|
|
| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer 54 |
'n Passie vir
Afrikaans |
19 Nov 2004 |
|
Wees gegroet!
Die Desembervakansie
en Kersfees kom al nader. Ek sou wat wou gee om 'n koue, wit kersfees te
ervaar. Wonder wat is die kanse dat dit in die Kruger Nasionale Park op
Kersdag sal sneeu?? Almal sê ek is skoon gek om oor Kersfees Kruger toe
te gaan. Ons was twee jaar gelede daar en het 4 wonderlike koel dae in
die middel van Desember ervaar! Lekker bewolk met nou en dan 'n paar
druppels om dinge nog verder af te koel. Wonder of ons weer so
gelukkig gaan wees! Ons het al 'n roetine uitgewerk, as die hekke in
die oggend oopmaak is ons uit en so 10 uur terug om af te koel in die
rondawel. Dan weer so 4 uur se kant uit en terug net voor die hekke
sluit. dan lekker vleisie braai, fotos aflaai op die skootrekenaar en
batterye laai vir die volgende dag se fotos! Lekkerrrrrrrrrrrrrr!
Ek het 'n
swetterjoel vriende oorsee en om net kerskaarte te stuur byt al aan my
sak. Toe kom ek op die volgende af. J3V. Jy koop vir $5
advertensie ruimte vir wat ookal jy op die internet wil adverteer. Maar
dis 'n bysaak. Die eintlike ding is dat jou $5 in 'n siklus roteer en
vermeerder. So die $5 hou aan groei en groei. Is dit nou die
ideale geskenk of wat? Geen posgeld te betaal en kos net $5.
Klik hier vir meer inligting.
Wie van julle het
van die regte ou buite broodoonde? Ek het verlede jaar ny oorlede Danie
Smuts gaan kuier en sy oond gesien. Ek laat toe vir my 'n oonddeur maak
maar kom nooit sover on 'n oond te bou nie en gee toe die deur vir danie
van
Egafrikaans. So as daar nog van julle is wat broodoonde het,
vertel daarvan,
met 'n foto indien moontlik. Deel sommer julle gunsteling broodresep ook!
Die feit dat ek enigsins resepte op my webblad het is
te danke aan die Elephant
Stew resep wat ek heel eerste opgesit het as 'n grap. Dit het
die lesers se verbeelging aangegryp en dit het nou al 'n ellelange resep
geword soos almal iets bylas. Gaan kyk gerus.
Dit bring my by die
artike hieronder geskryf deur Frik Lombaard:
Die Olifant as
ete
In my soeke het ek afgekom op ‘n boek geskryf deur Alexis Soyer (1809
–1859). In hierdie boek beskryf hy nogal in redelike detail die
oorsprong van kos en hy gee ook ‘n paar resepte van hoe om sekere soorte
voedsels gaar te maak. Graag sou ek van die resepte wou weergee maar die
kruie en speserye wat hulle gebruik is onbekend en sal nie eintelik sin
maak nie.
Die Amerikaners en veral die van Texas af is geneig om te dink dat alles
groter en beter is by hulle. In die boek van Alexis Soyer word iets
beskryf wat groter en beter is hier in Suid Afrika en dit is die
gaarmaak van olifante. Die volgende beskrywing sal ek probeer vertaal in
my beste Afrikaans.
Sekere nomadiese volke van Asia en Afrika word geglo om versot te wees
op gebraaide olifante. Die Egiptenare het sover gegaan om hierdie
delikatesse in die hande te kry dat Koning Ptolemy Philadelphus hulle
verbied het deur streng wetgewing om olifante te jag. Dit het hulle
egter nie afgesit nie. Al wat die wet veroorsaak het was dat die olifant
se vleis nog ‘n groter aantrekkingskrag vir hulle gehad het.
In sekere barbaarse volke het hierdie smaak ook byval gevind. Le
Valliant, ‘n gesoute reisiger vertel die eerste keer toe hy die eerste
keer ‘n Olifant se slurp ge-eet het wat deur die Hottentotte aan hom
voorgesit is. Hy het besluit dat dit nie die laaste keer is wat hy die
vleis gaan eet nie aangesien dit die mees eksotiese smaak is. Sy
voorliefde is egter vir die voet van die Olifant.
