|
Wees gegroet!
Welkom alle nuwe
intekenare!
Is julle ook "versamelaars"?. Versamel en bêre enigiets vir "eendag miskien"? In die jare 50 het my ma
artikels vir die Koster Herout geskryf. Hier is een van die artikels wat
hulle gepubliseer het:
Te Bêre of te
Begrawe
deur Fien
(oorspronklike teks is onveranderd)
"Is net jammer dat jy nie die goeie gewoonte van 'n brakkie wil aankweek
nie", brom my wederhelfte, toe hy net mooi vir die tiende keer oor die
rommel in die waenhuis struikel.
"'n Brakkie het tog immers die verstand om goeters wat hy wil hou, te
BEGRAWE. Maar jy,,,,!! 'n Mens het 'n soeklig en 'n span kaffers nodig
om net één ding tussen al hierdie mengelmoes te kry; waarom bêre jy
alles?"
Nou het hy 'n teer punt geraak, en dit het my laat nadink.....
Van toeka se dae het ons vroumense maar almal een vaste gewoonte
aangekweek, en dit is om goeters te bêre; "want jy weet nooit wanneer jy
dit dalk sal nodig kry nie", is ons vaardige antwoord. Onlangs het ek my
huis van voor tot agter deurgegaan, (sonder 'n soeklig en 'n span
kaffers!!) en 'n volledige inventaris gemaak van al die goeters wat ek
bêre, (in geval ek dit dalk eendag nodig kry), en dit as volg groepeer;-
(1) Goeters wat op goeters gaan - soos deksels van leë bottels, ou
deksels van stukkende kastrolle, ou proppe van bottels wat gebreek het
en ou pierings waarvan die koppies gebreek het maar wat uiters geskik is
om onderstebo op ander ou pierings te plaas om goeters te dek, (wat ek
wil bêre), soos bv. bietjies kos van die vorige maaltyd, stukkies konfyt
wat op die broodbordjies agter gebly het, verlepte tamatieslaai van laas
Sondag se middagete en 'n lepeltjievol nagereg (van doe vorige Sondag se
middagete).
(2) Goeters wat van goeters kom - soos hempsknope, broeksknope, tas
handvatsels en strykyster handvatsels.
(3) Goeters waar ander goeters ingekom het - soos leë kardoessakkies,
leë lemoensakkies, skoendose, groot kartondose om klein kartondose in te
bêre, bruinpapier, vaalpapier, koerantpapier, enige papier.
(4) Goeters waarvoor ek te jammer is om weg te gooi - soos leë "olie
kolonie" bottels, ou gelapte onderklere, (wat net ideaal is vir
vloerlappe), ou besemstokke, (wat nog dalk eendag gebruik kan word
stutte vir die wasgoedlyn), ou gordels van nagpakke, ou tafeldoeke, ou
gordyne, die bruin sokkie - (die maat waarvan die brakkie iewers begrawe
het), en daardie linkerhandse handskoen, (ingeval ek dalk die
regterhandse handskoen raakloop!!)
(5) Goeters waarvoor ek te jammer is om te gebruik - soos daardie messe-en
vurkestel, ('n geskenk van ou tant Katryn met my troue - hoeveel jare
bêre ek dit nie al nie), die bottel drankies wat al vir soveel jare
gebêre word vir 'n spesiale okkasie, daardei vloermatjie wat Ouma van
sykouse gehekel het, MET HAAR EIE TWEE HANDE!
(6) Goeters van sentimentele waarde - soos daardie bondel liefdesbriewe
van gewese minnaars wat nog steeds in die sjokoladedosie gebêre is, al
laasjaar se Kersfeeskaartjies, blink papier en snuisterye wat Kersdag so
'n gedenkwaardige dag gemaak het, en ou, verbleikte kiekies geneem in
die fleur (?) van my jare, (party by geleentheid van my eerste
Sondagskoolpiekniek, en party geneem net na die groot middagete op Ouma
se verjaardag, - dis mos EK daardie in die voorste ry by moeder se knie!!)
