|
|
| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer 63 |
'n Passie vir
Afrikaans |
1 April 05 |
|
Wees gegroet!
Welkom alle nuwe
intekenare!
Ek ontmoet toe mos
vir Minette! Vir die van julle wat nog nie weet nie, Minette Brink stuur vir
my nou en dan van haar lekkerlees artikels.
Klik hier om 'n foto van die groot ontmoeting te sien!
Dieselle Minette het
ook die volgende aan my gestuur, geniet dit!
Eksamenvlatirs
EK is nie aldag seker waar die sogenaamde ‘eksamenflaters’ vandaan kom
en of iemand nie maar net die goed opmaak nie.
Maar hoe ookal die geval, dankie aan vriend AW wat my dag met dié e-possie
opgekikker het:
“Die negentiende eeu was 'n tyd van baie uitvindsels. Mense het opgehou
om met die hand te reproduseer en met masjiene begin reproduseer.
Die uitvinding van die stoomboot het 'n netwerk van riviere laat
ontstaan.
Johann Bach het baie musiekkomposisies geskryf en ook baie kinders. Hy
is dood sedert 1750 tot vandag toe.
Bach was die beroemdste komponis in die wêreld en Händel was ook. Händel
was half-Duits, half-Italiaans en half-Engels. Hy was 'n baie groot man.
Ou Egipteland was bewoon deur mummies en hulle het almal in hierdie
griewe geskryf. Hulle het in die Sarah-woestyn gewoon. Die klimaat was
só erg dat al die inwoners op ander plekke moes bly.
Moses het die Hebreeuse slawe na die Rooi See gelei waar hulle
ongesuurde brode gebak het, dit is brood wat sonder enige bestanddele
gemaak is.
Moses het die berg Sianied uitgeklim om die tien gebooie te kry.
Salomo het driehonderd vroue en sewehonderd byekorwe gehad.
Die Grieke was 'n hoogs gekulde veervolk en sonder hulle sou ons nie 'n
geskiedenis gehad het nie. Die Grieke het ook mites gehad.
'n Mite is 'n motwyfie.
Sokrates was 'n beroemde Griekse wydsheid wat rondgeloop en mense raad
gegee het. Hy is dood aan 'n oordosis willekeur.
Ná sy dood het sy loopbaan dramaties agteruitgegaan.
In die ou Olimpiese Spele het die Grieke kaal resies gehardloop en
disnis gegooi.
Julius Caesar het homself op die slagvelde van Gallië onderskryf.
Toe hy doodgaan, het hy gesê: 'En toe, Boetie?'
Johanna van Arkel het van 'n stapel brandwonde gesterf.
Koning Elizabeth was 'n sukses. Sy het haar volk se probleme aangetrek
en wanneer sy haar so aangetrek het voor haar soldate, het hulle almal
geskree: 'Hoera!'
Dit was 'n tydperk van groot uitvindsels en ontdekkings.
Gutenberg het die wynpers en die Bybel uitgevind.
Nog 'n belangrike uitvindsel was die bloedsomloop.
Peter Stuyvesant is 'n geskiedkundige figuur, want hy het sigarette
uitgevind en begin rook.
Die grootste skrywer van die Renaissance was William Shakespeare.
Hy is in die jaar 1564 gebore en party mense dink dit was op sy
verjaardag.
Hy het nooit geld gemaak nie, en is net beroemd oor die toneelstukke wat
hy geskryf het. Hy het tragedies, komedies en historektomieë geskryf.
Romeo and Juliet is een voorbeeld.
Abraham Lincoln het Amerika se grootste presedent geword. Lincoln se ma
is dood toe sy nog 'n babatjie was en hy is gebore in 'n houthut wat hy
met sy eie hande gebou het.
Hy is later doodgeskiet deur John Wilkes Booth, wat hulle sê 'n mal
akteur was. Dit het Booth se loopbaan heeltemal geruïneer.
Beethoven het musiek geskryf al was hy doof.
Hy was só doof dat hy harde musiek geskryf het. Hy het ver in die woude
gaan loop selfs al het almal na hom geroep.
Beethoven het in 1827 opgehou bestaan en dis hoekom hy later dood is.
Louis Pasteur het 'n manier uitgevind om dol honde gesond te maak.
Charles Darwin was 'n natuurkundige wat die Organ of the Species geskryf
het.”
Daar het jy dit nou.
KAMMANUUS
OP DIE KKNK!
Onsdorp het vanjaar sy eie verteenwoordiger by die Klein Karoo
Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn!
