in my besit het.
Kosgroete
PRETORIA word op 16 November vanjaar 150 jaar oud. Dit gaan
feestelik gevier word op Saterdag 12 November op die
Voortrekkermonumentterrein. Dit sal die vorm aanneem van 'n karnaval met
'n vlooimark, uitstallings, kosstalletjies, springkastele, mallemeules,
sang, musiek en dans. Daar sal volkspele vertonings aangebied word deur
'n Belgiese, Duitse en Suid-Afrikaanse toergroep. Gerhard Combrinck is
besig om 'n perdeoptog vanaf Kerkplein met 1000 perderuiters te reël.
Bekende kunstenaars en orkeste sal deur die dag optree. Pretoria sal
nooit weer dieselfde wees nie. Ons verwag tussen 20 000 en 30 000
feesgangers en hulle moet kos kry. Potjiekos natuurlik. Is daar iemand
wat my kan help om 'n potjiekoskompetisie aan te bied om die honger mae
te stil?
Vriendelike Afrikanergroete.
André Alkema
Sekretaris - PRETORIA 150
Raak ontslae van jou skuld, gaan aan met jou lewe
Klik hier
Ek is MAL oor jou
boek!! Baie dankie daarvoor - Nadia Roos
Klik hier vir meer
inligting!
"Julle
professionalisme het die verband proses 'n plesier gemaak ... "
Mornay van der Merwe
Klik hier
Dis doodmaklik om 'n
kaartjie vir die UK Lotto te koop. Die boerpot is selde minder as R10
miljoen en gereeld naby die R90 miljoen!!
Klik hier en kry jou kaartjie! Jy kan nie wen as jy nie in is
nie!
Boerpotte is gereeld
£5 miljoen of meer, dis darem 'n
allemintige klompie Rand!
|
 |
Die
Mieliestronk, beste ding sedert braaivleis of biltong.
Vir inligting en hulp met skooltake |
Ontvang Dr ST Potgieter se gratis nuusbrief: Verskaf jou besonderhede
deur te klik op die volgende skakel:
http://www.successsecrets.co.za/signup_form.html
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Betaal jy teveel vir motorversekering?
Klik hier vir 'n gratis aanlyn kwotasie!
Al wat jy dan moet doen is om te
besluit wat om met die ekstra geldjie te maak
My vriendin, Anna Eksteen het 'n paar oulike resepte eBoeke
saamgestel.
Die 5 Beste van Alle Suid Afrikaanse Resepte,
The 5 Best of All South African Dishes,
101 Onweerstaanbare Poedings en
101
Kraakvars Slaaie.
NUUT Nou
ook 110 Spyskaarte
Hier is letterlik honderde puik resepte en wat nog meer is, daar is geen
posgeld betrokke nie aangesien hulle afgelaai kan word of per ePos
aangestuur kan word. Klik hier vir meer inligting.
Maak geld
uit ander mense se oproepe!
Deesdae kan jy sommer per SMS aansluit by FREEPAID. Hulle bied jou
lugtydherlaaikoepons wat jy per SMS kan aanvra. Geen meer winkel toe
loop om een te koop nie. Dit werk vir VODACOM, CEL C en MTN, selfs vir
Telkom se PREPAID fone!
Sluit aan deur slegs die volgende SMS aan 083-647-3999 te stuur:
JOIN HENDRIK25 NAAM VAN
- NB net drie spasies tussen die 4 goed. Jy sit natuurlik jou naam en van
in waar NAAM en VAN voorkom. My verwysing moet ook daar wees (Hendrik25
)
Jy kry ook kommissie uit die oproepe van die mense wat saam met jou
aansluit. Glo dit as jy wil, maar ek maak geld uit ander se selfoon-
oproepe, JY KAN OOK!
Vir nog inligting hieroor, stuur 'n epos aan: selfoon@getresponse.com
Kry 'n kredietkaart die maklike manier! Doen
aanlyn aansoek vir jou Barclaykaart!. Konsolideer jou
skuld en betaal dit op een plek af!
|
|
|
Webwerf soeklig |
|
Met elke uitgawe
sal ek van nou af die soeklig plaas op 'n webwerf met Afrikaanse
inhoud. Hierdie keer is dit die beurt van
HENRI SE KULINêRE GENOT BLAD!
