|
 |
| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer
47 |
'n Passie vir
Afrikaans |
10 Sept 2004 |
|
Wees gegroet!
Hierdie week is die
nuusbrief 'n bietjie meer ernstig. Daar is van ons Afrikaners wat
regtig swaarkry. Ek is betrokke by die Danville Hulp Groep waar Elsabe
en haar span vrywilligers fantastiese werk doen vir die wat minder
bevoorreg is. Selfs Steve Hofmeyr het handjie bygesit en met 'n
limo daar gaan besoek aflê en die kinders vir ritte om die blok geneem
en die ouers moed ingepraat. Mooi so, Steve, ons is trots op jou.
Klik hier vir fotos van sy besoek.
Die publiseerders
van Afrikaanse e-nuusbriewe is nou besig om 'n databasis saam te stel van
Afrikaanse verskaffers van dienste per streek sodat ons ons mense kan
ondersteun.
Net laas week het
Elsabe 'n noodkreet uitgestuur vir twee wendyhuisies om van ons mense te
help wat onder seile gewoon het. Soos gewoonlik is gebede beantwoord en
het borge te voorskyn gekom vir die huisies en die mense het alreeds
ingetrek.
Ek kry toe ook die
volgende noodkreet in my ePos. Dit moet darem regtig moeilik gaan vir
iemand om trots in die sak te steek en so 'n brief te skryf. Voor ek
besluit het om dit te plaas het ek eers self seker gemaak dat die nood
werklik bestaan. Ek kan bevestig dat die dringende nood wel bestaan en
dat die persoon desperaat is.. As julle enigsins bereid is om te help,
doen dit gerus, hier is die brief:
Ek is nie 'n briefskrywer nie, inteendeel
ek kan nie onthou wanneer laas ek 'n brief vir iemand geskryf het nie,
maar nadat ek iets in 'n boekie gelees het, het ek besluit om van my te
laat hoor. Ek is 'n kind van die Here en bid al langer as 3 jaar vir 'n
probleem wat ek het, en kan nie verstaan hoekom my gebed nie verhoor
word nie. Die uittreksel uit die boekie lui
onder meer dat ons mense moet nader vir hulp. Die Here het mense gebruik
om ander te help.
Ek skryf nie hierdie om simpatie te soek
nie, ek skryf dit om hulp te soek van my mede ontvanger van hierdie
nuusbrief.
Ek is werklik in nood, maar ek is ook teleurgesteld in mense wat nie kan
hou by dit wat hulle belowe nie. Jy vertrou op mense
se eerlikheid vir dienste gelewer en al wat jy kry is mooi beloftes,
mooi wense en verder mooi niks! Ek is teleurgesteld in my eie
omstandighede, en is moedeloos, gebreek, hartseer, en as gevolg van
alles wat ek nou genoem het, is ek eensaam want mense wil nie betrokke
raak by ander se ellende nie.
Geld is nie die begin en einde van geluk nie, maar geld kan vir my na 3
jaar se bekommernis, stres, vrees, ongelukkigheid, slapelose nagte,
dalk net 'n paar deure oopmaak na geluk, gesondheid en vreugde.
As daar iemand is wat hierdie brief lees, en in sy/haar hart voel om my
eenmalig te ondersteun, sonder dat die welsyn, kerk, FBI en wie ook al
ingeroep word, en sonder dat ek eers my hele geskiedenis moet
verduidelik sal ek hulle ewig dankbaar wees.
As mense met opregte bedoelings my kontak sal ek my ware identiteit
bekend maak en my bankbesonderhede stuur. Om
vanselfsprekende redes gebruik ek hier 'n skuilnaam.
Omdat ek nie gereeld toegang het tot die internet nie, kan julle my
'n sms stuur op die volgende selnommer:0729665955 of
ePos na psalm25v17@yahoo.com
Catrien
Nou daar het julle dit, dit moes baie moed gekos het om so 'n brief te
skryf
Om aan te sluit by die nuusbrief se tema het ek al 'n rukkie terug 'n
lysie begin opstel met idees oor hoe om met baie min of geen kapitaal 'n
ekstra inkomste van die huis af te verdien.
