| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer
30 |
'n Passie vir
Afrikaans |
14 Mei |
|
Dagsê!
Die volgende juweel
kom van Tienie een van die lede van 'n Yahoo Groep waaraan ek behoort:
My Buurvrou se
Dogter
Het ek julle al ooit
vertel van my buurvrou se dogter?
En dié se tand?
En hoe ekke probeer Kupido speel het?
Dit het toe nie uitgewerk nie, maar anyway, my buurvrou was met reg
trots op haar blonde dogter. Behalwe vir haar knap brein (sy was een van
die beste studente in haar klas vol aspirant-tandartse), beklemtoon sy
nog altyd graag haar bates met laehalsies en kort rokkies. Dié dalk dat
een van haar oulike professore hom spesiaal oor haar ontferm het, hoor
ek so met die grapevine langs.
"Sy kan mos nie haar talente onder 'n maatemmer staan en versteek nie,"
verdedig hy haar by die dekaan toe van die personeel destyds klagtes
indien oor haar skrapse kleredrag.
Toe die klagtes verder gaan en hy ook beskuldig word van meer as net 'n
vaderlike gevoel vir haar, is hy op sy agtervoete. "Geen man is mos van
klip gemaak nie," vererg die slimme hoogleraar hom, verklaar die saak
gesluit en weier om na 'n verdere skewe woord oor haar te luister.
Toe dié mooie meisiekind nog net 'n paar maande se studies en praktiese
klasse oorhet, nooi my buurvrou my oor vir tee om soos gewoonlik
eindeloos met haar dogter te spog.
Maar dié dag is daar 'n treurige trek op haar gesig. Sy't so gehoop haar
dogter is teen die tyd al moeg om in die bondel te vry en maak plan om
ten minste 'n verloofring aan haar vinger te kry, kla sy.
Wat my mos toe inspireer. As die mooie kind tog net my broer se seun met
sy breë skouers en sy goudbruine sixpackmaag kan ontmoet . (Genoeg om
selfs Tumelo jaloers te maak, sê ek vir julle, hoor.)
Ek hou my geheimsinnig. Noem wel dat hy 'n vlieënier is wat al die
wêreld deurgerits het vir sy werk. En hoe bekommerd ek is oor hy
oujongkêrel se kant toe begin staan. Toe ek 'n bietjie aandik oor sy
bankrekening, begin sy belangstelling te toon. Wat my aanspoor om ook te
vertel van sy hemelse glimlag en sy stel pragtige wit tande.
"My kind móét net beïndruk wees," raak sy toe net so entoesiasties. "En
sy soek juis pasiënte vir haar finale krooneksamen."
Gelukkig het die ou 'n gekroonde tand wat hy lankal wou laat oordoen
omdat dit te geel is na sy sin. En met my buurvrou se hulp en fyn
gekonkelry kry ons hom by die universiteit in haar dogter se
tandartsstoel.
Hulle kliek toe dadelik. En kort voor lank wiééé, wiééé, wiééé haar
boor. Eindeloos en pynigend. Maar hy stres nie. Staar net diep in haar
oë en raak by die minuut meer verlief.
Wat sy nie raaksien nie, is hoe jaloers haar 'vaderlike' professortjie
die hele knusse toneeltjie gadeslaan.
Met die kroon klaar, is dit tyd vir die finale passing. Nog net haar
professor roep vir goedkeuring om dit te kan vassit. Hy draai die
pronkstuk eers van kan tot kant en bespreek die kontoere met haar. Sy
vat dit by hom en verduidelik weer wat sy gedoen het. Dit alles reg voor
die pasiënt se oë waar hy oopmond met watterolle en 'n suier lê. Met die
oor en weer aangeëry van die kroon, glip dit uit iemand se hand en val
in sy keelgat af.
Hulle laat hom louwarm Engelse sout sluk en sy vinger in sy keel druk.
