|
Wees gegroet!
Welkom alle nuwe
intekenare!
Gelukkig ken ek
darem 'n paar goeie skrywers was my toestemming gegee het om van hulle
artikels te gebruik. So ek kan darem vir julle ordentlike leesstof gee.
Hier is 'n storie deur Tienie Holtzhauzen:
TOE KNIPOOG OORLE
OUMA
Deur Tienie Holtzhausen
Plattelandse bruilofte het mos maar hul eie tradisies. Een daarvan, dat
die gaste in 'n formele tou staan om die bruidspaar geluk te wens.
Meestal gepaard met woeste slobbersoene en sentimentele sedepreke. Dié
wat eers aan die sjampanje weggelê het, voeg dikwels ook ‘n paar
dramatiese traantjies by.
Op my groot dag was my ouma Martinus voor in die ry. Baie trots dat haar
enigste en geliefde kleindogter so ‘n “ordiiintlike jongetjiesman”
getrou het. Met groot ronde oë swaai sy toe mos haar krom voorvingertjie
onder ons neuse: "Julle twee . . .” Sy bly dramaties stil. "Julle . . .
moet áánhou vry. Tot julle die dag stokoud is. Gehoor?!" Sy knipoog vir
my oupa en hy kyk haar blinkoog aan. Soos 'n verliefde tiener. Met sy
arm styf om haar skouer, skuifel-skuifel hulle daar weg.
Nog meer verstommend as haar toesprakie, is haar geskenk aan die
bruidspaar: 'n lewensgrootte portret van haarself.
Dié het ek oral saamgekarring. Hoewel net 'n stille toehoorder teen die
muur, op 'n manier tog 'n getuie van al die dreigende stormwaters wat
ons huweliksbootjie so deur die jare al oorleef het.
Die eerste dreigslag was kort na ons pasgetroude etiket begin verweer
het. My man was verplaas na 'n dorpie in die Laeveld. Wárm, wárm, wêreld.
Ek het vir die plaaslike koerantjie gewerk en hy vir die munisipaliteit.
Op 'n dag bel die bestuurder van die supermark ons by die koerant oor
die diewe wat sy voorraad so uitdun. My knorrige ou baas vra my om als
net so te los en met die ou te gaan praat. Ek maak toe so en hoor
rillerstories van diefsindikate wat hom treiter. Klaar met die onderhoud,
koop ek sommer gou 'n paar noodsaaklikhede. Ek ís immers nou daar op
amptelike besigheid.
Met bultende inkopiesakke stap ek na my motor. As ek vinnig speel, kan
ek gou alles by die huis gaan aflaai vóór die koue goed begin smelt.
Dis nou as ek my kar se sleutel kan kry. Dis nie nie in my handsak nie.
Ook nie in een van my rok se sakke nie.
Ek vee die sweetstraaltjies langs my gesig af. Ek dop my handsak op die
enjinkap om. Die mense staar my aan. Ek's min gepla, net gestres. En ook
te laat om my dure lipstiffie te red. Dit rol doeriekant toe en 'n groot
trok maak dit plat met die grond.
Skielik sien ek iets bekends tussen die voorste sitplekke: die sleutel.
Dit moes uit my hand gegly het toe ek die ratslot gesluit het. En die
duplikaat is in ons huis. Tien kilometer verder.
Ek bel toe maar my man. Vra hom of hy baie besig is. "Ek's op pad na 'n
vergadering," brom hy. "Kan nie verder praat nie. Bel my oor 'n uur." En
summier sit hy neer.
My baas se reaksie toe ek hom ook bel met die nuus, is net so kortaf. En
moenie dink hy sal aanbied om my te kom help nie.
Dan moet die roomys en die botter maar smelt. Kan nou nie anders nie,
praat ek met myself en gaan koop 'n yskoue koeldrank. 'n Driekwartier
later bel ek my man weer. Sonder enige sukses.
Uiteindelik is hy klaar met sy belangrike vergadering in sy gemaklike en
lugversorgde kantoor. Hy tel sy foon op. Nee, daars 'n dringende kliënt
wat vir hom wag, ek sal maar net nog 'n halfuur moet vasbyt. Maar
hierdie keer gee ek hom nie 'n gaping nie. Ek vertel hom ek's op die
grens van hitte-uitputting. Flouword ook. My klere, sê ek met 'n dun
stemmetjie, sit aan my lyf vas, my kontaklense voel soos skuurpapier, my
ingroeitoonnael word by die minuut rooier en seerder . . .
Redelik seker hy't goed geskrik, koop ek nog 'n koeldrank en gaan wag by
die kar. Waar ek amper flou val. Ek knip my oë. Nee, hulle bedrieg my
nie. Ek sien reg. Die agterste deur se knippie wys boontoe. Met ander
woorde: hy is nie gesluit nie.
My breinselle wil nie werk nie. Elke lit in my lyf voel lam. Maar als
kom toe darem betyds in rat. Ek het net-net die knoppie klaar afgedruk
en die deur is weer toe, toe tjiééé die wiele van my wederhelf se motor
om die draai.
Tóé . . . sit ek darem 'n engelgesiggie op. Ek kyk hom dankbaar aan met
fladderende wimpers en 'n paar sielvolle oë. En steek ‘n bewerige
handjie vorentoe om die sleutel by hom te vat. Vir effek gee ek nog eers
'n paar sidderende snuifsnikkies. Net om te wys hoe verlig ek is. Nee,
wat, nou sal ek regkom, verseker ek hom met 'n dun stemmetjie.
