|
Wees gegroet!
Welkom alle nuwe
intekenare! Spesiale welkom vir Suzette in Auckland en Ansie in
Wellington (Kaap)
Die jaar stoom voort
soos 'n stoomtrein, die verkeer is terug na normaal, die kinners (die
anner mense s'n) is terug skooltoe so ons het die gym weer vir onsself
in die oggende! Verder is alles nog dieselle in 2005! Ons is besig om
die GROOT REIS te beplan. Ons wil 'n draai gaan maak by soveel van my
internet pêlle as moontlik, sover is die roete Tulsa (Oklahoma), Humble
(Texas), Fairbanks (Alaska), North Pole (Alaska) en Vancouver (Kanada).
Die oorspronklike plan was om 'n Wit Kersfees in North Pole te gaan
beleef maar aangesien alle toeriste bedrywighede as gevolg van die sneeu
daardie tyd toemaak, het ons op Mei 2006 besluit. Byt maar vas, julle
sal nog baie van die REIS hoor!
Ek is nog steeds met
my Boererate projek besig. Ek is besig om 'n eBoek saam te stel oor
Boererate en Tuiswenke. Dit vorder al heel goed maar sal nog 'n rukkie
neem! As enigiemand enige Boererate vir my het,
stuur
asseblief! As jy meer as 10 stuur kry jy 'n eksemplaar van die
boek sodra dit gereed is.
En ek soek idees vir
die nuusbrief! Ek het nou al 'n artikel, resep, boereraat, Afrikaans
lied se woorde, 'n grap en nog wat. Nou wat kan ek nog bysit? Enige
idees?
Laat my
weet asb!
Na 'n redelike lang
afwesigheid kruip my gunstelong joernalis Minette Brink weer uit die
gras en stuur my 'n paar artikels, die eerste een is hieronder.
Laat haar tog weet as julle van haar artikel hou. Dalk stuur sy
nog!
Ampie
deur Minette Brink
En daar verdwaal sy in die groot stad van Centurion. Nie op straat nie,
sommer netso in die Mall.
Nie ʼn baie aangename ervaring nie, synde ek vir jare in die
Jakarandastad (deesdae bekend as Tswane) en in Egoli rondgerits het
sonder om een keer die pad byster te raak.
Dis ongelooflik hoe vinnig ʼn mens verval in die rustige en landelike
bestaan van Windhoek. Straatgewys, maar hoofsaaklik kopsgewys.
Op die lughawe in Johannesburg aangekom, moes ek klaar die onheil kon
ruik. Amper twee ure net om die gebou te kan verlaat en daarna die malle
verkeer op die ineengevlegte stukke hoofweë en snelweë en allerweë.
Ek is uitasem toe suster in Centurion voor haar huisie stilhou, maar ook
diep beïndruk dat sy so kalm is met nie ʼn druppeltjie angssweet op die
voorhoof nie.
“Hoekom is Ma se oë so groot,” wil my kind weet, maar Ma se stem is weg.
Die volgende dag moet ons nog laaste Kersinkopies gaan doen en dis hier
waar ek toe ʼn sielkundige knou (ok, nog een) kry.
My en Ilana se paaie moet noodgedwonge in die Mall skei, want ek wil
haar present gaan koop wat sy natuurlik nie mag sien nie.
Sy moes die intense verwarring bespeur en span ʼn kalmerende stemtoon in.
“Fokus, fokus. Sien jy die winkel? Dis Dischem. Dis ʼn apteek. Af met die
roltrappe, eerste stegie links, hou net aan en aan, aan linkerkant is
die Body Shop en Exclusive Books. Volg net dieselfde paadjie terug. Ons
kry jou oor ʼn halfuur weer hier. Dischem, die a-p-t-e-e-k, onthou.” En
daar gaat sy met ʼn kind aan elke hand.
Mense, mense en nogmaals mense. Dis klosterfoubia in die ergste graad en
ek klou aan die roltrapreëling soos ‘n drenkeling aan ʼn flertsie
dryfhout.
Toe mense, baie mense, agter my begin mor en ophoop, moet ek
noodgedwonge my vingers van die trapreëling losskeur en links hou, links
hou. Aan en aan en aan, mense wat druk en stamp en stoot en skuur en nie
een wat agterkom dat ek besig is om te versmoor nie.
Ek glip by Vodacom in. “Starterpack,” hyg ek.
R40, sê die verkoopspersoon glad. “Heh?” sê ek. “Starterpack, asseblief.”
“R40, dankie,” sê die persoon.
“Uh, ek bedoel, ʼn starterpack vir my foon. Ek is van Namibië en ek het
nie roaming nie. Ek soek ʼn SA-nommer vir my tydjie hier.”
Verkoopspersoon kyk my lank en deurdringend aan, asof ek moontlik ʼn
oordraagbare geestesverstuiering van die woestyn ingebring het. Dan
probeer ons weer.
“R40.”
“Dis onmoontlik,” sê ek met oortuiging.
“Nou hoeveel wil jy graag vir die starterpack betaal,” vra sy/hy liefies.
En dan kliek ek uiteindelik. Dis inderdaad ʼn ander planeet hierdie met
ander mense, ander waardes.
Alles kos nie orals Namibies nie. En ek voel soos Ampie wat vir die
eerste keer affie plaas kom kuier.
Kop onderstebo loop en tik ek die nuwe nommers in, opgeslurp deur die
mensemalery.
Soos ʼn karakter in ʼn Gary Larsen-tekenprent kyk sy op en besef dit is
nie waar sy moet wees nie.
Onbekende winkel op winkel op restaurant op stalletjie op
straatkunstenaar op geraas op chaos.
My kop voel of dit gaan bars, asof almal om my al vinniger nader kom.
Drie dae later kry ek Die Roltrap. En my suster. “Jy was lank weg,” sê
sy.
“Jy het geen idee nie,” sug ek.
Koop jy nou en dan 'n Lotto kaartjie? 'n Gelukkige ou
in Engeland het Woensdag meer as
£14
miljoen op hulle Lotto gewen. En dis nog niks, komende Saterdag is die
boerpot £15,000,000 (naastenby R150 miljoen!). Mens kan darem baie
swieties daarmee koop. Dis maklik om 'n kaartjie te bekom,
klik net hier en vat 'n
kans! (Dis vinnig en veilig) Onthou waar jy die wenk gekry het as jy wen!
Ons spandeer almal
teveel oor die vakansietyd en alles word ook duurder in die nuwe jaar.
Verlig die las deur jou kort termyn versekeringspremies te verminder,
vir gratis aanlyn kwotasie,
klik hier!
Is skool onkostes 'n kopseer? Doen
aanlyn aansoek vir 'n Barclaycard en betaal oor 'n jaar af! Doen
dieselle volgende jaar! |
 |