| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer
41 |
'n Passie vir
Afrikaans |
30 Julie |
|
Dagsê
!
Ek sien ons maak 'n goeie begin met die 2010 Sokker Wêreldbeker! Nie net word 'n
hele string sokkeramptenare aangekla vir wedsrtydknoeiery nie, maar laas
naweek skiet die skeidsregter die afrigter van een van die spanne
morsdood to die nie van sy beslissing hou en kapsie maak ! Ek hoop die
mense kry hul alie in rat en hou op om al die negatiewe nuus die wêreld
in te stuur!
Ons gaan die naweek
weer Kruger Park toe, na my gunsteling kamp, Olifants! Die uitsig van
die kamp oor die rivier wat verbykronkel kan moeilik in woorde beskryf
word, so kyk maar na die
panorama foto wat
ek laaskeer geneem het en sien self!
Dis altyd 'n soektog om weekliks inhoud bymekaar te maak vir die
nuusbrief. Gelukkig is daar staatmakers soos Elzeth wat uithelp! Hier is
een van haar bydraes! Tienie het ook vir my artikels gestuur en ek begin
van hulle van volgende uitgawe plaas! Ook my gunsteling Suidwester,
Minette, het weer bydraes gestuur, nou is ek weer reg vir die volgende
klomp uitgawes! Ek is oortuig dat van die beste Afrikaanse skrywers vir
my bydraes stuur, so stuur die skakel asseblief vir al julle vrinne dat
hulle ook saam kan lees!
ELKE UUR VAN DIE
HORLOSIE HET 'N BOODSKAP...
EENUUR:
Sê vir my ek leef net een maal en daarom moet ek die lewe waardeer en
my tyd hier op aarde reg gebuik.
TWEE-UUR
Sê ek het twee ouers wat ek moet eer en liefhê en gehoorsaam.
DRIE-UUR
Herhinner my aan die Drie-enige God wat ek met my hele hart moet
dien.
VIERUUR
Herrinner my aan die vier windstreke en dat waar ek ook al mag gaan
ek die Hemel se kompas (Die Bybel) nodig het om vir my rigting aan te
dui.
VYFUUR
Dui op die vyf vingers aan elke hand waarmee ek moet werk om my brood
eerlik te verdien en diensbaar moet wees vir die HERE.
SESUUR
Sê vir my ek moet my pligte getrou nakom en ses dae van die week
werk.
SEWE-UUR
Sê vir my dat ek op die sewende dag moet rus en kerk toe moet gaan.
AGTUUR
Laat my dink aan die agt siele in Noag se ark wat in die sondvloed
behoue gebly het, en dat ek net so behoue sal bly as ek by Christus
skuiling soek.
NEGE-UUR
Herhinner my aan die nege melaatses wat nie teruggekom het om die
Here te bedank nadat hulle gesond geword het nie en maan my om dankbaar
te wees vir al die goeie dinge wat ek uit Sy hand ontvang
TIENUUR
Herrinner my aan tien jong meisies waarvan vyf nie gereed was toe die
bruidegom gekom het nie en waarsku my om nie so dwaas soos hulle te
wees nie
ELFUUR
Herrinner my aan so baie mense wat tot elfder uur uitstel om hulle te
bekeer en dan onverwags te sterwe kom. Dit maan my om altyd gereed te
wees om die Here te ontmoet
TWAALFUUR
Sê vir my die genadetyd is haas verby. Om middernag kom die Bruidegom
en ek moet sorg dat ek nie agterbly as Hy Sy kinders kom haal nie.
ELKE TIK VAN DIE HORLOSIE,
ELKE KLOP VAN DIE HART
BIED 'N GELEENTHEID,
GEBRUIK DIT TOT EER VAN DIE HERE.
Maak ander gelukkig, dan is jyself gelukkig.
Elsabe, van die
Danville Hulpgroep,
stuur die volgende vir my, ek deel dit graag! Elsabe en haar span doen
fantastiese werk in Danville, gaan loer gerus en help as julle kan.
Ek laai my kinders op die trein
Ek is so moeg van wakker lê en wroeg;
My hart is gebreek oor my kinders se seer.
Toe hulle klein was,
Kon ek hulle teen my vasdruk as hulle seerkry
En pleisters en spoeg aansmeer -
Totdat hulle weer lag.
Nou is hulle groot en hulle seerkry is anders.
Ek kan hulle nie meer vasdruk nie.
Ek voel magteloos.
Ek kan niks meer vir hulle doen nie.
Ek kan maar net vir hulle bid.
Groot Kondukteur,
Ek laai hulle vanoggend op U trein.
Neem hulle asseblief saam met U op reis.
Laat my rustig aanvaar dat ek nie meer kan saamgaan
En neem sommer my bagasie van skuldgevoelens,
waaraan ek so swaar dra, ook met U saam.
Ek dank U dat U hulle Eintlike Vader is, hulle Bloedpa.
Dit omdat hulle Oudste Broer, U seun,
Hulle met Sy bloed gekoop het.
Lig U hande seënend oor hulle, H e r e J e s u s,
En laat hulle opkyk na die hande wat hulle seën.