Klik gerus hier en as
julle idees kan bylas, doen dit gerus. Ook op die
Danville Hulp
Groep webwerf het ons begin met 'n bladsy waar dienste aangebied
word en mense wat betrekkings soek kan adverteer.
Ek probeer altyd help waar ek kan maar ek help eerder vir ons
mense (Afrikaners) as vir "Volksvreemdes" soos Oubaas in 7de Laan
dit so goed uitdruk.
|
|
|
'n Tikkie Humor |
|
Die
man en vrou eet in die restaurant. 'n Pragtige blondine stap na hul
tafel, buk vooroor, soen die man innig, sê vir hom sy sien hom later en
stap dan weg.
Sy vrou is boos:"En wie is dit nogal?"
"O", sê die man, "Sy is my skelmpie"
"In daardie geval wil ek 'n egskeiding hê!" sê sy vrou.
"Reg" sê haar man: "maar jy moet onthou dat as ons skei sal daar geen
inkopietogte na Parys, geen vakansie in Griekeland, geen Mercedes in die
garage en geen gholflesse meer wees nie. Maar die keuse is joune."
Net toe sien sy vrou 'n kennis van hulle die restaurant saam met 'n mooi,
onbekende vrou binnekom.
"Wie is daardie vrou by Jim?" vra sy.
"Dis sy skelmpie," antwoord haar man.
"Ons s'n is mooier," sê sy vrou. |
|
|
Geldmaak op die Internet??
Virseker! |
Is jy 'n skrywer en wil jou meesterstuk publiseer?
Ek doen dit vir jou in eBoek-formaat! Die koste verbonde aan so 'n
boek is minimaal en dit kan dmv ePos of 'n webwerf wêreldwyd
bemark word Kontak
my vir besonderhede.
|
|
Betaal jy dalk
teveel vir jou korttermyn versekering?
Klik hier vir 'n vinnige gratis aanlyn kwotasie en kyk
hoeveel jy kan spaar. Ek het persoonlik R600 per maand gespaar.
|
Ek is op
soek na 'n paar mense om saam met my hulle eie nes eier op te bou en
terselfdertyd 'n ekstra geldjie verdien. Julle het almal al van die
Clientele geleentheid gehoor, maar omdat ons nie almal bemarkers is
nie het ons bietjie hulp nodig.
Kontak my
en dan help ons mekaar om 'n sukses hiervan te maak |
|
|
Klik hier vir meer
geldspaar/geldmaak moontlikhede op die internet!! |
|
|
|
Die Resep |
Hier is nog een van die lipleklekker resepte in Anna Eksteen se resepte
eBoek. Klik gerus hier
om meer van die eBoeke te lees. 'n Resepte eBoek maak die ideale
geskenk, geen posgeld om dit na daardie spesiale persoon selfs in 'n
ander land te stuur nie, stuur net per ePos!
Hierdie is vetkoek met 'n lekker verskil, probeer dit gerus! Ek weet nie
wie André was nie, maar sy vetkoek is lekker! |
|
ANDRÉ SE
VETKOEKIES
375ml ongesif afgemeet koekmeelblom
15ml bakpoeier
10ml suiker
5ml sout
500ml gaar koue rys
410g (1 blik) geroomde suikermielies
125ml melk
1 eier
kookolie vir vlak braai
Sif die koekmeelblom, bakpoeier, suiker en sout saam. Vou die rys en
suikermielies in die gesifte bestanddele in. Klits die melk en eier saam
tot gemeng. Voeg dit by die meelmengsel en maak aan tot ‘n sagte deeg.
Skep eetlepelsvol deeg in matig warm kookolie. Braai die vetkoek eers
aan die een kant tot goudbruin: dit moenie te vinnig braai nie. Dreineer
die gaar vetkoeke op kombuispapier en sit warm voor. Heerlik saam met
stroop of heuning. |
|
|
Boereraat van die Week |
| !! Ek beveel sterk aan dat 'n apteker of dokter se
raad eers ingewin word voordat veral die medisinale rate gebruik word, ek
kan ongelukking nie verantwoordelikheid aanvaar as iets verkeerd gaan nie,
ek plaas die rate suiwer as interessante inligting. !!
|
|
Knoffelasem - Voeg by 'n
kwart glasie melk 'n halwe teelepel vanielje essens, verhit so effens in die
mikrogolfoond en drink dit.
