|
|
| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer 51 |
'n Passie vir
Afrikaans |
8 Oktober 2004 |
|
Wees gegroet!
Voor julle verder
lees wil ek nat graag dat julle na die volgende sal gaan kyk. Dit is
terugvoer van Elsabe oor van hulle projekte by die Danville Hulp Groep.
Hierdie is fantastiese werk wat gedoen word deur ons mense vir ons
minder bevoorregte mense,
klik hier om te gaan kyk wat hulle doen, en as julle enigsins
kan help op enige manier, doen dit asb!
Ek stuur twee
nuusbriewe uit, hierdie een in Afrikaans en nog een in Engels. Ek gaan
hulle van nou af om die beurt uitstuur, die Engelse een om en by
aan die gegin en die middel van die maand en hierdie een om en by die
7de en 21ste van die maand. As julle na die Engelse een wil gaan loer en
dalk ook inteken, klik
hier. Elke nuusbrief het 'n Suid Afrikaanse resep tema met 'n
paar resepte en ook plaas ek 'n artikel oor 'n krui in elke nuusbrief.
En hier is nou iets vir almal van julle wat al
gedink het om 'n internet (ePos) tuisbesigheid te begin. Vir die
afgelope paar maande soek ek nou al hoog en laag na iets wat
moontlik kan werk, meeste instansies wil 'n bedrag geld hê voordat
hulle enige info wil gee, met ander moet jy 'n polis koop wat jou
elke maand gaan geld kos, van sommige hoor mens net nie weer nie. Ek
het nou my bevindinge en aanbevelings in 'n Word dokument en sal dit
met plesier aan enigiemand stuur wat vir my 'n ePos sal stuur en vra
daarvoor. En moenie worry nie, dis gratis!
Stuur my ePos by
peter@funkymunky.co.za
Ons is weg van die 11de tot die 16de so as ek nie
dadelik antwoord nie wees biekie geduldig! Ons gaan see toe!!! |
Ons het toe mos in
die Rustenburg Kloof gaan kamp oor die lang naweek, baie lekker gewees,
bietjie winderig maar mooi weer andersins. Ek het 'n Yahoo Groep en ons
het 'n kompetisie gehou waar die mans in die groep op hulle eie 'n
driegang maaltyd moet voorberei, die dames reken mos ons is te vol
fiemies as dit by hulle kos kom en ons moet bewys ons kan dit self beter
doen. My Groep se lede is wêreldwyd en behalwe myself was daar
deelnemers van Melbourne en Fairbanks in Alaska. Siende dat ons gaan
kamp het ek besluit om kampkos voor te berei, 'n osstert potjie
met souskluitjies, 'n bier en biltong potbrood en plaatkoekies met
pynappel Die souskluitjie (of dambie) was een enkele souskluitjie waar
jy die deeg bo oor die inhoud van die potjie smeer en dit dan so laat
gaar stoom in teenstelling met die meer gewone kleiner kluitjies. Kilk
hieronder om die resultaat vam my pogings te sien, ek sal op aanvraag
die resepte van die disse uitstuur,
ePos
my net. (Die resepte is in Engels) Klik op die fotos om 'n groter
weergawe te sien.
|
 |
 |
|
Osstertpotjie met dambie |
Plaatkoekies met pynappel |
|
 |
 |
|
Bier en biltong potbrood |
Die ete |
Die Kloof storie
laat my nou aan die goeie ou dae dink to ek as jong bankklerkie van
Mahalapye na Rustenburg verplaas het. Die tyd tussen 1969 en 1973 hou
baie aangename herinnerings vir my in. Daar was 5 van ons wat Renault
Alconi's besit het en ons het ons aande deurgebring voor Tony's Cafe
daar by die stadsaal. As ons ingaan Tony's toe vir coke en slapchips het
ons altyd die parkeerligte van die Renaults aangelos, soort van ons
kenteken! Goeie ou dae, daardie. Ons kom nou redelik gereeld in
Rustenburg en ek ken amper nie meer die plek nie!. Wonder of van die
jongmense van die vroee 70's hierdie lees en met my in aanreking wil kom,
Julle is welkom, hier is my
ePos.
Hier is nog een van
Frik Lombaard se kos artikels, alles oor Hoendergatvere
Cocktails
Alles in die lewe het ‘n oorsprong, maar partykeer baklei mense om hulle
weergawe van die oorsprong as waar en korrek te verklaar. So is dit ook
nie anders met Cocktails nie. Die oorsprong kan moeilik bepaal word, en
gelukkig ook so vir ons, want nou is hier ‘n paar interessante stories
om te lees.
