|
Wees gegroet!
Welkom alle nuwe
intekenare!
Terugvoer kom nog
steeds in oor my navraag oor die oorsprong en betekenis van die woorde
van Siembamba. Klik hier
om meer te lees.
Ons was verlede week
Ukuthula Lodge toe by Rooiberg tussen Warmbad en Thabazimbi, gaan
kyk hier vir fotos.
Ek moes toe hulp
inroep om my te help met my Boererate eBoek. Dit sou nooit die lig
gesien het as ek dit allees moes doen nie. Annie Rieck bied to aan om te
help tik en nou vorder dinge! Na die Boererate boek beplan ons 'n boek
oor Tuiswenke, en dan beide ook in Engels vir die oorsese mark. Die
formaat sal of in Acrobat wees wat afgelaai kan word of op CD wat so
effens duurder sal wees. ( maar nog heel billik en goedkoper as in
gedrukte formaat) Baie dankie aan almal wat bydraes gestuur het, almal
wat meer as 10 rate of wenke gestuur het se name is op 'n lys om gratis
eksemplare te ontvang. As julle nog rate of wenke het, stuur asseblief
aan my
per epos, die aanbod van die tien rate of wenke staan nog!
Ek het mos gevra vir
bydraes vir my Feeste bladsy,
ek soek nog name van feeste wat nie op die bladsy is nie en ook nog
kontakbesonderhede vir die wat wel daar is. Dankie an almal wat sover
bydraes gestuur het. Gaan kyk of jou dorp se fees daar is en laat ek asb
die besonderhede kry as hy nie daar is nie. Toe begin ek dink - wat van
'n Feeskos resepte eBoek? Elke fees het tog kos wat eie aan hom is, by
die Aartappel fees maak hulle seker unieke aartappelgeregte? Nou goed,
as julle weet van 'n fees waar spesifieke disse aan verbonde is, stuur
asseblief vir my die fees besonderhede (per
epos) asook 'n resep of twee van die fees. Elke bydrae kry vir
die instuurder 'n gratis eksemplaar van die boek sodra dit gereed is.
Ek kry die volgende
epos van Ulena wat betrokke is by die Appelfees in Grabouw op 16 April.
Hulle wil die fees weer laat herleef, so as julle in die omgewing is,
ondersteun hulle asseblief!
Hallo Peter
Ek het nou nog nie eers gaan kyk na jou website nie, maar ek is eintlik
seker dat ons fees nog nie gelys is nie.
Op Saterdag, 16 April 2005 gaan Grabouw se Appelfees her-gebore/wedergebore
- hoe sê mens? - word.
Jare gelede was die fees 'n jaarlikse instelling, maar dit het 'n stille
dood gesterf. Aangesien Grabouw die grootste appel en peer produserende
gebied in ons land is, MOET hier mos 'n Appelfees wees.
Die OOV van Hoërskool Grabouw begin vanjaar weer met die fees. Die
hoofborge is Die Bear & Barrel Pub en Cape Five Fruit Exporters. Die
jaar gaan 'n kleiner 1-dag fees wees omdat ons 'n goeie platform wil lê
vir die jare wat volg. Dit is vir ons 'n nuutjie en ons leer elke dag.
Aktiwiteite vir die dag: 5 km Pretdraf, 10 km Padwedloop, 5 km Bergfiets
prettrap in die bos. Almal wat hul item voltooi ontvang 'n sertifikaat
en kom in aanmerking vir 'n hele aantal "lucky draws" wat insluit
sportsakke, t-shirts, pette, sportsokkies ens. ens.
Vermaak vir die dag: Jesse Jordan, Gian Groen, Elginaires - almal "live"
- in die biertent.
Kroning van mej. Pink Lady en mnr. Golden Delicious
4 x 4 quad bikes, Obstacle Course, Juke Box, Merry go Round, baie
stalletjies.
Skattejag waar groot kontantpryse gewen kan word.
Koördineerder: Ulena Groenewald 083 245 1602
ePos:
wapad@absamail.co.za
Baie dankie.
Ulena
Minette kom tog een
van die dae SA toe en ek het haar allerande onaangename dinge belowe as
ons nie bymekaar uitkom vir 'n koppietjie koffie of so iets nie! (Wat
van 'n bord Boerekos?)
Hier is intussen nog
een van haar artikels, hoop julle geniet dit net soos die ander!
