| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer
40 |
'n Passie vir
Afrikaans |
23 Julie |
|
Dagsê
!
My vriendin, Rosi, van Stellenbosch ontpop nou as 'n skryfster van
formaat, hier is nog een van haar artikels.
Condestraat
Condestraat is geleë
in die sogenaamde onderdorp van Stellenbosch. 'n Kort doodloopstraatjie
half weggesteek in die hoek wat gevorm word tussen La Colline (die
heuwel), die Krommerivier en Die Rand. Vroeër jare is die straat
volgebou met piepklein munisipale huisies waarvan enkeles nog hulle
oorspronklike vorm en voorkoms het. Veral in die meer onlangse jare, is
hierdie huisies met groeiende entoesiasme opgekoop en is hulle met
kreatiewe beplanning en bouwerk omskep in groter en meer leefbare huise.
Die straatjie met sy parkies en lieflike verskeidenheid bome en die
heuweltjie wat uitrys bokant die gesellige huisies, het in aanvraag
begin raak. Die huidige inwoners waak jaloers oor die munisipale
sonering wat verblyfreg beperk tot enkelwonende gesinne en verhuring aan
studente verbied.
Smiddae weergalm kinderstemme in die strate en die parkies en
motorsbestuurders wat dit durf waag om vinniger as stadig te ry, word
voorgekeer en ernstig die leviete voorgelees. Met die A.F Louw laerskool
wat, slegs 'n klipgooi van ons af, bo-op die heuwel uittroon, is daar
heelwat kinders in die omgewing en smiddags is die parkies die ideale
speelplek vir die buurt se kinders.
Vir my was dit vreemd om 'n inwoner van Condestraat te word. Gewoond aan
die reusagtige erwe van Newcastle wat inwoners doeltreffend verskans
teen nuuskierige oë van bure of Jan Alleman in die straat, het die
piepklein erwe en skielike oog tot oog teenwoordigheid van bure swaar op
my gemoed kom lê. Uit my klein kombuisie, waarvan die venster feitlik
reg op die straat uitkyk, het ek skielik 'n arendsblik verkry op die
alledaagse lewe van die bure oorkant die straat. Hulle daaglikse opstaan
om 6:00, uittogte en terugtogte deur die loop van die dag, braai-etes op
die voorste stoep en slaaptye (ligte word klokslag om 21:00 afgeskakel...somer
en winter) word teen wil en dank aan my openbaar terwyl ek besig is met
my eie daaglike take. .
Die honde kondig met wisselende intensiteit die verbygang van vriend of
vyand, vreemdeling of bekendes aan. In vier jaar het ek aangeleer om in
so 'n mate nuuskierig te wees dat ek soms selfs sal opstaan om te gaan
loer waaroor die kommosie in die straat gaan.
Soms gebeur daar dinge in Condestraat.... skokkend of sensasioneel,
skandalig of snaaks... wat 'n mens teen wil en dank noop om betrokke te
raak by die bespiegelinge en besprekings van die bure. Ek dink nou aan
die keer toe 'n pasgebore babatjie se lykie tussen die bome teen die
heuweltjie ontdek is. Binne minute het die hele omgewing gewemel van
nood- en polisievoertuie en het die hele buurt in die straat saamgedrom
om oor die groot ramp in ons midde te spekuleer. Die ontdekking het 'n
mens aan die hart gegryp en wie? waar? en hoekom?was die vrae wat
inwoners vir dae aan die praat gehou het.
Die klaendes en morrendes is ook hier te vind en dit het tot gevolg dat
die polisie so elke nou en dan uitgeroep word om raserige of vrolike
bure te kom stilmaak. Enkele kere was daar inbrake....meestal by motors
wat snags in die straat gelaat word... en dan word die inwoners deur
flitsende blou ligte en loeiende sirenes uit hulle rustige slaap geskok.
Ons polisiemag hou van aksie...en nog meer as dit in VSA styl kan
geskied!
