| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer 5 |
'n Passie vir
Afrikaans |
31 Oktober
|
|
Hallo
almal!
Ons begin met die
storie nan Silver en Dik Anna. Vriendin Wia, stuur nou die dag vir my 'n
MP3 van Dik Anna Polka. Op verdere navraag stuur sy toe ook die storie
van Dik Anna, hier is die in haar eie woorde, sy tik en Kalie, haar
vriend wat 'n boeremusiek kenner is lees voor!
Kalie sit en vertel en ek tik
vir hom. So hier's die storie van Dik Anna...
Ons weet nie presies wie Dik Anna was nie - Kalie sê seker maar 'n
gesette vriendin van ou Silver. In elk geval Silver De Lange het
ongeveer in 1920 begin Boeremusiek speel en het begin plate maak in
1930. Dik Anna is 'n baie gewilde nommer wat deur bykans alle
konsertinaspelers gespeel word. Volgens Kalie is dit relatief moeilik om
te speel okk.
Silver was sewe jaar lank verloof voordat sy verlowing verbreek is en hy
het toe ook nooit tot trou gekom nie. Die meisie aan wie hy verloof was
is ook kort na die verlowing verbreek is getroud met iemand anders.
Kalie het nou haar naam vergeet. Baie van sy komposisies het dan ook 'n
tema wat verband hou met die liefde bv. "Ver in die Vrystaat by jou", "Het
jy my nog lief?, " Jy breek by Hart" "Dierbaar is jy" ens. Meeste van
hierdie nommers is op die nuwe CD wat Kalie pas gemaak het. So dit lyk
asof ou Silver 'n romantiese ou was maar mens sal graag wil wonder
waarom hy so lank gewag het om die knoop deur te haak en die meisie
naderhand seker moedeloos geword het en toe maar 'n haastiger minnaar
gaan soek het... Nou ja as dinge anders verloop het sou sy musiek dalk
ook minder gevoelvol gewees het.
Interessant,
nè? Vir meer omtrent Boeremusiek, gaan na die skakel regs.
|
|
|
'n Tikkie Humor |
|
Met Kersfees net om die draai is die
volgende miskien van pas:
Kersvees is die moiste tyt van die jaar. Die meeste mense het dan vekansie,
ek ook. Ons het ook 'n krip in die sitkammer, wat Pa drie weeke voor
kersvees daar ingebring het en ek en my klyn sissie kan ook help. Baie
krippe is vevelig maar nie ons sin nie want daar is baie oulike figiere daar in.
Ek het eenkeer vir Josif en liwe Jesus op die stoof gesit dat hille nie kout
kry nie toe was dit te warm. Liwe Jesus het swart geword en Josif het
ytmekaar gebars, een van sy foete het in die deeg in geskiet en dit was nie
'n mooi gesig nie. Ma was baie kwaat en gese dat nie eers die hyliges
beskerm word deer my domgeit nie.
As Maria so sonder man en kind rondstaan lyk dit nie goet nie. Maar ek het
gelikkag baie figiere in my speelgoedboks en nou is Josif Donald Duck.
Vir liwe Jesus wou ek vir Asterix vat omdat hy die enigste een is wat so klyn is
dat hy in die voerbak kan pas maar Ma het gese dat liwe Jesus tog nie
Asterix kan wees nie dan liewer verbrant is beter. Nou is liwe Jesus swart
maar nog steets liwe Jesus. Agter liwe Jesus staan twee osse, 'n esel, 'n
seekoei en 'n brontosauris.
Die seekoei en die brontosauris het ek self daar ingesit want die osse en
die esel het so aleenag gelyk. Lings van die stal kom nou net die drie wyse
manne in. Een van die wyse manne het laas kersvees geval toe Pa hom wou
skoonmaak nou is hy heeltemal stikkend. Nou het ons net twee wyse manne en
'n wyse Batman.
Gewoonlik het die wyse manne baie giskenke vir liwe Jesus soos gout,
wierrook en pirpir of so iets. Ons sin het in plaas van gout 'n sygstokkiepapierkie wat so mooi blink. Die ander ene het prymtwak in sy hant omdat ons nie wierrook het nie, maar die prymtwak maak ook rook as mens dit aansteek.
Die wyse Batman het 'n pistool. Dit is nie eintlik 'n goeie giskenk vir liwe Jesus nie, maar daarmee kan hy hom teen die brontosauris beskerm. Agter die drie wyse manne is 'n paar rooihuid indiane en 'n glasengel. Een van die engel se voete is afgebreek, daarom sit hy nou op 'n moterviets sodat dit maklikker is vir hom. Nou kan hy met die moterviets ry as hy nie lis is vir vlieg nie. Regs van die stal het ons vir rooikappie gesit.