Oor en oor. Sy klap sy rug. Probeer alles. Tevergeefs. Die kroon is
verby 'n punt van terugkeer. Dit sit. En uitstel vir haar eksamen, gaan
sy nooit kry nie.
Sy rig haar sielvolle oë pleitend op die slim proffie. Maar hy was nie
sonder plan nie. Na hy haar snikke tot bedaring gebring het, kyk hy haar
dramaties aan. "Juffrou, in my kantoor se boekrak is 'n boksie waarop
daar geskryf staan: 'noodhulp'. Bring dit gou vir my, dan los ek jou
probleempie sommer gou-gou vir jou op."
My buurvrou se arme dogter is moedeloos en in trane toe sy my die res
van die storie vertel: "Ai, tannie, toe ons die goed voor tannie se neef
neersit en aan hom verduidelik wat hy met daardie bottel kasterolie, die
teesiffie, tweezer en die vergrootglas moet doen ."
Maar die ou besef toe darem die erns van die saak en voer sy opdragte
deeglik uit. Twee dae later is hy terug. Bleek en bewerig, maar kroon in
die hand. Heel en ongeskaad, behalwe vir 'n onmiskenbare reukie wat
verklap deur watter ongewone paadjies en kanaaltjies dit was.
Sy en die proffie doen toe ekstra moeite om die kroon deeglik geskrop,
gesteriliseer en geparfumeer te kry. Genadiglik betyds vir haar eksamen.
Sy sement dit vas en bedank beide haar pasiënt en haar professor vir hul
"wonderlike samewerking".
Dinge werk toe nie uit soos ek en my buurvrou beplan het nie. Nie dat my
neef nie probeer het nie. Maar, nes hy lekker romanties is en wil vorder
tot die soenstadium, skram die mooie blonde student weg. Skoon
verwilderd, vertel hy my later.
Die professor was gelukkig daar om haar te troos. En met haar laaste
eksamens agter die rug, het hy 'n voltydse vryer geraak. Hulle is 'n
maand later getroud.
My neef was ook op die troue. Met 'n visioen van 'n meisie aan sy sy.
Waar die twee mekaar onophoudelik en tot vervelens toe beklou. Maar ai,
telkens as hy haar so 'n innige, langasem mangelkus gee, draai ek maar
net my kop weg.
Want sien, nes my buurvrou kan ek toe nie ophou wonder nie: Wie sê daar
het nie dalk verskriklik per ongeluk 'n piepklein stukkie van daardie
kasterolie-mengsel oorgebly nie? Halsstarig aan't klou iewers in die
kroon se binnekant.
Toegesement vir 'n leeftyd.
|
|
|
'n Tikkie
Humor |
|
Keiko, die
moordwalvis uit 'Free Willy' is onlangs dood. Die bestuur
van die akwarium waarin hy aangehou is,
het besluit om 'n roudiens te hou. Mense is gevra om in plaas van blomme,
tartaresous en botter te bring...
Vyf Duitsers in 'n
Audi Quattro kom by die Italiaanse grens aan. Die Italiaanse grenswag
stop hulle en sê aan hulle dat dit onwettig is om 5 mense in 'n Quattro
te laai. 'Wat bedoel jy dat dit onwettig is?', vra die Duitse bestuurder.
'Quattro beteken vier', antwoord die Italiaanse grenswag. Die Duitser is
kwaad en verbaas en sê: 'Dit is net die naam van die kar. Jy kan op sy
papiere kyk - dit is ontwerp om vyf mense te vervoer!' 'Nee,' sê die
Italianer, 'moenie my met daardie een probeer flous nie. Quattro beteken
vier, jy het vyf mense in die kar, dus oortree jy die wet.' Die Duitser
vra toe dat
die grenswag sy bevelvoerder moet roep, sodat hy eerder met 'n senior
persoon kan praat. 'Jammer,' antwoord die grenswag, 'hy kan nie nou kom
nie, hy is besig met die twee ouens in die Fiat Uno.'