Die een gebeurtenis waaroor ons nou nog giggel, het plaasgevind in die
tyd toe die koerante vol was van Antraks en al die Antraks verwante
gebeure wat toe plaasgevind het. Die betrokke dag was 'n munisipale
werker met sy oranje oorpakkie besig om die straat te vee ala
Afrikatydstyl. Vee-vee...rus. Vee-vee...rus. Teen middagete was hy by
die bopunt van die relatief kort straatjie en het hy hom onder die bome
neergevly vir sy welverdiende etensuur rustyd. Daar het iemand..tot
vandag toe onbekend wie.... hom wreed wakker gemaak met die woorde: Kyk
daar langs jou! Dis antraks! Neffens oranjepakkie het 'n koevertjie gelê
met wit poeier in, en die arme man het onmiddellik 'n staat van skok
betree. Hy het opgespring en luidkeels begin weeklaag oor die ramp wat
hom nou getref het. Al wat leef en beef het uitgestorm, die polisie en
antraksdeskundiges is uitgeroep en in twee tieks van 'n horlosie was die
straat afgesper en is arme oranjepakkie weggevoer na 'n plek waar hy
ondervra en behandel kon word. Die polisie het met presiesheid die
gebied waar oranjepakkie geslaap het, gefynkam en almal in die buurt is
ondervra, maar g'n niemand wis van sout of water. Oranjepakkie en
Condestraat het selfs die plaaslike koerant gehaal. O ja! Die inhoud van
die koevert was natuurlik toe nooit antraks nie...
En so leef ons hier in ons straatjie....die keuse in ons eie hande:
Veilig en vredig agter ons veiligheidshekke, of belangstellend deel van
die immer teenwoordige dramas, aksies en sensasies van Condestraat se
inwoners.
Rosi Adendorff
Stellenbosch
Elsabe, van die
Danville Hulpgroep stuur my die volgende "dankie" briefies. Hulle het
komberse bymekaar gemaak en onder die mense uitgedeel. Die briefies is
onveranderd geplaas, net die name is verwyder.
"Thank you so much for the blankets. God bless u. We hope to get more" E
"Baie dankie vir die komberse. Ek waardeur dit baie. Ek kry nou baie
warm. Nogmals baie dankie"
Lovies B
"Liewe Here - dankie vir die kombers - die Here sëen al die mense"
"Hello Jesus
I want to sy to you God - Thank you for bless me and to give a eating
and dress and now blankets. You are good Lord - Please God bless all of
us" S
"Baie dankie Here vir alles, wat ons al gekry het. Dankie vir kos.
Dankie vir die mooi kombers en dankie vir die lewe Here!" Tannie S
"Ek sê dankie vir alles wat julle vir my gegee het. Dankie vir die
komberse, my kinders slaap warm sonder honger. ek het nie geweet waar
sal ek geld kry om die kos en komberse te koop nie. Ek wil baie dankie
sê vir die Liewe Here!"
"Baie dakie vir die komberse. Ek waardeur dit baie. Ek kry nou baie
warm. Nogmals baie dankie." Van M
Gaan lees meer oor
die werk van die Danville
Hulpgroep
Onthou, vir die
ideale geskenk, stuur 'n resepte eBoek. Die maklikste en goedkoopste
manier om daardie spesiale persoon te verras!
Klik hier vir meer
besonderhede'
|
|
|
'n Tikkie Humor |
Die verskil
tussen die ou R.S.A. en die nuwe R.S.A:
In die oue, was plastiek sakke verniet en kondome te koop.
In die nuwe, is kondome verniet en plastiek sakke te koop.
Twee boere ry deur die karoo en aan die linkerkant van die
geelstreep. 'n Swart verkeersbeampte trek hul van die pad af en se:
"This line is fo tha bus!"
Boer se: Goed ! Ek is baas Piet en dit is baas Jan...
Boer se vir Jonas: Aaai Jonas, jy werk stadig, jy eet stadig, jy
loop stadig, is daar iets wat jy vinnig doen??
Jonas: Eish, ek word vinnig moeg |
|
|
Geldmaak op die Internet??
Virseker! |
|
Is jy 'n skrywer en wil jou meesterstuk publiseer?