Kos
Minette Brink -
Minette is verbonde an die
Republikein
in Windhoek, die enigste Afrikaanse dagblad in Namibië
DIE afgelope week al is daar ʼn krapperigheid in die binneste. Nee, dis
nie van die Windhoekwater nie. Nee, ek het nie die bierhuis te sterk
ondersteun nie.
Ek is honger. Vir regte kos.
Kan nie meer één pastei, brötchen met énige vulsel, jaffel of
winkelslaai in die gesig staar nie.
Natuurlik kan ʼn mens saans ʼn dingetjie maak vir die volgende dag se werk
en dié doen ek ook nou en dan. Maar oorskiet pasta of mash en wors proe
maar net nie dieselfde na ʼn tweede draai in die mikrogolfoond nie.
En ʼn ou ‘gesondheidsbroodjie’ met blare en vetvrye maaskaas is nié my
idee van kos nie.
“Ek is hôôônger,” teem ek oor my rekenaar in Neels se rigting.
“Nou kom ons loop koop ʼn pie,” sug hy.
“Nee, ek is rêêrig hôôôngerrrrr.”
Ek kry sulke skreef oge uit sy rigting wat my seker moet bang kyk.
ʼn Lang staarkompetisie volg.
“Lossit liewer,” blaf hy en begin slaat weer daai keyboard dat die stof
staan.
Ek is weer alleen.
Met my honger.
Vir regte kos.
Met twee klein kindertjies in die huis is ons daaglikse menu maar baie
vaal.
G’n brand- of erg gegeurde kos nie, niks knoffel, uie of gaar tamatie in
enige iets nie. Niks ‘onidentifiseerbare’ souse soos ‘manninous’
(mayonnaise) oor enigiets nie en niks bredies waaruit ʼn miniskule wortel-
of boonpuntjie loer nie.
O ja, sampioene is of giftig of een of ander elf se huis wat ons nie
durf aanraak nie.
(Lekker vol strooi, dié kinders. Tog word Brusselse spruite en Ouma
Plaas se afval, goeters waarvoor ek my doodgril, met smaak verorber.)
Daarom is ek honger vir regte kos.
Skaapboudskywe met bruinsous, goue krakerige braai-aartappels met
geelsout, blomkool en smaraggroen broccoli met ʼn dik kaassous,
soetpatats met ʼn lemoengeurtjie, groenboontjies met stukkies aartappel,
uie en spek mét room, skorsies met ertjies-inni-gaatjie, roomspinasie en
feta, geelrys SONDER rosyntjies (laasgenoemde lyk altyd soos gedroogde
vlieë innie kos), ʼn porsie bobotie met blatjang (al moet ek hier ook die
rosyne eers uithelp), beetslaai, groenslaai, wortel-en-koolslaai…Jaaaaa,
kreun die binneste.
Of wat van ʼn skottelvol Gnocchi Gorgonzola soos net Vincenzo in
Johannesburg dit maak, gevolg deur sy besielende tongvis en afgerond met
ʼn ou créme bruleetjie…JAAAA, skree die ingewande.
Nee wag, liewer knoffelbelaaide slakke by dosyne, suurroom op salm op
bruinbrood, seekatslaai, avokado met dinge in, couscous, geroosterde
eiervrug, peppadews…ag, die héle werke, huil ek nou saam.
Of wat van ʼn ordéntlike braai met tjoppies, ʼn ribbetjie, wors en ʼn
sosatie of drie. Braaibroodjies met kaas, tamatie en uie en baie swart
peper, aartappelslaai, pap en sous.
Snoekie bedruip en bebraai in botter en appelkooskonfyt, met soetpatats
en growwe bruinbrood…soetsuur hoender en roerbraai groente…haloumi-kaas,
olywe en tzatziki…kraakvars aspersies met manninous…pesto linguini…Thaise
Yam Talay…Ouma se boontjiebredie…Ma se tamatiebredie…skaap op die spit…
“Ugh,” kreun ek.
‘Wazzit nouweer,” sug Neels.
“Ek is honger. Kom ons loop koop ʼn pie.”
Een persoon het nou
die dag net meer as
R90 miljoen gewen in die UK Lotto.
Klik hier en kry jou kaartjie! Jy kan nie wen as jy nie in is
nie!
|
 |
|
Beplan die
avontuur van 'n leeftyd! Ek het vir my die stel VeZA CD's aangeskaf
en nou is ek ook 'n ingeligte reisiger. Die roetebeplanner is nou op
my skootrekenaar en kanse van verdwaal is nou baie skraal.