Gedurende die Revilisoeinere Oorlog in Amerika van 1763 tot 1810 het die
Franse en Amerikaanse soldate gereeld besoek gebring aan die kroeg
Hall’s Corner in New York. Daar het die kroeg dame ‘n drankie bedien wat
sy Betsy’s Bracers genoem het. Amerikaanse soldate het gereeld
hoenderhane gesteel by die Britse troepe. Nou is die storie onduidelik,
maar lyk my die hane het saam met die manne gaan drink.
Elke keer as hulle Betsy’s Bracers gedrink het, het die Amerikaanse
soldate geskreeu “Here’s to the divine liquor which is as delicious to
the palate, as the cock’s tail is to the eye”, waarop die Franse soldate
dan geskreeu het “Vive Le Cocktail”.
‘n Volgende storie is van ‘n ander kroeg ook in NY waar die kroeg
eienaar stories aan die kliënte vertel het en ook sy mooi dogter daar
laat werk het om guns te wen by sy kliënte. Peggy, die eienaar se dogter,
het glo ‘n sterk en gevaarlike konkoksie gemaak, waarvan sy die resep
geheim gehou het.
Peggy was verlief op ‘n matroos en toe hy eendag terugkom van sy
ervaringe af het hy en sy geliefde vegtende hoenderhaan saam gehad. Die
hoenderhaan se naam was Lighting. So het Peggy dan vir die matroos en
die haan ja gesê. Die aand na die troue in die bed, toemaar ek weet, het
Lighting gekraai (of het hy dalk gelag) en een van sy stertvere het
losgekom en in een van die drankies geval. Peggy was so opgewonde (oor
‘n haan se veer, ek glo nie) dat sy uitgeroep het Lighting het die
drankie sy naam gegee “Cocktail”.
Hier volg net so ‘n paar ongewone Cocktails uit Rocce de Villiers se
boek Roctails.
Hier is my gunsteling
Jalatini
Die byskrif by hierdie een is “This one will change your blood group”
Chilli
2 Dele Vodka
½ t fyn gekapte jalapeno
½ t gerasperde suurlemoenskil
fyngekapte knoffel na smaak
ys
Plaas ‘n klein chilli in die glas. Plaas die ander bestanddele in ‘n
cocktail shaker en skud goed. Gooi in glas en geniet.
Hier is nog ‘n egte Suid Afrikaanse cocktail. Nou wonder ek wat sal ‘n
mooi afrikaanse woord wees vir cocktail. Hoendergatvere ? Laat weet my
asb wat ons cocktails kan noem in Afrikaans. Die regte benaming is mos
skemerkelkie maar kan ons nie ‘n ander benaming kry nie.
Kruisement blare
½ mampoer verkieslik Pynappel
2 Dele Cape Velvet
Ys
Kneus kruisement blare en gooi in cocktail shaker saam met mampoer.
Gooi Cape Velvet en ys by
Skud drink en geniet
|
 |
|
'n Tikkie Humor |
n Trokdrywer is op die N1 toe hy skielik `n klein geel mannetjie
in die middel van die pad sien. Die mannetjie huil hartverskeurend. Die
drywer stop en vra wat fout is.
'Ek is geel, kom van Venus af, is gay en baie honger.'
'Wel', sê die drywer, 'ek kan vir jou`n toebroodjie aanbied, maar dit is
al wat ek kan doen.' Hy gee die toebroodjie aan die geel mannetjie en ry
aan.
'n Klein entjie verder, sien hy `n huilende rooi mannetjie in die middel
van die pad. Ietwat gefrustreerd, stop hy en vra wat fout is.
'Ek is rooi, kom van Mars af, is gay en baie dors.'Die drywer sug en sê:
'Al wat ek vir jou het, is `n blikkie Coke' en hy gee dit vir die rooi
mannetjie.
Nog `n ent verder, is daar `n klein blou mannetjie in die middel van die
pad. Erg geirriteerd, stop hy, draai sy venster af en vra hoogs ongeskik:
'Ja, jou simpel klein blou moffie, van watse f****n planeet is jy en wat
wil jy hê?`
Die klein mannetjie antwoord: 'Jou bestuurslisensie asseblief, Meneer'
|
|
|
Geldmaak op die Internet??
Virseker! |
Is jy 'n skrywer en wil jou meesterstuk publiseer?
Ek doen dit vir jou in eBoek-formaat! Die koste verbonde aan so 'n
boek is minimaal en dit kan dmv ePos of 'n webwerf wêreldwyd
bemark word Kontak
my vir besonderhede.
|
|
Betaal jy dalk
teveel vir jou korttermyn versekering?
