| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer
39 |
'n Passie vir
Afrikaans |
16 Julie |
|
Dagsê
!
Die ideale geskenk! Vriendin Anna Eksteen het twee fantasties eBoeke die
lig laat sien, propvol Suid-Afrikaanse resepte. maklik om te stuur aan
daardie spesiale persoon vêr weg! Geen posgeld, stuur per ePos! Vir meer,
klik hier!
Ek het 'n
versameling van die beste van vorige nuusbriewe in 'n eBoek saamgevat,
om te lees, regs klik net op die omslag hieronder en laai af.
As enigiemand iets in Afrikaans het (artikels, gedigte ens) en dit graag
in 'n eBoek wil laat saamvat sal ek dit graag doen, en die koste is heel
billik. Ek sal die omslag ook doen (sien voorbeeld hierbo) en dit gratis
op my webwerf en nuusbriewe bemark
Vriendin Rosi stuur nou die dag die volgende:
Het julle al ooit
ondervind hoe iets buite jouself oorneem en jou laat optree op 'n manier
wat vreemd is aan jou aard? Dis iets wat sommer net gebeur sonder dat jy
dit oordink het of spesifiek gewil het. Miskien is dit 'n sterk emosie
wat jou aksie in jou onderbewuste aangespoor het, maar nogtans laat jou
ongewone aksie jou agterna sprakeloos en half vreemd met jouself.
So bevind ek my onlangs in die poskantoor in 'n lang ry. 'n Pakkie moet
afgehaal word en daar is geen ander keuse as om maar geduldig teen
slakkespoed saam met twee dosyn ander mense te beweeg nie. Dit help nie
om te frons of ongeduldig met die voet te tik nie. Niemand word daardeur
beindruk nie en dit laat die tou ook nie vinniger beweeg nie.
Ek bestudeer maar die mede tougenote en verwonder my weer aan die
metropolitaanse samestelling van ons nasie. Dis swart en wit en bruin en
geel en benewens al die kleurverskille verteenwoordig die gelaatstrekke
ook 'n verskeidenheid van oeroorspronge. Ook 'n verskeidenheid van
ouderdomme is teenwoordig. Kleuters trek aan hulle mama's se hande en
hang aan die kettings wat die menstoue tot 'n bepaalde orde van beweging
beperk. Jongmense met mini's en jeans, oorringe en byderwetse grimering
kou verveeld hulle kougom. Ouer mense wag gelate tussendeur sporadiese
skuifelbewegings en sommige netjies geklede, opsigtelik werkende mense,
wys hul ongeduld met irriterende tik-tik bewegings van voete en saaklike
selfoonoproepe. Sommige mense klets luidrugtig met mekaar en ruil
alledaagshede uit sonder 'n sweem van skuheid vir al die vreemde
luisterende ore.
Vir 'n geruime tyd trek 'n ou, gryskop man, reeds derde van vooraf, my
aandag. Krom skuifel hy geduldig vorentoe wanneer die ry beweeg, brief
in die een hand en kierie in die ander hand om hom te stut.Ek wonder
onwillekeurig waarom daar nie spesiale voorsorg getref word vir diens
aan bejaardes of gestremdes nie. Dis skreiend dat hulle vir sulke lang
tye in 'n ry moet staan en wag om gehelp te word.
Uiteindelik beland die man by 'n toonbankklerk en hy beduie met
handgebare en onduidelike taal wat hy verlang. Die dame agter die
toonbank verstaan nie en vra met 'n skerp ongeduldige stem wat hy wil hê.
Die ou man praat weer en beduie na 'n koevert in sy hand. Die vrou
antwoord weer en ek kan voel hoe haar stem en liggaamstaal 'n gevoel van
spanning in my laat posvat. 'n Spiertjie in my slaap begin spring. Die
ou man beweeg vorentoe met sy bolyf , draai sy kop skuins en vra weer
iets terwyl hy na die brief wys.
Die geruis van stemme het verstil en die hele tou mense kyk nou na die
ou man en die vrou agter die toonbank. Sy gryp die brief uit sy hand en
praat luid en kwaai terwyl sy haar voorvinger herhaaldelik op die
koevert druk. Hy skud sy kop en vra weer iets terwyl hy met die hande
beduie.
Toe die poskantoorvrou nog haar mond wil oopmaak, toe staan ek al by die
toonbank.
'Stadig mevrou', sê ek. 'Om vir 'n dowe persoon kwaad te word en te
skree, gaan geen probleem oplos nie. Buitendien doen u die beeld van die
poskantoor erg skade aan met u optrede.'
Sy gaap eers soos 'n vis op droë grond, word rooi in die gesig en kry
dan haar stem terug.
'Doof? DOOF? Wat jy waar kry?!! En wie is jy in elk geval om hier te kom
inmeng?'
Ek draai my rug op haar, kyk na die ou man en vat aan sy arm. Kan ek
help? vorm my lippe. Ek wys na die brief in sy hand, trek my skouers op
en maak vraagtekens met my oë, terwyl ek bemoedigend glimlag.
Hy wys weer na die brief...