Le Valliant skryf soos volg:
Hulle sny die vier voete van die Olifant af. Daarna het hulle ‘n gat in
die grond gemaak van ongeveer 3 vierkante voet. Hierdie gat is gevul met
houtskool en bo die houtskool is droë hout gesit. Die vuur was heelaand
aan die gang gehou. Wanneer die Hottentotte gedink het dat die gat warm
genoeg is gedurende die nag, het hulle die gat leeg gemaak. Binne in die
gat is die vier pote van die Olifant gesit. Die gat is gevul met warm
as, houtskool en droë takke. Die vuur is aan die gang gehou tot die
volgende oggend.
Hier skryf Le Valliant dat hy die volgende oggend deur sy bediendes
bedien met vleis. Hy gaan aan om te beskryf dat nadat hy die reuk gekry
het hy nie vinnig genoeg die vleis proe nie. Sy slot opmerking is dat hy
nie kon verstaan dat ‘n dier so groot en lomp, so ‘n delikate en fyn
voortbring nie. Hy noem ook dat die Hottentotte die ander dele van die
dier ook gaargemaak en ge-eet het.
Dit is seker nie baie van ons se wens om gebraaide Olifant voet te eet
nie. Maar dit is seker ‘n ondervinding wat nie baie gou vergeet sal word
nie. Soos op die afgelope ATKV se kongres is daar ‘n krokodil gebraai.
Hulle se nie hoe dit geproe het nie. Miskien sal ek eendag waagmoed kry
om Olifant of Krokodil te eet. Miskien sal daardie moed kom wanneer ek
‘n bietjie baie van Noag sy wyn in het.
|
Gee vir jouself die beste Kersgeskenk! Jy verdien
dit!
Klik om aansoek te doen |
|
 |
Meeste van ons gaan dalk een van die dae inpak om
bietjie weg te gaan en 'n blaaskans ta gaan geniet, hier is 'n paar
items wat jy nie moet vergeet nie!
Tandestokkie, Rekkie, Hegpleister, Potlood, Uitveër,
Kougom, Peperment, Soetigheidjie, Teesakkie.
Om wat mee te maak?
TANDESTOKKIE
Om die goeie eienskappe van ander vir jouself uit te haal!
REKKIE
Om jou te herinner om buigsaam te wees, alles werk nie altyd uit soos jy
dit wil hê nie, maar God het dit dalk anders beskik!.
HEGPLEISTER
Dalk het jy iemand seergemaak. Jy moet iets doen en gee om die wonde te
heel!
POTLOOD
Om elke dag jou seëninge mee aan te teken!
UITVEËR
Om jou te herinner dat enigiemand 'n fout kan maak – mee uit te vee
Jy ook!
KOUGOM
Om jou te herinner om vas te byt
Het jy dan nie vir God aan jou kant nie?
PEPERMENT
Om jou te herinner dat alles wat jy sê, 'n aangename geur moet hê!
'n SOETIGHEIDJIE
Onthou, elke mens het elke dag so 'n lekseltjie aanmoediging nodig. As
jy dit nie kry nie, lees gerus God se Woord!
TEESAKKIE
Om jou te herinner om aan die einde van jou werkdag te ontspan en aan al
jou seëninge te dink!
Dis regtig nie nodig
om onnodig baie vir huis en motor assuransie te betaal nie, verminder
jou maandelikse premie drasties,
klik hier vir 'n kwotasie en oortuig jouself!
Ek betaal
nou oor die R400 'n maand minder. |
 |
|
My Webwerf se Soekenjin |
|
Vind enigiets op my webwerf, tik 'n sleutelwoord
in die blokkie en Klik. Soek resepte, bestanddele, plekname ens.
Klik op webkaart vir 'n kaart van my webwerf |
|
|
|
|
|
|
'n Tikkie Humor |
|
" Ek sit nou so lekker ek staan sommer op en sit weer . "
" Hy´s so skeel - hy kan deur ´n opgerolde tuinslang kyk. "
"Hy´t ´n skerp gesig soos ´n resies-snoek."
" As iemand jou laat eerste loop en sê: "Age before beauty" dan antwoord
jy ... "bollie" val agter die koei".
" Ek gan jou klap dat jy lus kry vir niks. "
" Skurwe hakke soos ´n vleipatat. "
"In die yskas sien ek nie ´n six-pack nie, net ´n emosionele
ondersteunersgroep."