(7) Goeters wat gebêre is om tyd te bespaar - (want 'n mens weet nooit
wanneer jy dit nodig gaan kry nie!!) - soos daardie ou tas wat al vir
jare en jare die ereplek bo-op die hangkas behou: maak die deklsel oop
en 'n sterk naftalienreuk dring die neusgate binne, want net onder al
die lae bruinpapier en dan onder al die lae sagte papier, is sorvuldig
gebêre......baba kousies, baba baadjies, baba mussies, baba kombersies,
in kort alles wat gebrei en gebruik was vir die eerste baba, en wat
gebêre was ingeval.....
(Die feit dat baba no. 1 al in matriek is ontneem net niks van die goeie
voornemens van die vrou nie, en bewys tog dat alle vroue, van geboorte
af, verorden is om "houers van goeters" te wees.)
Nietemin, vroumense weet darem presies nét waar hulle goeters bêre. Neem
bv. die karsleutels: die mansmense het net EEN bêreplek hiervoor - en
dit is waar hulle dit altyd kan kry - die broeksak, (met dien verstande
dat hy altyd dieslfde broek dra!!). Vra nou vir die vrou waar sy die
karsleutels gebêre het, en sy sal, sonder aarsel en in 'n paar woorde
verduidelik dat die sleutels "....in die boonste regterhandse laaitjie
van die spieëlkas" is, en om sekerheid te verseker - "...net onder die
bondel sokkies wat nog gestop moet word".
Dis tog heel maklik om te kry, maar nie vir die man nie!! Haastiglik
vroetel hy deur en maak 'n warboel van die sykouse, handskoene,
haarnette, haarnaalde, sakdoeke, linte, ongestopte sokkies en onbetaalde
rekenings ..... NIKS!!
Dan snuffel hy deur die boonste linkerhandse laaitjie, dan deur die
onderste linkerhandse laaitjie en uiteindelik deur die onderste
regterhandse laaitjie ... NIKS!!
Sy geduld nou tot uitermate beproef, pluk hy al die laaitjies uit die
spieëlkas, smyt al die goed uit op die bed en begin weer van vooraf met
sy reuse (?) taak om die verborge sleutels te soek.
NOG NIKS, en nadat hy al die laaitjies weer teruggeprop het, skree hy om
hulp. Weer soos voorheen, sonder aarsel en in 'n paar woorde verduidelik
die vrou dat die sleutels "...in die boonste regterhandse laaitjie van
die spieëlkas" is; sy maak die betrokke laaitjie oop ..... en oorhandig
die sleutels!!!
Maar dis in die spens, egter, dat die vrou haar hoogtepunt bereik in die
kunsvaardigheid van "goeters bêre". Die spens is spesiaal ontwerp en
gebou met genoeg (?) rakke WAAROP 'n mens goeters kan plaas WAARIN 'n
mens goeters kan bêre. Groot sorg was dus aan die dag gelê om elke
blikkie of bottelduidelik te merk sodat 'n mens presies net weet waar
goeters gebêre is. Dus kry jy bv. suiker in die soutblikkie, koffie in
die teeblik en eiers in die sopskottel. Die blik wat eintlik bedoel is
vir meel word die kruideniersware in toegesluit, "...omdat ou Nieta my
rot en kaal besteel", die brood en soetkoekies word in die hangkas (in
die spaarkemer) weggesteek; en terug in die spens, vind jy die broodblik
tot bo by die deksel volgeprop met resepte!!
En NOU..... Wat omtrent die wederhelfte, wat met 'n paar verpletterende
woorde die hele sisteem van "goeters bêre" verdoem? 'n Vlugtige blik
deur die venster van die somershut (!), (want hierdie is verbode grond),
lewer bewys van ......GOETERS WAT GEBêRE WORD!!!! Hier lyk dit soos 'n
negosiewinkel. Hier is 'n verrotting van gebreekte stoele, gebreekte
tafels en gebreekte portretrame. Hier is 'n verroesting van krane,
gieters, fietsparte, karparte, nommerplate en sinkplate.
Kortliks, hier is die man se MEKKA!!!!
Ja, mansmense bêre mos net belangrike goeters!!!
........en nou
keer ons terug na die hede, 40 jaar nadat die artikel hierbo geskryf
is! Ek kry nou die dag die volgende ePos van June Roberts in
Duitsland, lees verder:
Daar is min
werklik interessante Afrikaanse websites en ek dink vir Suid-Afrikaners
oorsee is jou site net die ding... - van resepte tot boererate. (Of
eerder, van hulpsaam tot lekker lag!)