Barbara Potgieter sal jou daagliks hier op die hoogte hou van
gebeure op die Volstruisdorp – maak dit een van jou daaglikse
afsprake, al is jy nie 'n groot kuns-mens nie! Kliek hier vir jou
kultuurinspuiting:
Klik
hier
In
die laaste tyd lees ek baie van Blogs of Weblogs. In Afrikaans is dit
glo 'n webjoernaal. Dit 'n baie maklike (en gratis) manier om 'n webblad
te skep wat almal wat toegang tot die Internet het kan sien. Natuurlik
moes ek toe ook een probeer aanmekaarslaan.
Klik hier
om my Blog te bekyk. Lewer gerus kommentaar deur op comments te
klik en maak jou keuse op my KKNK meningspeiling. Om jou eie Blog te
skep, gaan kyk by
Blogger.com
Ons was toe Marico
Bosveldfees toe gewees. Die tuisgebakte brood met varkvet daarop en dan
met kaiings oorlaai was alleen die trippie van meer as 200 km werd. Ons
was miskien nie lank genoeg daar gewees nie maar dit was vir my maar
soos enige ander kerkbasaar, nogal in die kerkgronde ook! Seker daarom
dat daar nie op die terrein mampoer te proe of te koop was nie.
Fotos op my Webjoernaal, sien hierbo.
Ek probeer ook om 'n
volledige lys van ons land se feeste op 'n blad te sit, gaan kyk gerus
hier. As julle weet van 'n fees wat ek nog nie het nie, stuur
asseblief vir my die besonderhede. As julle fees wel op die bladsy is
maar sonder kontakbesonderhede, gee die ook vir my.
Een persoon het nou
die dag net meer as
R90 miljoen gewen in die UK Lotto.
Klik hier en kry jou kaartjie! Jy kan nie wen as jy nie in is
nie!
|
 |
|
Beplan die
avontuur van 'n leeftyd! Ek het vir my die stel VeZA CD's aangeskaf
en nou is ek ook 'n ingeligte reisiger. Die roetebeplanner is nou op
my skootrekenaar en kanse van verdwaal is nou baie skraal.
Boonop het ek ook 'n uitgewerkte roete en ek weet
wat op die roete te siene is. Hierdie is regtig aan te beveel,
gaan kyk gerus by www.veza.co.za
en oortuig jouself. |
Ons spandeer almal
teveel oor die vakansietyd en alles word ook duurder in die nuwe jaar.
Verlig die las deur jou kort termyn versekeringspremies te verminder,
vir gratis aanlyn kwotasie,
klik hier! Dit werk werklik! Ek self betaal nou meer as R400 per
maand minder
My vriendin, Anna Eksteen het 'n paar oulike resepte eBoeke
saamgestel.
Die 5 Beste van Alle Suid Afrikaanse Resepte,
The 5 Best of All South African Dishes,
101 Onweerstaanbare Poedings en
101
Kraakvars Slaaie.
NUUT Nou
ook 110 Spyskaarte
Hier is letterlik honderde puik resepte en wat nog meer is, daar is geen
posgeld betrokke nie aangesien hulle afgelaai kan word of per ePos
aangestuur kan word. Klik hier vir meer inligting.
Begin die jaar se uitgawes nou vir jou onder kry?
Selfs die brandstofprys is op! Kry vir jou 'n
Barclaykaart en gaan op daardie welverdiende wegbreek of konsolideer
jou uitgawes. Doen
aanlyn aansoek en betaal oor 'n jaar af! Doen
dieselle volgende jaar!
|
 |
|
My Webwerf se Soekenjin |
|
Vind enigiets op my webwerf, tik 'n sleutelwoord
in die blokkie en Klik. Soek resepte, bestanddele, plekname ens.
Klik op webkaart vir 'n kaart van my webwerf |
|
|
|
|
|
|
'n Tikkie Humor |
|
As ek vir jou twee hasies gee, en nog twee hasies en nog twee, hoeveel
sal jy hê?
Jannie: Sewe, meneer.
Onderwyser: Nee, luister mooi. As ek vir jou twee hasies gee, en nog
twee en nog twee, hoeveel hasies sal jy hê?
Jannie: Sewe.
Onderwyser: Kom ek stel dit anders. As ek vir jou twee appels gee, en
nog twee en nog twee, hoeveel appels sal jy hê?
Jannie: Ses.
Ondrwyser: Mooi so. Nou as ek vir jou twee hasies gee en nog twee
en nog twee, hoeveel hasies sal jy hê?
Jannie: Sewe!
Onderwyser: Hoe op aarde kom jy by sewe uit?