Sy het 'n pizza en drie kaasels (dis nou die bier wat Pa altyt drink) vir ouma saamgebring.
Ek het nie meer 'n wolf nie, nou loer daar 'n ninja tirtel agter die boom yt in die wolf se plek.
Daar is nie nog goet in die krip nie, want Ma het gese dis nou genoeg.
In die aant sit ons die lig aan dan lyk die krip eers regtig moi. Ons sit om die krip en sing kersveesliekies. Pety is baie moi maar die meeste is sommer vevelig.
As 'n mens weer sien is kersvees veby en sommer die jaar ook.
Die giskenke is ytgepak en 'n mens kry niks voor paasvees nie behalwe as jy
voor die tyt vejaar. Maar een ding is veseker: kersvees kom altyt weer. |
|
|
|
|
Die Resep |
Ek is mal oor sop, en nie net as dit koud is nie! "n Groot bord sop met
vars brood en botter is onverbeterlik!
Hierdie resep
kom van Anna Eksteen se uitstekende aflaaibare resepteboek, vir meer
uithaler Suid Afrikaanse resepte soos die een, kontak Anna soos volg:
035-7925058(w)
035-7727504(h)
vandykac@hotmail.com
|
|
BOONTJIESOP MET
SPEKBLOKKIES
500g pakkie droë suikerbone, oornag geweek in koue water
250g gerookte spek, in blokkies gesny,
1 varkpootjie
2.5 liter water
1 groot ui gekap
1 wortel, grof gerasper
65g (1blikkie) tamatiepasta
2 lourierblare
6 wonderpeperkorrels
3 kruienaeltjies
‘n paar gekapte takkies pietersielie
10ml bruinasyn
sout en varsgemaalde swartpeper
2 knoffelhuisies skoongemaak
olyfolie
Spoel bone af onder koue water en dreineer. Dompel varkpootjie vinnig in
kookwater en was goed af. Skep spek in ‘n groot kastrol en braai oor lae
hitte tot bros. Skep uit. Braai vark pootjie in dieselfde kastrol tot
bruin alkante. Skep bone by varkpootjie in kastrol en voeg water by.
Verhit tot kookpunt, en skep skuim af met gaatjieslepel. Voeg res van
bestanddele tot em met bruinasyn by, verhit tot kookpunt, verlaag hitte
en laat stadig prut met deksel op kastrol vir sowat 2½-3ure of tot bone
sag is. Geur na smaak met sout en swartpeper. Verwyder varkpootjie en
druk sommige van die bone fyn met ‘n aartappeldrukker. Proe en geur na
smaak indien nodig. |
|
|
|
|
|
Brokkies |
|
Kampeer
Ons word toe mos
uitgenooi vir 'n familiekamp een naweek in November. Dan is daar ook nog
die gemeentekamp volgende jaar, toe koop ons mos vir ons 'n tent!
Nogal groterig, kan 8 slaap, al is ons net drie, maar die vroumense wil
ook alles saamneem, so, nou het ons 'n 8-man tent! Ons besluit toe mos
om die ding te probeer opslaan voordat ons gaan kamp, sodat ons darem na
ou gesoute kampeerders kan voorkom wanneer dit by tentopslaan kom.
Die instruksies is so duidelik soos skrif in slap modder, maar na 'n
lang gesukkel staan die ding. Ons staan so trug en bekyk ons handewerk
toe ons opmerk dat daar nog dele tent in die tentsak is! En ons dog ons
was klaar! Ons slaan toe die tent af en geen manier kom dit weer
trug in die tentsak nie! Die ou wat dit daar ingekry het verdien 'n
medalje! So, ons sal weer 'n keer probeer voordat die kamp naweek
aanbreek, ons sal net moet! |
|
|
|
|
Diëet
Ek moes lankal
Weighless probeer het. Die kos is heel eetbaar en oorgenoeg,
sommer 5 keer per dag, net kleiner porsies. Dan is daar die bykomende
aansporing dat jou gewigsverlies aldan nie in 'n weeklikse vargadering
bekend gemaak word. Na die eerste week verloor ek 3.4 kg! |
|
|
|
|
Danville Kersboom
Elsabe is kliphard
besig met die nodige reëlings vor die Kersboom op die 6de Desember. Hou
maar die webblad en die Kersboom bladsy dop vir verwikkelinge, skakels
hieronder
(Kersboom en kinders se
wenslys) (Die
Danville Hulpgroep) (Kersboom) |
|
|
|
|
.Ek sal enige
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
| |
|
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
Peter-jasie |
|
|