|
|
| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer 52 |
'n Passie vir
Afrikaans |
21 Oktober 2004 |
|
Wees gegroet!
Ek wil nou probeer
om van my langspeelplate op CD te kry. Op advies van Kalie en Wia in
Pretoria het ek die sagteware aangekoop, die kabel laat maak wat my
platespeler se versterker met die komper koppel en die ding werk nogal
heel maklik en vinnig. Kry nog net bietjie geraas by die musiek,
maar Kalie reken dis net 'n paar verstellings. Sal maar daar 'n draai
moet gaan maak sodat hy my kan wys watse "verstellings" om te maak! Is
daar enigiemand anders wat ook plate na CD kan skryf? Of iemand wat sou
belangstel om dit gedoen te kry?
Ons was toe vir 'n
week Umhlanga toe en ook by die nuwe uShaka Marine World in Durban 'n
draai gaan maak. Die akwarium is nogal heel interessant,
klik hier om van my fotos te sien.
Ek het 'n baie
goeie eBoek (in Engels) oor hoe om 'n besigheid op die Internet te
bedryf, propvol idees en wenke. Ek stuur dit met plesier, stuur my net
ePos en maak die onderwerp eBoek.
Ek sien 'n hele paar
mense het van my voorstel gebruik gemaak en 'n aanlyn kwotasie gekry by
Dial Direct vir hulle kort termyn versekering. Ek betaal nou 'n hele
R500 per maand minder!
Klik hier om jou blitsvinnige kwotasie te kry.
Hier is nog een van
Minettee Brink se artikels, lees en geniet en as julle daarvan hou,
stuur vir Minette ePos
en laat haar weet!
Verkeer
deur Minette Brink
EN vandag ‘n baie spesiale woordjie van dank aan die spietkop wat nou
die dag geskitter het in sy afwesigheid en daardeur kwaaivriendskappe in
die Erosverkeer tot stand gebring het.
Ja, dit was koud en dit kan nie die mees verbysterende aangename werk
wees om van 7 uur soggens vir ‘n volle 15 minute die gapende ouers en
kinders jy-mag-ry-hey-jy-moet-bly-tekens te gee nie.
Maar ons het jou nodig, meneer, want ons kan nie vir onsself dink op die
pad nie.
Dis ‘n wêreldbekende feit dat Namibiërs nie die mees geduldige
padgebruikers is nie. Min indien enige van hulle weet van ‘vleg.’ Dis
nou wanneer jy die grootsheid van gees en welwillendheid het om sowaar
toe te laat dat die ander ou eerste ry of sê maar na ‘n rugbywedstryd,
met die strome karre uit alle windrigtings, BEURTE MAAK om te ry.
Maar hoekom sal ons dit nou wil doen? Dit sal beslis blywende skade aan
die opgeblase egos rig indien plaaslike motoriste nie op die ou voor
hulle se agterente kan ry nie, verskeie vingertekens en handgebare as
maatreël vir uitstekende bestuursvernuf mag beskou nie en nie meer
‘eerste’ kan wees nie. Hoe uiters belaglik.
Maar terug by oom Spietkop voor die Eros Laerskool. Laasweek moes
tweehonderd werkers beslis afdanking in die gesig staar omdat hulle ‘n
halfdag laat was vir werk. En dit oor die oom se afwesigheid en die
onvermoë om…ja, reg geraai, te vleg.
En dit bring my by die volgende teikens van my argwaan. Hoe dink jy,
tannie met die reuse kar, moet die res van ons verby jou hengse agterent
(jou motor s’n…voor ek weer gedagvaar word) wanneer jy halfpad in die
middel van die DUBBELBAAN-inrit by die skool stilhou om jou spruitjie af
te laai? Sodat die verkeer van die skoolhek af so begin ophoop dat mense
tot in Okahandja en Rehoboth tot stilstand gedwing word. Maak dit
werklik vir jou sin?