Besoek gerus vir Henri en Engela en deel
in hulle belangstellings en resepte |
|
|
|
My Webwerf se Soekenjin |
|
Vind enigiets op my webwerf, tik 'n sleutelwoord
in die blokkie en Klik. Soek resepte, bestanddele, plekname ens.
Klik op webkaart vir 'n kaart van my webwerf |
|
|
|
|
|
|
'n Tikkie Humor |
|
"'n Goeie woordeskat,"
sê die taaldosent,"is van die uiterste belang. Gebruik 'n woord twintig
keer in drie dae, en dis joune vir ewig!"
Agter uit die klas kom 'n blondekop se stem: "Gerrit, Gerrit, Gerrit..."
My psigiater het my
teen 'n verhouding met jou gewaarsku, maar jy is so mooi dat ek maar 'n
ander psigiater gekry het. - Woody Allen in 'Manhattan'
Toe ek klein was,
het ek gedink my naam is Sherrap. - Joe Namath
Ek drink nie graag
water nie as gevolg van die aaklige goed wat visse daarin doen. - W.C.
Fields
|
|
|
Die Resep |
|
Ek het al oor die
jare 'n allemintige klomp resepte bymekaargemaak, so as ek een wil hê
vir die nuusbrief kry ek sommer maklik een wat interessant klink. Ek
diep toe die volgende een op, wie dit vir my gestuur het weet ek nie en
wie Jasper Cloete is weet ek ook nie (Hallo Jasper!) Tussen hakies, wat
is kambro? Stuur my
ePos
as iemand weet
|
|
KOFFIE-EN-AMARULA-NAGEREG
So lig soos 'n soufflé en absoluut heerlik!
20 ml koffiepoeier 125 ml kookwater
300 g malvalekkers 1 blik (410 g)
verkilde, ingedampte melk
30 ml Amarula-room 125 ml gekapte neute
Los die koffie in die water op. Giet in groterige kastrol en plaas die
malvas daarin. Laat eenkant tot die lekkers feitlik heeltemal gesmelt
is. Klits intussen die koue melk tot styf. Roer die koffie-malvamengsel
deur om seker te maak dat al die lekkers opgelos is. Roer die mengsel
dan by die styfgeklitste melk in. Voeg Amarula en neute by en roer deur.
Skep in individuele glase of in 'n groot bak. Plaas in yskas om te stol.
Dien op met room en enige vars vrugte na keuse.
|
|
|
Vriende van Boeremusiek |
|
Kontak vir Wia
en Kalie
van Vriende van
Boeremusiek
082 578 8907
of 012 362 7097 of
kalie@telkomsa.net
ofwia@telkomsa.net
of
hoor-nou-net@yahoogroups.com
Boeremusiek Dagboek
Elke laaste Saterdag van die maand vir die res
van die jaar! Manie Erasmus: Dans by
Voortrekker Monument
30 Julie - Vrystaat lededag
13 Augustus - Vriende van Boeremusiek:
Boeremusiek plesier vir almal!
2 September - Vrystaat en DOZI: Boeresportdag
10 Desember - Vriende van Boeremusiek -
afsluitfunksie vir 2005!
Vir meer inligting, klik
hier
Maak ook
sommer ‘n knoop in die oor vir ons Byeenkomste by die Voortrekker
Monument op
13 Augustus
en 10
Desember 2005…
Wia
Kontabesonderhede:
Posbus 75144
Lynnwoodrif, 0040
Tel: 012 361 7097
082 5788907
E-pos: wia@telkomsa.net
|
|
|
|
|
|
Die Danville Hulp Groep |
|
Terugvoer van
Elsabe oor al die projekte waarmee sy besig is:
Goeiemôre vriende,
Hoop dat dit sommer voor die wind met almal gaan.
