|
Wees gegroet!
Welkom alle nuwe
intekenare!
Net toe ek
desperaat begin wonder wat ek in die nuusbrief gaan sit, kom Minette tot
my redding met 'n paar artikels! Dankie Minette, jy's 'n doring!
Hier is die
eerste een:
Huisvrougids
Minette Brink
DAMES, hier volg
die laaste woorde oor die volmaakte huisvrou en eggenote. Baie dankie
aan Estelle wat goedgunstiglik dié kosbaarheid per e-pos aangestuur het.
‘Hou aandete vir manlief gereed. Beplan vooruit, selfs die vorige aand
al, om ʼn smaaklike ete gereed te hę wanneer hy van die werk af kom. Dit
is die manier waarop jy wys dat jy die hele dag aan hom gedink het en so
besorg is oor sy behoeftes. Die meeste mans is rasend van die honger
wanneer hulle tuiskom en die vooruitsig van ʼn warm bord kos (veral sy
gunsteling gereg) is die deel van die vereiste hartlike verwelkoming
tuis.
Maak jouself mooi. Rus vir 15 minute sodat jy verkwik is wanneer
mangoete huis toe kom. Knap jou grimering op, druk ʼn strik in jou hare
en lyk vars. Onthou hy het die heeldag saam met ʼn klomp werksmoeë mense
deurgebring.
Wees opgeruimd en ʼn bietjie meer interessant vir hom. Sy vervelige dag
het ʼn ligpuntjie nodig en een van jou pligte is om daarin te voorsien.
Ruim die gemors op. Maak ʼn laaste draai deur die huis net voor liefie
huis toe kom. Tel skoolboeke, speelgoed en papiere op en gly ʼn stoflap
oor die tafels.
In die koeler maande moet jy ʼn kaggelvuur aansteek waarby hy kan ontspan.
Jou eggenoot moet voel asof hy ʼn veilige hawe van rus en orde bereik het.
Dit sal jou ook goed laat voel. Om in sy gemak te voorsien, sal jou
geweldige persoonlike genot verskaf.
Kry die kinders gereed. Was hulle handjies en gesiggies, kam hulle hare
en trek skoon klere aan. Hulle is klein skatte en manlief wil sien hoe
hulle die rol vertolk. Beperk geraas tot die minimum. Sodra hy tuis kom,
skakel die wasmasjien, droeër en sofsuier af. Moedig die kinders aan om
stil te wees.
Wees verheug om hom te sien.
Groet hom met ʼn innemende glimlag en wees opreg in jou begeerte om hom
te plesier.
Luister na hom. Jy mag dalk ʼn dosyn belangrike dinge hę om hom te vertel,
maar sy tuiskoms is nie die aangewese tyd nie. Laat hom eerste praat-
onthou, sy onderwerpe van bespreking is baie belangriker as joune.
Maak dit sy aand. Moenie kla as hy laat is, sonder jou uitgaan vir ete
of na ander plekke van vermaak nie. Probeer eerder om sy węreld vol
stres en druk en behoefte aan ontspanning tuis te verstaan.
Jou doelwit is om jou huis ʼn plek van vrede, orde en kalmte te maak waar
jou man homself na liggaam en gees kan verkwik.
Moet hom nie inwag met klagtes en probleme nie.
Moenie eens kla al kuier hy die hele aand elders nie. Beskou dit as die
minste in vergelyking met alles wat hy die dag moes deurmaak.
Maak hom gemaklik. Laat hom terugsit in ʼn gemaklike leunstoel of teruglę
op die bed. Hou ʼn warm of koue drankie byderhand.
Druk sy kussing in plek en bied aan om sy skoene uit te trek. Praat in ʼn
lae, strelende en koesterende stem.
Moenie hom oor sy dade uitvra of sy integriteit veroordeel nie. Onthou,
hy is die baas van die huis en sal as sulks sy wil met regverdigheid en
waarheidsin uitvoer. Jy het geen reg om hom teen te staan nie.
En laaste, maar nie die minste, ʼn goeie huisvrou ken altyd haar plek.
Die artikel het in die Housekeeping Monthly van 13 Mei 1955 verskyn.
