| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer
36 |
'n Passie vir
Afrikaans |
25 Junie |
|
Dagsê
!
Ek sien die UK Lottery se boerpot staan komende Saterdag op
£16,000,000
dis naastenby R160,000,000! Dis darem vreeslik baie
nulle! Hoe lyk dit, as mens nie 'n kaartjie het nie het mens nie 'n kans
nie. So
klik hier en kry een! Wie weet, dalk gaan jy nie Maandag werk
toe nie! Ek koop nou en dan, en dis doodveilig!
Ek lees altyd graag van die artikels wat Frik Lombard skryf, hier is die
eertse van 'n paar wat hy my gestuur het:
‘n Oorsig oor Kos
Baie welkom hier by die eerste artikel oor kos. Wat lekker saamgaan met
kos is ook natuurlik iets te drinke. Maar kos gesels sal ons hier doen.
Dit is my visie om hierdie ‘n lekker kos gesels rubriek te maak.
Geen kos rubriek sal volledig wees sonder om te kyk na die oorsprong van
kos nie. Wanneer ons kyk na die oorsprong van kos moet ons gaan na die
Bybel. Dit bevat die vroegste verwysings na kos en die kookkuns. Reg aan
die begin van Genesis sien ons dat op die derde dag die plante aan ons
gegee is. Op die vyfde dag is die seediere aan ons gegee. Diere is aan
ons gegee op die sesde dag.
Die eerste opdrag aan die mens was om te eet van al die bome in die tuin
van Eden. So kan ons dan aflei dat Adam en Eva aan die begin van vrugte
geleef het. Hoe wonderlik kon dit nie gewees het nie om elke dag vars
vrugte te eet nie. Vrugte wat behoorlik op ‘n organiese wyse gekweek is.
Vrugte wat nie weke of dalk maande gelê het om met chemiese stowwe ryp
gemaak te word nie.
Indien ons verder gaan kyk na Kain en Abel sien ons dat Abel ‘n veeboer
was en Kain ‘n saaiboer was. So die oudste beroepe wat bestaan het is
boerdery. Aan die begin van die skepping was dit al ‘n edele beroep en
vandag is dit nog so. Daar word egter nie verwys na wat hulle geëet het
nie.
Met verwysing na die sondvloed kom daar ‘n ander aspek na vore en dit is
wyn. Noag was die eerste boer in die geskiedenis wat ‘n wingerd geplant
het. Hy het van sy eie wyn gedrink en dronk geword.
Die vroegste verwysing na ‘n ete, of soos ons vandag seker sal se ‘n
spyskaart kom in Genesis 18 voor, waar Abraham 3 besoekers gekry het.
Daar het hy aan Sara toe gegaan en aan haar 16 kilogram meel gegee met
die opdrag om dit te knie en roosterkoeke te bak. Vader het hy na ‘n
slaaf gegaan ‘n kalf gegee en vir die slaaf gesê hy moet die kalf
voorberei. Nadat die kalf voorberei was het Abraham die kalf met botter
en melk na die 3 mans geneem om te eet.
‘n Ander interessante byvoegsel tot die vroeë mense se dieet is sop.
Hierdie kom uit die welbekende verhaal van Esau en Jakob. Wat hier
verder ook genoem word is die eerste verwysing dat die mens wildsvleis
begin eet het.
‘n Hele paar jaar na Esau en Jakob se bestaan het die vroeë volk al
vleis gebraai. Dit kan gesien word met die opdrag wat aan hulle gegee is
met die instelling van Paasfees. Hulle moes een jaar oud lammers neem
hulle slag en dan braai. Die opdrag aan hulle was "Julle moet dit
gebraai eet, saam met ongesuurde brood en bitter kruie. Julle moet dit
nie rou of in water gekook eet nie, maar oor die vuur gebraai, met die
kop, pootjies binnegoed en al."
Hierdie opdrag bring by my ‘n klompie vrae op soos Het hulle vleis rou
gee-eet op ‘n stadium? Was dit hulle gewoonte om hulle vleis in water te
kook? Onthou hier dat hulle al die vleis moes eet wat hulle gebraai het.
Dit laat ‘n lekker lang gril hier teen my ruggraat afgaan as ek net dink
aan die kop en pootjies.
So sien ons dan dat die mens begin het om vrugte te eet en namate die
tyd gevorder het, het hulle oorgegaan na graan en vleis. Toe ek so ‘n
bietjie navorsing gedoen het, het ek gesien dat die mens daardie tyd
lank geleef het en baie hoë ouderdomme bereik het. Nou kom die vraag op
was die grootste rede nie dalk hulle dieet nie. Was dit nie dat hulle in
die meeste gevalle rou en organiese voedsel eet-eet het nie? Moet ons
nie dalk terugkeer na ‘n meer growwe en natuurlike dieet nie?
Graag wil ek nou afsluit met my Pa se gunsteling vers in die Bybel :
1 Kor 10:25 "Alles wat in ‘n slaghuis verkoop word, kan julle eet sonder
om ter wille van die gewete navraag te doen." Hierdie aanhaling het
altyd gevolg nadat ek nie afval wou eet nie.
Laat maar gerus vir
Frik
weet wat julle van sy artikel dink! |
|
|
'n Tikkie Humor |
Die ouerige swart
man kom op die stasie aan, stap na die kaartjieskantoor en vra:
"Baas, ek soek die ticket vir Umfomfo."
"Wat?!"
"Umfomfo, Baas."
Die kaartjiesklerk kyk sy stasielys deur: Umfolose, Umkomaas, Umlasie,
Umshlali, Umtata, Umzumbe, maar kry nie Umfomfo nie. "Wat het jy nou
weer gesê?" vra hy kwaai.
