|
Dagsê!
Het ek al genoem van
die splinternuwe Afrikaanse Buitelewe-tydskrif, Wegbreek?
Dis op die winkelrakke, kry gerus een en geniet om van ons wonderlike
land en sy bestemmings in Afrikaans te lees. Daar is ook 'n webwerf wat
gereeld opdateer word, klik gerus
hier om te
gaan inloer!
In die eerste
uitgawe het hulle 'n boekerubriek en hulle skryf oor die boek van
Sangiro, Op Safari wat in 1925 gepubliseer is. In die boek
beskryf Sangiro sy reise deur Afrika in die "ou dae". Ek stel baie in
reisboeke belang en besluit toe om die boek te probeer opspoor en aan te
skaf. Die artikel gee 'n paar voorstelle oor waar die boek moontlik
opgespoor kan word, soos byvoorbeeld die boekwinkels in Langstraat in
Kaapstad. Ek vra toe vir my pêlle om te gaan kyk as hulle in die
omgewing is. Ek stuur ook 'n e-pos aan kalahari.net en die
volgenda dag is hulle terug met die voorstel dat ek na die webwerf van
Abebooks in Engeland gaan (
http://www.abebooks.co.uk ). Daar aangeland, tik ek Sangiro
en Op Safari in en siedaar, die boek is beskikbaar! Hulle gee
ook die naam van diie betrokke boekhandelaar in en groot is my verbasing
to ek sien die handelaar is Huxleys Books, hier in Johannesburg, aan die
wes-rand! So, een van die dae is ek die trotse eienaar van Op Safari.
Ek bestel ook sommer Elsa Joubert se boek, Water en Woestyn
oor haar reise al langs die Nylrivier op. So, as julle miskien ou en
versamelaarsitems wil aanskaf, gaan na
Huxleys Books
se webwerf, klik op Search Database en tik Afrikaans waar dit sê
Keywords en daar verskyn 'n ellelang lys van ou Afrikaanse boeke.
Lekker versamel!
Hier is 'n wenk, as
jy miskien verby Colesberg of Bloemfontein ry, hou maar by die
spoedbeperking, daai ouens is spoedlokval-mal! daar is baie lekkerder
maniere om geld te spandeer!.
|
|
|
Dit spreek
vanself...
Die onderwyser se vir die klas dat hy hul kennis van wiskunde wil toets.
Hy vra die seuns: "Se nou vir my as Wellington 10km van die Paarl af is,
hoe ver is die Paarl van Wellington af".
Hy kyk rond in die klas maar nie een waag n antwoord nie. Dis tjoepstil
in die klas...
"Kom nou seuns dis mos maklik". Niemand waag 'n antwoord nie. Die
onderwyser besluit om een van die seuns reguit te vra.
"Jannie gee jy nou vir ons die antwoord". Ou Jannie skud sy kop en skop
teen sy bank.
"Jannie maar dit is mos logies. As Wellington 10km van die Paarl af is,
is die Paarl mos 10km van Wellington af. DIT SPREEK VANSELF".
Jy kan eintlik hoor hoe Jannie somme maak in sy kop. "Nee Meneer dit
spreek nie vanself nie. Van Krismis tot Nuwejaar is 'n week, maar van
Nuwejaar tot Krismis is ' n vreskriklike lang tyd!" |
|