| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer 4 |
'n Passie vir
Afrikaans |
24 Oktober |
|
Hallo
almal!
Ek begin met iets
meer ernstig die keer. 'n Kennis van my is onlangs na 'n inrigting as
gevolg van Altzheimers, net daarna vind ek hierdie verhaal. Maak
seker dat julle julle ouers waardeer terwyl julle nog die geleentheid
het!
PA HET ALTZHEIMER.
Here, dis swaar om begrafnis te hou as niemand dood is nie. Swaarder as
om 'n dooie te begrawe. Hoe groet jy een wat nie weg is nie? Iemand wat
maar net vergeet het dat hy lewe... Soos Pa.
Dit is asof jy jou eie onthou saam met groot vergeet in die Oord gaan
sit het. Eintlik bekruip Altzheimer skelmer as wat jy dink.
Jy weet lankal dat jy vergeet, maar dis maar die ouderdom. Totdat hy in
jou huis, wat hy self gebou het, verdwaal. Heeltemal. Nie die pad kry
terug van die winkel af nie. Die sleutels wegbêre sodat niemand dit ooit
weer kry nie. Die seerste is as hy ons nie meer kan ken nie, as hy
vergeet hy het vier seuns, hulle name hom een vir een ontgaan. Todat Ma
my aan hom moet voorstel. ''Dis Hans, jou seun.'' En die askieslaggie
waaraan ek hom nog kan herken: ''Nee, jong, ek ken so baie Hanse, hoe
sal ek nou weet wie die een is?'' Net om na 'n rukkie weer te vra: Nou
waar kom jy vandaan? ''Potchefstroom pa." ''O, nou ken jy dan nie vir
Hans nie.?'' Ek draai weg en ek weet: dit kan nou nie meer anders nie,
hy sal op 'n ander plek beter opgepas kan word. Hy sal in die Hemel weer
onthou. Ons begrawe hom sonder dat hy weg is; ons groet hom, maar hy
groet nie terug nie.
En ek wou nog sê, ek is lief vir Pa, maar toe dit saak gemaak het,
het ek vergeet.
En ek was nie eers siek nie...
(Met erkenning aan Hans du Plessis) |
|
|
'n Tikkie Humor |
Die predikant kom
tot sterwe en vertrek hemel toe. By sy aankoms moet hy by Petrus eers
die nodige vorms invul:
Petrus "Wat het jy gedoen op aarde?"
Dominee "Ek was 'n NG predikant vir 40 jaar met 2000 lidmate"
Petrus "Nee goed, ons het jou nodig hierbo, vat een van daardie besems
en begin die plek uitvee."
'n Paar dae later arriveer ou Philemon by die poorte en gaan deur
dieselfde proses.
Petrus "Wat het jy op aarde gedoen?"
Philemon "Ek was die taxi driver gewees in Soweto"
Petrus "Nee dis goed so, trek hierdie wit jas aan en sit op daardie Goue
troon, dan supervise jy al die besemveërs." Dominee is op slag omgekrap
en nader Petrus oor die saak.
Dominee "Hoe kan jy hierdie taxi drywer bo my aanstel as ek 'n predikant
was vir 40 jaar met 2000 siele onder my vleuls?"
Petrus "Dominee, hierdie taxi drywer het meer mense in een dag laat BID
as wat jy in 40 jaar gedoen het!" |
|
|
|
|
Die Resep |
Ek is mal oor
lewerkoekies! Ons was onlangs Aardklop toe op Potch, en vorr die
tyd was ek meegedeel dat daar ook lewerkoekies te koop was. Daar
aangekom maak ek toe seker dat ek heel eerste vi my 'n lewerkoekie gaan
koop....smullekker!!
|
|
LEWERKOEKIES
500g skaaplewer 4 middelslag aartappels
250ml gesnyde groenboontjies 2 spinasieblare
1 middelslag tamatie 1 ui
1 sny brood 3 eiers
180ml ongesif afgemeet meelblom 15ml bakpoeier
10ml sout 1ml peper
kookolie vir vlak braai.
Trek die vliese van die lewer af en sny die lewer in stukke. Maal die
lewer beurtelings met die aartappels, boontjies, spinasie, tamatie en ui.
Maal die brood laaste(sodat jy terselfdertyd die meul skoonmaak.)Voeg
die eiers by die gemaalde mengsel en meng goed. Voeg die meelblom,
bakpoeier, sout en peper by en meng. Skep lepelsvol lewermengsel in vlak
warm kookolie en braai dit eers aan die een kant oor matige hitte tot
gaar en bruin. Dreineer die lewerkoekies goed op kombuispapier en sit
dit warm of koud voor. Hierdie koekies vries goed.
|
|
|
|
|
|
Brokkies |
Reën en koue!
Uiteindelik kry ons
to 'n voorsmakie van ons somer reën. Maar, onverwags kry ons toe ook van
die koudste dae van die jaar! Regte pannekoek weer!. Nie net verloor ons
die toets teen die Ingelse nie, maar ons kry toe sommer hulle weer ook!
Praat van sout in wonde invryf! Dis egter al reeds warmer en die son
skyn weer, hoop ons kry nog baie pannekoekweer! |
|
|
|
|
Diëet
Ek moes lankal
Weighless probeer het. Die kos is heel eetbaar en oorgenoeg,
sommer 5 keer per dag, net kleiner porsies. Dan is daar die bykomende
aansporing dat jou gewigsverlies aldan nie in 'n weeklikse vargadering
bekend gamaak word. Na die eerste week verloore 3.4 kg! |
|
|
|
|
Danville Kersboom
Ek is betrokke by die Danville
Hulpgroep, 'n klompie vrywilligers wat probeer om daagliks kos tevorsien
aan omtrent 150 behoeftige kinders in Danville, naby Pretoria. Ons reël
nou vir hulle 'n Kersboom, Kersvader en al!! gaan kyk asb na die
volgende blaaie en kyk of jy nie of een of ander manier kan help nie.
(Kersboom en kinders se
wenslys) (Die
Danville Hulpgroep) |
|
|
|
|
.Ek sal enige
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
| |
|
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
Peter-jasie |
|
|