"Umfomfo, Baas."
Die klerk kyk weer sy stasielys deur. Dan skud hy sy kop, maak die
kaartjieskas toe, sluit dit, sit die stempels in die geldlaai, sluit dit,
maak die glasafskorting toe, trek sy baadjie aan, sluit die deur en stap
na die stasiemeester toe. "Meneer, waar is Umfomfo?"
"Wat!?"
"Umfomfo, Meneer."
"Ek weet nie. Ek is besig, Man, kyk daar in die boek met al die stasies."
Hy gaan die lys sorgvuldig deur, met sy wysvinger al teen die lys af:
Umfolose, Umkomaas, Umlasie, Umshlali, Umtata, Umzumbe, maar kry nie
Umfomfo nie. Hy gaan dit nog 'n keer deur en kry nie Umfomfo nie. Hy
stap terug, sluit die deur oop, sluit die kaartjieskas oop, sluit die
geldlaai oop, haal die stempels uit, trek sy baadjie uit, skuif die
glasafskorting oop en vra, nou baie warm onder die koller: "Wat het jy
nou weer gesê?"
"Umfomfo, Baas."
Hy kyk weer die stasielys deur, skud sy kop en skree op die passasier: "Nou
waar de hel is Umfomfo?"
"Hier om die hoek, Baas. Dis my boetie, hy wag vir die ticket."
|
|
|
Geldmaak op die Internet??
Virseker! |
|
Ek was ook maar skepties oor die geldmaakstorie
maar na baie oplees en navorsing het ek tog afgekom op geleenthede
waar mens 'n geldjie kan maak op die Internet, soos hulle sê, waar
'n wil is, is 'n weg, of in my geval, waar 'n nood is, is 'n weg. My
nood is nou wel nie so groot nie, maar my gesonde verstand het my
vertel dat hierdie groot netwerk van kompers tog geleenthede moet
bied waar mens nie net hoef te betaal nie, maar ook iets kan
terugkry.
Toe word ek
bekend gestel aan die Clientele Life geleentheid, waar ek nie
net spaar vir 'n neseier nie maar ook mense kry om dit vir my te
betaal! In 'n neutedop:
~ ek bou 'n
neseier op
~ met 'n klein bietjie moeite kry ek mense om my maandelikse
spaarpremies te betaal
~ met net 'n klein bietjie meer moeite begin ek elke maand geld
inkry!
Kontak my
per epos vir meer besonderhede |
|
| |
|
|
|
Die Resep |
|
Hier is nog 'n resep uit Voortrekker Resepte, aan my gestuur deur Elzeth. |
|
Kluitjiesoep
Bestanddele:
2 pond Beesvleis
4 – 6 pinte koue Water
2 blaartjies Foelie
6 Naeltjies
1 bossie Suring
Omtrent ½ - ¾ pond
Meelblom vir die maak van die kluitjies, asook 1 eetlepel sagte vet en
‘n weinig droë tiemie.
Sout na smaak
Metode:
Sny die vleis in stukkies, sit op in die koue water, voeg nou al die
ander bestanddele by, behalwe die kluitjies, laat goed kook omtrent 3 –
4 uur lank. ‘n Gesmoorde ui kan ook bygevoeg word.
Meng nou die meelblom met die tiemie en sout na smaak, maak ‘n holte in
die middel en gooi die vet daarin. Skep nou van die kokende vloeistof
uit die soeppot en maak die kluitjies daarmee aan. Kluitjies moet ‘n
“slap deeg” wees. So vinnig as moontlik moet nou gewerk word. Vorm
kluitjies met twee teelepeltjies en gooi dadelik in die soep. Maak
teelepeltjies af en toe nat in die kokende soep. Sodra kluitjies opkom,
is hulle gaar en moet soep dadelik opgedis en bedien word.
|
|
|
Afrikaanse Lied |
|
Hier is iets nuuts! Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek |
|
KOM SING MET MY 'N BURGERLIED
Woorde: W.H. BOSHOFF
Musiek: P.J. LEMMER
Kom sing met my 'n burgerlied
wat aan my hartsnaar raak,
en my op eie grondgebied
as staatmaker laat waak.
Vertel my van my eie volk,
tradisie, sede en taal,
wat my gevoel en siel vertolk,
van volksverlee verhaal.
Hou hoog met my die ideaal
"Vir vryheid en vir reg",
waarvoor my pa met bloed betaal,
die Voortrekker moes veg.
Kom leer my eer en lief te hê
my eie land se vlag,
en wie dié reg my durf ontsê
word deur my volk verag.
Kom spoor my aan om "Koers te hou"
en voorwaarts steeds te trek,
kom help my handhaaf en te bou,
'n nasie trots te wek.
Mag, wanneer ek my kop neerlê,
niks my gewete kwel,
geen nageslag, wat ek mag hê,
vir pligsversuim my skel.
|
|
|
Dit en dat.... |
|
Die Danville Hulpgroep
is nou ook betrokke by die
President Kruger Kinderhuis en die Margaretha Ackerman Tehuis
(Die
Danville Hulpgroep) (
Die Pretdag op 8 Mei
) |
|
|
|
|
Potjiekoskompetisies, reëls en beoordeling!
Klik hier! |
|
|
|
|
Ek versamel yskasmagnete van buite Suid
Afrika,
kontak my
en dan ruil ons uit! |
|
|
|
op my webwerf |
|
|
|
|
Elkeen van my nuusbriewe bevat 'n goeie Afrikaanse artikel, 'n tikkie
humor, 'n Tradisionele Afrikaanse resep en die woorde van 'n Afrikaanse
lied, gaan kyk gerus in die
Argiewe na vorige
uitgawes |
|
|
|
|
Ek sal enige
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
|
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
|
|