Klik
hier vir nog meer
Boererate |
|
|
|
Afrikaanse Lied |
|
Hier is iets nuuts! Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek |
|
WAAR KRY JY DAARDIE HOED?
Woorde: Tradisioneel
Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS
Waar het jy daardie hoed gekry? Dis snaaks om te vermeld:
my oupa het mos doodgegaan, toe kry 'k sy plaas se geld.
Maar noudat hy begrawe is, het hul vir my gesê
dat ek altyd sy hoed moet dra as ek sy geld wil hê.
[REFEIN]
"Waar kry jy daardie hoed, waar kry jy daardie keil?
Dis 'n alte mooie hoed, ek wil graag met jou ruil.
'k Wil vir my ook so een kry, gemaak van dieselfde goed."
Net waar ek draai, hulle skree: "Haai, haai!
Waar kry jy daardie hoed?"
As ek na die konsert toe gaan om mooi musiek te hoor
dan skree hul daar van agter af, al sit ek reg van voor;
en as ek na die sirkus gaan om al die pret te kyk,
die Slamse en die derdeklas, hul skree almal gelyk:
[REFEIN]
"Waar kry jy daardie hoed, waar kry jy daardie keil?
Dis 'n alte mooie hoed, ek wil graag met jou ruil.
'k Wil vir my ook so een kry, gemaak van dieselfde goed."
Net waar ek draai, hulle skree: "Haai, haai!
Waar kry jy daardie hoed?"
Skaars was ek agtien jare oud toe wou ek al gaan trou;
die mense sê die vryery het lank genoeg gehou.
Ons loop toe gou-gou na die kerk, die mooiste paar in 't land;
maar net toe ons die kerk inkom toe sê die predikant:
[REFEIN]
"Waar kry jy daardie hoed, waar kry jy daardie keil?
Dis 'n alte mooie hoed, ek wil graag met jou ruil.
'k Wil vir my ook so een kry, gemaak van dieselfde goed."
Net waar ek draai, hulle skree: "Haai, haai!
Waar kry jy daardie hoed?"
Die anderdag om kwart-oor-een stap ek die straat hier af;
maar elke hond wat my sien stap, die wil net vir my blaf.
En, ag, daar kom die skool net uit, die hele kinderspan,
hul hardloop my toe agterna en skree so hard hul kan:
[REFEIN]
"Waar kry jy daardie hoed, waar kry jy daardie keil?
Dis 'n alte mooie hoed, ek wil graag met jou ruil.
'k Wil vir my ook so een kry, gemaak van dieselfde goed."
Net waar ek draai, hulle skree: "Haai, haai!
Waar kry jy daardie hoed?"
Die anderdag is ek genooi na Piet Joubert se huis.
Die President was ook net daar, sy vroutjie bly maar tuis.
En julle sal my net nie glo hoe bly was ek dié dag
toe President met my kom praat, toe sê hy: "O, my mag!
[REFEIN]
"Waar kry jy daardie hoed, waar kry jy daardie keil?
Dis 'n alte mooie hoed, ek wil graag met jou ruil.
'k Wil vir my ook so een kry, gemaak van dieselfde goed."
Net waar ek draai, hulle skree: "Haai, haai!
Waar kry jy daardie hoed?" |
|
|
Dit en dat.... |
|
Die Danville Hulpgroep
is nou ook betrokke by die
President Kruger Kinderhuis en die Margaretha Ackerman Tehuis asook in
Wolmer! Indien enigsins moontlik, verleen asseblief hulp, hulle sal dit
vreeslik waardeer!
(Die
Danville Hulpgroep) |
|
|
|
|
Potjiekoskompetisies, reëls en beoordeling!
Klik hier! |
|
|
|
|
Ek versamel yskasmagnete van buite Suid
Afrika,
kontak my
en dan ruil ons uit! |
|
|
|
op my webwerf |
|
|
|
|
Elkeen van my nuusbriewe bevat 'n goeie Afrikaanse artikel, 'n tikkie
humor, 'n Tradisionele Afrikaanse resep en die woorde van 'n Afrikaanse
lied, gaan kyk gerus in die
Argiewe na vorige
uitgawes |
|
|
|
|
Ek sal enige
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
|
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
|