Laat hulle, hulle name onuitwisbaar gegraveer sien in U handpalms, En
laat U bloed wat daaruit vloei, wat hulle reinig van alle *
ja, regtig alle - sonde.
Groot Kondukteur,
Ek wuif vir hulle terwyl U met hulle verder op hulle
Lewensreis vertrek.
Dankie tog, H e r e!
Onthou, vir die
ideale geskenk, stuur 'n resepte eBoek. Die maklikste en goedkoopste
manier om daardie spesiale persoon te verras!
Klik hier vir meer
besonderhede'
|
UKkasie
Daar is
3 programme by UKkasie opgeneem en dit saai uit
7, 14 & 21 Augustus.
DKNT, Saterdae-aande, 19:30 op kykNET. |
|
|
|
'n Tikkie Humor |
'n Duitser, Engelsman en Ier word ter dood veroordeel. Die regter
sê hulle moet kies hoe hulle tereggestel wil word. Die Duitser en die
Engelsman kies die galg. Toe hulle opgehang word breek die tou telkens
en na die derde keer word hulle vrygespreek.
Toe dit die Ier se beurt is vra die regter:"En wat verkies jy?"
"Gee my maar die elektriese stoel," antwoord hy. "Die galg wil tog nie
werk nie!?
"Ek het pas vir
my 'n perd gekoop" sê die vrou aan die winkelassistent." Nou soek ek
'n broek wat daarby pas"
"Sekerlik, mevrou" sê die blonde asistent. "watter nommer dra u perd?"
Sommige mense
is nes sokkerballe, hulle kom eers in beweging nadat hulle geskop is! |
|
|
Geldmaak op die Internet??
Virseker! |
|
Is jy 'n skrywer en wil jou meesterstuk publiseer?
Ek doen dit vir jou in eBoek-formaat! Die koste verbonde aan so 'n
boek is minimaal en dit kan dmv ePos of 'n webwerf wêreldwyd
bemark word Kontak
my vir besonderhede. |
|
|
|
Die Resep |
|
Hier is vir 'n verandering 'n mikrogolf resep, Sommer in 'n japtrap
klaar! |
|
Semel piesangbrood.
90 g botter
160 g sagte bruinsuiker
5 ml suurlemoensap
1 eier
250 ml fyngemaakte piesangs
100 ml melk
190 g koekmeelblom
15 g spysverteringsemels
7 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
2 ml sout
50 ml rosyntjies
50 ml gekapte neute
Verroom die botter en bruinsuiker. Voeg die suurlemoensap en eier by en
meng goed.
Voeg die res van die bestanddele by en roer tot gemeng.
Skep die deeg in ‘n mikrogolfvaste bak wat met kombuispapier uitgevoer
is. Plaas die pan op ‘n omgekeerde piering in die mikrogolf.
Mikrogolf dit 10 minute by 90% krag. Laat staan 10 minute.
Keer die brood uit en verwyder die papier. Laat heeltemal afkoel. |
|
|
Afrikaanse Lied |
|
Hier is iets nuuts! Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek |
|
SLAAP RUSTIG, DAPPER HELDE!
Woorde: THEO W. JANDRELL
Musiek: J.S. DE VILLIERS; verwerk: G.G. CILLIÉ
Slaap rustig, dapper helde, verby is al jul leed;
vir onse malse velde met gras en blom bekleed.
Vir vrou en kinders teer, vir volk en vaderlandseer
daal jul soos dapper helde in eensaam grafte neer!
Slaap voort, en rus in vree, slaap voort en rus in vree.
Slaap rustig, dapper helde, na al jul smart en wee.
Slaap rustig, vrome moeders, verby is al jul smart;
jul moes met mans en broeders, die oorlogsrampe tart.
In bange woesteny het jul geswoeg, gely
en tog, soos vrome moeders, trou tot die dood gebly!
Slaap voort en rus in vree, slaap voort en rus in vree.
Slaap rustig, vrome moeders, na al jou smart en wee.
Slaap rustig, liewe kleine, verby is jul geween,
gestil jul smart en pyne, die donker nag daarheen.
Klein bloeisels swak en teer, geval, verdor terneer.
Jul bloei, soos liewe kleine, nou in die hemel weer.
Slaap voort en rus in vree, slaap voort en rus in vree.
Slaap rustig, liewe kleine, na al jul smart en wee.
|
|
|
Dit en dat.... |
|
Die Danville Hulpgroep
is nou ook betrokke by die
President Kruger Kinderhuis en die Margaretha Ackerman Tehuis
(Die
Danville Hulpgroep) (
Die Kleuterskool ) |
|
|
|
|
Potjiekoskompetisies, reëls en beoordeling!
Klik hier! |
|
|
|
|
Ek versamel yskasmagnete van buite Suid
Afrika,
kontak my
en dan ruil ons uit! |
|
|
|
op my webwerf |
|
|
|
|
Elkeen van my nuusbriewe bevat 'n goeie Afrikaanse artikel, 'n tikkie
humor, 'n Tradisionele Afrikaanse resep en die woorde van 'n Afrikaanse
lied, gaan kyk gerus in die
Argiewe na vorige
uitgawes |
|
|
|
|
Ek sal enige
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
|
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
Webmeesters, klik hier!
|
|