| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer
34 |
'n Passie vir
Afrikaans |
11 Junie |
|
Dagsê van 'n koue Johannesburg,
Ek het Dinsdag, 8
Junie om 09:00 die oggend die son afgeneem om te sien hoe die planeet
Venus voor dit verby beweeg, die klein kolletjie regs bo is Venus,
klik hier om die foto te sien.
Winter is hier is al
sy glorie, hier is nog 'n Minette storie om ons almal op te warm soos 'n
koppie lekker warm sop op 'n koue dag.
Sy kan nie hier
oud word nie
deur Minette Brink
Sy kan nie langer hier bly nie. Nie hier waar elke dag met ‘n Grandpa
geopen word teen die hoofpyn waarmee sy gebore is nie.
Sy kan nie vir die res van haar lewe tee aandra en bombastiese navrae
hanteer nie.
Maar wat anders? En waarheen?
Jare terug was sy heel aantreklik. Daar was selfs ‘n jongman of twee wat
haar vir pienk milkshakes gestiek het. Maar dié kuiertjies het weldra
ook opgedroog, net soos haar hoop.
Sy sug en laat die verlede tyd se gedagtes by die venster uitwaai.
Dit maak haar bang, dié onheilspellende voorgevoel dat sy eendag alleen
gaan doodgaan. Sonder seremonie. Sommer in haar slaap. En wie weet hoe
lank dit gaan neem voordat enigiemand gaan agterkom dat die elfuur-tee
nie opgedaag het nie. Dat die telefoon ongeantwoord bly skel. Miskien
sal Michiel haar mis, dink sy blosend en betigtigend.
Sies vir jou, dink sy skuldig. Laat staan hierdie onbetaamlike gedagtes.
Michiel wat nie eers weet wat haar naam is nie. Maar ai, is Michiel nie
die man van haar drome nie? Is Michiel nie die donker held wat haar
snags ontvoer na ver en geheimsinnige lande nie?
Hou op, hou op, skree die binnestemmetjie. En die gevoelloosheid daal
genadiglik oor haar neer.
Haar tyd is byna om op hierdie vleeslike aarde. Daarom sal sy haar
geestelikheid voor op stel. Geen gedagtes oor hoop vir die Sielemaat van
wie sy al van kleins af droom nie. Geen verlange na daardie lowergroen
plek met miljoene varings en duisende watervalle nie. Die plek waarna sy
haar hele lewe lank soek, maar na al die kruistogte dwarsoor die land
nog nooit kon vind nie.
Behalwe snags, wanneer die donker vir haar oor die vensterbank loer en
wonder hoekom sy so hortend asemhaal. Dan hardloop sy kaalvoet en met
warrelende hare oor die dounat heuwels van haar Plek. Tot daar waar die
man haar met omsingelende arms opraap en styf vashou.
Maar dit stop hier en nou, want wat help dit tog, die gedroom waarvan
niks kom nie?
Sy sug weer en begin werktuiglik die soveelste brief vir die Klaagkolom
tik. Skud haar kop onbewustelik heen-en-weer oor die oneindige strome
geteem op papier.
En dan vang haar oog die naam onderaan die laaste brief: Michiel van
Platheuwel. En haar hart draai op sy sy.
Sy lees weer die brief, dié keer aandagtig, .
Liewe Trientjie, Ek is nie die tipe persoon wat myself wend tot
klaagkolomme nie, maar my probleem raak nou te groot. Ek is ‘n
sestigjarige man wat al jare by ‘n weekblad werksaam is. Hier by die
werk is daar ‘n beeldskone vrou wat nie eens van my bestaan bewus is nie.
Ek weet sy hou van pienk melkskommels en dat sy haar lewe lank
enkellopend is. Waarom weet ek nie. Dalk het haar hart jare terug
gebreek en wil sy nie meer uitreik nie. Wat stel jy voor?
Sy stoot haar stoel saggies agtertoe om ongemerk ‘n beter uitsig op
Michiel se werkshoekie te hê. Hy sit donkerkop-onderstebo voor sy
rekenaar en wanneer sy skaam voor hom staan, kyk hy vraend op.
Ja? vra hy kortaf toe sy die brief vir hom hou. Die keep tussen sy oë
verdiep merkbaar soos hy oor die patetiese woorde gaan. Haar wange gloei
soos kole toe hy die brief op die lessenaar neergooi. En? wil hy beneuk
weet. Sy swaai om en verstar oombliklik wanneer die nuwe tikstertjie en
die kantoorbestuurder haar met breë glimlagge staan en betrag.
Sy vlug deur die parkeerarea na haar losieshuis toe.
Die samesweerders se hoonlag weergalm en klop tot in die nanag deur haar
lyf waar sy huilend lê en wag vir die donker by die vensterbank.
Sonder seremonie is sy dood. Alleen, in haar slaap.
‘n Week later kyk Michiel op en wonder, waar is die elfuur tee?
Laat gerus vir
Minette weet as julle hiervan gehou het!
e-Pos
|
|
|
'n Tikkie Humor |
Die skoolinspekteur
doen inspeksie, nog in die vorige tyd. Die hele skool is in rep-en-roer
en al die onderysers is kwaai senuweeagtig. Die inspekteur gaan toe die
oggend na sy eerste klas en dis 'n bybelkunde les. Almal spring op en "Môre
meneer!" hom en die juffrou hou gespanne verder klas. Die inspekteur vra
na 'n rukkie of hy maar 'n vragie kan vra. "Ja," sê die juffrou.
'Wie het Jericho se mure afgebreek?"