"Moet nooit ´n man met ´n bril slaan nie... moer hom met´n krieketkolf."
"Vandag is die more waaroor jy gister bekommerd was!"
"Die mense wat dink hulle weet alles maak die van ons wat alles weet die
bliksem in!"
"´n Gevolgtrekking is die punt waar jy moeg raak vir dink."
Oom Frik en
Tannie Sarie, wat hulle hele lewe lank geboer het, trek na 'n
meenthuisie in die stad. Dis nou, nadat hulle alles verkoop het - plaas,
trekkers, bakkies, veë, sommer die hele spul, lock, stock & barrel.
Na 'n maand in die stad, sê Tannie Sarie vir Oom Frik: "Ag nee wat, ou
Frik. Ek dink ons moet vir ons 'n klein motortjie koop. Ons kan nie net
hier sit nie! Ons moet darem kan rond ry en plekke sien!"
Oom Frik was 'n groot Ford fan, en hy maak toe die koerant oop by die
motor classifieds. Hy lees "Escort Agency" en skakel sommer dadelik die
nommer..
Oom Frik: "Dagsê dame. Het julle enige Escorts en hoeveel kos hulle..?"
Dame: "Ja Meneer ons het. Hulle wissel tussen so R 200 en R 250."
Oom Frik: "Liewe DONNER my meisie! Wie het hulle so in hulle MOER in
gery!?" |
|
|
Geldmaak op die Internet??
Hier is geleenthede wat WERK! |
|
Ek het nou 'n splinternuwe
"eBiz" gedeelte op my
webwerf. Hier is van alles en nogwat oor besigheid bedryf op die
internet en internet bemarking, spesifiek gemik op werk van die huis
af. Klik hier en kom maak 'n draai. Ek het uiteindelik besluit om
die afdeling in Engels te doen aangesien Internet besigheid en
bemarking internasionaal bedryf kan word en baie mense nie Afrikaans
magtig is nie. Stuur vir my
ePos en vra vir 'n gratis eBoek propvol wenke oor internet
bemarking. |
 |
| |
|
|
Die Resep |
|
Ek was nou die dag lus vir vrugtekoek en binne 'n japtrap het ek 'n
snytjie saam met my tee! Probeer dit gerus, dis njammies lekker! |
|
Blitsvinnige Vrugtekoek
2 pakkies Marie beskuitjies (grof gebreek)
2 eiers
1 koppie (250ml) sagte bruin suiker
1 koppie (250ml) botter of margarien (verkieslik botter)
3 koppies (750ml) gedroogde vrugtemengsel (fruit mix)
75g glanskersies
2 sopies brandewyn of sjerrie
Smelt botter en suiker, moenie kook nie. Voeg vrugte by en kook vir 3
minute. Voeg geklitste eiers by. Roer vinnig na elke byvoegsel en kook
vir nog 2 minute. Voeg Marie beskuitjies, kersies, brandewayn of sjerrie
by en roer goed. Roer goed tot alles goed gemeng is. Plaas in gesmeerde
broodpannetjie wat uitgevoer is met waspapier wat ook gesmeer is. Druk
mengsel stewig vas en laat afkoel.Keer uit en strooi met versiersuiker
voor bediening.
|
|
|
Boeremusiekdagboek |
20 November 2004 - Boeremusiekgilde, Witwatersrandtak
Jaareindfunksie by Birchleigh Hoërskool
Adres: H/V Maroelastraat en Olienhoutlaan, Birchleigh
Vanaf 11h00 tot 22h00
Toegang: R10.00 volwassenes
R5.00 vir kinders onder 13 jaar
Worsbroodjies en slap "chips" sal te koop aangebied word.
Snoepie sal beskikbaar wees
Big screen rugby, SA vs Engeland
Kontakpersone: Sarie van den Heever by (011) 396 1999 of Willie
Mynhardt by 083 704 8655.
Vrystaat: Boeremusiekdag later in die jaar by die kampeerterrein
Kroon Park langs die rivier in Kroonstad maar die datum in nie
bevestig nie.
31 Desember 2004: 'n Deurnagdans word beplan vir 31 Desember
2004.
