|
|
| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer 56 |
'n Passie vir
Afrikaans |
17 Desember 04 |
|
Wees gegroet!
Hoop dit gaan voor
die wind met almal en dat al die Kersinkopies alreeds gedoen is.
Ons bly nou maar weg van die winkels, parkeerplek is bykans onbekombaar
en die mense vertrap jou. Daar is egter nog hoop as jy op die maklike
manier 'n geskenkpakkie wil stuur, gaan na die
Netflorist webwerf en laat hulle die werk vir jou dien, baie
maklik.
Hierdie sal die
laaste uitgawe van 2004 wees. Mag die vrede van Kersfees in oorvloed met
julle almal wees en mag 2005 vrede en voorspoed bring!
Dit is nou die tyd
van die jar waar ons almal so effens ooreet en dan moet ons swoeg en
sweet in Januarie om weer van die oortollige gewig ontslate te raak.
Frik Lombaard het 'n paar idees oor hoe om die skade te verminder:
Van Grootgat na
Maargat
So ‘n ruk gelede was daar ‘n Kompetisie in Cullinan gewees wat hulle
genoem het die Groot Gat Godin. Dit was ‘n skoonheidskompetisie met ‘n
verskil gewees, want al die dames wat aan die kompetisie deelgeneem het,
was, wat sal ons nou sê, groot van gestalte gewees. Cullinan is
natuurlik bekend daarvoor dat dit die plek was in Suid Afrika waar die
eerste diamant opgetel was. Die groot gat kom seker van Cullinan se
diamantgat af. Voor ek nou iets hier sê wat ek nie moet sê nie, laat ek
maar wegkom van die groot gatte af.
Hier is nou ‘n paar stukkies wyshede om van die groot gat ‘n kleiner gat
te maak. Myself is nie juis van die kleinste nie.
• Eet twee to drie keer meer groente as vleis. Die groente sal jou gou
versadig maak en jy sal dan so minder vetterigge vleis eet.
• Laat die velle waai. Wanner jy hoender gaarmaak, vermy die versoeking
en trek die hoender se vel af. Jy sal so plus minus 15 kalorieë minder
inkry.
• Drink minder 100% suiwer vrugtesappe en eet meer vars vrugte. Wanneer
jy vrugtesappe drink kry jy meer gekonsentreerde kaloriee en en baie min
vesel. Hier is iets wat my geskok het, lemoensap bevat meer kaloriee as
wat Coke bevat. Ja vrugtesappe is gesond. Maar hou net matigheid voor oê.
• Maak jou middag broodjie van volgraan brood. Volgraan brood bevat meer
viatmines en ander goed wat gesond is.
• Probeer om meer groente saam met jou middag broodjie te eet. Maak ‘n
slaai, of neem die slaai en sit dit in ‘n pita broodjie. Slaai sal die
hongerpyne verdryf wat so in die laatmiddag pla.
• Probeer om lae vet kaas te eet. ‘n Lekker dik stuk kaas oor die burger
kan meer kaloriee bevat as wat die burger self bevat. Onthou net altyd
om die etiket te lees, veral wanneer jy laevetkaas koop. Ek het dit al
self ervaar dat sekere “lae vet” produkte meer vet bevat as die gewone
produkte.
• Wanneer jy daardie toebroodjie maak, probeer om net blare en tamaties,
of enige ander groente op te sit.
• Probeer om minder of geen koeldrank te drink nie. Onthou daardie
blikke koeldrank bevat omtrent 145 teelepels suiker. Drink eerder water
met ‘n skyfie suurlemoen daarin. As dit nog nie in jou smaak val nie,
drink dan eerder gegeurde water. Om jou eie gegeurde water te maak meng
1 deel vrugtesap met nege dele water.
• Water, water en nog water. Probeer om van jou koffie en tee wat jy
drink met water te vervang. In al die dieete wat ek al gesien het,
beveel hulle aan dat jy min of meer 8 glase water per dag moet drink.
Nou wonder ek of dit nie dalk die water is wat help met die gewigsverlis
nie.
• Probeer om laevet melk te gebruik.
• Indien jy ‘n gesonde eetlus het, en daardie aandete behoorlik geniet
en na die tyd nog peusel, probeer om rou groente voor jou aandete te eet.
Dit sal jou versadig laat voel en dan sal jy nie meer so gretig wees om
daardie bord aan te val nie.
• Wanneer jy jou lus nie meer kan hou vir daardie burger nie, gaan koop
vir jou een maar bestel dan die “kiddies” burger. Hy is net so lekker
maar heelwat kleiner. Kleiner = minder kaloriee.
• Wees maar spaarsamig as jy slaaisous gebruik. Daar is nou ‘n vetbom.
Probeer om sommer ‘n slaaisous te maak van asyn’ sout en peper. Of
probeer om suurlemoensap oor jou slaai te gooi. Dit is heerlik en bring
‘n ander smaak dimensie na vore.
• Eet minder nagereg. Moet nie die hele bakkie eet nie, los sowat ‘n
kwart van die nagereg oor. Jy kan dieselfde doen met kos. Leer jouself
om minder te eet. Los daardie tweede aartappel of helfte van jou porsie
rys in jou bord.
