|
Wees gegroet!
Welkom alle nuwe
intekenare!
Frik Lombaard het
vir my 'n hele klomp kosstories gestuur, hier is een van hulle, dankie,
Frik!
Begrafnis maal
Iemand wat baie tyd op sy hande gehad het, het eendag uitgewerk dat ‘n
mens in sy leeftyd sowat 20 000 ure spandeer aan eet. Dit is ongeveer
834 dae, net meer as 2 jaar van jou lewe eet jy. Dit is eintelik
astronomies as mens daaraan dink. Dit is geen wonder dat die dag as ons
die tydelike met die ewige verwissel mense ook eet nie.
In die ou Germaanse tye is daar offergawes op die grafte geplaas.
Hierdie dode-offers is later vervang met lijkmaal. Die Germaanse
lijkmaal is by die graf gehou. So is die gebruik ook oorgedra Nederland
toe. Teen die 17de eeu is daar buitensporige en uitspattige begrafnis
male gehou. By vername boere is die maal sommer 2 dae lank gehou.
So het die tradisie ook oorgewaai na Suid Afrika toe. Adam Tas maak in
sy dagboek melding van ‘n Stellenboschse begrafnis op ‘n buurplaas. Hy
het die volgende na die buurplaas gestuur : 5 emmers wyn, 1 ham, 3
stukke skaapvleis en 3 brode. Hy het gemeen dat die oorledene in “goed
fatsoen” begrawe is. Die verskeidenheid voedsel en veral die hoeveelheid
het aangestoom hoe welaf die oorledene was.
Daar is verskeie begrafnis rekeninge in die Kaapse argief wat aantoon
dat brood en koekies ook geëet is tydens begrafnisse. In die begin van
die 18de eeu is die etes by die sterfhuis gehou met brood en wyn. Tydens
die 18de eeu is daar ook begin om begrafnis rys, rys gekook met borrie
en rosyne, saam met vleis voor te sit.
Daar is natuurlik ook nie net by eet gehou nie maar waar kos is drank
ook. Gewoonlik is by die etes wyn en bier gedrink. Later het wyn begin
om ‘n al hoe belangriker rol te speel, soveel so dat die mense beskonke
(wat ‘n mooi woord) huistoe gegaan het
In die ou dae is daar aangevoer dat die mense van ver gekom het en na
die begrafnis en dan na die begrafnis is hulle dan vir ‘n ete genooi by
die oorledene se huis. Die ete is ook gesien as eerbetoon aan die
oorledene en dan is daar ook nog gevoel dat die oorledene dit so sou wou
gehad het aangesien die mense sou dink hy is suinig as daar nie ‘n ete
by sy huis was nie.
In latere tye het die begrafnis maal sommer in ‘n feesmaal ontwikkel.
Met ‘n begrafnis is skape geslag en bure het eetgoed saamgebring. Die
tafels het gekreun onder die frikkadelle, sousboontjies, rys en
aartappels. Dit was ook tradisie dat ‘n goeie beleë wyn saam met die ete
bedien moet word. So het mense dan ook vaatjies wyn bo op die solder
saam met hulle kiste gebêre. In 1907 is daar gemeld dat ‘n Kotze van
Redelinghuys se begrafnis wyn 53 jaar gestaan en verouder het.
Blykbaar in daardie jare het die predikante gesukkel om die mense te
oorreed om nie wyn saam met die maal te bedien nie. Want blykbaar het
dit te lekker gegaan op die etes.
Soos die tye verander het die begrafnis etes ook verander. Aangesien
mense nie meer dae lank moet rys na ‘n begrafnis toe nie, word daar nog
geëet maar op ‘n baie kleiner skaal. Maar eet moet ons eet op ‘n
begrafnis al is dit net ‘n toebroodjie.
Klik hier
om my Webjoernaal te bekyk. Lewer gerus kommentaar deur op comments te
klik en maak jou keuse op my KKNK meningspeiling. Om jou eie Blog te
skep, gaan kyk by
Blogger.com
Ek probeer ook om 'n
volledige lys van ons land se feeste op 'n blad te sit, gaan kyk gerus
hier. As julle weet van 'n fees wat ek nog nie het nie, stuur
asseblief vir my die besonderhede. As julle fees wel op die bladsy is
maar sonder kontakbesonderhede, gee die ook vir my.
