| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer
35 |
'n Passie vir
Afrikaans |
18 Junie |
|
Dagsê
!
Ek is nou al vir 'n hele paar jaar "aanlyn", met ander woorde ek het
opgeteken, aangeteken en ingeteken by 'n swetterjuisend webwerwe en
nuusbriewe. Ek jok nie, ek het vyf A4 bladsye vol logons en
signons elkeen met 'n username en password. Die lys is uitgedruk en op
tenminste 10 plekke ge-backup. As daardie lys OOIT moet verlore raak is
ek dood, morsdood, want dan kan ek nie in honderd plekke inkom waar ek
moet inkom nie.
Ek ken nou al my ID
nommer, my kredietkaartnommer, my OTM PIN en my selfoonnommer. Op die
stadium van my lewe is dit meer as genoeg, dink ek. Ek kan nou ten
minste geld trek en bel, my lewe is gered!
Ek kom op die
volgende atrikel van Minette Brink af waar sy blykbaar sukkel met
dieselfde soort ding, eks bly ek is nie alleen nie! geniet die
artikel en laat vir Minette
weet wat julle dink. Sy hou van terugvoer! geniet die
artikel!
Ek en Petunia (wat
in Skotland woon en ook van Minette se artikels hou) is besig met 'n
verrassing vir Minette. Soos dit iemand van die vroulike geslag betaam,
klim Minette al teen die mure uit van nuuskierigheid, maar sy sal moet
wag tot ons klaar is! En ook al die lesers van die nuusbrief! Hou die
spasie dop!
Syfers is vir die
Einsteins en bankklerke
Minette Brink
DAAR heers 'n 'pinominale' verwarring in hierdie klein breintjie. Laat
ek verduidelik.
Maandagoggend. Die bankmeisie bel. Geluk, sê sy. Jy het 'n tjekrekening
by ons geëerde instansie gewen. Mooi so, juig ek en jaag stad toe.
Daar aangekom, word die boekie met groot 'pomp and ceremony' oorhandig.
Kamera's flits en ek gee met 'n skalkse glimlag die royal wave. Die
geheime papiertjie word oopgeskeur om die PIN-nommer van die ATM-kaart
te ontbloot. My wange plof op die vloer. Dis 'n laaang nommer.
Haai, probeer ek keer, ek kan mos die nommer verander as ek wil?
Bankmeisie frons woes. O,nee, jy sal vat wat jy kry. En jy beter daai ou
nommertjie memoriseer, want die papiertjie gaan binne twee minute
self-destruct. Vir 'n wyle gluur ons vir mekaar. Sy, die syferkenner,
die PIN-propagandis, die vyand in nommers. Ek, die weerlose, die
linkerlob-lobbyist. Ek gee in.
Anders as met woorde, kon ek nog nooit die kreatiwiteit of die skoonheid
van syfers raaksien nie. Behalwe as iemand vir my geld gooi.
Ek ry brom-brom terug werk toe terwyl ek 'n rympie van die gehate PIN
probeer maak. Iets soos die kleintydse "een klein mannetjie, een met 'n
boep, drie klein mannetjies, is die polisie se roep." Dit wil nie werk
nie. Dan die ou metode: probeer 'n sommetjie maak. Uhh, twee maal my
geboortedag is vier en veertig minus my huisnommer gedeel deur nege gee
15 plus…ek gee op.
Dieselfde aand besluit ek om in my dommigheid, 'n rekening by die
videowinkel te open. Terwyl my kinders die rakke op hulleself omkeer,
vul ek gou die vormpie in. Dan die skok. Kies gou vir jou 'n PIN, borrel
die chirpy een agter die toonbank. Vier karakters, asseblief. My oë trek
skrewe soos 'n mislukte face-lift. Nee, grom ek, ek kan nie. Kies jy
sommer vir my een. Asseblief, gryns ek onheilspellend. Sy skryf dit
bewerig vir my neer. Ek trek my gekneusde kinders onder die rakke uit en
vlug.
Tot laat in die nag sit ek en swot. Probeer ek nommers memoriseer. My
kop is seer en my oë bloei toe ek uiteindelik gaan slaap. But no rest
for the wicked.
Reuse nommer nege's met tande jaag my rond en hoe meer ek al stotterend
probeer verduidelik dat syfers eintlik my kos is, hoe langer word die
tande. En my neus.
Die volgende oggend blaas my selfoon skrouend sy laaste asem uit. Ek het
die "grace-period" oorskrei. Dit beteken 'n nuwe starter pack met,
surprise, surprise , 'n heel nuwe selnommer. Dis oorlog tussen my en die
netwerk.
Hoekom kan julle 'n mens nie waarsku nie, wil ek weet? Weet julle
hoeveel admin julle my nou veroorsaak? Solly, sê die netwerk, jy sal vat
wat jy kry. Maar weet jy wat gaan jy saam met jou nuwe nommer kry?
Beulblasers verskyn voor my geestesoog. Nee, jil ek opgewonde. Vertel
my, vertel my! Maar in plaas van 'n trip Bali toe, is dit (die beule
blaas):TWEE nuwe PIN-nommers EN TWEE NUWE PUK-NOMMERS! Ek val
bewusteloos neer.
