|
|
| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer 53 |
'n Passie vir
Afrikaans |
7 November 2004 |
|
Wees gegroet!
Ek was nou die dag
by Auto Africa Motorskou in Johannesburg en het 89 baie mooi fotos op 'n
CD. Klik hier vir meer
inligting
Hier is iets
interessants! Ek kry uit die bloute 'n ePos van Rayners Bakery in
Wimbledon, Engeland. Hulle verskaf bunny chows, boerie rolle, melktert,
biltong droëwors an noge vele ander lekkernye. Nie net dit nie, maar
hulle het ook 'n webcam en mens kan van jou rekenaar in hulle winkel
sien! Klik op hulle
skakel
en kyk wat gaan in die winkel aan! Die usernaam en wagwoord vir die
kamera is in beide gavalle 1111. Is tegnologie nie wonderlik nie!
Wil jy graag
geldmaak op die internet deur net mooi NIKS te doen nie! Julle dink
seker nou dat ek van my trollie af is. Maar gaan kyk en oortuig
jouself, klik hier!
(Die bladsy is in
Engels)
Ek is nie 'n
wyndrinker nie, eintlik verkies ek Coke as ek nou regtig iets saam met
'n maaltyd wil geniet, daarom weet ek nog steeds nie watter wyn saam met
watter kos gaan nie. Vir die van julle wat ook nie seker is nie en graag
wil weet, lees Frik Lombaard se artikel hieronder:
Watter Wyn saam
met Watter Kos ?
Die algemene opvatting van watter wyn saam met watter kos gaan, is soos
volg: Rooiwyn saam met rooivleis en witwyn saam met wit vleis. Die rede
hiervoor is dat rooiwyn byvoorbeeld die delikate smaak van die vis sal
oorheers. Daar is uitsonderings op elke reël en hier is dit ook
natuurlik so.
Saam met gebraaide hoender, tuna en salmon kan jy gerus ‘n vrugtige
rooiwyn bedien. As jy ‘n gunsteling wyn het waarvan jy hou om te drink,
doen dit. Niks keer jou om jou gunsteling Chardonnay saam met jou steak
te geniet nie. Tradisionaliste sal my seker ophang oor hierdie stelling.
Vir my gaan dit daaroor dat jy behoort te eet en drink wat jy geniet.
Dit help nie jy drink Chardonnay saam met jou vis maar jy geniet nie die
wyn nie.
Soos ek voorheen gesê het: kos en wyn saam maak goeie en mooi
herinneringe. Die afgelope vakansie het ek en my vrou een aand ‘n
strand-piekniek gehou. In ons kos mandjie was daar vis en skyfies, kaas,
Fairview 2001 Shiraz en vrugte. By die strand aangekom het ek wyn vir
ons geskink en ons het dit saam met die vis en skyfies geniet. Daardie
aand het ek goeie geselskap gehad saam met goeie wyn. En ek kan julle
belowe ons het ook wonderlike herinneringe aan daardie aand.
Indien ek by die tradisionele reëls gehou het sou ek nie Shiraz kon
drink nie, maar dan sou ek chardonnay moes drink wat ek definitief nie
sou geniet het nie. Hier volg nog so ‘n paar reëls. Indien jou slaai ‘n
asyn basis slaaisous het, probeer maar om die wyn weg te hou want die
asynsmaak in jou mond kan dalk vir jou met ‘n onaangename smaak in die
mond laat.
Onthou net die reels is nie in klip uitgekap nie en hoef nie slaafs
nagevolg te word nie. Saam met steaks, geroosterde bees en lam gaan
Cabernet Sauvignon, Pinot Noir en Shiraz goed. Saam met vis is die beste
wyn om te bedien ‘n Sauvignon Blanc. Saam met mossels kan jy gerus
probeer om ‘n rooiwyn te bedien. Maar saam met kreef kan dit ‘n ramp
wees so bly maar saam met die wit daar.
