| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer
25 |
'n Passie vir
Afrikaans |
9 April |
|
Dagsê!
Ek sien op SABC TV
is daar nou 'n kompetisie waar jy laat weet watter is jou gunsteling
radio en TV advertensie. Op die oomblik hou ek van die Charlize
toespraak een op RSG vir die radio advertensie en die Polka.com
"Serious" een vir TV.
Dit laat my toe terugdink aan ander gunstelinge oor die jare. Die
Cremora, "It's not inside, it's on TOP" was klassiek, asook die MNet
diere advertensies.
Ek sien Chevrolet is weer trug in die land, maar wie kan daai Braaivleis
radio advertensie van hulle onthou? Klik
hier om te luister! Dit het amper soos 'n volkslied
geword.
Veel meer advertensies kan ek nie op hierdie oomblik onthou nie en dit
laat my dink, wat maak 'n goeie advertensie. Die irritasie-faktor? Sal
mens eerder onthou wat mens hoor as dit jou tot in jou siel in irriteer?
Is daar 'n konneksie tussen motors, motoronderdele en skraps geklede
meisies? Ek weet dat kos advertensie op my werk, as ek sien dat Spur 'n
"special" het op ribbetjies, is ek daar! Ek soek 'n rede om iets te gaan
vier! Wie weet, miskien sien iemand van Spur wat ek hier skryf en bied
my gratis ribbetjies aan, hulle het juis nou 'n "special" aan! Hmmm, kry
mens nie 'n gratis maaltyd op jou verjaardag nie? Die 30ste Mei is nie
meer so ver nie!
En dan daardie ewige advertensies gedurende flieks op party TV senders.
Aan die ander kant, hulle is partykeer net lank genoeg on die bord vol
tjips ta gaan maak of die Coke glas weer vol te maak sonder om iets te
mis.
Ag, nou ja, sonder advertensies sou radio en TV seker vrekduur gewees
het, so lat ek liewer nie verder kla nie,
Serious!!!
Ek het 'n bladsy
begin oor potjiekoskompetisies, reëls en beoordeling. Ek kry gereeld
navraag daaroor en het besluit om iets daaroor te doen, so
klik hier en
kyk of jy enigiets kan bylas wat ek miskien vergeet het!
Mag Paasfees by die
kruis vir jou 'n spesiale belewenis wees.
Aan die persone wat gaan reis. Wees asb versigtig - stop genoeg - rek
die bene en wees paraat!
|
|
|
'n Tikkie
Humor |
|
Ek is oortuig dat baie van ons graag die volgende sal wil doen:
Hiermee dien ek amptelik my bedanking as volwassene
in. Ek het besluit om weer al die verantwoordelikhede van 'n agtjarige
te aanvaar. Ek wil McDonald's toe en dink dat dit 'n 4 ster restaurant
is. Ek wil weer stokkies oor 'n reën poeletjie laat seil en 'n sypaadjie
pak met klippe en aan-aan speel. Ek wil weer dink dat Smarties beter as
geld is want jy kan die goed eet. Ek wil op 'n warm somersdag onder 'n
groot skaduboom lê en saam met my pellies lê en droom met 'n grassie
innie kies. Ek wil weer terugkeer na 'n tyd toe die lewe eenvoudig was ,
jou kennis beperk was tot kleure, maal- en deel-tafels en Siembamba. Al
wat jy geweet het was om gelukkig te wees want jy was salig onbewus van
al die dinge wat jou moes ontstel of laat worrie soos vrypuisies
byvoorbeeld. Ek wil weer dink dat die lewe goed en regverdig is, en dat
almal eerlik en opreg is. Ek wil weerglo dat enigiets moontlik is. Ek
wil salig
onbewus wees van die kompleksiteite van die lewe en weer opgewonde raak
oor die klein goedjies in die lewe soos gekleurde popcorn. Ek wil weer
eenvoudig lewe. Ek soek nie dae wat bestaan uit computers wat crash nie,
berge papierwerk, nuus wat depres nie , hoe om meer dae in die maand te
hanteer as wat daar geld in die bank is nie, doktersrekeninge, skinder,
siektes, en die verlies van geliefdes. Ek wil weer glo in die krag van
'n glimlag, drukkies,
'n vriendelike woord, die Waarheid soos wat dit in die Begin bedoel was,
regverdigheid, vrede, drome, die verbeelding, die mens sonder sy maskers
en skuins motiewe, en sommer net modderkoekies bak. So . . hier is my
tjekboek en my motorsleutels, my kredietkaartrekeninge en sommer die
hele kaboedel wat soos grootmens lyk. Ek bedank offisiëel as volwassene.
As jy hierdie saak nog verder wil uitpluis of wat ook al jou intensie
is, moet jy my eers inhol, want........ ' Touch! Jy kan my nie vaaaang
nie!! '
|
|
|
Die Resep |
|
By Aardklop in Potch het ek laasjaar die heerlikste skilpadjies ge eet.
Dis natuurlik lewer in netvet wat so oor die kole gebraai word en wat
soos 'n skilpad lyk, daarvandaan die naam. Vir die wat skrikkerig is vir
kolestrol, eet maar net een, maar vir die res van julle, laat waai, die
vingerlek lekker. |
|
Lewer in Netvet (Skilpad)
netvet
skaaplewer
1 ui
1 sny brood
kruinaeltjies
neutmuskaat
sout,peper
Laat lê die netvet in sterk warm water voor jy die lewer daarin sit,
anders kraak dit. Vir elke 1 skaaplewer benodig mens omtrent 1½ netvet
as jy dit in klein porsies gaan oprol om oor die kole te braai. Maal die
lewer met die ui, 'n sny brood, speserye, sout en peper. Sny die
netvet in 6 cm stukkies. Skep dessertlepelsvol van die gegeurde lewer
daarop . Vou die netvet toe om die lewer. Meeste van die vet braai
weg en net die lekkerte bly oor. Braai oor 'n stadige vuur of in
'n swaarboompot. |
|
|
|
|
|
Brokkies |
|
Die
Danville Hulpgroep
is nou ook betrokke by die
President Kruger Kinderhuis en die Margaretha Ackerman Tehuis
(Die
Danville Hulpgroep) (President
Kruger Kinderhuis)
(Margaretha Ackerman
Tehuis) (
Eric is gebore! ) |
|
|
|
|
Potjiekoskompetisies, reëls en beoordeling!
Klik hier! |
|
|
|
|
.Ek sal enige
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
|
|