Terug by die werk het my baas se donderweergesig my gedwing om my storie
oor die winkeldiefstal klaar te maak voor saktyd. Toe’s ek huis toe om
kos te maak. Spésiale aandete: oesters, sjampanje en die hele toetie.
Uitgedos in die skrapste van die swart nommertjies in my klerekas, bekyk
ek die fênsie tafel wat ek gedek het. Kompleet met kerse en 'n klomp
rooi blomme. En . . . baie saggies in die agtergrond, net die regte
musiek. Soetsappig, romanties en meesleurend.
Dit werk toe goed. Manlief is erg beïndruk. Maar, wil hy tog ook darem
weet, hoekom vanáánd spesifiek al dié moeite en fieterjasies?
"Net om vir jou 'n besonder spesiale dankie te sê vir vandag," koer ek
liefies. En hoop hy hou van my heserige stem en halfmas wimpers. "Ek
weet nie wát in die wêreld ek sou gedoen het, as jy nie tot my redding
gekom het nie."
Hy trek my nader vir 'n innige kus. Met dié vang my oog oorle ouma
Martinus se portret teen die muur. Dalk is dit al die wyn, maar ek kon
sweer sy knipoog vir my.
Enigiemand kom
normaal voor tot jy hom leer ken.
Klik hier
om my Webjoernaal te bekyk. Lewer gerus kommentaar deur op comments te
klik en maak jou keuse op my KKNK meningspeiling. Om jou eie Blog te
skep, gaan kyk by
Blogger.com
Ek probeer ook om 'n
volledige lys van ons land se feeste op 'n blad te sit, gaan kyk gerus
hier. As julle weet van 'n fees wat ek nog nie het nie, stuur
asseblief vir my die besonderhede. As julle fees wel op die bladsy is
maar sonder kontakbesonderhede, gee die ook vir my.
Woordeboek - Waar
egskeiding voor huwelik kom
Dis doodmaklik om 'n
kaartjie vir die UK Lotto te koop. Die boerpot is selde minder as R10
miljoen en gereeld naby die R90 miljoen!!
Klik hier en kry jou kaartjie! Jy kan nie wen as jy nie in is
nie!
Bigamie is een
vrou teveel. Monogamie is dieselfde.
My Boererate
eBoek vorder fluks, sal een van die dae gereed wees! Ons beplan om dit
op CD te sit en as dit klein genoeg is om van die Internet afgelaai te
word ook vanaf my webwerf beskikbaar. As jy dus nog Boererate vir my het,
stuur
asseblief! My volgende boek sal oor Tuiswenke gaan, so as julle
daarvan het, stuur ook maar aan, dankie!
LEIPOLDT SE
KOOKKUNS
“... hy kon nooit sê hoe presies hy kook nie … hier ‘n titsel en daar ‘n
vingerpuntjie en hier ‘n handvol” ... “’n snoepseltjie mosterd en ‘n
bietjie olie” ... “’n rafeltjie knoflok” ... “’n behoorlike soentjie van
botter en neusmuskaat” ... “’n skraapseltjie nartjieskil en ‘n kelkie
soet wyn” ... “’n grypie fyn gemmer, ‘n rafeltjie foelie, soveel peper
as jou smaak verkies en ‘n groot klont botter” ... “’n grypie
neusmuskaat, ‘n veertjie kaneel, ‘n skraapseltjie suurlemoenskil….” Bron:
Leipoldt: ‘n Lewensverhaal
Uit Afrikaans
Forum, nuusbrief van die Afrikanse Taalmuseum
www.taalmuseum.co.za
Gaap -
Geleentheid wanneer getroude mans hulle monde kan oopmaak
Ontvang Dr ST Potgieter se gratis nuusbrief: Verskaf jou besonderhede
deur te klik op die volgende skakel:
http://www.successsecrets.co.za/signup_form.html
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
|
 |
|
Beplan die
avontuur van 'n leeftyd! Ek het vir my die stel VeZA CD's aangeskaf
en nou is ek ook 'n ingeligte reisiger. Die roetebeplanner is nou op
my skootrekenaar en kanse van verdwaal is nou baie skraal.
Boonop het ek ook 'n uitgewerkte roete en ek weet
wat op die roete te siene is. Hierdie is regtig aan te beveel,
gaan kyk gerus by www.veza.co.za
en oortuig jouself. |
Betaal minder vir
jou kort termyn versekering klik hier! Dit werk werklik! Ek self betaal nou meer as R400 per
maand minder
Sigaret - Bietjie
tabak in papier gerol, met vuur aan die een kant en 'n dwaas aan die
anderkant.
My vriendin, Anna Eksteen het 'n paar oulike resepte eBoeke
saamgestel.
Die 5 Beste van Alle Suid Afrikaanse Resepte,
The 5 Best of All South African Dishes,
101 Onweerstaanbare Poedings en
101
Kraakvars Slaaie.
NUUT Nou
ook 110 Spyskaarte
Hier is letterlik honderde puik resepte en wat nog meer is, daar is geen
posgeld betrokke nie aangesien hulle afgelaai kan word of per ePos
aangestuur kan word. Klik hier vir meer inligting.
Kry 'n kredietkaart die maklike manier! Doen
aanlyn aansoek vir jou Barclaykaart!. Konsolideer jou
skuld en betaal dit op een plek af!
|