Jannie: Ek het al 'n hasie by die huis.
|
|
|
Die Resep |
|
Hier is nog 'n njammies klinkende potjieresep. Probeer dit gerus
|
|
Hoender-biltong-en-spekpotjie
Sous
2 hoenderaftrekselblokkies
250 ml (1 k) kookwater
500 ml (2 k) droë witwyn
250 ml (1 k) blatjang
46 g sampioensoppoeier (1 pakkie)
5 ml (1 t) gedroogde tiemie
5 ml (1 t) gemengde gedroogde kruie
5 ml (1 t) suurlemoenpeper
Hoendergereg
15 ml ( 1e) olyfolie
15 ml (1 e) botter
12 hoenderdye, ontvel indien verkies
250 g spekvleis, gekap (1 pakkie)
50 ml Brandewyn
10 ml (2 t) gekapte knoffel - opsioneel
2 uie, in ringe gesny
1/2 groen soetrissie, grof gekap
1 seldrystringel, in dun ringe gesny
20 klein aartappeltjies, geskil
4 wortels, skyfies gesny
12 klein uitjies, heel
250 g knopiesampioene
8 murgpampoentjies, in dik skywe gesny
150g klam beesbiltong, gekerf
250 ml ( 1 k) gerasperde Cheddarkaas
125 ml (1/2 k) vars, gekapte pietersielle
Metode - Sous
Los die aftrekselblokkies in die kookwatr op. Meng die res van die
bestanddele vir die sous en boeg dit by. Hou die sous eenkant.
Hoendergereg
Verhit die botter en olie oor matige hitte en verbruin die hoender
daarin. Voeg die spekvleis by en soteer dit 3 minute lank. Voeg die
brandewyn en knoffel by. Roer dit deur en moet daarna nie weer roer nie.
Strooi die uie, soetrissie en selderu oor die hoender en plaas daarnedie
aartappled en wortels bo-op. Giet die sous oor: Plaas die deksel op en
lat dit 1 duur lank prut. Voeg kookwater by
indien nodig. Bedek dit en laat prut dit 20 minutes lank. roer dit net
voor bediening en strooi pietersielie oor.
|
|
|
Vriende van Boeremusiek |
|
Kontak vir Wia
en Kalie
van Vriende van
Boeremusiek
082 578 8907
of 012 362 7097 of
kalie@telkomsa.net
ofwia@telkomsa.net
of
hoor-nou-net@yahoogroups.com
Boeremusiek Dagboek
9 April - Vriende van Boeremusiek: Eerste
byeenkoms by Voortrekker Monument.
Ons volgende projek
is natuurlik Boeremusiekvriende se eerste byeenkoms by die
Voortrekker Monument op 9 April! Ek vertrou dat julle almal die datum in
groot rooi letters aangeteken het en ons wag angstig op musikante wat
wil deelneem. Ons het klaar nuus dat 'n groep van Danette Smith se
jongmense tradisionel boeredanse gaan doen. Danette doen groot werk
onder die kinders om die boeredanse te laat herleef en ons sien uit
daarna om haar as Boeremusiekvriendin te verwelkom!
30 April - Manie Erasmus: Dans by Voortrekker
Monument
28 Mei - Vrystaat : Witwarm winteropskopdans
Manie Erasmus: Dans by Voortrekker Monument
11 Junie - Vriende van Boeremusiek:
Voortrekker Monument heeldag boeremusiekvermaak
25 Junie en verder ook elke laaste Saterdag van die maand vir die res
van die jaar! Manie Erasmus: Dans by
Voortrekker Monument
30 Julie - Vrystaat lededag
13 Augustus - Vriende van Boeremusiek:
Boeremusiek plesier vir almal!
2 September - Vrystaat en DOZI: Boeresportdag
10 Desember - Vriende van Boeremusiek -
afsluitfunksie vir 2005!
Vir meer inligting, klik
hier |
|
|
|
|
|
Die Danville Hulp Groep |
|
Elsabe en haar
groepie vrywilligers is alweer besig om die volgende kinderkamp te reël,
hier is haar epos. Kontak aseblief vir Elsabe as julle op haar poslys
wil kom, kontakbesonderhede onder aan.
Goeiemôre,
Ek hoop dat almal my terugvoer oor die seunskamp gekry en geniet het.
Van die foto's is op die website - gaan loer gerus
www.danvillehulp.co.za
hey thereOns
volgende kamp sal net na die skoolvakansie wees die naweek van 8-10
April. Hierdie kamp sal vir die Elandspoort dogters wees (hulle het nog
nooit gekamp nie!) Daar is ongeveer 52 meisies. (Saam met die
fasiliteerders ± 60 persone)
Die benodighede sal dieselfde wees as die vorige kampe.
Om die kamp moontlik te maak het ons weer R250 per persoon nodig (± 60
persone - fasiliteerders, toesighouers en kinders - alles ingesluit)
Ons kan net soveel kinders laat gaan kamp as wat ons borge voor kry.
Indien jy nou die vorige keer 'n kind wou borg maar toe dalk net te laat
was daarvoor - nou is die geleentheid weer daar om 'n groot verskil in
'n dogter se lewe te maak.