Ek doen dit vir jou in eBoek-formaat! Die koste verbonde aan so 'n
boek is minimaal en dit kan dmv ePos of 'n webwerf wêreldwyd
bemark word Kontak
my vir besonderhede. |
|
|
|
Die Resep |
|
Elzeth is nou al 'n staatmaker bydraer! Hier is nog een van haar
liplekker bydraes! As enigiemand anders 'n tipies Suid-Afrikaanse gereg
vir bydra, doen dit gerus! |
|
Worsgereg ala mama
Hallo daar,
vandag stuur ek ook na aanleiding van Laaskeer se worsgebak my
gunsteling 'ala mama - worsgereg'
Hierdie resep kan heerlik aagnepas word na die smake en voorkeure van
elke gesin en met bietjie verbeelding kan dit sommer heerlik omtower
word.
Die oond word vooraf verhit tot 180 grade.Gebruik 'n oondkasserol wat
goed gespuit is met 'spray'n'cook' want die gereg word vir so om en by
een uur in die oond gebak en kan net so alleen bedien word... of op rys.
Neem genoeg wors soos wat gesin sal nuttig en sny in stukke van so 5-7
cm. Pak die stukke wors onder in kasserol. Enige of almal van die
volgende kan bo-oor die wors gestrooi word - gekerfde uie, sampioenskywe,
groen rissies en/of geel rissies wat in skywe gesny is.
Bo op die vleis en groente word 'n laag aartappelsywe gerangskik. Die
word gesny soos vir sima skyfies... Ek sit dan kookwater oor die gereg -
sowat 400ml vir gesin van 5 se 'skottelgereg'. Vou die skottel toe met
foelie met die blink kant na binne. (Goeie raad is om die foelie ook met
'spray'n cook te bespuit)Sit in die oond dat die vleis kan gaar word en
die aartappels sag kan raak.Hou die gereg dop en steek met vurk om seker
te maak dat die vleis gaar is.
Na ongeveer een uur verwyder die foelie oor die bak en maak vleissous
met bisto of kitssous aan en voeg by die gereg. Indien die wors ietwat
vetterig was wat gebruik is, gooi hier die oortollige vet af VOOR die
sous in skottelbygevoeg word!. Stel die oond op BRAAI en plaas gereg
weer in oon tot die skyfielaag begin verkleur. Draai skyfies om en BRAAI
ook die ander kant.
Hierdie gereg en talle variasies daarvan is heerlik... voeg skaap of
varkworsies by saam met gewone boerewors en probeer!!
Groete
Elzeth |
|
|
Afrikaanse Lied |
|
Hier is iets nuuts! Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek |
|
GRENSLIED
Woorde: A.P. VAN DER COLF
Musiek: H. PIETER VAN DER WESTHUIZEN, 1976
Aan my land en aan my vriende stuur ek hierdie groet:
Vrees nie vir die onbekende; hou net goeie moed!
In gevare, aan die grense, sal ek t'rugdink aan my mense,
en jul in my hart onthou, en jul in my hart onthou.
Liefste, moet my nooit vergeet nie; bly aan my getrou.
Na die stryd sal ons in vrede aan 'n toekoms bou.
Al die lange, eensaam dae, al die stil en leë nagte--
vul dit met ons liefde, skat, vul dit met ons liefde, skat.
Bo die kryg en bloed en wapens heers daar nog 'n stryd--
een van slu en bose magte teen geregtigheid.
Mag die Vader, in genade, gee dat vrede met die jare
grensloos in ons land regeer, grensloos in ons land regeer.
|
|
|
Dit en dat.... |
|
Die Danville Hulpgroep
is nou ook betrokke by die
President Kruger Kinderhuis en die Margaretha Ackerman Tehuis
(Die
Danville Hulpgroep) (
Die Kleuterskool ) |
|
|
|
|
Potjiekoskompetisies, reëls en beoordeling!
Klik hier! |
|
|
|
|
Ek versamel yskasmagnete van buite Suid
Afrika,
kontak my
en dan ruil ons uit! |
|
|
|
op my webwerf |
|
|
|
|
Elkeen van my nuusbriewe bevat 'n goeie Afrikaanse artikel, 'n tikkie
humor, 'n Tradisionele Afrikaanse resep en die woorde van 'n Afrikaanse
lied, gaan kyk gerus in die
Argiewe na vorige
uitgawes |
|
|
|
|
Ek sal enige
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
|
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
Webmeesters, klik hier!
|
|