| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer 7 |
'n Passie vir
Afrikaans |
14 November
|
|
Hallo almal!
Hier's ek weer!
Dinge begin nou dol
raak hier. Nooit gedink 'n pensioenaris se sosiale kalender kan so
vol wees nie! Seker maar die tyd van die jaar wat almal afskeide en
partytjies reël. Voor aftrede was ek gewaarsku dat ek myself moet
besig hou en aktief bly. Nou wil ek liewers weer gaan werk waar ek
minder besig en minder aktief was!
Het die week vir
Gys de Villiers ontmoet en 'n webwerf vir hom bespreek. Een van die dae
is dit klaar dan kan julle ook sien!
My "Christmas
Hamper" van die bank waar ek gewerk het arriveer to gister, propvol
snuisterye, soomer luukshede ook wat mens nie elke dag gaan koop nie,
ons gaan smul tot lank na Kersfees. Moet net onthou dat ek op dieët is
en nie alles op een slag verorber nie. Doreen sal vir ek en Lorraine
"ration'!
My komper gaan
die week in om opgradeer te word, het nou te stadig geword om video te
redigeer, so hy gaan 'n volksie in en kom 'n Porsche uit! |
|
|
'n Tikkie
Humor |
|
'n Paar Dol
Definisies!
HUWELIKSERTIFIKAAT :
'n Soort jaglisensie wat jou tot een bok beperk.
KRAAI : Spreeu in 'n aandpak.
KREDIETKAART : Iets wat meeste mense gebruik wanneer hulle ontdek geld
kannie alles koop nie.
VLEISBRAAI : 'n Partytjie waar die kos so 'n bietjie rou en die gaste
so'n bietjie gaar is.
WITTEBROOD : Die vakansie wat 'n man neem voordat hy vir 'n nuwe
baasbegin werk.
ALMANAK : 'n Kaart waarop jy kan sien hoe om by Kersfees uit te kom.
AMBULANS : Kombi met diskoligte.
BAAS : Wat Ma vir Pa laat dink hy is.
BABA : 'n Soort engel waarvan die vlerke korter word namate die bene
langer word. BABAWAENTJIE : Verlede jaar se pret op wiele.
BEGROTING : Iets wat jou laat wakker lê nog voor jy jou geld bestee.
BELASTING : Die beloning vir energie, harde werk en spaarsamigheid.
BOOM : Iets wat jare op een plek bly staan en dan skielik op 'n dag voor
'n voertuig inspring.
BROMMER : Vlieg met 'n dieselengin.
BRUIDEGOM : Imand wat hom teen iets taais vasgeloop het.
BRUNET : Uitgebrande blondine.
DIEET : 'n Manier van maer word waarvoor jy gou dik word.
EEND : 'n Hoender met roeispane vir voete.
EIER : 'n Voël se geboortedo(r)p.
ETENSTYD : Die enigste tyd wanneer 'n kind nie wil eet nie.
GERAAMTE : Iemand met sy binnekant buite en sy buitekant weg.
GESINSVAKANSIE : Wanneer jy alles saamneem waarvan jy eintlik wil wegkom.
GEWETE : Iets wat pla as alles baie lekker gaan.
HELIKOPTER : Eierklitser met ambisie.
INRYTEATER : 'n Plek waar jy ou prente en jong paartjies aantref.
KARSIEK : Dit wat jy elke maand kry as jy die paaiement moet betaal.
KORTPAD : 'n Pad waarop jy niemand kan kry om jou te sê waar jy is nie.
LEKTOR : Iemand wat die rare talent het om 'n student aan die slaap
tepraat. |
|
|
|
|
Die Resep |
Ons gaan juis kamp
die naweek, en sal virseker die resep probeer! Hier is nog een van
Anna Eksteen se resepte.
Hierdie resep
kom van Anna Eksteen se uitstekende aflaaibare resepteboek, Vir meer
uithaler Suid Afrikaanse resepte soos die een, kontak Anna soos volg:
Sel: 0822946799 |
|
KAMPKERRIEKOS:
500g boerewors, in skywe gesny
2 knoffelhuisies, gekneus
2 uie gekap
15ml kookolie
2ml rissiepoeier
15ml kerriepoeier
250ml vleisaftreksel
15ml tamatiepuree
30ml suurlemoensap
5ml sout
2ml vars gemaalde swartpeper
3 aartappels, in blokkies gesny
4 piesangs, in skywe gesny
Rooster wors tot byna gaar. Hou eenkant warm. Soteer intussen knoffel en
ui in verhitte kookolie. Voeg rissie- en kerriepoeier by en braai effens.
Voeg verhitte vleisaftreksel, tamatiepuree, suur lemoensap, sout en
peper by. Voeg aartappels en wors by en prut vir 20 minute. Voeg
piesangs by, meng goed en verhit deeglik. Sit voor met gebotterde
heelgraanbrood. |
|
|
|
|
|
Brokkies |
|
Kruger!
Ons was toe laas
naweek in die Kruger Park, slaap toe die Saterdag aand oor by Olifants
kamp met die beste uitsig in dioe park. Net jammer die Olifantsrivier
was so leeg! Die sonsondergang wildsbesigtigingsrit was ook baie
suksesvolmet volop diete te siene en 'n baie goeie gids. Sy naam is Paul
en hy het oë soos 'n valk, wat natuurlik baie gehelp het om die diere
raak te sien. Dit was ook maansverduistering maar ek was nou regtig nie
lus om drie uur die oggend op te staan om na die maan te gaan kyk nie.
Ek sien toe die hele gebeurtenis in elk gaval op my skootrekenaar met
die "Sterry Night" sagteware. |
|
|
|
|
Kamp
Die komende naweek
gaan ons by die Vaalrivier kamp, ons eerste keer in 'n tent, ons sal
maar moet sien hoe dit gaan. Miskien bied ek maandag 'n tent te koop aan! |
|
|
|
|
Danville Kersboom
Elsabe is kliphard
besig met die nodige reëlings vor die Kersboom op die 6de Desember. Hou
maar die webblad en die Kersboom bladsy dop vir verwikkelinge, skakels
hieronder
(Kersboom en kinders se
wenslys) (Die
Danville Hulpgroep) (Kersboom) |
|
|
|
|
.Ek sal enige
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
| |
|
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
Peter-jasie |
|