Incwadi...E Gauteng ....kamsinya....vinnag mêddem.
Ek sien die brief het geen adres op nie!
Wat nou? Ek grawe in my geheue rond na die bietjie Xhosa wat dalk nog
daar rondsweef.
'I adres? Phi? Ngubani? Waar moet dit gaan?'
Ek haal 'n pen uit my sak en wys na die brief...trek weer skouers op.
Toe kom daar 'n engel uit die ry te voorskyn.
'Dankie tog', sê ek vir die engel. 'Help tog asseblief hier, maar kyk
mooi vir hom...hy kan jou nie hoor nie.' Sy praat en beduie en
uiteindelik vroetel krom oumensvingers in 'n sak en sukkel 'n
verfrommelde, vuil papiertjie uit. Gou skryf ek die adres neer op die
koevert en betaal sommer die posgeld.
'DIT mevrou, is wat die publiek van die poskantoorpersoneel verwag.
Goeie diens, maar veral deernis met mense wat oud en gestremd is'. Ek
praat hard en duidelik. Sy word rooi, blaas haar wange op terwyl haar
lippe 'n dun strepie is. Iewers agter ons begin iemand hande klap...
Ons plak die seëls op en skuifel triomfantelik na die posbus buite. Met
groot seremonie gooi ons die brief in. Oë blink en en met 'n breë
glimlag word woorde van dank uitgespreek. Enkosi..mêddim. Ons vat hande
in 'n groet.
Eers terug by die huis onthou ek dat ek eintlik 'n pakkie wou gaan haal...
Rosi Adendorff Stellenbosch Suid Afrika
Baie mooi, Rosi! Is trots op jou! |
|
|
'n Tikkie Humor |
|
Met Zimbabwe so in die nuus deesdae, herhaal ek die
een:
Die Sprinkaan en die Mier
Die sprinkaan en die mier het in dieselfde veld gewoon. Gedurende die somer het die mier dag en nag gewerk om
voorraad vir die winter op te gaar en om sy huis voor te berei om hom warm te hou gedurende die koue
winter maande. Intussen sing en spring die sprinkaan, eet al die gras wat hy nodig het en teel aan.
Gedurend die winter maande word dit baie koud en die gras gaan dood. Die mier is wel gevoed en warm in sy huis, terwyl die sprinkaan, wat
geen voorbereidings getref het nie, vrek en 'n horde klein sprinkane agterlaat sonder kos of skuiling.
Die moreel van die verhaal is dat mens hard moet werk sodat jy agter jouself kan kyk.
Hier volg die Zimbabwiese weergawe:
Die eerste deel is dieselfde, maar omdat die gebeure in Zimbabwe plaasvind is daar implikasies.
Die sterwende nasate van die sprinkaan dring aan om te weet hoekom die mier toegelaat is om beskut en wel gevoed te wees terwyl, langsaan,
hulle in haglike omstandighede sonder kos en klere moet leef.
'n Televisiespan daag op en beeldsaai 'n program wat die kontras toon
van die mier se leefwyse, met sy gamaklike huis en spens vol kos teenoor die haglike omstandighede van die sprinkane.
Die publiek is verstom! In die pragtige veld, hoe kan dit wees dat die sprinkane moet ly terwyl die miere 'n luukse leefwyse voer?
In 'n oogwink word die ZISU (Zimbabwiese Sprinkane Unie) op die been
gebring. Die mier word aangekla van "species bias" en die stelling word gemaak
dat die sprinkane die slagoffers is van 30 miljoen jaar se groen
onderdrukking. Hulle protesteer voor die mier se huis en verwoes die
straat. In 'n TV onderhoud dreig hulle dat as daar nie aan hulle eise gehoor gegee gaan word nie, hulle tot 'n lewe van misdaad gedwing sal
word. Net vir die oefening, besteel hulle die televisiespan se toerusting en kaap hulle voertuig.
Die NHK (Neem en Herverdeel Kommissie) regverdig die optrede deur die houding in te neem dat dit die miere se erflating is as gevolg van
hulle diskriminasie teen en onderdrukking van die sprinkane.
Hulle eis dat die miere die sprinkane om verskoning vra vir sy optrede oor die jare
en dat hulle die sprinkane vergoed vir al die ander miere in die geskiedenis wat soortgelyk opgetree het teen sprinkane.
MTSM (Mense Teen Sprinkaan Misbruik) dreig dat hulle 'n heilige oorlog teen die miere gaan begin. Die President verskyn op die 8 uur nuus en
verklaar dat hy alles sal doen vir die sprinkane wat vooruitgang wat hulle verdien misgun is deur diegene wat onregverdig bevoordeel is
gedurende die somer.
Die Staat bekragtig die EGMG Wet (Ekonomiese Gelykheid vir Minderbevoorregte Groenes) terugwerkend tot die begin van die somer.
Die mier word beboet omdat hy nie 'n proporsionele aantal groen insekte in diens gehad het nie. Omdat hy nie meer geld oor het om sy belasting
te betaal nie, word sy woning gekonfiskeer vir herverdeling onder die
groenes.