Alhoewel julle nie so gereeld van my gehoor het nie, beteken dit nie dat
ons
nie hard werk vir die projek nie! Dit woel en werskaf.
Pres. Kruger Kinderhuis
Die eerste fase van ons projek is nou afgehandel en kan ons nou met die
2e
fase begin! (Die 3e fase is 'n ontspannings area vir die kinders)
Die kamers is prentjiemooi en die kinders was heeltemal oorweldig.
Baie dankie aan almal wat so hard gewerk het en net julle beste vir ons
kinderhuis kinders gegee het.
2e FASE:-
1. Eetsaal - Verf en gordyne
2. 2 Badkamers (seuns en dogters) - Verf - mooi gordyntjies en
toilet en badmatjies
3. 2 Gange - verf en mooi helder/vrolike prente teen die mure.
Sal die persone wat hiermee wil help my asb kontak by elecnet@mweb.co.za
Dit sal goed wees as ons nou gedurende die skoolvakansie daar kan
inspring
-dit sal grootskaalse ontwrigting voorkom!
WINTER PROJEK - "LEKKER WARM SLAAP"
Die winter is nou op ons! - Daar is gesinne wat net 1 kombers per
persoon
het!.
Ons wil probeer om binne die volgende 2 weke 'n 1,000 - ja eenduisend!
komberse bymekaar te maak. Ons het ongeveer 800 mense wat dringend 'n
warm
kombers of twee nodig het!!
Ons het alreeds heelwat komberse ontvang maar dit is nie naastenby
genoeg om
in al die behoeftes te voorsien nie!.
Kyk asb in julle kaste of daar nie 'n verdwaalde kombersie of twee is
wat na
'n minderbevoorregte kind toe kan gaan nie?
Verder het ons ook nou groot nood aan warm klerasie. Truie en jasse word
ook dringend benodig.
Ons het so baie mense wat in hout en sinkhuisies bly - en glo my dit is
bitterkoud tussen die dun houtmure en sinkdak (sonder plafon of isolasie)
.
Ons het gelukkig heelwat hoedjies gekry en kon ons vir al die outjies by
die
kleuterskool elkeen 'n warm mussie gee! - Dit was nogal groot sports!
Party
se hoedjies het maklik oorgegly maar ander se hare en boksterte het
nogal
weerstand gebied! Sien die foto's op die webwerf www.danvillehulp.co.za
en
geniet die stralende gesiggies!
Ons kon ook vir die 10 kinders by die Andeon Projek elkeen 'n warm
mussie en
'n lieflike sagte groen kombersie gee. Baie dankie aan die persone wat
dit
voorsien het.
ANDEON PROJEK
Hierdie "grondpad" projek van ons word nou vinnig al hoe groter!
Ons het nou 10 kindertjies daar.
Een gesin met 4 kinders - Twee gesinne met drie kinders elk. Waarvan die
jongste maar net 11 maande is, in 'n sinkhuisie in hierdie bittere koue
!!
Nat neusies en rooi wangetjies is volop!
Maar die bekkies lag altyd wawyd oop wanneer 'n mens daar aankom! (dit
is te
pragtig - almal wissel omtrent die melktandjies nou )
Ek was gister (Sondag) daar. Soos gewoonlik slaan die armoede en elende
jou
'n kishou!. Maar tussen dit alles deur is
daar ook darem vooruitgang. Die abolusie geriewe is nou amper klaar.
Daar
is darem al 3 spoeltoilette wat werk! Die "longdrops"
is afgebreek (wat 'n genade!!!!) en nou kort ons nog net 'n groot tenk
waarvandaan die afvalwater uitgepomp kan word, dan kan die storte ook
gebruik word! (Maar dit gaan glo baie duur wees - so ons sal eers moet
fondse inkry daarvoor) Sien foto's op website.
Ek haal my hoed vir Arnold af - hy is voorwaar 'n engel! Soveel geduld
en
naasteliefde het ek nog nooit teëgekom nie. Ek glo dat hy met tye
homself
tekort doen net om die mense te kan help oorleef. Al die "inwoners" daar
-
± 30 mense bly verniet by Arnold!!
