|
Hallo almal! Hier is
nommer twee!
Die doel van die nuusbrief is om Afrikaans op die net te kry en hopelik
leesgenot vir die lesers hiervan, ook om soveel moontlik intekenare te
kry. My
Engelse nuusbrief
het al amper 700 intekenare, so dié een het nog heelwat om te gaan!
Stuur maar die uit aan jou vriendekring wat mag belangstel on in te
teken, hoe meer siele hoe meer vreugde!
Minette Brink, verbonde aan die
Republikein,
die enigste Afrikaanse dagblad in Namibië, is een van my gunsteling
skryfsters. Sy het so 'n natuurlike skryfstylen skryf oor alledaagse
goeters. Ek het al 'n paar van haar artikels op my
webwerf, maar dié een is
nuut:
Syfers is vir die Einsteins en bankklerke
Minette Brink
DAAR heers 'n 'pinominale' verwarring in hierdie klein breintjie. Laat
ek verduidelik.
Maandagoggend. Die bankmeisie bel. Geluk, sê sy. Jy het 'n tjekrekening
by ons geëerde instansie gewen. Mooi so, juig ek en jaag stad toe.
Daar aangekom, word die boekie met groot 'pomp and ceremony' oorhandig.
Kamera's flits en ek gee met 'n skalkse glimlag die royal wave. Die
geheime papiertjie word oopgeskeur om die PIN-nommer van die ATM-kaart
te ontbloot. My wange plof op die vloer. Dis 'n laaang nommer.
Haai, probeer ek keer, ek kan mos die nommer verander as ek wil?
Bankmeisie frons woes. O,nee, jy sal vat wat jy kry. En jy beter daai ou
nommertjie memoriseer, want die papiertjie gaan binne twee minute
self-destruct. Vir 'n wyle gluur ons vir mekaar. Sy, die syferkenner,
die PIN-propagandis, die vyand in nommers. Ek, die weerlose, die
linkerlob-lobbyist. Ek gee in.
Anders as met woorde, kon ek nog nooit die kreatiwiteit of die skoonheid
van syfers raaksien nie. Behalwe as iemand vir my geld gooi.
Ek ry brom-brom terug werk toe terwyl ek 'n rympie van die gehate PIN
probeer maak. Iets soos die kleintydse "een klein mannetjie, een met 'n
boep, drie klein mannetjies, is die polisie se roep." Dit wil nie werk
nie. Dan die ou metode: probeer 'n sommetjie maak. Uhh, twee maal my
geboortedag is vier en veertig minus my huisnommer gedeel deur nege gee
15 plus…ek gee op.
Dieselfde aand besluit ek om in my dommigheid, 'n rekening by die
videowinkel te open. Terwyl my kinders die rakke op hulleself omkeer,
vul ek gou die vormpie in. Dan die skok. Kies gou vir jou 'n PIN, borrel
die chirpy een agter die toonbank. Vier karakters, asseblief. My oë trek
skrewe soos 'n mislukte face-lift. Nee, grom ek, ek kan nie. Kies jy
sommer vir my een. Asseblief, gryns ek onheilspellend. Sy skryf dit
bewerig vir my neer. Ek trek my gekneusde kinders onder die rakke uit en
vlug.
Tot laat in die nag sit ek en swot. Probeer ek nommers memoriseer. My
kop is seer en my oë bloei toe ek uiteindelik gaan slaap. But no rest
for the wicked.
Reuse nommer nege's met tande jaag my rond en hoe meer ek al stotterend
probeer verduidelik dat syfers eintlik my kos is, hoe langer word die
tande. En my neus.
Die volgende oggend blaas my selfoon skrouend sy laaste asem uit. Ek het
die "grace-period" oorskrei. Dit beteken 'n nuwe starter pack met,
surprise, surprise , 'n heel nuwe selnommer. Dis oorlog tussen my en die
netwerk.
Hoekom kan julle 'n mens nie waarsku nie, wil ek weet? Weet julle
hoeveel admin julle my nou veroorsaak? Solly, sê die netwerk, jy sal vat
wat jy kry. Maar weet jy wat gaan jy saam met jou nuwe nommer kry?
Beulblasers verskyn voor my geestesoog. Nee, jil ek opgewonde. Vertel
my, vertel my! Maar in plaas van 'n trip Bali toe, is dit (die beule
blaas):TWEE nuwe PIN-nommers EN TWEE NUWE PUK-NOMMERS! Ek val
bewusteloos neer.