Presies 50 jaar later wil ek graag daarop kommentaar lewer:
Hahahahahahahahahaaaaaa….asemnood….hahahahahaaaa….
Ons was verlede
week by Kruger park Lodge,
hier is 'n paar van die fotos wat ek geneem het. Ek het omtrent
50 dierefotos bygesit op my
Foto CD
Raak ontslae van jou skuld, gaan aan met jou lewe
Klik hier
Die Boererate CD
is so te sę klaar! Ek het besluit om met die Vriende van Boeremusiek
saam te span en ook 'n verskeidenheid ou, oorspronklike Boeremusiek op
te sit net om die CD meer aantreklik te maak. Die CD sal dus van beide
die Boererate kant sowel as die Boeremusiek kant 'n versamelstuk wees!
Hou die spasie dop vir verwikkelinge. Intekenare sal die CD goedkoper
kan aanskaf as die "res"
Ek was vandag by
Wia en Kalie en ons het die musiek vir die CD gekies. daar sal plate op
wees van manne sooe Silver de Lange, Faan Harris, Koot Brits en Joe
Hooneberg, almal groot Boeremusiek legendes van weleer.
Hou die spasie
dop vir verdere nuus!
Ek probeer ook om 'n
volledige lys van ons land se feeste op 'n blad te sit, gaan kyk gerus
hier. As julle weet van 'n fees wat ek nog nie het nie, stuur
asseblief vir my die besonderhede. As julle fees wel op die bladsy is
maar sonder kontakbesonderhede, gee die ook vir my.
"Julle
professionalisme het die verband proses 'n plesier gemaak ... "
Mornay van der Merwe
Klik hier
Dis doodmaklik om 'n
kaartjie vir die UK Lotto te koop. Die boerpot is selde minder as R10
miljoen en gereeld naby die R90 miljoen!!
Klik hier en kry jou kaartjie! Jy kan nie wen as jy nie in is
nie!
Vanaand 11 Mei, se boerpot is Ł9.5 miljoen ( meer as R100 miljoen!!!)
Clover en SAB
Miller het gister bekend gemaak dat hulle 'n gesamentlike
onderneming (joint venture) begin om 'n nuwe bruisdrankie te vervaardig.
Dit bestaan uit 'n mengsel van bier en suiwel en die verwagting is dat
dit,
met 'n eg Suid-Afrikaanse karakter, groot byval by die meeste sektore
van
die bevolking sal vind.
Die drankie sal onder die handelsmerk Sabier Shake bemark word.
Ek hoor ook dat
die drankie mens Zuma gee!
|
 |
Die
Mieliestronk, beste ding sedert braaivleis of biltong.
Vir inligting en hulp met skooltake |
Ek kuier toe
vandag by Wia en Kalie van Vriende van Boeremusiek. Ons praat toe
van die moontlikheid om 'n Boeremusiektrein te reël. Wanneer weet ons
nog nie en waarheen weet ons nog nie maar die idee is om by elke stasie
waar die trein stilhou musiek te maak. Hoe lyk dit, is daar
belangstelling?
Laat my
weet asb! Wat van 'n trippie Namibië toe?
Ontvang Dr ST Potgieter se gratis nuusbrief: Verskaf jou besonderhede
deur te klik op die volgende skakel:
http://www.successsecrets.co.za/signup_form.html
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Betaal jy teveel vir motorversekering?
Klik hier vir 'n gratis aanlyn kwotasie!
Al wat jy dan moet doen is om te
besluit wat om met die ekstra geldjie te maak
My vriendin, Anna Eksteen het 'n paar oulike resepte eBoeke
saamgestel.
Die 5 Beste van Alle Suid Afrikaanse Resepte,
The 5 Best of All South African Dishes,
101 Onweerstaanbare Poedings en
101
Kraakvars Slaaie.
NUUT Nou
ook 110 Spyskaarte
Hier is letterlik honderde puik resepte en wat nog meer is, daar is geen
posgeld betrokke nie aangesien hulle afgelaai kan word of per ePos
aangestuur kan word. Klik hier vir meer inligting.
Kry 'n kredietkaart die maklike manier! Doen
aanlyn aansoek vir jou Barclaykaart!. Konsolideer jou
skuld en betaal dit op een plek af!
|