Klik hier vir 'n vinnige gratis aanlyn kwotasie en kyk
hoeveel jy kan spaar. Ek het persoonlik R600 per maand gespaar.
|
|
|
|
|
|
Klik hier vir meer
geldspaar/geldmaak moontlikhede op die internet!! |
|
|
|
Die Resep |
|
Hier is nog een van die lipleklekker resepte in Anna Eksteen se resepte
eBoek. Klik gerus hier
om meer van die eBoeke te lees. 'n Resepte eBoek maak die ideale
geskenk, geen posgeld om dit na daardie spesiale persoon selfs in 'n
ander land te stuur nie, stuur net per ePos! |
|
Hier is 'n heel eenvoudige dis wat ek dink selfs ek sal kan maak.
Klink na iets wat lekker sal wees waar mens uitkamp
BOELIEBIEF SKYWE
DEEG:
400ml koekmeelblom
knippie sout
2ml bakpoeier
110g margarien, gerasper
200ml melk
1 eiergeel
VULSEL:
1 blik boeliebief in blokkies gesny (275g) 30ml mayonnaise
2-5ml mosterdpoeier
bietjie worcestersous
30ml gekapte pietersielie
250ml gerasperde Cheddar kaas
Voorverhit die oond tot 200C. Spuit ‘n klein broodpan met kleefwerende
middel. Sif die droë bestanddele saam en vryf die margarien met jou
vingerpunte in tot goed gemeng. Meng die melk en eiergeel saam en meng
by. Die deeg sal slapperig wees. Druk die helfte van die deeg op die
bodem van die voorbereide pan vas. Meng die bestanddele vir die vulsel,
maar hou eenkant ‘n bietjie gerasperde kaas. Skep bo-oor en maak gelyk.
Versprei die res van die deeg oor die vulsel, sprinkel die oorblywende
kaas oor en bak sowat 20 minute lank of totdat die kors gaar is. Dien op
met blatjang. |
|
|
Boeremusiekdagboek |
8 Oktober 2004: Gilde AJV - Rooihuiskraal 15:00
9 Oktober 2004: Gilde Verjaardagfees!! Rooihuiskraal van
vroeg tot laat!
6 November: Ermelo, Stigting van Mpumalangatak
kontak: Sakkie du Plessis: 082 805 5820 of vir akkommodasie: die
Plaasoord: tel en faks: 017 811 4216
20 November: Vaaldriehoek funksie in Sasolburg. Sasolburg
klubsaal - begin om 10:00.
Vrystaat: Boeremusiekdag later in die jaar by die kampeerterrein
Kroon Park langs die rivier in Kroonstad maar die datum in nie
bevestig nie.
31 Desember 2004: 'n Deurnagdans word beplan vir 31 Desember
2004.
Vir alle Boeremusiek aangeleenthede kontak Kalie
by: 0825788907 |
|
|
|
Boereraat van die Week |
| !! Ek beveel sterk aan dat 'n apteker of dokter se
raad eers ingewin word voordat veral die medisinale rate gebruik word, ek
kan ongelukking nie verantwoordelikheid aanvaar as iets verkeerd gaan nie,
ek plaas die rate suiwer as interessante inligting. !!
|
|
|
Sweetvoete - Gooi wildeals in
skoene
Klik
hier vir nog meer
Boererate |
|
|
|
Afrikaanse Lied |
|
Hier is iets nuuts! Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek |
|
KAAPSE DRAAI
Woorde: DANIE BOSMAN
Musiek: DANIE BOSMAN; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS
Kyk hoe maak die kêrel daar 'n Kaapse draai,
Kaapse draai, Kaapse draai.
Kyk hoe ry die kêrel dat die stof so waai,
stof so waai, ai, ai.
Luister na die perde, dit galop, galop;
en die kar se wiele, dit gaan om, gaan om.
Selfs die draaghout antwoord met 'n klop, klop, klop;
en die kêrel skree hardop: "Pas op, ek kom!"
Wag vir my 'n bietjie by die Kaapse draai,
Kaapse draai, Kaapse draai.
Ek wil met jou saamry na Saldanhabaai,
ai, ai, ai, ai, ai.
|
|
|
Dit en dat.... |
|
Die Danville Hulpgroep
is nou ook betrokke by die
President Kruger Kinderhuis en die Margaretha Ackerman Tehuis asook in
Wolmer en die Andeon plotte! Indien enigsins moontlik, verleen asseblief hulp, hulle sal dit
vreeslik waardeer!
(Die
Danville Hulpgroep) |
|
|
|
|
Potjiekoskompetisies, reëls en beoordeling!
Klik hier! |
|
|
|
|
Ek versamel yskasmagnete van buite Suid
Afrika,
kontak my
en dan ruil ons uit! |
|
|
|
op my webwerf |
|
|
|
|
Elkeen van my nuusbriewe bevat 'n goeie Afrikaanse artikel, 'n tikkie
humor, 'n Tradisionele Afrikaanse resep en die woorde van 'n Afrikaanse
lied, gaan kyk gerus in die
Argiewe na vorige
uitgawes |
|
|
|
|
Ek sal enige
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
|
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
|