Dis doodmaklik om 'n
kaartjie vir die UK Lotto te koop. Die boerpot is selde minder as R10
miljoen en gereeld naby die R90 miljoen!!
Klik hier en kry jou kaartjie! Jy kan nie wen as jy nie in is
nie!
Leef 'n kind
met ............
Leef 'n kind met kritiek
leer hy om te veroordeel.
Leef 'n kind met spot
leer hy om skaam te wees.
Leef 'n kind met skande
leer hy om skuldig te wees.
Leef 'n kind met eerlikheid
leer hy regverdigheid.
Leef 'n kind met veiligheid
leer hy om geloof te hê..
Leef 'n kind met aanmoediging
leer hy selfvertroue.
Leef 'n kind met verdraagsaamheid
leer hy geduld.
Leef 'n kind met vriendskap
leer hy om liefde in die wêreld te vind.
As Ek My Lewe Kon
Oorhê
Iemand het my die ander dag gevra: "as jy jou lewe kon oorhê, sou jy
iets verander het?"
"Nee," het ek geantwoord, maar toe begin dink...
As ek my lewe kon oorhê, sou ek minder gepraat het en meer geluister het.
Ek sou vriende oorgenooi het, al was die mat dof en die meubels verweer.
Ek sou roomys in die 'goeie' sitkamer geëet het en minder oor die gemors
bekommerd gewees het as iemand die vuur in die vuurherd wou aansteek.
Ek sou nie daarop aangedring het dat die motor se ruite toe moet wees in
die somer omdat my hare deurmekaar waai nie.
Ek sou die pienk kers wat soos 'n roos lyk aan die brand steek voordat
dit gesmelt het terwyl dit gestoor was.
Ek sou minder gehuil en gelag het terwyl ek televisie kyk, maar ek sou
dit meer wou doen terwyl ek die lewe aanskou.
Ek sou bed toe gegaan het as ek siek was en nie voorgegee het dat die
wêreld sonder my sal stilstaan nie.
Ek sou nooit iets gekoop het net omdat dit nie stof wys/ 'n leeftyd hou/prakties/kreukeltraag
is nie.
Instede daarvan om nege maande se swangerskap om te wens, sou ek elke
oomblik daarvan geniet het. Om die wonder te besef van 'n lewe wat binne
my besig is om te groei en om vir God te help met hierdie wonderwerk.
Sou my kind my in sy voortvarendheid soen, sou ek nooit weer sê: "Later.
Gaan was nou eers jou hande sodat ons kan eet."
Daar sou meer "EK IS LIEF VIR JOU", meer "EK IS JAMMER" wees.
Maar veral, indien ek nog 'n kans in hierdie lewe sou kry, sou ek elke
minuut aangryp, daarna kyk en dit waarlik RAAKSIEN, dit belewe, en dit
nooit teruggee nie!
Ontvang Dr ST Potgieter se gratis nuusbrief: Verskaf jou besonderhede
deur te klik op die volgende skakel:
http://www.successsecrets.co.za/signup_form.html
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
|
 |
|
Beplan die
avontuur van 'n leeftyd! Ek het vir my die stel VeZA CD's aangeskaf
en nou is ek ook 'n ingeligte reisiger. Die roetebeplanner is nou op
my skootrekenaar en kanse van verdwaal is nou baie skraal.
Boonop het ek ook 'n uitgewerkte roete en ek weet
wat op die roete te siene is. Hierdie is regtig aan te beveel,
gaan kyk gerus by www.veza.co.za
en oortuig jouself. |
Betaal minder vir
jou kort termyn versekering klik hier! Dit werk werklik! Ek self betaal nou meer as R400 per
maand minder
My vriendin, Anna Eksteen het 'n paar oulike resepte eBoeke
saamgestel.
Die 5 Beste van Alle Suid Afrikaanse Resepte,
The 5 Best of All South African Dishes,
101 Onweerstaanbare Poedings en
101
Kraakvars Slaaie.
NUUT Nou
ook 110 Spyskaarte
Hier is letterlik honderde puik resepte en wat nog meer is, daar is geen
posgeld betrokke nie aangesien hulle afgelaai kan word of per ePos
aangestuur kan word. Klik hier vir meer inligting.
Kry 'n kredietkaart die maklike manier! Doen
aanlyn aansoek vir jou Barclaykaart!. Konsolideer jou
skuld en betaal dit op een plek af!
|