Boonop het ek ook 'n uitgewerkte roete en ek weet
wat op die roete te siene is. Hierdie is regtig aan te beveel,
gaan kyk gerus by www.veza.co.za
en oortuig jouself. |
Ons spandeer almal
teveel oor die vakansietyd en alles word ook duurder in die nuwe jaar.
Verlig die las deur jou kort termyn versekeringspremies te verminder,
vir gratis aanlyn kwotasie,
klik hier! Dit werk werklik! Ek self betaal nou meer as R400 per
maand minder
My vriendin, Anna Eksteen het 'n paar oulike resepte eBoeke
saamgestel.
Die 5 Beste van Alle Suid Afrikaanse Resepte,
The 5 Best of All South African Dishes,
101 Onweerstaanbare Poedings en
101
Kraakvars Slaaie.
Hier is letterlik honderde puik resepte en wat nog meer is, daar is geen
posgeld betrokke nie aangesien hulle afgelaai kan word of per ePos
aangestuur kan word. Klik hier vir meer inligting.
Begin die jaar se uitgawes nou vir jou onder kry?
Selfs die brandstofprys is op! Kry vir jou 'n
Barclaykaart en gaan op daardie welverdiende wegbreek of konsolideer
jou uitgawes. Doen
aanlyn aansoek en betaal oor 'n jaar af! Doen
dieselle volgende jaar!
|
 |
|
Van Gerhard se nuusbrief:
'n Welgestelde Amerikaanse familie het hulle familiegeskiedenis
in boekvorm laat opteken maar het die skrywer pertinent gevra om sagkens
te werk te gaan met die swartskaap van die familie wie se loopbaan van
misdaad op die elektriese stoel geëindig het. Hulle was heel in hulle
skik toe hy die volgende oor hulle familielid geskryf het: 'Oom Willem
het sitting gehad in die afdeling vir toegepaste elektronika van 'n
leidende regeringsinstansie. Hy het 'n hegte verbintenis met sy posisie
gehad en sy dood het as 'n groot skok gekom.'
Die blondine is weer laat vir werk. Haar baas sê: 'Jy moes
nege-uur hier gewees het!' 'Hoe so?' vra sy, 'Wat het gebeur?'
Ek kry die volgende
per ePos van Blackie:
Jy weet, regte dom mense moet gedwing word om 'n bordjie om hul nek te
dra wat aandui dat hulle dom is, sodat ons kan weet om die arme siele
nie in die gesig te vat nie.
Neem nou die dag toe ek en my broer getrek het. Ons huis was vol
kartondose en die vervoerlorrie het voor die deur gestaan. My buurman
kom daar aan en vra: "Trek julle?" "Nooit gesien nie. Ons pak maar elke
week of twee al ons goed in om te sien hoeveel dose ons nodig sal hê.
Hier is jou bordjie!"
Nou onlangs gaan ek en 'n maat visvang. Toe ons by die 'jetty' vasmeer
en ons vangs uitlaai is daar hierdie idioot wat vra: "Het julle al daai
vis gevang?" "Nooit gesien nie. Het hulle omgepraat om self in die boot
te spring. Hier is jou bordjie."
Nou onlangs toe my voertuig se wiel pap word ry ek by 'n garage in en so
wraggies, die pompjoggie vra: "Is die wiel pap?" Ek kon myself nie keer
nie en ek lig hom toe in: "Nee, ek het rondgery toe word die ander drie
ewe skielik styf. Hier is vir jou 'n bordjie."
Nou die dag wou ek my skedonk verkoop en hierdie ou kom om die kar vir
'n toetsrit te neem. Na hy omtrent 'n halfuur rondgery het klim hy uit,
loop om die kar en gryp aan die uitlaatpyp en roep uit "Jislaaik, dis
warm." As hy sy bordjie gedra het sou ek hom gewaarsku het.
Ek ry 'n ruk gelede met 'n 18-wiel vragmotor en ek onderskat die hoogte
van 'n brug en daar sit ek vas. Op geen manier kry ek hom daar los nie.
Na baie gebellery kom die plaaslike konstabel daar aan en ek is seker hy
het sy bordjie by die huis vergeet, want na die gewone ondervraging vra
hy: "Sit jou lorrie vas?" Ek kon myself nie keer nie en sê toe vir hom
dat ek eintlik besig is om die brug af te lewer en hier is vir jou 'n
bordjie."
Toe ek laat by die werk kom vra 'n siel my: "Is jy nog steeds hier?"
"Nee," sê ek toe, "ek is tien minute gelede al huistoe, hier is vir jou
'n bordjie"
|
|