| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer
44 |
'n Passie vir
Afrikaans |
20 Augustus 2004 |
|
Dagsê
!
Ek las nog gereeld Boererate by op my webwerf, gaan
kyk hier en as jy
miskien vir my Boererate het,
stuur maar asseblief.
Regs klik hier om 'n
dokument (in Engels) af te laai oor die hantering van 'n kaping situasie
Hier is nog 'n besonderse artikel van Tienie Holtzhausen. Ek is seker
daarvan julle gaan dit net soveel geniet soos wat ek dit geniet het...ek
droom gereeld van rykdom, ek het al duisend keer in my gedagte die Lotto
geld spandeer!
Drome van rykdom
Deur Tienie Holtzhausen
Nie baie mense kon met oom Vasie klaarkom nie. Dié dat hy maar min
geselskap gehad het. Meestal net sy makgemaakte Indiese spreeu,
Gertruida en sy spierwit bulterriër, Porky.
Mý paadjie het met syne gekruis toe hy destyds sy testament verander en
hy my baas, die redakteur van Gauteng se grootste Afrikaanse dagblad,
bel.
"Nee, my kinders wil my mos nie glo nie. Laat hulle dan in die koerant
lees dat ek hulle onterf," grom hy. "Die hele ondankbare spul." En 'n
mens hoor sommer oor die telefoon hoe spat die spoeg soos wat hy al hoe
driftiger raak.
Dit word gou duidelik dat oom Vasie sy drie seuns met sy geld manipuleer.
As hulle nie na sy pype dans nie, dreig hy om hulle te onterf. Jare lank
al, sê sy oudste, 'n man van amper sestig. Die laaste strooi is toe oom
Vasie van kerk verander en daarop aandring dat al sy kinders hul eie
kerke summier los en by syne aansluit.
Toe word ek gestuur om die oom te gaan sien in sy kasarm van 'n
miljoenêrshuis. 'n Huis wat oorloop van vase. Antieke vase wat hy oorsee
en op veilings koop. Een van hulle, beweer hy, het aan Imelda Marcos
behoort.
Hy's daardie dag besonder geselserig. En met die vroomste gesig vertel
hy my van sy "moeilike" kinders wat hom soveel pyn en lyding veroorsaak.
Aangesien hy nie meer met hulle praat nie, wil hy 'n storie in die
koerante hê oor hul "onterwing", herhaal hy sy versoek. Toe hy stilbly
en sy snor stadig netjies vee, hys Gertruida haar langer op haar
stokkiesbene en knik haar koppie drie keer voor sy plegtig beaam: "Amen,
amen, amen."
So gebeur dit toe dat oom Vasie se verhaal in die koerant verskyn. Op
die voorblad nogal. Saam met sy foto, ruie wenkbroue en al.
Daarna besoek ek oom Vasie elke paar weke. Hy begin my toe gereeld te
vra om sy ou Porky-hond en ook Gertruida te versorg telkens as hy op een
van sy baie oorsese reise gaan.
Die laaste keer wat hy Frankryk toe is, koop hy vir homself in Avignon
nog 'n antieke vaas. 'n Yslike, liederlike ding wat so swaar is, een
mens kan dit net-net alleen dra. Maar dié blinkblou gedrog vol goue
krulletjies en blommetjies is byna tweehonderdduisend Rand werd, sê die
bekende Stepan Welz, by wie hy dit laat waardeer het.
"My ou doggie, ek wil jou iets vra," benader hy my half verleë toe ek
weer een Sondag by hom kuier. Wat nogal snaaks is, want hy sê eerder
dinge as wat hy dit vra.
Ek kom toe gou agter dat hy daardie vaas gekoop het met een uitsluitlike
doel: vir sy as. As hy sy laaste asem uitblaas, moet ek tog net sorg dat
hy 'n ordentlikke verassing kry, vra hy. "Daarna moet jy . . . " en hy
bly dramaties stil, "groot 'seblief, baie mooi na my ou Porky kyk."