(Ek moes net die sin
insit! - Peter)
Om by die eintlike rede vir my email te kom: Ek het nou net die 'Te Bêre
of te Begrawe' storie gelees, en gedink: Wragtag, daar is nou 'n ware
verhaal en beter beskrywings, of groeperings van opgaargoed kon nie eers
my oorlede ouma Willa uitgedink het nie!! Ek het vir jare gedink dit is
net die vrouens in ons familie wat kêns is en alles opgaar - so imagine
my relief dat daar nog sulke mense was en steeds is! Jare lank sit ek
die eensame, rebelse stryd voort om van alle 'onnodige goed' ontslae te
raak want hemele behoed my dat ek ook 'n opgaarder word. Ek voel soos 'n
skurk en 'n Judas elke keer as ek iets weggooi wat a) so dienlik is, b)
so 'n gawe flessie/potjie/sakkie is, en c) ek eendag sal nodig hê want
as ek nie Ouma Willa se stem in my gedagtes hoor nie, dan my ma s'n.
Daar is geen groter gevoel van oorwinning oor 'Opgaar-Kênsheid' as om te
weet dat as jy eendag 'n flessie/sakkie/speld nodig het, dit nêrens in
jou huis te vinde sal wees nie - tot die doodse skaamte van die
generasies van opgaarders voor jou!! Tot vandag...
Ons trek binnekort na 'n nuwe huis en ek pak bokse dat die biesies bewe.
Hier is niks onnodig in die huis nie so ek pak net te lekker... - totdat
ek op die plastieksakke begin afkom. Jy weet mos, die 'dienlike' en 'gawe'
sakkies wat so lekker is om iets in te sit. Elke sakkie is pynlik
netjies opgevou (soos per Ouma se voorbeeld) en net so netjies groepeer
in klein, medium, groot. Nou ja, geen paniek - die het ek natuurlik
regtig nodig! Die sakie ontaard vinnig in 'n probleem want waar kom al
die sakke vandaan? (Veral in 'n land wat nie 'n voorstaander van
plastieksakke is nie en jy jou inkopies in jou eie sakke moet rond
karwei.) So vinnig soos ek sakkies uithaal so vinnig sien ek meer raak!
Nie net netjies opgevoude sakke nie, maar sakke wat in ander sakke
gestop is, opgestopte sakke in groter sakke... Wel, 'n uur later staan
'n swart sak vol plastieksakkies reg om weggegooi te word. Tien kan mens
nodig kry, maar 'n swart sak vol? Daar's nie 'n kans nie!
Ek is teen die grond, al die jare van rebellie en ek het die stryd
verloor - nou weet ek hoe die Boere na die AB Oorlog gevoel het. Die
skok is iets verskriklik - was ek 'n ernstige drinker het ek gedrink tot
ek omval. Al raad was om my suster te bel want Sussa laat my beslis
beter voel en ek slaan die lyn London toe. Daar vind ek geen troos, sy
gaar ook plastieksakke op... Ek besluit om die plastieksak besigheid uit
my kop uit te verdring deur bietjie op die internet rond te loer want
die pakkery is in elk geval in sy maai tot môre want ek ly aan 'Opgegaarde
Plastieksak Skok'. Daar lees ek 'Te Bêre of te Begrawe' en lag so lekker
dat ek uit my 'OP Skok' is. Mens bly maar mens en as ek die saak so kyk,
dan is dit absoluut nutteloos om teen die opgaar stroom te swem... -
eendag word jou arms tog ongemerk moeg!
Baie dankie vir 'n lekker-lees website en dankie dat jy met jou site (meestal
onwetend) andere se dag te maak!