Die bogenoemde is vir ons mense wat wil probeer om gesonder te leef.
Maar vir die dames wat aan die grootgat kompetisie deelneem, het ek net
een stukkie raad voor en dit is eet, eet en nogmaals eet.
Ek het die volgende
nogal interessant gevind, 'n heel ander uitkyk op die lewe:
"Life should NOT be a journey to the grave with the intention of
arriving safely in an attractive and well preserved body, but rather
to skid in sideways, chocolate in one hand, martini in the other, body
thoroughly used up, totally worn out and screaming "WOO HOO what a
ride!"
Geniet die rit!
Ons spandeer almal
teveel oor die vakansietyd en alles word ook duurder in die nuwe jaar.
Verlig die las deur jou kort termyn versekeringspremies te verminder,
vir gratis aanlyn kwotasie,
klik hier!
|
 |
|
My Webwerf se Soekenjin |
|
Vind enigiets op my webwerf, tik 'n sleutelwoord
in die blokkie en Klik. Soek resepte, bestanddele, plekname ens.
Klik op webkaart vir 'n kaart van my webwerf |
|
|
|
|
|
|
'n Tikkie Humor |
|
Eksamenflaters
* Die negentiende eeu was 'n tyd van baie uitvindsels. Mense het
opgehou om met die hand te reproduseer en met masjiene begin
reproduseer. Die uitvinding van die stoomboot het 'n netwerk van
riviere laat ontstaan.
* Johann Bach het baie musiekkomposisies geskryf en ook baie
kinders. Hy is dood sedert 1750 tot vandag toe. Bach was die
beroemdste komponis in die wêreld en Händel was ook. Händel was
half-Duits, half- Italiaans en half-Engels. Hy was 'n baie groot man.
* OU Egipteland was bewoon deur mummies en hulle het almal in
hierdie griewe geskryf. Hulle het in die Sarah-woestyn gewoon. Die
klimaat was só erg dat al die inwoners op ander plekke moes bly.
* Moses het die Hebreeuse slawe na die Rooi See gelei waar hulle
ongesuurde brode gebak het, dit is brood wat sonder enige
bestanddele gemaak is. Moses het die berg Sianied uitgeklim om die
tien gebooie te kry.
* Salomo het driehonderd vroue en sewehonderd byekorwe gehad.
* Die Grieke was 'n hoogs gekulde veervolk en sonder hulle sou ons
nie 'n geskiedenis gehad het nie. Die Grieke het ook mites gehad. 'n
Mite is 'n motwyfie.
* Sokrates was 'n beroemde Griekse wydsheid wat rondgeloop en
mense raad gegee het. Hy is dood aan 'n oordosis willekeur. Ná sy
dood het sy loopbaan dramaties agteruitgegaan.
* In die ou Olimpiese Spele het die Grieke kaal resies gehardloop en
disnis gegooi.
* Julius Caesar het homself op die slagvelde van Gallië onderskryf.
Toe hy doodgaan, het hy gesê: 'En toe, boetie?'
* Johanna van Arkel het van 'n stapel brandwonde gesterf.
* Koning Elizabeth was 'n sukses. Sy het haar volk se probleme
aangetrek en wanneer sy haar so aangetrek het voor haar soldate,
het hulle almal geskree: 'Hoera!'
* Dit was 'n tydperk van groot uitvindsels en ontdekkings. Gutenberg
het die wynpers en die Bybel uitgevind. Nog 'n belangrike uitvindsel
was die bloedsomloop. Peter Stuyvesant is 'n geskiedkundige figuur,
want hy het sigarette uitgevind en begin rook.
* Die grootste skrywer van die Renaissance was William
Shakespeare. Hy is in die jaar 1564 gebore en party mense dink dit
was op sy verjaardag. Hy het nooit geld gemaak nie, en is net
beroemd oor die toneelstukke wat hy geskryf het. Hy het tragedies,
komedies en historektomieë geskryf. Romeo and Juliet is een
voorbeeld.
* Abraham Lincoln het Amerika se grootste presedent geword.
Lincoln se ma is dood toe sy nog 'n babatjie was en hy is gebore in 'n
houthut wat hy met sy eie hande gebou het. Hy is later doodgeskiet
deur John Wilkes Booth, wat hulle sê 'n mal akteur was. Dit het
Booth se loopbaan heeltemal geruïneer.
* Beethoven het musiek geskryf al was hy doof. Hy was só doof dat
hy harde musiek geskryf het. Hy het ver in die woude gaan loop selfs
al het almal na hom geroep. Beethoven het in 1827 opgehou bestaan
en dis hoekom hy later dood is.
* Louis Pasteur het 'n manier uitgevind om dol honde gesond te
maak.
* Charles Darwin was 'n natuurkundige wat die Organ of the Species
geskryf het.
|
|
|
Geldmaak op die Internet??