Dan, sê hy, moet ek sy as in die vaas uit Avignon bewaar. Tot Porky ook
die tydige met die ewige verwissel. Op daardie treurige dag moet ek dit
saam met sy geliefde hond se lyk in ons tuin begrawe. Dan kan ek maar
die vaas vir my vat.
Twee jaar later eis 'n ernstige beroerte oom Vasie se lewe. Na die
verassing is ek huis toe met Porky, asook Gertruida op my skouer en sy
vaas met as. Die res van sy bates is alles vir dierebeskermingsplekke
gegee.
Ook maar arm en menslik, begin ek droom wat ek met die vaas se geld gaan
doen. Dalk my tien jaar oue Nissantjie met 'n spoggerige Duitse model
vervang. Of ons huisverband afbetaal. Die versoeking om dit op 'n
veiling te verkoop, raak al hoe hewiger. Veral toe Stepan Welz my laat
weet 'n versamelaar is bereid om die prys byna te verdubbel. Maar helaas.
Net een kyk in Porky se sielvolle varkogies en ek kry koue voete. Oom
Vasie se as was dus veilig.
So drie jaar later maak ek een bewolkte, reënerige oggend die agterdeur
oop om vir Porky sy ontbyt te gee. Die liewe ou hond het net roerloos en
yskoud bly lê. Die ouderdom het hom ingehaal.
My man prakseer toe 'n doodskissie uit kasplankies. Met Gertruida op my
skouer, oorle Porky in sy kis op 'n kroegstoeltjie langs my en
jakarandablomme wat neersif in die graffie wat met 'n wit laken
uitgevoer is, vat ek die sware vaas stewig aan sy handvatsels en begin
om die as na benede te strooi.
Daar en dan rek Gertruida haar bene en vlieg fladderend van my skouer af
tot in die graffie in. "Amen, amen, amen," kraak sy. Ek is so aangedaan,
die trane drup op my hande wat die vaas vashou. Dié nattigheid verslap
egter my greep en dit plof met 'n slag op Gertruida neer. Morsdood. Sy't
nie eers 'n geluid gemaak nie. Geskok spring my wederhelf vorentoe en sy
voet haak aan die kroegstoeltjie. Wat Porky se kis laat afskuif en met
'n groot gekletter en geklingel val dit die vaas hééltemal plat.
Net toe maak die wolke oop en tussen oom Vasie se as flits 'n blinkblou
skerfie in die sonlig. Daar in die graffie waar Porky en Gertruida se
lyke lê.
En . . . my drome van rykdom.
Gee asseblief vir Tienie
terugvoer as julle die artikel geniet het. Dankie
|
|
|
'n Tikkie Humor |
|
Moeder aan
seuntjie wat nie spinasie wil eet nie: "Wag maar, vannag kom die duiwel
met jou afreken."
Daardie nag begin dit vreeslik reën. Die donderweer dreun en die
weerligstrale klief deur die lug.
Die ma raak bekommerd en wil by die seuntjie gaan sit totdat die weer
opklaar.
Tot haar verbasing vind sy hom nie in die kamer nie. Sy kry hom in die
spens besig om spinasie te eet.
Kort-kort prewel hy: "So 'n flippen lawaai, en dit oor 'n bietjie
spinasie."
Die ou sit by die
kroeg en staar na 'n blondine wat die styfste paar jeans aan het wat
hy nog gesien het. Hy stap nader en vra haar: "Hoe op aarde kom mens in
daardie jeans in?"
Sy antwoord: "Wel, jy kan begin deur vir my 'n drankie te koop!"
Casper reken hy het die lyf van 'n strandbal, dis hoekom die
Boeremag hom wou opblaas!
|
|
|
Geldmaak op die Internet??
Virseker! |
Is jy 'n skrywer en wil jou meesterstuk publiseer?
