|
Wees gegroet!
Welkom alle nuwe
intekenare!
Kom ons begin met
nog een van Frik Lombaard se kos artikels. Die een is propvol handige
wenke, so lees gerus! Dankie vir die artikel, Frik!
Maak daardie foute reg
Dit gebeur baie dat ’n mens, terwyl jy met kos besig is, jou aandag
afgetrek word en jy nie seker is wat jy laas gedoen het nie of jy gooi
sout in die bredie en die soutpot se deksel kom af en daar daal ’n ton (dit
proe so) sout na benede. Jy hoor jou gunsteling liedjie speel op die
radio wat in die kamer staan, en wanneer jy terugkom in die kombuis dan
het die rys wat 3 minute gelde nog reg was aangebrand. Sulke dinge
gebeur mos net wanneer jy dit nie kan bekostig nie. Jy het die laaste
groente en vleis gebruik om sop te maak of jy kry gaste vir ete.
Daar is ook natuurlik foute wat jy nie kan regmaak nie. Dit is foute
soos om ’n appeltert te bak en as jy die tert sny dan is dit kluitjie en
jy kom agter jy het vergeet om die eiers in te gooi. Vra my dit het my
al oorgekom. Iemand anders in my huisgesin het eendag ’n piesangbrood
gebak. Nadat die piesangbrood uit die oond gekom het sien sy die
piesangs lê op die tafel. Vir sulke foute het ek nie raad nie maar vir
die glipsies is daar wel raad.
Wanneer jy te veel sout in die sop of bredie gegooi het kan jy altyd nog
water byvoeg om die sout te verdun. Dit kan dalk probleme veroorsaak
aangesien jou bredie dan ’n waterige sous sal hê. Die ander en maklikker
manier is om ’n aartappel te neem, af te skil en dan net so in die
bredie of sop te gooi. Die aartappel sal die meeste van die sout intrek.
Wanneer die meeste van die sout so ingetrek is in die aartappel kan jy
dan net die aartappel uithaal en weggooi. Dit is mos nou maklik genoeg.
As jy dalk eendag patats of wortels te sag kook is dit die einde niet.
Gryp jou Kook en Geniet nader en soek dadelik ’n soufle resep. Die
saggekookte patats en wortels maak ’n heerlikke soufle. Dit sal ook ’n
heerlikke verandering maak van die daaglikse gewone groente. Miskien
begin die kinders dan hulle groente eet.
Almal ken seker daardie reuk van gebrande kos. Dit gebeur as jy net gou
iets anders wil doen. Terwyl jy nog so rustig is met die ander dinge dan
tref daardie reuk jou. As jy eers die snuf in die neus gekry het is dit
al te laat. Jy sal wat jy ook al gekook het moet van nuuts af weer kook,
want die brand smaak kry jy nie uit die kos uit nie. Maar wat gemaak met
die pot of pan ? Laat die pot of pan eers goed afkoel. Ek het al probeer
om sout en asyn oplossing in die pan of pot te sit vir ’n lang ruk, maar
dit werk nie altyd so goed nie. Maar gelukkig is hier ander raad. Nadat
jy die meeste van die gebrande kos verwyder het moet jy water en
materiaal sagmaak (Fabric Softner)middel in die pot of pan gooi. Laat
dit oornag staan en maak dan die pan moeiteloos skoon.
As jy nou per ongeluk die brood nie geberê het nie en dit is effens hard
kan jy darem nog iets daarmee maak. Sit dit in die mikrogolf vir ’n paar
sekondes. Smeer die een kant met margarien en sit kaas daarop en rooster
in die oond. Die huismense sal nie eers agterkom dit os drie dae gelede
se vars brood wat hulle eet nie. Sny die brood in blokkies en rooster in
die oond. Jy kry dan heerlikke croutons. Wat ek kan onthou is dat my Ma
die snye brood redelik dik gesny het. Sy het dit dan elke snytjie brood
in drie of vier repe gesny. Dit het dan oond toe gegaan om teen ’n lae
hitte uit te droog. So het sy menigmaal vir ons regte “Ouma” beskuit
gemaak.
Muf in kos kan jou redelik siek maak. As jy muf op kaas kry kan jy net
die muf afsny en weggooi. Die res van die kaas is nog reg om te eet. As
jy die maag daarvoor het kan jy gerus ’n stukkie van die muwwerige kaas
eet. Dit gee die kaas nogal ’n heerlikke smaak. Muf op kaas is mos
medisyne en kan jou nie skade aandoen nie. Met die ander kosse is daar
net een raad en dit is asblik toe.