Groete uit Duitsland,
June
(Moenie sleg voel
nie, June, ons het twee swartsakke propvol Spar, Pick n Pay en
Checkers plastieksakke vir "eendag miskien". Ek het die
sakke eers gebruik om die hondelandmyne in te sit maar gebruik nou die
plastieksakke waarin ons brood koop. Ek het ook al my
skoolrapporte van kleuterskool tot Matriek! Glo dit as jy wil, maar ek
het ook Payslips van die tyd wat ek R200 per maand verdien het! Ek het ook al my "Little
Golden Library" kinderboeke asook 'n hoop "Classics Illustrated" By ons
40 jarige Matriek reunie was ek die enigste een wat nog sy
Matriekafskeid uitnodiging gehad het! - Peter)
LEWENSRESEP
'n Bietjie meer doen en minder praat
'n Bietjie meer liefde en minder kwaad
'n Bietjie meer dank en minder kla
'n Bietjie meer gee en minder vra
'n Bietjie meer vreugd' en minder vrees
'n Bietjie meer musiek wat spanning genees
'n Bietjie meer blomme in die lewensuur as ruikers na die graf te stuur
'n Bietjie meer glimlag, minder steun, maar voluit vertrou en op Hom
leun.
Raak ontslae van jou skuld, gaan aan met jou lewe
Klik hier
My Boererate
eBoek is uiteindelik voltooi! Dit bevat om en by 2000 Boererate en is
teen R60 beskikbaar. Ek stuur dit per ePos of jy kan dit aflaai.
Klik hier vir meer
inligting!
Baie dankie aan
almal wat gehelp het deur vir my Boererate te stuur
Weet iemand wie
die volgende geskryf het?
Laat my weet
asseblief.
Valentine, oh Valentine
I smaak you stukkend, so say you’ll be mine.
You’re my morning, my sunshine, my moon and my stars
You’re my aroma from the old OK Bazaars;
You’re my beaded love-letter, my Breeze in the night,
You’re my Koffiehuis, my Cremora, my Blitz firelight.
You’re my Crime-Stop, my Tracker, you’re my AZT,
My pap, my Mrs Ball’s chutney, my Nando’s for free;
You’re my lambchop, my dewdrop, my partner in crime,
My chillie, my pepper, my vetkoek sublime.
The list is just endless, and this isn’t all:
You’re my Lotto jackpot, my dop and my zol.
You’re my 4X4 when the road is so hilly,
You’re the Floro margarine that butters my mielie,
I smaak you, my poppie, so please be my wife,
‘Cause babe, you’re the tomato sauce on the slap chips of life.
~~Aandag alle Vistermanne~~
Ek vang nie
vis nie, het nie die geduld daarvoor nie, maar hierdie kan seker vir
julle sin maak. Die Amerikaners reken hierdie is die antwoord,
klik hier en bestudeer die advertensie en
laat my weet
wat julle dink. Ek stel voor dat 'n paar van julle saamstaan en een
aanskaf, dalk werk dit net, julle sal beter weet as ek!
"Julle
professionalisme het die verband proses 'n plesier gemaak ... "
Mornay van der Merwe
Klik hier
Dis doodmaklik om 'n
kaartjie vir die UK Lotto te koop. Die boerpot is selde minder as R10
miljoen en gereeld naby die R90 miljoen!!
Klik hier en kry jou kaartjie! Jy kan nie wen as jy nie in is
nie!
Boerpotte is gereeld
£5 miljoen of meer, dis darem 'n
allemintige klompie Rand!
|
 |
Die
Mieliestronk, beste ding sedert braaivleis of biltong.
Vir inligting en hulp met skooltake |
Ontvang Dr ST Potgieter se gratis nuusbrief: Verskaf jou besonderhede
deur te klik op die volgende skakel:
http://www.successsecrets.co.za/signup_form.html
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Betaal jy teveel vir motorversekering?
Klik hier vir 'n gratis aanlyn kwotasie!
Al wat jy dan moet doen is om te
besluit wat om met die ekstra geldjie te maak
My vriendin, Anna Eksteen het 'n paar oulike resepte eBoeke
saamgestel.
Die 5 Beste van Alle Suid Afrikaanse Resepte,
The 5 Best of All South African Dishes,
101 Onweerstaanbare Poedings en
101
Kraakvars Slaaie.
NUUT Nou
ook 110 Spyskaarte
Hier is letterlik honderde puik resepte en wat nog meer is, daar is geen
posgeld betrokke nie aangesien hulle afgelaai kan word of per ePos
aangestuur kan word. Klik hier vir meer inligting.
Kry 'n kredietkaart die maklike manier! Doen
aanlyn aansoek vir jou Barclaykaart!. Konsolideer jou
skuld en betaal dit op een plek af!
|
|