Ek doen dit vir jou in eBoek-formaat! Die koste verbonde aan so 'n
boek is minimaal en dit kan dmv ePos of 'n webwerf wêreldwyd
bemark word Kontak
my vir besonderhede.
|
|
Betaal jy dalk
teveel vir jou korttermyn versekering?
Klik hier vir 'n vinnige gratis aanlyn kwotasie en kyk
hoeveel jy kan spaar. Ek het persoonlik R600 per maand gespaar.
|
|
|
Klik hier vir meer
geldspaar/geldmaak moontlikhede op die internet!! |
|
|
|
Die Resep |
|
Hier is nog een van die lipleklekker resepte in Anna Eksteen se resepte
eBoek. Klik gerus hier
om meer van die eBoeke te lees. |
|
BRAAIVLEIS BROODJIE
500ml fyn gerasperde wortels
425ml kookwater
30ml olie
15ml heuning
500ml mieliemeel
2ml rooipeper
5ml sout
4 ekstra groot eiers, geskei
Voorverhit die oond tot 180C en voer twee broodpannetjies se bodem met
bakpapier uit. Smeer of spuit die pannetjies. Meng wortel, kookwater,
olie en heuning. Sif mieliemeel, peper en sout saam en voeg by die
wortelmengsel. Klits eiergele en voeg by die mengsel. Klits eierwitte
tot stywepuntstadium en vou dit liggies in by die mengsel. Skep mengsel
in pannetjies en bak 45-50 minute. |
|
|
Afrikaanse Lied |
|
Hier is iets nuuts! Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek |
|
WAAR DIE KOP VAN TAFELBERG
Woorde: P.J. KLOPPERS
Musiek: "Limburg is my Vaderland", H. THYSSEN; verwerk: CHRIS LAMPRECHT
Waar die kop van Tafelberg deur die wolke steek,
tot waar die Limpopo-stroom deur die bergwal breek;
waar oor uitgestrekte veld rol die ossewa:
Daar is my Vaderland, my Suid-Afrika,
daar is my Vaderland, my Suid-Afrika.
Waar die springbok vrolik speel in die geile gras,
en die kraanvoël statig sweef oor die waterplas;
sonskyn volop, helder lug, wat meer kan jy vra?
Daar is my Vaderland, my Suid-Afrika,
daar is my Vaderland, my Suid-Afrika.
Waar protea's berg en rand sier met skoonste kleur,
en die aandblom elke vlei vul met blommegeur;
waar die akkers wyd en syd rykste oeste dra:
Daar is my Vaderland, my Suid-Afrika,
daar is my Vaderland, my Suid-Afrika.
Waar 'n Christen-nasie woon, moedig, edel, sterk,
Wat vir vryheid, vrede en reg eensgesind wil werk;
waar 'n volk in God nog glo, nog sy seën vra:
Daar is my Vaderland, my Suid-Afrika,
daar is my Vaderland, my Suid-Afrika.
|
|
|
Dit en dat.... |
|
Die Danville Hulpgroep
is nou ook betrokke by die
President Kruger Kinderhuis en die Margaretha Ackerman Tehuis
(Die
Danville Hulpgroep) (
Danville Agtergrond ) |
|
|
|
|
Potjiekoskompetisies, reëls en beoordeling!
Klik hier! |
|
|
|
|
Ek versamel yskasmagnete van buite Suid
Afrika,
kontak my
en dan ruil ons uit! |
|
|
|
op my webwerf |
|
|
|
|
Elkeen van my nuusbriewe bevat 'n goeie Afrikaanse artikel, 'n tikkie
humor, 'n Tradisionele Afrikaanse resep en die woorde van 'n Afrikaanse
lied, gaan kyk gerus in die
Argiewe na vorige
uitgawes |
|
|
|
|
Ek sal enige
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
|
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
Webmeesters, klik hier!
|
|