Doodse stilte begroet hom behalwe een seuntjie, wat vrek benoud lyk. "Ja
boetie?"
"Meneer ek weet nie, ma' ek belowe meneer dit was'ie ek of my boetie nie!"
Ontstoke verskoon die inspekteur homself en is reguit na die hoof se
kantoor. Die hoof sien dadelik die inspekteur is omgekrap. "Wat is fout
meneer?"
Die inspekteur vertel die hoof wat het gebeur en wat die seuntjie gesê
het.
"Mmm ..." sê die hoof, en bedink die situasie. "Meneer hier moet ek
wragtag die mannetjie gelyk gee, ek ken sy ouers, hulle maak hulle
kinners vreeslik eerlik groot. As die mannetjie sê dis nie hy nie, kan
meneer hom maar glo, want dan was dit wragtag nie hy nie!!!"
Na baie jare se
suinig leef en spaar het die man goeie nuus vir sy vrou.
"Liefling. Ons het uiteindelik genoeg geld om dit waarvoor ons in 1979
begin spaar het te koop."
" 'n Splinternuwe Mercedes!" roep sy vrou opgewonde uit.
"Nee. 'n 1979 Mercedes."
|
|
|
Geldmaak op die Internet??
Virseker! |
|
Ek was ook maar skepties oor die geldmaakstorie
maar na baie oplees en navorsing het ek tog afgekom op geleenthede
waar mens 'n geldjie kan maak op die Internet, soos hulle sê, waar
'n wil is, is 'n weg, of in my geval, waar 'n nood is, is 'n weg. My
nood is nou wel nie so groot nie, maar my gesonde verstand het my
vertel dat hierdie groot netwerk van kompers tog geleenthede moet
bied waar mens nie net hoef te betaal nie, maar ook iets kan
terugkry.
Toe word ek
bekend gestel aan die Clientele Life geleentheid, waar ek nie
net spaar vir 'n neseier nie maar ook mense kry om dit vir my te
betaal! In 'n neutedop:
~ ek bou 'n
neseier op
~ met 'n klein bietjie moeite kry ek mense om my maandelikse
spaarpremies te betaal
~ met net 'n klein bietjie meer moeite begin ek elke maand geld
inkry!
Gaan kyk op die
Clientele
webwerf en oortuig jouself
Klik hier
vir
meer
besonderhede |
|
| |
|
|
|
Die Resep |
|
Ek het al baie interessante mense as gevolg van my webwerf ontmoet, so
het ek ook pas met Adri kennis gemaak wat vir my 'n paar van haar
gunsteling resepte gestuur het. Hier is nog een: |
|
Ouderwetse
Lampastei
Bestanddele:
4 pond Lamsvleis (rugstring is heerlik)
1 glas Wit Wyn
2 wit Uie (in ringe gesny)
2 hardgekookte eiers en 1 rou eier
1 eetlepel Sago
1 blaartjie Foelie
2 onse Botter
‘n Paar skyfies Ham
Sap van 1 Suurlemoen
‘n Bietjie Wonderpeper
Sout en Peper na smaak
Metode:
Sny vleis in netjiese stukkies, smoor die uie in die botter, voeg nou al
die bestanddele by, behalwe die eiers, sago en suurlemoensap. Sstowe nou
die vleids tot dit heerlik sag is. Voeg nou 1 eetlepel sago en ‘n goeie
klont botter by; roer tot die sago gaar is. Klits geel van eiers goed
op, klits bietjie water by en dan die suurlemoensap, voeg by die vleis.
Gooi nou dign miengsel in ‘n pasteiskottel. Sny hardgekookte eiers in
skyfies en sit op die mengsel. Gebruik skolferkors vir die kors van die
pastei en smeer oor met wit van eier. Bak.
Let Wel - 1. Lamsvleis en hoender kan saam gebruik word.
2. Hoender kan ook alleen vir die pastei gebruik word. |
|
|
Afrikaanse Lied |
|
Hier is iets nuuts! Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek |
|
OP MY OU RAMKIETJIE
Woorde: C. LOUIS LEIPOLDT
Musiek: JAN BOUWS
Op my ou ramkietjie, met nog net één snaar,
speel ek in die maanskyn, deurmekaar.
As die maan my aanhoor en die sterre knik,
dan speel ek kordaat voort, in my skik.
Wat gee ek om mense wat sê ek's mal.
as die varings my aanhoor by die wal?
Wat om my vrinde wat nooit nie verstaan
as die sterre my toeknik en die maan?
Op my ou ramkietjie, met nog net één snaar,
speel ek in die maanskyn, deurmekaar.
l |
|
|
Dit en dat.... |
|
Studiebeurse
Glo dit ofte nie, maar internasionale maatskappye stel letterlik
honderdduisende studiebeurse beskikbaar vir enigiemand wat wil gaan
studeer! En jy hoef nie eers te soek daarvoor nie, dis alles in een gids
beskikbaar. Ook vir Suid-Afrikaners! Maar moenie my glo nie,
gaan kyk self! |
|
|
|
|
Potjiekoskompetisies, reëls en beoordeling!
Klik hier! |
|
|
|
|
Ek versamel yskasmagnete van buite Suid
Afrika,
kontak my
en dan ruil ons uit! |
|
|
|
Die Danville Hulpgroep
is nou ook betrokke by die
President Kruger Kinderhuis en die Margaretha Ackerman Tehuis
(Die
Danville Hulpgroep) (
Die Pretdag op 8 Mei
) |
|
|
|
|
Geldmaakgeleenthede op die Internet
Klik
hier! |
|
|
|
op my webwerf |
|
|
|
|
.Ek sal enige
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
|
|