Hy ry sy bakkie gedaan en het nooit 'n oomblik rus vir sy siel daar nie!
Glo my - daar is kort-kort een of ander intrige en hy moet bontstaan om
somtyds die vrede en harmonie daar te hestel en te bewaar. Geen maklike
taak
nie!
Ons wil nou met 'n groentetuin projek daar begin. Hiervoor het ons
soveel
as moontlik ou tuingereedskap en kruiwaens ens nodig asb. As jy dalk 'n
spitvurk het waarvan een tand uit is - gooi maar oor na ons toe asb.
Daar is 'n boorgat met sterk water op die plot - so ons kan nou al die
inwoners inspan om te begin groentetuin maak en op so 'n manier
selfversorgend te raak. Hopelik kry die kinders dan genoeg vars groente
in!
Die kinders se skoolprestasies is baie swak. 'n Rede hiervoor is ook
natuurlik die feit dat die ouers so rond "swerf". Die kinders wissel
skole
teen so 'n tempo dat hulle net eenvoudig nie kan bybly nie. Volgende
termyn
moet ons probeer om meer aandag hieraan te gee. 2 Outjies het hierdie
termyn gedruip!.
NUWELING
Daar is groot hartseer by ons een gesin in Danville. Hulle baba seuntjie
is
met net een handjie gebore. Die ander armpie is net tot by die elmbogie
ontwikkel!.
Vir hierdie outjie is ons toiletware - kleertjies en 'n stootwaentjie
nodig
asb. As daar dames is wat dalk bietjie hiermee kan help sal dit baie
waardeer word.
Ons kort ook bababedjies "cots". Haal maar die een teen die garagedak af
en
skenk hom vir 'n baba wat nie 'n bedjie het nie asb!
KLEUTERSKOOL
Man, hulle is te pragtig vir woorde en so verskriklik slim al! Dit is so
moeilik om daar weg te ry. Jy wil net by hulle bly!.
Die onderwyseresse verrig wondere met die minimum!. 'n Mens kan nie glo
dat
dit dieselfde outjies is wat so bedremmeld die begin van die jaar daar
aangemeld het nie. Hulle is so bekkig - jy wil hulle sommer opeet!!!!
Ons is verantwoordelik vir die lone van die 4 onderwyseresse elke maand.
Indien daar dalk mense is wat hiermee kan help - groot asb - dit sal
baie
waardeer word.
Betaal asb by ons gewone rekening in:-
Danville Hulp Projek
FNB - Brooklyn tak
Tjek rek: 620 546 34128
Verw: Kleuterskool lone
Gaan loer ook by die webwerf in en sien hoe oulik die kleuters is www
danvillehulp.co.za
OUETEHUISE
Hier was ons nou bietjie laks! - eintlik is dit 'n skande! - Ons sal nou
binnekort vir die bejaardes 'n lekker bederfdag moet hou!
Gelukkig het 'n selgroep tot ons redding gekom en begin hulle vandag by
die
Margaretha Ackerman Ouetehuis met herstel werk aan party van die meubels.
Daarna skuif hulle môre (Dinsdag) oor na die Bloudakkies ouetehuis om
vir 2
dae daar te werk. In elke woonstel is daar iets wat stukkend is of
sommer
net bietjie aandag nodig het! - En hierdie groep gaan sommer in 'n
oogwink
alles regruk daar! - wonderlike werk wat hulle gaan doen - byvoorbaat
sommer baie, baie dankie!
Hou die webwerf dop - ek gaan foto's neem en dit sal so teen die einde
van
week op wees.
KRUIDENIERSWARE
Ons voorraad is gedaan - die store is leeg.!!!!!!!!!
Die winter vererger nog boonop hierdie desperate situasie en die
werkloses
raak al hoe meer!.
HELP asb. Enige nie bederfbare kruideniersware is nou bitter nodig.
Mieliemeel, soyamince, suiker, melk, margarien, sop enige iets is meer
as
welkom!
Dit kan enige tyd by my huis afgelewer word asb !!