Toe ek bykom, hang my kollega oor my. O, sê sy verveeld, jy's weer by.
Die bank het gebel. Daar's 'n probleem met jou kaart.
Jy moet 'n nuwe PIN-nommer kry. |
|
|
'n Tikkie Humor |
Die Arabier
immigreer na die Verenigde State. Op een van die vorms wat hy moet invul,
word gevra: 'Heg u goedkeuring aan die omverwerping van die regering van
die Verenigde State deur geweld, ondermyning of dwang?'
Waarop die Arabier antwoord:
'Geweld.'
Die juffrou vra
die klas om 'n sin te maak wat 'n gesegde en 'n bysin is Sipho se hand
gaan onmiddelik op en hy antwoord: 'Ons was elke oggend voor skool ons
gesegde en hande in die bysin.'
Piet en sy vrou
het ook baie rusies en struwelinge gehad en hy het belowe dat na sy dood
hy sy pad na bo so uitgrawe uit sy graf en by haar kom spook en haar nie
met rus sou laat nie. Na sy dood loop haar vriendin haar raak en vra
haar of sy nie bang is na leiding van sy dreigemente nie en of sy rustig
slaap. Sy lag baie lekker en sê sy slaap baie goed want sy het hom
onderstebo in sy
kis laat begrawe en
hy kan kan maar grawe.
|
|
|
Geldmaak op die Internet??
Virseker! |
|
Ek was ook maar skepties oor die geldmaakstorie
maar na baie oplees en navorsing het ek tog afgekom op geleenthede
waar mens 'n geldjie kan maak op die Internet, soos hulle sê, waar
'n wil is, is 'n weg, of in my geval, waar 'n nood is, is 'n weg. My
nood is nou wel nie so groot nie, maar my gesonde verstand het my
vertel dat hierdie groot netwerk van kompers tog geleenthede moet
bied waar mens nie net hoef te betaal nie, maar ook iets kan
terugkry.
Toe word ek
bekend gestel aan die Clientele Life geleentheid, waar ek nie
net spaar vir 'n neseier nie maar ook mense kry om dit vir my te
betaal! In 'n neutedop:
~ ek bou 'n
neseier op
~ met 'n klein bietjie moeite kry ek mense om my maandelikse
spaarpremies te betaal
~ met net 'n klein bietjie meer moeite begin ek elke maand geld
inkry!
Kontak my
per epos vir meer besonderhede |
|
| |
|
|
|
Die Resep |
|
Hier is nog 'n resep uit Voortrekker Resepte, aan my gestuur deur Elzeth. |
|
Ingelegde Vis
Bestanddele:
6 – 8 pond vars geelbek of enige
1 baie klein Rissie, fyn gekap
ander geskikte soort vis
12 Naeltjies
6 groot wit Uie
2 eetlepels goeie Blatjang
2 onse Kerrie
Sout
1 teelepel Borrie
2 – 3 pinte goeie Asyn
2 eetlepels Suiker
Metode:
Maak vis skoon en sny in mote. Sprinkel sout oor en bak in warm vet. Sny
uie in ringe en smoor. Meng al die ander bestanddele en kook op in die
asyn, voeg ook die gesmoorde uie by om sag te kook. Sit nou die gebakte
vis in in erdekan of iets dergeliks en gooi die gekookte asynmengsel oor.
Let wel – Vis moet goed bedek wees met die asynmengsel.
|
|
|
Afrikaanse Lied |
|
Hier is iets nuuts! Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek |
|
DAAR GAAN UIT VERGANGE SE DAE
Woorde: JAN F.E. CELLIERS
Musiek: "Die Loreley", FRIEDRICH SILCHER, 1883; verwerk: DIRKIE DE
VILLIERS
Daar gaan uit vergange se dae 'n beeld voor my oë verby;
my hart is met weemoed geslae, maar voel tog ook rustig en bly.
Die windjie roer sag deur die bome, die weste se glanse verdwyn;
die berge, verlore in drome, staan ver in die aandsonneskyn.
Die mooiste jong nooi'ntjie is myne, vanaand is my hart weer by haar.
Haar oë, die sagste, die reine, is, net soos haar wese, so waar,
eenvoudig en waar soos die velde, van wêreldse modetjies vry.
Nie één is te kry nie, of selde, soos sy, daardie nooi'ntjie van my.
O, kan ek die smart nie meer dra nie van skeiding se lang, lange dag,
dan hoor ek 'n stem: "Moenie kla nie", en sien 'n lief mondjie se lag,
dan lees ek betowerd die tale, in oë so diep en so trou:
"Hier ver oor die berge en dale, is ene wat wag,
net vir jou".
|
|
|
Dit en dat.... |
|
Die Danville Hulpgroep
is nou ook betrokke by die
President Kruger Kinderhuis en die Margaretha Ackerman Tehuis
(Die
Danville Hulpgroep) (
Die Pretdag op 8 Mei
) |
|
|
|
|
Potjiekoskompetisies, reëls en beoordeling!
Klik hier! |
|
|
|
|
Ek versamel yskasmagnete van buite Suid
Afrika,
kontak my
en dan ruil ons uit! |
|
|
|
op my webwerf |
|
|
|
|
Ek sal enige
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
|
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
|
|