|
Ek kry nou die dag die volgende ePos van Kalie en Wia van Vriende van
Beremusiek, lees gerus:
8 Februarie 2005
Beste
Boeremusiekvriende
Ek wil net
weer 'n keer aan u presies verduidelik wie en wat Vriende van
Boeremusiek is!
Nou sal u vra:
"Maar waarom dan so 'n onnodige herhaling?"
Wel, bloot
omdat ons gehoor het dat daar amptelik aanvoorwerk gedoen is deur die
Boeremusiekgilde om hom "te distansieer van die nuwe 'beweging'
genaamd Vriende van Boeremusiek!"
Hoe jammer tog
want so 'n distansiëring sal nie juis veel skade kan aanrig nie omdat
Vriende van Boeremusiek NIE 'n beweging, of 'n klub, of 'n
formele organisasie of 'n vereeniging of enigiets in dier voege is nie!
Niemand kan hom of haar dus "distansieer" van Vriende van Boeremusiek
nie – ons kies self wie Boeremusiek gaan geniet saam met "Vriende van
Boeremusiek"!!
Vriende van Boeremusiek
bestaan uit twee persone, te wete Kalie de Jager en Wia Kotzé wat hulle
weg nie oopgesien het om langer by formele organisasies en spesifiek die
Boeremusiekgilde se Hoofbestuur – betrokke te wees nie. Die rede
vir ons gelyktydige bedanking van die Hoofbestuur is in wese omdat glo
dat ons meer kan doen vir Boeremusiek en die bewarwing van ons grootste
kultuurskat as ons NIE by die formele organisering daarvan betrokke is
nie. Kalie is al in elk geval lewenslank besig om die musiek te bevorder
en sy liefde vir die genre uit te leef. Ek het self wonderlike ervarings
(as dowe met 'n koglêre inplanting) gehad omdat die vrolike klanke van
Boeremusiek my brein wat oor baie jare vergeet het hoe musiek klink -
oor 'n tydperk van 18 maande gehelp het om weer sin te maak uit hoë
frekwensie klank. Beide van ons het derhalwe 'n gevoel van "dankbaarheid"
teenoor Boeremusiek en wil graag terugploeg wat ons ontvang het – maar
sonder die belemmernis van mense wat ons nie goedgesind is nie en
veroorsaak dat ons die musiek nie meer geniet nie!
Om hierdie
rede noem ons onsself "Vriende van Boeremusiek"
Ons 'n NIE'n
formele organisasie nie;
Ons het NIE 'n
grondwet wat voorskryf hoe u Boeremusiek moet geniet nie!;
Ons vra nie
ledegeld nie!
Ons deel nie
sertifikate uit om mense te verheerlik nie!
ONS GENIET NET
BOEREMUSIEK EN NOOI ENIGEEN WAT DAARIN BELANGSTEL OM DIT SAAM MET ONS TE
GENIET OM ONS TE KONTAK
Ons wil op eie
manier Boeremusiek bevorder deur:
1. Kontak te behou met soveel
moontlik liefhebbers van Boeremusiek
2. Te skakel met formele organisasies
wat Boeremusiek bevorder indien hulle dit sou verkies. (Ons is beide
steeds lewenslange lede van die Boeremusiekgilde en Kalie is ook 'n
stigterslid van die TBK). Daar is steeds musikante en lede van
Boeremusiekgildetakke wat ons goedgesind is en ons ondersteun graag
hulle byeenkomste.
3. Byeenkomste te reël waar beide
musikante en ondersteuners hulle liefde vir die musiek kan uitleef.
4. Boeremusiek te bevorder deur die
verkoop van CD's en om interessanthede in verband met Boeremusiek bekend
te maak om sodoende ook kultuuraspekte aan te spreek en te bewaar – die
opstel van 'n Konsertinabewaringsregister vir Suid-Afrika
is een van ons projekte wat hoë prioriteit geniet!
5. Om gereeld kontak te maak met ons
groot aantal Boeremusiekvriende van reg oor Suid-Afrika en selfs in die
buiteland!
Die voormelde is
maar enkele van ons doelwitte wat almal saamgevat kan word in 'n enkele
mikpunt: OM BOEREMUSIEK TE GENIET!!