En oom met die intimiderende bakkie, jy spin so mooi op die klippertjies
op die parkeerarea, maar kyk tog volgende keer in die truspieëltjie na
die getjipte ruite en die gewonde kinders wat in jou stofwolk agterbly.
Gelukkig is hier ‘n Reikiman oppad Windhoek toe en soos ek van dié
bedryf gelees en gehoor het, is hy as’t ware ‘n spietkop vir die psige.
Miskien is dit wat ek kort, om net weer die aanwysers hier binnekant
raak te sien. Want dit wil my voorkom of ek besig is om oud te word,
geestelik meer as fisies. Vergeet van die ses (ek het hulle self getel)
grys hare wat my verlede week in die spieël verblind het, vergeet van
die plooie om die oge en die mond. Dis die nie-meer-lus-nie van die gees
wat my bang maak. Waar is die dae wat ons in die kar gespring het om
voor die son by Swakop te wees. Om net tot daar te ry, te sug oor die
mooi en dan terug te ry. Deesdae moet ons in diepte beplanning doen net
om Avisdam toe te gaan. Oor en weer kuiers is uit as die pêl verder as 5
kilometer van my huis af bly. Slegtigheid, niks anders nie.
En toe, asof iemand ons treurmare vir ‘n slag as ‘n saak van diepe erns
besef het, kom sing Rodrigues vir ons op Otjiwarongo. Maar dis ‘n storie
vir ‘n ander dag. Sal die spietkop môre op sy pos wees? Maak dit regtig
nog saak?
Ek wonder...
|
 |
|
My Webwerf se Soekenjin |
|
Vind enigiets op my webwerf, tik 'n sleutelwoord
in die blokkie en Klik. Soek resepte, bestanddele, plekname ens.
Klik op webkaart vir 'n kaart van my webwerf |
|
|
|
|
|
|
'n Tikkie Humor |
|
Met verskoning aan die blonde lesers:
Hoekom staan 17 blondes buite die kroeg en wag ?
Want hulle moet 18 wees om in te kan gaan.
Hoekom gooi die blond krummels in die toilet ?
Voer die Toilet Duck.
Hoekom maak die blond net een skoenveter vas ?
Want op die skoen staan "Taiwan".
Hoekom staar die blond vasgenael na die resepteboek ?
Die resep se: "Moenie roer nie".
Hoekom hou die blond lee bottels in die yskas ?
Dis vir vriende wat nie drink nie.
|
|
|
Geldmaak op die Internet??
Virseker! |
|
Ek het nou 'n splinternuwe "eBiz" gedeelte op my
webwerf. Hier is van alles en nogwat oor besigheid bedryf op die
internet en internet bemarking, spesifiek gemik op werk van die huis
af. Klik hier en kom maak 'n draai. Ek het uiteindelik besluit om
die afdeling in Engels te doen aangesien Intenet besigheid en
bemarking internasionaal bedryf kan word en baie mense nie Afrikaans
magtig is nie. |
 |
| |
|
|
Die Resep |
|
Hier is nog een van die lipleklekker resepte in Anna Eksteen se resepte
eBoek. Klik gerus hier
om meer van die eBoeke te lees. 'n Resepte eBoek maak die ideale
geskenk, geen posgeld om dit na daardie spesiale persoon selfs in 'n
ander land te stuur nie, stuur net per ePos! |
|
SUIKERMIELIEPASTEI MET KAAS
250ml warm melk
60g sagtebroodkrummels
50ml botter
sout
peper
5ml mosterdpoeier
knippie rooipeper
1 blik geroomde suikermielies
100g cheddarkaas, gerasper
3 ekstra groot eiers, geskei
Voorverhit die oond tot 180C. Spuit ‘n 24cm oondbak met kleefwerende
middel. Giet die warm melk oor die broodkrummels. Voeg die botter by en
geur met sout, peper, mosterdpoeier en rooipeper. Voeg die suikermielies
en kaas by en meng. Voeg ook die eiergele by. Klits die eierwitte tot
dit sagte punte vorm en vou by die mengsel in. Giet in die voorbereide
oondbak, plaas in ‘n groter oondvaste bak wat halfvol gevul is met
kookwater en bak 40-60 minute lank of tot die mengsel gestol en effens
bruin is van bo. Dien dadelik op saam met slaai.