Grappe hierbo kom
van Gerhard se Grapkas
|
|
|
Die Resep |
Die winter is sterk op pad, en dus ook soptyd. Niks lekkerder op
'n koue wintersaand as vars brood en botter en 'n groot beker lekker
sop.
Die volgende resep is aan my gestuur deur Ferdus le Roux. Baie
dankie, Ferdus!
Hier is die heerlikste Butternut sop resep wat ons ten minste 1 keer 'n
week maak. |
|
Butternut Sop
700 g butternut
1 ui, gekap
2 of 3 aartappels, in blokkies
1,25 liter hoenderaftreksel
10 ml gedroogde tarragon (of dragon op afrikaans) opsioneel
sout en peper na smaak
125 ml room of melk
Braai die ui en voeg die aartappel, butternut en tarragon by. Braai vir
'n klein rukkie. Voeg dan die hoenderaftreksel by en kook tot die
groente sag is. Versap of druk fyn en geur na smaak. Voeg die room of
melk by net voor opdiening.
|
|
|
Afrikaanse Lied |
|
Hier is iets nuuts! Vriendin, Melaney wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek |
|
ORANJE-BLANJE-BLOU
Woorde: EITEMAL, na "O.D., hoch in Ehren"
Musiek: HENRY HUGH PIERSON
Die Hoogland is ons woning,
die land van son en veld,
waar woeste vryheidswinde waai
oor graf van meenge held.
Die ruimtes het ons siel gevoed,
ons kan g'n slawe wees,
want vryer as die arendsvlug,
die vlugte van ons gees.
[REFREIN]
Dis die tyd, dis die dag,
om te handhaaf en te bou.
Hoog die hart, hoog die vlag,
hoog Oranje-blanje-blou!
Ons gaan saam die donker toekoms in
om as een te sneuwel of oorwin,
met ons oog gerig op jou,
ons Oranje-blanje-blou!
Die ruwe bergereekse
staan hoog teen awendlug,
soos gryse ewighede daar
versteen, verstyf in vlug.
En stewig soos die grou graniet
ons Boeretrots en -trou,
die fondament waarop ons hier
'n nuwe nasie bou.
[REFREIN]
Dis die tyd, dis die dag,
om te handhaaf en te bou.
Hoog die hart, hoog die vlag,
hoog Oranje-blanje-blou!
Ons gaan saam die donker toekoms in
om as een te sneuwel of oorwin,
met ons oog gerig op jou,
ons Oranje-blanje-blou!
Die God van onse vaders
het ons hierheen gelei,
ons dien sy grootse skeppingsplan,
solank ons Boere bly.
Ons buig ons hoof voor Hom alleen;
en as Hy ons verhoor
omgord ons bly die lendene:
Die toekoms wink daar voor.
[REFREIN]
Dis die tyd, dis die dag,
om te handhaaf en te bou.
Hoog die hart, hoog die vlag,
hoog Oranje-blanje-blou!
Ons gaan saam die donker toekoms in
om as een te sneuwel of oorwin,
met ons oog gerig op jou,
ons Oranje-blanje-blou! |
|
|
Brokkies |
|
Studiebeurse
Glo dit ofte nie, maar internasionale maatskappye stel letterlik
honderdduisende studiebeurse beskikbaar vir enigiemand wat wil gaan
studeer! En jy hoef nie eers te soek daarvoor nie, dis alles in een gids
beskikbaar. Ook vir Suid-Afrikaners! Maar moenie my glo nie,
gaan kyk self! |
|
|
|
|
Potjiekoskompetisies, reëls en beoordeling!
Klik hier! |
|
|
|
Die Danville Hulpgroep
is nou ook betrokke by die
President Kruger Kinderhuis en die Margaretha Ackerman Tehuis
(Die
Danville Hulpgroep) (
Die Pretdag op 8 Mei
) |
|
|
|
|
Ek is ook op soek
na nog Kermiswenke,Klik
hier! |
|
|
|
op my webwerf |
|
|
|
|
.Ek sal enige
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
|
|