As ons dan nou nie
formeel georganiseer wil wees nie – hoe gaan ons dit regkry?
Ons gaan:
1. ons doeltstellings by wyse van
persoonlike kontak bekendmaak;
2. 'n poslys en webblad in stand hou
waar ons heerlik kommunikeer met persone wat toegang tot e-pos en die
internet het;
3. belangstellendes wat NIE sulke
toegang het nie uitnooi om aan ons gefrankerde koeverte te stuur sodat
ons gereelde nuusbriewe aan hulle kan uitstuur;
4. belangstellendes vooruit in kennis
stel van byeenkomste wat in 'n betrokke jaar gehou sal word – hierdie
jaar het ons byeenkomste bespreek by die Voortrekker Monument vir 9
April, 11 Junie, 13 Augustus en 10 Desember. Ons vertrou dat ons in die
toekoms ook die Voortrekker Monument as baken vir ons byeenkomste kan
laat skitter veral omdat dit so sinomiem met Boeremusiek is!
5. vriende en kennisse wyd en syd
aanmoedig om aan wie hulle ookal wil te vertel dat ons "Vriende van
Boeremusiek" is en ons entoesiasme daarvoor met almal wat die musiek
terwille van die musiek wil bevorder, wil deel!
Ek hoop en vertrou dat hierdie verduideliking
enige misverstande dat ons dalk in kompetisie met ENIGE
Boeremusiekorganisasie is 'n nekslag sal toedien!! Al wat ons vra is: "Laat
weet ons as u ingelig wil wees oor waar en hoe ons Boeremusiek gaan
geniet en bevorder!! So skryf of bel of e-pos ons asseblief!! Musikante
kan gerus laat hoor of hulle wil optree by ons byeenkomste! Almal is
hartlik welkom!
As u 'n musikant is wat wil optree (of selfs
wil leer speel) bel vir Kalie of skryf vir ons om seker te maak dat plek
vir u ingeruim word by ons byeenkomste. U kan u eie orkes saambring of
as u nie 'n eie orkes het nie sal daar persone wees met wie u kan
saamspeel maar ons moet vroegtydig daarvan weet!
As u slegs 'n liefhebber is – maak 'n
DUIDELIKE aantekening van die datums en maak seker dat u daar is om die
musiek te geniet!
As u CD's wil koop of dalk CD's het wat u wil
verkoop – kontak ons!!
As u ander belangstellings het wat verband
hou met Boeremusiek – vertel ons daarvan!!
Kontak ons:
082 578 8907 of 012 362 7097 of
kalie@telkomsa.net
of
wia@telkomsa.net
of
hoor-nou-net@yahoogroups.com
Boeremusiek Dagboek
By die Voortrekker
Monument:
9 April 2005
11 Junie 2005
13 Augustus 2005
10 Desember 2005
Ander byeenkomste:
19 Feb:
Hoëveld tak: Boeremusiekdag en -dans - Hein se Plaasoord Ermelo
26 Feb:
Port Elizabeth : Dans DF Malherbe hoërskool
Witwatersrand: Kuiersaam dag Birchleigh Hoërskool
Vrystaat: Oesdans
Manie Erasmus: Dans by Voortrekker Monument
5 Maart:
Vaaldriehoek: Vereeniging stadsaal
12 Maart:
Port Elizabeth: Dans Rowellan Park Laerskool
26 maart:
Manie Erasmus: Dans by Voortrekker Monument
9 April
Vriende van Boeremusiek: Eerste byeenkoms by Voortrekker Monument
30 April
Manie Erasmus: Dans by Voortrekker Monument
28 Mei:
Vrystaat : Witwarm winteropskopdans
Manie Erasmus: Dans by Voortrekker Monument
11 Junie
Vriende van Boeremusiek: Voortrekker Monument heeldag
boeremusiekvermaak
25 Junie en verder ook elke laaste Saterdag van die maand
vir die res van die jaar!
Manie Erasmus: Dans by Voortrekker Monument
30 Julie:
Vrystaat lededag
13 Augustus:
Vriende van Boeremusiek: Boeremusiek plesier vir almal!
2 September
Vrystaat en DOZI: Boeresportdag
10 Desember
Vriende van Boeremusiek - afsluitfunksie vir 2005!
Vir meer inligting, klik
hier |