|
|
|
Boeremusiekdagboek |
6 November: Ermelo, Stigting van Mpumalangatak
kontak: Sakkie du Plessis: 082 805 5820 of vir akkommodasie: die
Plaasoord: tel en faks: 017 811 4216
20 November: Vaaldriehoek funksie in Sasolburg. Sasolburg
klubsaal - begin om 10:00.
Vrystaat: Boeremusiekdag later in die jaar by die kampeerterrein
Kroon Park langs die rivier in Kroonstad maar die datum in nie
bevestig nie.
31 Desember 2004: 'n Deurnagdans word beplan vir 31 Desember
2004.
Vir alle Boeremusiek aangeleenthede kontak Kalie
by: 0825788907 |
|
|
|
Boereraat van die Week |
| !! Ek beveel sterk aan dat 'n apteker of dokter se
raad eers ingewin word voordat veral die medisinale rate gebruik word, ek
kan ongelukking nie verantwoordelikheid aanvaar as iets verkeerd gaan nie,
ek plaas die rate suiwer as interessante inligting. !!
|
|
|
Knoffelasem - Voeg by 'n
kwart glasie melk 'n halwe teelepel vanielje essens, verhit so effens in die
mikrogolfoond en drink dit.
Klik
hier vir nog meer
Boererate |
|
|
|
Afrikaanse Lied |
|
Hier is iets nuuts! Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek |
|
SIEMBAMBA
Woorde: Tradisioneel en C.J. LANGENHOVEN: Vers 1, 2, 3, 4, 5
Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: H. PIETER VAN DER WESTHUIZEN, 1978
[Tradisioneel]
Siembamba, mama se kindjie,
Siembamba, mama se kindjie
--draai sy nek om, gooi hom in die sloot;
trap op sy kop dan is hy dood.
[C.J. Langenhoven]
Siembamba, ek is 'n baba,
Siembamba, ek is 'n baba
--pas my veilig op in die nood,
sus my liefies op die skoot.
Siembamba, ek is 'n seuntjie,
Siembamba, ek is 'n seuntjie
maar jy sal sien ek is net nou groot;
slaan maar orige kêrels dood.
Siembamba, ek is 'n jonkman,
Siembamba, ek is 'n jonkman
--tel my nou maar af van die skoot;
ek slaan self die kêrels dood.
Siembamba, ek is getroud nou,
Siembamba, ek is getroud nou
--maar sy dink ek is nog op die skoot,
wil nie glo nie ek is groot.
Siembamba, almal babas.
Siembamba, almal babas
--al die mans is danig groot--
almal babas tot hul dood.
|
|
|
Dit en dat.... |
|
Die Danville Hulpgroep
is nou ook betrokke by die
President Kruger Kinderhuis en die Margaretha Ackerman Tehuis asook in
Wolmer en die Andeon plotte! Indien enigsins moontlik, verleen asseblief hulp, hulle sal dit
vreeslik waardeer!
(Die
Danville Hulpgroep) |
|
|
|
|
Potjiekoskompetisies, reëls en beoordeling!
Klik hier! |
|
|
|
|
Ek versamel yskasmagnete van buite Suid
Afrika,
kontak my
en dan ruil ons uit! |
|
|
|
op my webwerf |
|
|
|
|
Elkeen van my nuusbriewe bevat 'n goeie Afrikaanse artikel, 'n tikkie
humor, 'n Tradisionele Afrikaanse resep en die woorde van 'n Afrikaanse
lied, gaan kyk gerus in die
Argiewe na vorige
uitgawes |
|
|
|
|
Ek sal enige
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
|
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
|