Ek hoop die raad gaan julle eendag help.
'n Baas is iemand
wat vroeg is wanneer jy laat is en laat is wanneer jy vroeg is
Gelukkig staan my
dogter nou op troue sonder teveel probleme. 'n Vriend stuur nou die dag
vir my 'n vorm vat voornemende jong mans eers moet invul voordat hulle
met 'n dogter uitgaan. As jy hier regs klik
kan jy die vorm aflaai en uitdruk, en dit dan reg hou wanneer die jong
manne begin vlerksleep met jou dogter.
Hier is 'n paar
Bob Hope aanhalings:
Op 70 jaag mans nog vrouens, net afdraende!
Op sy 90ste verjaardag: Jy weet jy is oud wanneer die kerse meer kos as
die koek!
Op sy arm jeugjare: Ons het vier in een bed geslaap, as dit koud word
het ma nog 'n broer opgegooi!
Ek probeer ook om 'n
volledige lys van ons land se feeste op 'n blad te sit, gaan kyk gerus
hier. As julle weet van 'n fees wat ek nog nie het nie, stuur
asseblief vir my die besonderhede. As julle fees wel op die bladsy is
maar sonder kontakbesonderhede, gee die ook vir my.
“Mense is eensaam
omdat hulle mure bou in plaas van brûe.”
Joseph F. Newton
Dis doodmaklik om 'n
kaartjie vir die UK Lotto te koop. Die boerpot is selde minder as R10
miljoen en gereeld naby die R90 miljoen!!
Klik hier en kry jou kaartjie! Jy kan nie wen as jy nie in is
nie!
Vanaand 11 Mei, se boerpot is £9.5 miljoen ( meer as R100 miljoen!!!)
Stel jy in kruie
en hulle gebruike belang? In my laaste paar Engelse nuusbriewe behandel
ek elke keer 'n verslkillende krui.
Klik hier om die lys van
kruie te sien was ek reeds behandel het
Wees geduldig en
jy sal alles regkry, wees ongeduldig en jy sal dit vinniger regkry!
Is toebroodjies
vir die kinders 'n kopseer? Klik
hier vir 'n swetterjoel nuwe idees! (Engels) Ek waarsku jou, party idees
is rêrig "weird"!
My Boererate
eBoek vorder fluks, sal een van die dae gereed wees! Ons beplan om dit
op CD te sit en as dit klein genoeg is om van die Internet afgelaai te
word ook vanaf my webwerf beskikbaar. As jy dus nog Boererate vir my het,
stuur
asseblief! My volgende boek sal oor Tuiswenke gaan, so as julle
daarvan het, stuur ook maar aan, dankie!
Ontvang Dr ST Potgieter se gratis nuusbrief: Verskaf jou besonderhede
deur te klik op die volgende skakel:
http://www.successsecrets.co.za/signup_form.html
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
|
 |
|
Beplan die
avontuur van 'n leeftyd! Ek het vir my die stel VeZA CD's aangeskaf
en nou is ek ook 'n ingeligte reisiger. Die roetebeplanner is nou op
my skootrekenaar en kanse van verdwaal is nou baie skraal.
Boonop het ek ook 'n uitgewerkte roete en ek weet
wat op die roete te siene is. Hierdie is regtig aan te beveel,
gaan kyk gerus by www.veza.co.za
en oortuig jouself. |
Betaal jy teveel vir motorversekering?
Klik hier vir 'n gratis aanlyn kwotasie!
Al wat jy dan moet doen is om te
besluit wat om met die ekstra geldjie te maak
My vriendin, Anna Eksteen het 'n paar oulike resepte eBoeke
saamgestel.
Die 5 Beste van Alle Suid Afrikaanse Resepte,
The 5 Best of All South African Dishes,
101 Onweerstaanbare Poedings en
101
Kraakvars Slaaie.
NUUT Nou
ook 110 Spyskaarte
Hier is letterlik honderde puik resepte en wat nog meer is, daar is geen
posgeld betrokke nie aangesien hulle afgelaai kan word of per ePos
aangestuur kan word. Klik hier vir meer inligting.
Kry 'n kredietkaart die maklike manier! Doen
aanlyn aansoek vir jou Barclaykaart!. Konsolideer jou
skuld en betaal dit op een plek af!
|