Ons verhaal eindig waar ons sien hoe die sprinkaan die laaste van mier se kos verslind terwyl die staatshuis waarin hy woon (die een wat aan
die mier behoort het) om hom inmekaar tuimel omdat hy te lui is om dit te onderhou.
Op televisie (wat hy van 'n mier gesteel het) staan die President voor 'n groep wild dansend en singende sprinkane en kondig 'n nuwe era van
"gelykheid" aan .
Die mier is nie toegelaat om te werk nie omdat hy histories voordeel getrek het uit die veld. In sy plek werk 10 sprinkane net 2 uur per dag en steel helfte van wat hulle oes.
Sodra dit weer winter is en hulle nie genoeg kos het nie, staak hulle en dring aan op 'n 150% verhoging in lone sodat hulle kan kos koop, wat
nou ingevoer moet work omdat hulle nie produktief genoeg was nie.
Die mier vat sy goed en trek na 'n ander veld waar hy 'n hoogs suksesvolle voedselmaatskappy op die been bring. Hy word skatryk deur
kos uit te voer na die veld vanwaar hy kom.
|
|
|
Geldmaak op die Internet??
Virseker! |
|
Ek was ook maar skepties oor die geldmaakstorie
maar na baie oplees en navorsing het ek tog afgekom op geleenthede
waar mens 'n geldjie kan maak op die Internet, soos hulle sê, waar
'n wil is, is 'n weg, of in my geval, waar 'n nood is, is 'n weg. My
nood is nou wel nie so groot nie, maar my gesonde verstand het my
vertel dat hierdie groot netwerk van kompers tog geleenthede moet
bied waar mens nie net hoef te betaal nie, maar ook iets kan
terugkry.
Toe word ek
bekend gestel aan die Clientele Life geleentheid, waar ek nie
net spaar vir 'n neseier nie maar ook mense kry om dit vir my te
betaal! In 'n neutedop:
~ ek bou 'n
neseier op
~ met 'n klein bietjie moeite kry ek mense om my maandelikse
spaarpremies te betaal
~ met net 'n klein bietjie meer moeite begin ek elke maand geld
inkry!
Kontak my
per epos vir meer besonderhede |
|
| |
|
|
|
Die Resep |
|
Hier is een van die smullekker resepte uit Anna se resepte eBoek wat
hierbo genoem word |
|
SKAAPSKENKELPOTJIE:
100 ml olie
2 kg skaapskenkels
'n halwe groen soetrissie, gekap
1 groot ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
6 swoerdlose spekrepe, gekap
2 middelslag tamaties, gekap
2 biefekstrakblokkies
sout en swartpeper na smaak
250 ml witwyn
250 ml kookwater
5 wortels, geskil, in skywe gesny
12 klein aartappeltjies, gewas
5 murgpampoentjies, in skywe
400 g sampioene.
Verhit olie en braai vleis tot bruin. (Hoe bruiner die vleis gebraai
word, hoe bruiner en ryker sal die sous wees.) Voeg die groenrissie, ui,
knoffel en spek by en braai tot begin verbruin. Voeg tamaties by en
roerbraai vir 5 minute. Voeg biefekstrak, geur- middels, witwyn en
kookwater by en prut vir 'n uur. Voeg wortels en aartappels by en laat
vir 20 minute prut. Voeg laastens die murgpampoentjies en sampioene by
en laat vir 15 minute prut. Vul vloeistof aan, indien nodig.
Wenk: Moenie potjie tydens gaarmaakproses roer nie.
Sit voor met rys, koring of potbrood.
|
|
|
Afrikaanse Lied |
|
Hier is iets nuuts! Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek |
|
ONS VLAG
Woorde: ERNST A. HARTWIG
Musiek: A. METHFESSEL; verwerk: ERNST A. HARTWIG
Nou waai ons Vlag en wapper fier!
Sy kleure is ons vreugde;
hul skoonheid spoor ons harte aan
tot ware, ed'le deugde.
Oranje dui op heldemoed
wat krag vind by die Here;
die Blanje eis 'n rein gemoed;
die Blou verg trou en ere.
Ons Vlag bly steeds ons eenheidsband.
Al kom ook sware tye:
dis God wat waak oor Volk en Land,
Suid-Afrika ons eie.
|
|
|
Dit en dat.... |
|
Die Danville Hulpgroep
is nou ook betrokke by die
President Kruger Kinderhuis en die Margaretha Ackerman Tehuis
(Die
Danville Hulpgroep) (
Die Kleuterskool ) |
|
|
|
|
Potjiekoskompetisies, reëls en beoordeling!
Klik hier! |
|
|
|
|
Ek versamel yskasmagnete van buite Suid
Afrika,
kontak my
en dan ruil ons uit! |
|
|
|
op my webwerf |
|
|
|
|
Elkeen van my nuusbriewe bevat 'n goeie Afrikaanse artikel, 'n tikkie
humor, 'n Tradisionele Afrikaanse resep en die woorde van 'n Afrikaanse
lied, gaan kyk gerus in die
Argiewe na vorige
uitgawes |
|
|
|
|
Ek sal enige
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
|
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
|
|