Saam met hoender, vark en kalfsvleis is dit ook partykeer goed om bv. ‘n
Chardonnay te bedien. Maar as die geregte gebraai word dan kan jy kyk
daarna om ‘n Merlot te bedien want dit gaan goed saam met gebraaide
hoender. Daar is ietwat van ‘n probleem wanneer Kerrie bedien word. Die
wyn veroorsaak dat die brand net so effens erger is as normal. Hier sal
ek voorstel dat indien jy wel alkohol wil gebruik moet jy dan eerder ‘n
vonkelwyn voorsit.
Met vegetariese disse is dit heelwat moeiliker om wyn by disse te plaas
maar hier stel ek voor dat met die swaarder disse soos boontjies ‘n
rooiwyn voorgesit word en met die ligter groener groente, ‘n witwyn.
By Kaas en Wyn is daar ook maar reëls wat gevolg moet word. Maar ek het
al baie gesien dat op ‘n Kaas en Wyn daar net gesorg moet word dat daar
‘n goeie verskeidenheid kase en wyne is. Want die mense drink en eek
volgens hulle voorkeure op so ‘n partytjie.
Geniet u wyn en kos en eksperimenteer maar met verskillende disse en
verskillende soorte kos. Dit doen nie skade nie.
n
Paar ekstra Randjies in jou sak net so voor Kersfees sal darem maar
handig te pas kom, hier is 'n geleentheid om jou maandelikse kort termyn
versekeringspremies te verminder.
Klik hier vir 'n gratis aanlyn kwotasie en oortuig jouself!
Ek sien hier's plek
vir nogge storie, die een van Tienie Holtzhausen:
Doos oppie troue
Hoewel ek 80% van die tyd
aandik en sommer plein lieg in die die meeste van my stories, is hierdie
regtig so: Dit was op my troudag. My troue sal seker vandag deur baie
mense as kommin gesien word, maar vir my was dit heerlik en ontspannend
en ek het vere gevoel vir status. Regtig vere. My trourok was deur 'n
tannie in Rietfontein wat van haar huis af klere maak, die materiaal is
op 'n uitverkoping gekoop, die min blomme was iewers baie goedkoop gekry
en daar was nie lysies na winkels gestuur vir geskenke nie. Ons het 'n
saal vd Vroue-Landbou-unie gehuur en dit was ook my ma en die tannies vd
VLU wat die kos gemaak het. Ons het 'n dag voor die tyd die saal gaan
opmaak met balonne, streamers en linte. Die dag van my troue was 'n
jollie affêre. Ons pelle het die sjampanje goed benut en hulle gate uit
geniet. Ek moes met almal, maar almal dans, en dit was ongeloofllik
lekker. Op 'n stadium prop ene sy wynglas in my hand, gee my opdrag om
met sy ander vriend verder te dans en neem my af met die wynglas in my
hand, waar ek dans dat die wit sjifonne van my rok so om my swaai. Die
foto het mooi gekom en is geraam!! Teen die einde het ek sommer so in my
trourok help geskenke kar toe dra. Dis toe ekke afkom op 'n
kartonhouertjie, wat een vd VLU tannies vir my gered het. Propvol klein
frikkadelletjies, koue boudvleis, gevulde kerrie-eiers en melktertjies
en koeksisters. Sy was seker bang iemand gaps die boksie, toe skryf sy
op die boksie: *Die bruid se doos*. Maar die woord *doos* is onsuksesvol
doodgekrap en vervang met boks. En die handskrif wat lg geskryf het, was
onmiskenbaar my ma s'n. Ons het baie lekker gegiggel. Ek mis my dierbare
opregte ou moedertjie baie. Groete, Tienie
Die ou
bekende Barclaykaart is terug in Suid Afrika.
Klik hier om aanlyn aansoek te
doen, hulle lewer die kaart sommer by jou huis of werk af! Dis mos nou
DIENS!
|
 |
|
My Webwerf se Soekenjin |
|
Vind enigiets op my webwerf, tik 'n sleutelwoord
in die blokkie en Klik. Soek resepte, bestanddele, plekname ens.