Vir alle Boeremusiek aangeleenthede kontak Kalie
by: 0825788907 |
|
|
|
Boereraat van die Week |
| !! Ek beveel sterk aan dat 'n apteker of dokter se
raad eers ingewin word voordat veral die medisinale rate gebruik word, ek
kan ongelukking nie verantwoordelikheid aanvaar as iets verkeerd gaan nie,
ek plaas die rate suiwer as interessante inligting. !!
|
|
|
Vir bloedklonte: 'n KLEIN
bietjie cinnamon (pypkaneel) in warm water elke dag werk wonders. Cinnamon is soos die
natuur se disprin. Dit verdun die bloed.
Klik
hier vir nog meer
Boererate |
|
|
|
Afrikaanse Lied |
|
Hier is iets nuuts! Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek |
|
HOE RY DIE BOERE?
Woorde: Tradisioneel
Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: PIERRE MALAN
Hoe ry die Boere? Sit, sit, so! Sit, sit, so! Sit, sit, so!
Hoe ry die Boere? Sit, sit, so! Sit, sit, so! Hoera!
Die Kaapse nooi sê: Ting-e-ling-e-ling! Ting-e-ling-e-ling, hoera!
Die Kaapse nooi sê: Ting-e-ling-e-ling! Ting-e-ling-e-ling, hoera!
Hoe ry die Boere? Sit, sit, so! Sit, sit, so! Sit, sit, so!
Hoe ry die Boere? Sit, sit, so! Sit, sit, so! Hoera!
Hoe fluit die Boere? Fluit, fluit, so! Fluit, fluit, so! Fluit, fluit
so!
Hoe fluit die Boere? Fluit, fluit, so! Fluit, fluit, so! [fluit die
note]
Die Kaapse nooi sê: [fluit die note] hoera!
Die Kaapse nooi sê: [fluit die note] hoera!
Hoe fluit die Boere? Fluit, fluit, so! Fluit, fluit, so! Fluit, fluit
so!
Hoe fluit die Boere? Fluit, fluit, so! Fluit, fluit, so! [fluit die
note]
Hoe dans die Boere? Polkadraai! Tiekiedraai! Tiekiedraai!
Hoe dans die Boere? Polkadraai! Tiekiedraai, ou perd!
Die Kaapse nooi sê: Ting-e-ling-e-ling! Ting-e-ling-e-ling, ou haan!
Die Kaapse nooi sê: Ting-e-ling-e-ling! Ting-e-ling-e-ling, ou haan!
Hoe dans die Boere? Polkadraai! Tiekiedraai! Tiekiedraai!
Hoe dans die Boere? Polkadraai! Tiekiedraai, ou perd!
Hoe skiet die Boere? Boem, boem, boem! Boem, Boem, boem! Boem, boem,
boem!
Hoe skiet die Boere? Boem, boem, boem! Boem, Boem, boem! Dis raak!
Die Kaapse nooi sê: Skiet nog een! Skiet nog een! Skiet raak!
Die Kaapse nooi sê: Skiet nog een! Skiet nog een! Skiet raak!
Hoe skiet die Boere? Boem, boem, boem! Boem, Boem, boem! Boem, boem,
boem!
Hoe skiet die Boere? Boem, boem, boem! Boem, Boem, boem! Dis raak!
Die teks is versorg deur F.J. Weideman; dit is saamgestel uit
verskillende variante wat bestaan vir dié volksliedjie.
|
|
|
Dit en dat.... |
|
Die Danville Hulpgroep
is nou ook betrokke by die
President Kruger Kinderhuis en die Margaretha Ackerman Tehuis asook in
Wolmer en die Andeon plotte! Indien enigsins moontlik, verleen asseblief hulp, hulle sal dit
vreeslik waardeer!
(Die
Danville Hulpgroep) |
|
|
|
|
Potjiekoskompetisies, reëls en beoordeling!
Klik hier! |
|
|
|
|
Ek versamel yskasmagnete van buite Suid
Afrika,
kontak my
en dan ruil ons uit! |
|
|
|
op my webwerf |
|
|
|
|
Elkeen van my nuusbriewe bevat 'n goeie Afrikaanse artikel, 'n tikkie
humor, 'n Tradisionele Afrikaanse resep en die woorde van 'n Afrikaanse
lied, gaan kyk gerus in die
Argiewe na vorige
uitgawes |
|
|
|
|
Ek sal enige
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
|
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
|