Vir die wat eerder kan help met die ander benodighede - ons sal die
volgende nodig hê:-
Ontbytgraan
Melk
Suiker
Koffie, tee
Vrugtesap
Eiers
Bacon/worsies
Kouevleis
Kaas
Vleis om te braai (Vrydag en Saterdag aand)
Koeldrank
Skyfies
Lekkergoed
Vars vrugte
Roomys en horinkies
Toiletware vir seuns
Seep
Tandepaste
Tandeborsels
Sjampoo
Deoderant
Waslappie
Flits en batterye
Notaboekie
Pen en potlood
500ml Waterbottel (springwater)
"Windbreakers/Drimaks"
T-hemde
Hoedjies
Sakbybeltjies
Moet asb nie skrik as julle na die benodighede kyk nie - onthou al skenk
jy net een artikel/bestandeel maak dit al klaar 'n groot verskil.
Versprei maar asb soos in die verlede hierdie briefie na al julle
vriende en familie - op hierdie manier kan ons soveel
meer mense bereik en 'n groter verskil in ons minderbevoorregte
kindertjies se lewens maak.
Ek hou die pos dop vir sommer baie goeie nuus.
Onthou om op die webwerf na die seunskamp se foto's te gaan kyk.
www.danvillehulp.co.za
Mooi dag
Elsabe
Hier is die Projek
se kontakbesonderhede, kontak gerus vir Elsabe as julle wil betrokke
raak of op die poslys kom.
Danville Hulp Projek
Elsabé Blignaut
Cell: 082 8282 551 na - ure
Huis: 012 991 3914 na-ure
Faks: 012 991 2073
Posbus 2839 Faerie Glen 0043
286 Cliffendale rylaan Faerie Glen
E.pos: elecnet@mweb.co.za
Webwerf:
www.danvillehulp.co.za
Bankbesonderhede
Danville Hulp Projek
Eerste Nasionale Bank – Brooklyn tak
Bankforum gebou -
Bronkhorst straat - NuMuckleneuk
Swift kode: FIRNZAJJ 926 (Internasionale inbetalings)
Takkode: 251345
Tjek Rek. nr: 62054634128
Nie Winsgewende Organisasie Art. 21
"Expectra 97 - Co 2003/017115/08
|
|
|
Boereraat van die Week |
| !! Ek beveel sterk aan dat 'n apteker of dokter se
raad eers ingewin word voordat veral die medisinale rate gebruik word, ek
kan ongelukking nie verantwoordelikheid aanvaar as iets verkeerd gaan nie,
ek plaas die rate suiwer as interessante inligting. !!
As julle weet
van enige boererate,
stuur
asseblief vir my, ek is besig om 'n eBoek saam te stel met
soveel Boererate as moontlik. Enigiemand wat my 10 rate of meer
stuur, kry 'n gratis eksemplaar wanneer dit gereed is! |
|
|
Liddorings - druk aspirienpil stukkend en maak 'n salf met bietjie
Vaseline. Sit dit op die liddoring en plak toe. Herhaal as die liddoring oud
en hard is.
Liddorings - 'n Teelepel sout en kelkie asyn, meng goed en smeer
elke more en aand aan.
Klik
hier vir nog meer
Boererate |
|
|
|
Afrikaanse Lied |
|
Hier is iets nuuts! Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek |
|
KOM, AFRIKANERS
Woorde: A.D. KEET
Musiek: DIRKIE DE VILLIERS
Kom, Afrikaners, sing nou luid en laat jul stemme hoor;
hef aan 'n lied wat oweral ons nasie sal bekoor!
Kom, Afrikaners, sing nou luid en laat jul stemme hoor;
hef aan 'n lied wat oweral ons nasie sal bekoor!
Hef aan 'n lied van heldedaad, van mag teen owermag:
'n nasie wat sy helde eer, sal niemand ooit verag.
Hef aan 'n lied van heldedaad, van mag teen owermag:
'n nasie wat sy helde eer, sal niemand ooit verag.
Sing saggies van jul vroue leed, maar wees op almal trots;
'n nasie wat sy vroue eer, staan vaster as 'n rots.
Sing oor die vrede van die veld, van koppie en van rand:
'n nasie wat sy woonplaas eer, bou nooit op losse sand.
|
|
|
Dit en dat.... |
|
Ek versamel yskasmagnete van buite Suid
Afrika,
kontak my
en dan ruil ons uit! |
|
|
|
op my webwerf |
|
|
|
|
Elkeen van my nuusbriewe bevat 'n goeie Afrikaanse artikel, 'n tikkie
humor, 'n Tradisionele Afrikaanse resep en die woorde van 'n Afrikaanse
lied, gaan kyk gerus in die
Argiewe na vorige
uitgawes |
|
|
|
|
Ek sal enige
konstruktiewe
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
|
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
|