286 Cliffendale rylaan
Faerie Glen
Tel 012 991 3914
Johanna 082 7162 637
(skakel net voordat jy ry asb en indien daar nie antwoord is by die huis
foon nie - skakel dan asb vir Johanna op haar sel, sy is dalk net buite
besig en hoor nie die foon altyd nie)
Kontak my asb direk by :-
Hier is die Projek
se kontakbesonderhede, kontak gerus vir Elsabe as julle wil betrokke
raak of op die poslys kom.
Danville Hulp Projek
Elsabé Blignaut
Cell: 082 8282 551 na - ure
Huis: 012 991 3914 na-ure
Faks: 012 991 2073
Posbus 2839 Faerie Glen 0043
286 Cliffendale rylaan Faerie Glen
E.pos: elecnet@mweb.co.za
Webwerf:
www.danvillehulp.co.za
Bankbesonderhede
Danville Hulp Projek
Eerste Nasionale Bank – Brooklyn tak
Bankforum gebou -
Bronkhorst straat - NuMuckleneuk
Swift kode: FIRNZAJJ 926 (Internasionale inbetalings)
Takkode: 251345
Tjek Rek. nr: 62054634128
Nie Winsgewende Organisasie Art. 21
"Expectra 97 - Co 2003/017115/08
|
|
|
Boereraat van die Week |
| !! Ek beveel sterk aan dat 'n apteker of dokter se
raad eers ingewin word voordat veral die medisinale rate gebruik word, ek
kan ongelukking nie verantwoordelikheid aanvaar as iets verkeerd gaan nie,
ek plaas die rate suiwer as interessante inligting. !!
Klik hier vir
inligting oor my Boererate eBoek!
|
|
|
Kopluise
Die beste resep (is met groot welslae by talle skole gebruik)
1 Koppie olie (kookolie)
1 Koppie asyn
1Koppie parafien
a) Skud die mengsel goed
b) Wend kwistig aan droë hare. Laat staan vir ± 20 min.
c) Was daarna met shampoe in lekker lou water.
Klik
hier vir nog meer
Boererate |
|
|
|
Afrikaanse Lied |
|
Hier is iets nuuts! Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek |
|
BOSVELD-LENTE
Woorde: P. MCLACHLAN: Vers 1, 2; ANNEMARÉ SCOTT: Vers 3
Musiek: Sweedse Volkswysie; diskant: ANNEMARÉ SCOTT; verwerk: H. PIETER
VAN DER WESTHUIZEN
Vanmôre in die vroegoggenddou, fal-le-ra,
stap ons na die berge so blou, fal-le-ra.
Dit tintel in ons harte, weg is alle smarte
want lente is hier, en die somer gou!
Dit tintel in ons harte, weg is alle smarte
want lente is hier, en die somer gou!
Kom laatslapers, op, laat ons sing, fal-le-ra,
van skoonheid wat lente ons bring, fal-le-ra.
Die kleure van die bome--louter lentedrome,
dis Bosveld se fleur wat ons hier omring!
Die kleure van die bome--louter lentedrome,
dis Bosveld se fleur wat ons hier omring!
Die lied uit 'n hart vol geluk, fal-le-ra,
is mooier as rykdom en gesmuk, fal-le-ra.
Vergeet maar ander deugde, gee my net die vreugde
van Bosveld se prag wat my hart verruk.
Vergeet maar ander deugde, gee my net die vreugde
van Bosveld se prag wat my hart verruk.
|
|
|
Dit en dat.... |
|
Ek versamel yskasmagnete van buite Suid
Afrika,
kontak my
en dan ruil ons uit! |
|
|
|
op my webwerf |
|
|
|
|
Elkeen van my nuusbriewe bevat 'n goeie Afrikaanse artikel, 'n tikkie
humor, 'n Tradisionele Afrikaanse resep en die woorde van 'n Afrikaanse
lied, gaan kyk gerus in die
Argiewe na vorige
uitgawes |
|
|
|
|
Ek sal enige
konstruktiewe
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
|
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
|