| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer
21 |
'n Passie vir
Afrikaans |
12 Maart |
|
Dagsê!
Ons is mondig!
Hierdie is nommer 21!
Nianell se nuwe CD,
Angel Tongue is nou in platewinkels beskikbaar. (Sê 'n mens nog
platewinkels??) In elk geval, ek kan nie uitgeluister raak nie,
skaf dit gerus aan, dis fantasties! Nianell skryf en komponeer haar eie
liedjies en kan sy SING!
Ek het onlangs
navraag gedoen oor maniere om 'n kermis of kerkbasaar op te kikker en
sodoende meer suksesvol te maak. Die terugvoer was heel interessant en
ek het dit op ons gemeente webblad gesit. So as julle 'n kermis beplan,
gaan kyk by
www.brackendal.co.za en klik op die Kermiswenke
skakel. As julle nog idees kan bysit, stuur vir my gerus
e-pos
en ek sit hulle by.
Charlize koors loop
nog steeds hoog in SA! Ek het geen probleem daarmee nie, gee haar al die
eer wat sy toekom. Ons kry min genoeg Suid Afrikaners wat in die
buiteland presteer. Op RSG is daar 'n briljante advertensie waar
Charlise se Oscar toespraak stuk-stuk in Afrikaans vertaal word. Ek lag
elke keer as ek dit hoor. Wel gedaan, RSG! Ek het die advertensie as 'n
.mp3, as enigiemand belangstel, laat my weet en ek stuur dit aan per
e-pos. (880 kb groot)
|
|
|
'n Tikkie
Humor |
Die plaaslike regter is 'n vrou wat geen nonsies vat ten opsigte van
haar status nie. Eendag verskyn 'n ou dame voor haar as getuie.
Verskeie kere spreek die ou dame die regter aan as 'My Liefie'.
Uiteindelik kyk die regter die ou dame reguit in die oë en sê:
'Dis My EDELAGBARE Liefie.'
'n Dominee moes
een Sondag die diens op 'n verafgeleë plattelandse dorpie lei en ry toe
reeds Saterdagmiddag deur en gaan by een van die ouderlinge tuis.
Sondagoggend toe die gasvrou hom nooi om te kom aansit vir ontbyt bedank
hy daarvoor en sê hy sal liefs nie ontbyt nuttig nie, want hy het
ondervind dat
hy nie op 'n vol maag kan preek nie.
Die gasvrou gaan toe nie kerk toe nie ten einde 'n goeie middagmaal voor
te berei. Toe haar seuntjie uit die kerk kom vra sy hom: 'Jannie, en hoe
het die
dominee toe gepreek?' 'Ag Ma,' sê hy. 'Hy kon maar net sowel sy brekfis
geëet het.' |
|
|
Die Resep |
|
Ek was nog nooit 'n liefhebber van afval nie. Laasjaar by ons
Gemeentefees eet ek toe 'n bakkie van Reppies se wenner afval, of so het
hulle my vertel. Wel, ek het meeste van die inhoud kon inkry
solank ek nie gekyk het wat ek eet nie. Nee, dankie, ek sal maar
pass, ek gee die resep vir die van julle wat wel van afval hou! |
|
Afvalpotjie
2 klompe skappens (goed skoongeskraap)
water om in te kook
250 ml halfsoet wit wyn
sap van 1/2 suurlemoen
sout en varsgemaalde swartpeper
1 skaapnek
6 groot uie (gekap)
12 klein aartappeltjies
25 ml matige sterk kerriepoeier
2 ml rissiepoeier
10 ml donkerbruin suiker
asyn om mee aan te maak
250 g droëperskes
Sny pense in blokkies en plaas in driepootpot saam met water, wyn,
suurlemoensap, sout, peper en skaapnek. Sit deksel op, plaas pot oor
matig warm kole en laat koook tot inhoud sag is - ongeveer 3-4 uur.
Wanneer pensblokkies sag is en vleis van nekwerwels afval, verwyder
nekwerwels, voeg uie en aartappels by inhoud en kook nog 30 minute lank.
Maak kerriepoeier, rissiepoeier en suiker met asyn aan en voeg saam met
perskes by inhoud van pot. Sit deksel op en plaas weer op vuur vir 30
minute. Roer goed om en dien op. |
|
|
|
|
|
Brokkies |
|
Die
Danville Hulpgroep
is nou ook betrokke by die
President Kruger Kinderhuis en die Margaretha Ackerman Tehuis
(Die
Danville Hulpgroep) (President
Kruger Kinderhuis)
(Margaretha Ackerman
Tehuis) |
|
|
|
|
As
julle in die buiteland woon en smag na Suid Afrikaanse kos en goedere
gaan kyk gerus hier,
miskien is daar 'n winkel naby jou. As jy weet van 'n winkel wat nie op
die lys is nie, laat my weet ek ek sit dit op! |
|
|
|
|
Ek
versamel yskasmagnete, my yskas hang al oor van allie magnete! Vir elke
magneet wat ek ontvang (van oorsee, wat die land/staat/stad moet
aandui) stuur ek een van SA aan die sender. Stuur my e-pos sodat ons kan reëlings
tref. |
|
|
|
|
.Ek sal enige
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
|