Klik op webkaart vir 'n kaart van my webwerf |
|
|
|
|
|
|
'n Tikkie Humor |
|
Die ligter kant van
kerk afkondigings
Vir alle ma's wat klein kindertjies het en dit
nie weet nie - ons het 'n moederskamer net langs die kerk.
Die blomme in die kerk sal geskenk word aan diegene wat siek is na die
erediens.
Volgende week word die kerkraadsvergadering Woensdag om sewe-uur gehou,
en die predikant van Sondag is in die konsistorie opgeplak.
Basaarafkondiging: Almal welkom! Kom gerus as jy niks aanhet nie en kom
deel in die pret.
Ons gemeente gaan vanaand lekker melkskommels in die kerksaal drink, sal
alle vroue wat melk skenk asseblief reeds om 18h00 daar wees.
Ten tye van die predikant se siekte : Die Here is goed, ons predikant is
beter.
Ons het vanaand 'n byeenkoms in beide die oostelike vleuel en die
westelike vleuel van ons kerkgebou. Babas sal beide kante gedoop word.
Alle vrouelidmate kom Woensdag die elfde in die biblioteeksaal bymekaar
vir 'n praatjie oor die hemel. Hoe jy daar kan kom? Vervoer is
beskikbaar om 19h00 vanaf die bushalte oorkant die hotel.
Eerskomende Sondag sal daar 'n spesiale kooruitvoering wees, waarna die
kerk gesluit sal wees vir herstelwerk.
'n Nuwe luidsprekersisteem is in die kerk geinstalleer. Dit is 'n
geskenk deur een van ons gemeentelede ter herinnering aan sy vrou...
Weight Watchers het weer vanaand hulle byeenkoms in die saal. Gebruik
asseblief die dubbeldeure van die syingang.
November die negentiende om tienuur. Oggenddiens : Ds. Bruwer - Die
wereld se grootste probleem
|
|
|
Geldmaak op die Internet??
Virseker! |
|
Ek het nou 'n splinternuwe
"eBiz" gedeelte op my
webwerf. Hier is van alles en nogwat oor besigheid bedryf op die
internet en internet bemarking, spesifiek gemik op werk van die huis
af. Klik hier en kom maak 'n draai. Ek het uiteindelik besluit om
die afdeling in Engels te doen aangesien Internet besigheid en
bemarking internasionaal bedryf kan word en baie mense nie Afrikaans
magtig is nie. Stuur vir my
ePos en vra vir 'n gratis eBoek propvol wenke oor internet
bemarking. |
 |
| |
|
|
Die Resep |
|
Hier is nog een van die lipleklekker resepte in Anna Eksteen se resepte
eBoek. Klik gerus hier
om meer van die eBoeke te lees. 'n Resepte eBoek maak die ideale
geskenk, geen posgeld om dit na daardie spesiale persoon selfs in 'n
ander land te stuur nie, stuur net per ePos! |
|
WILDSVLEISBOBOTIE
50ml olie
1 ui, gekap
15ml kerriepoeier
750g gemaalde wildsvleis;
7ml sout
37,5ml bruin asyn
37,5ml fyn appelkooskonfyt
1 Granny Smith-appel, grof gerasper
50ml pitlose rosyne
1 sny witbrood
350ml melk
2 eiers
5ml borrie
4 vars suurlemoen- of lourierblare.
Verhit die olie in 'n swaarboomkastrol en soteer die ui tot sag en
deurskynend. Voeg die kerrie poeier by en braai dit 1 minute lank. Voeg
die maalvleis by en braai dit totdat die vleis verbruin. Voeg die sout,
asyn, appelkooskonfyt, appel en rosyne by. Plaas die deksel op en prut
dit 10 minute lank. Week die brood in melk. Druk die melk uit en voeg
die brood by die vleismengsel. Skep die vleismengsel in 'n vuurvaste
oondskottel. Klits die eiers en melk saam en voeg borrie by. Druk die
suurlemoen- of lourierblare in die vleismengsel en giet die eiermengsel
bo-oor . Bak dit 40 minute lank in 'n voor verhitte oond teen 180C
totdat die vla gestol het.