Hier is geleenthede wat WERK! |
|
Ek het nou 'n splinternuwe
"eBiz" gedeelte op my
webwerf. Hier is van alles en nogwat oor besigheid bedryf op die
internet en internet bemarking, spesifiek gemik op werk van die huis
af. Klik hier en kom maak 'n draai. Ek het uiteindelik besluit om
die afdeling in Engels te doen aangesien Internet besigheid en
bemarking internasionaal bedryf kan word en baie mense nie Afrikaans
magtig is nie. Stuur vir my
ePos en vra vir 'n gratis eBoek propvol wenke oor internet
bemarking. |
 |
| |
|
|
Die Resep |
|
Die resep hieronder is van Anna Eksteen se resepte eBoek 101 Poeding
Resepte vir Kersfees. Sy het ook 'n ander resepteboek 101 Slaai
Resepte vir Kersfees Klik
hier vir meer besonderhede |
|
KOUE
KERSFEESPOEDING
1½ koppies fyn gerolde Marie beskuitjies
8 malvalekkers
¼ koppie suiker
½ koppie gekapte neute
125ml gemengde skil
¼ teelepel fyn neut
250ml room
¼ koppie lemoensap
mespunt kaneel
125ml dadels
gerasperde skil van 1 suurlemoen
Meng krummels, vrugte, neute, skil en speserye. Verhit die lemoensap en
los die malvalekkers daarin op. Voeg die suiker by en gooi oor die
krummels en vrugte. Klop die room styf en vou dit by die mengsel in.
Plaas die nagereg in die yskas om styf te word.
|
|
|
Boeremusiekdagboek |
|
Vrystaat: Boeremusiekdag later in die jaar by die kampeerterrein
Kroon Park langs die rivier in Kroonstad maar die datum in nie
bevestig nie.
31 Desember 2004: 'n Deurnagdans word beplan vir 31 Desember
2004.
Vir alle Boeremusiek aangeleenthede kontak Kalie
by: 0825788907 |
|
|
|
Boereraat van die Week |
| !! Ek beveel sterk aan dat 'n apteker of dokter se
raad eers ingewin word voordat veral die medisinale rate gebruik word, ek
kan ongelukking nie verantwoordelikheid aanvaar as iets verkeerd gaan nie,
ek plaas die rate suiwer as interessante inligting. !!
|
|
|
Babelaas - Neem die volgende oggend 2 Bayer aspirine, los op in 'n glas
water saam met 'n eetlepel suiker en eet daarna 'n hardgekookte eier. Binne
30 minute is jy goed soos nuut!
Ek
is van plan om 'n boererate boek saam te stel sodra ek genoeg het, so as
julle van enige rate weet wat ek kan gebruik,
stuur asseblief
vir my. Dit gaan in eBoek formaat wees en ek sal aan elke bydraer wat 5 of
meer boererate stuur 'n afrkrif stuur.
Klik
hier vir nog meer
Boererate |
|
|
|
Afrikaanse Lied |
|
Hier is iets nuuts! Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek |
|
SKOENMAKER STILLEWATER
Woorde: EITEMAL
Musiek: CONRADIN KREUTZER; verwerk: D. HYMAN
Ek klop-klop-klop van vroeg tot laat, my ysterlees word koud;
die mense dink, die stomme maat is met 'n skoen getroud.
Vir almal slaan'k my oë neer en kyk hul skoene aan--
hul reken ek wil weet wanneer ek elkeen kan beslaan.
Dan klop-klop-klop ek immer voort en lag hier in my mou;
maar meet die sonstraal sonder woord daar teen die hemelblou.
En as die maan hier bo my staan en al die mense slaap,
dan trek ek stil my kispak aan, so sedig soos 'n paap.
En trip-pe-trap-pe gaan my voet al langs die stille straat;
dan hoor ek hoe my eie goed, my sole met my praat.
En kom ek by die nooi'ntjie aan waar dof die vetkers rook,
dan voel ek sommer pure man--dié ambag ken ek ook.
Maar môre is my werkplek toe--ek wil past'rie toe gaan
en self die predikant vra hoe dit met sy sole staan.
En o ja, dom'nee, laat maar ook nou Sondag op 'n hoop
vir my en Griet van Onderdorp al drie gebooie loop.
|
|
|
Dit en dat.... |
|
Die Danville Hulpgroep
is nou ook betrokke by die
President Kruger Kinderhuis en die Margaretha Ackerman Tehuis asook in
Wolmer en die Andeon plotte! Indien enigsins moontlik, verleen asseblief hulp, hulle sal dit
vreeslik waardeer!
(Die
Danville Hulpgroep) |
|
|
|
|
Potjiekoskompetisies, reëls en beoordeling!
Klik hier! |
|
|
|
|
Ek versamel yskasmagnete van buite Suid
Afrika,
kontak my
en dan ruil ons uit! |
|
|
|
op my webwerf |
|
|
|
|
Elkeen van my nuusbriewe bevat 'n goeie Afrikaanse artikel, 'n tikkie
humor, 'n Tradisionele Afrikaanse resep en die woorde van 'n Afrikaanse
lied, gaan kyk gerus in die
Argiewe na vorige
uitgawes |
|
|
|
|
Ek sal enige
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
|
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
|