....en as 'n bonus, hier is 'n resep wat vriendin Rentia vir my gestuur
het:
GEBAKTE OPGESTOPTE HOENDER
2.7 tot 3.5 kg hoender
1 koppie gesmelte botter
1 koppie stopsel
1 koppie ongekookte popcorn
sout en peper na smaak
Voorverhit oond tot 350 grade. Smeer hoender goed met gesmelte botter,
sout en peper. Vul hoender met stopsel en popcorn. Plaas in oondpan met
nek na agterkant van oond gedraai.
Luister vir pop geluide....!
Wanneer die hoender ontplof en die oond deur oopskiet sal die
hoender deur die vertrek vlieg......... die hoender is gaar!!!!
Jy het gedink ek weet niks van kook nie ne?? (Nou WEET ek jy kan nie -
Peter)
|
|
|
Boeremusiekdagboek |
6 November: Ermelo, Stigting van Mpumalangatak
kontak: Sakkie du Plessis: 082 805 5820 of vir akkommodasie: die
Plaasoord: tel en faks: 017 811 4216
20 November: Vaaldriehoek funksie in Sasolburg. Sasolburg
klubsaal - begin om 10:00.
Vrystaat: Boeremusiekdag later in die jaar by die kampeerterrein
Kroon Park langs die rivier in Kroonstad maar die datum in nie
bevestig nie.
31 Desember 2004: 'n Deurnagdans word beplan vir 31 Desember
2004.
Vir alle Boeremusiek aangeleenthede kontak Kalie
by: 0825788907 |
|
|
|
Boereraat van die Week |
| !! Ek beveel sterk aan dat 'n apteker of dokter se
raad eers ingewin word voordat veral die medisinale rate gebruik word, ek
kan ongelukking nie verantwoordelikheid aanvaar as iets verkeerd gaan nie,
ek plaas die rate suiwer as interessante inligting. !!
|
|
|
Seer keel - Sny ui in skywe en bind om nek met flennielap.
(Wie weet, dalk begin jy selfs 'n nuwe mode by die werk!)
Klik
hier vir nog meer
Boererate |
|
|
|
Afrikaanse Lied |
|
Hier is iets nuuts! Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek |
|
KOM, KYK HOE BRAND DIE VURE
Woorde: PIETER DE WAAL
Musiek: M.L. DE VILLIERS; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS
Kom, kyk hoe brand die vure,
die vonke spat en die rokies draai,
die tannies dans dat die rokke swaai,
so om die braaivleisvure.
Kom, kyk hoe brand die vure,
dis pannekoek en boerewors
en lekker koffie vir die dors,
so om die braaivleisvure.
Kom, kyk hoe brand die vure,
kom, kyk hoe brand die vure.
|
|
|
Dit en dat.... |
|
Die Danville Hulpgroep
is nou ook betrokke by die
President Kruger Kinderhuis en die Margaretha Ackerman Tehuis asook in
Wolmer en die Andeon plotte! Indien enigsins moontlik, verleen asseblief hulp, hulle sal dit
vreeslik waardeer!
(Die
Danville Hulpgroep)
Daar is nuus en fotos oor die seuns en dogterskampe asook beplanning vir
die Kersboom! |
|
|
|
|
Potjiekoskompetisies, reëls en beoordeling!
Klik hier! |
|
|
|
|
Ek versamel yskasmagnete van buite Suid
Afrika,
kontak my
en dan ruil ons uit! |
|
|
|
op my webwerf |
|
|
|
|
Elkeen van my nuusbriewe bevat 'n goeie Afrikaanse artikel, 'n tikkie
humor, 'n Tradisionele Afrikaanse resep en die woorde van 'n Afrikaanse
lied, gaan kyk gerus in die
Argiewe na vorige
uitgawes |
|
|
|
|
Ek sal enige
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
|
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
|