Toe ek bykom, hang my kollega oor my. O, sê sy verveeld, jy's weer by.
Die bank het gebel. Daar's 'n probleem met jou kaart.
Jy moet 'n nuwe PIN-nommer kry.
|
|
Die Sprinkaan en die Mier
Die sprinkaan en die mier het in dieselfde veld gewoon. Gedurende die somer het die mier dag en nag gewerk om
voorraad vir die winter op te gaar en om sy huis voor te berei om hom warm te hou gedurende die koue
winter maande. Intussen sing en spring die sprinkaan, eet al die gras
wat hy nodig het en teel aan.
Gedurend die winter maande word dit baie koud en die gras gaan dood. Die mier is wel gevoed en warm in sy huis, terwyl die sprinkaan, wat
geen voorbereidings getref het nie, vrek en 'n horde klein sprinkane agterlaat sonder kos of skuiling.
Die moreel van die verhaal is dat mens hard moet werk sodat jy agter jouself kan kyk.
Hier volg die Zimbabwiese weergawe:
Die eerste deel is dieselfde, maar omdat die gebeure in Zimbabwe plaasvind is daar implikasies.
Die sterwende nasate van die sprinkaan dring aan om te weet hoekom die mier toegelaat is om beskut en wel gevoed te wees terwyl, langsaan,
hulle in haglike omstandighede sonder kos en klere moet leef.
'n Televisiespan daag op en beeldsaai 'n program wat die kontras toon
van die mier se leefwyse, met sy gamaklike huis en spens vol kos teenoor die haglike omstandighede van die sprinkane.
Die publiek is verstom! In die pragtige veld, hoe kan dit wees dat die sprinkane moet ly terwyl die miere 'n luukse leefwyse voer?
In 'n oogwink word die ZISU (Zimbabwiese Sprinkane Unie) op die been
gebring. Die mier word aangekla van "species bias" en die stelling word gemaak
dat die sprinkane die slagoffers is van 30 miljoen jaar se groen
onderdrukking. Hulle protesteer voor die mier se huis en verwoes die
straat. In 'n TV onderhoud dreig hulle dat as daar nie aan hulle eise gehoor gegee gaan word nie, hulle tot 'n lewe van misdaad gedwing sal
word. Net vir die oefening, besteel hulle die televisiespan se toerusting en kaap hulle voertuig.
Die NHK (Neem en Herverdeel Kommissie) regverdig die optrede deur die houding in te neem dat dit die miere se erflating is as gevolg van
hulle diskriminasie teen en onderdrukking van die sprinkane.
Hulle eis dat die miere die sprinkane om verskoning vra vir sy optrede oor die jare
en dat hulle die sprinkane vergoed vir al die ander miere in die geskiedenis wat soortgelyk opgetree het teen sprinkane.
MTSM (Mense Teen Sprinkaan Misbruik) dreig dat hulle 'n heilige oorlog teen die miere gaan begin. Die President verskyn op die 8 uur nuus en
verklaar dat hy alles sal doen vir die sprinkane wat vooruitgang wat hulle verdien misgun is deur diegene wat onregverdig bevoordeel is
gedurende die somer.
Die Staat bekragtig die EGMG Wet (Ekonomiese Gelykheid vir Minderbevoorregte Groenes) terugwerkend tot die begin van die somer.
Die mier word beboet omdat hy nie 'n proporsionele aantal groen insekte in diens gehad het nie. Omdat hy nie meer geld oor het om sy belasting
te betaal nie, word sy woning gekonfiskeer vir herverdeling onder die
groenes.
Ons verhaal eindig waar ons sien hoe die sprinkaan die laaste van mier se kos verslind terwyl die staatshuis waarin hy woon (die een wat aan
die mier behoort het) om hom inmekaar tuimel omdat hy te lui is om dit te onderhou.
Op televisie (wat hy van 'n mier gesteel het) staan die President voor 'n groep wild dansend en singende sprinkane en kondig 'n nuwe era van
"gelykheid" aan .
Die mier is nie toegelaat om te werk nie omdat hy histories voordeel getrek het uit die veld. In sy plek werk 10 sprinkane net 2 uur per dag en steel helfte van wat hulle oes.
Sodra dit weer winter is en hulle nie genoeg kos het nie, staak hulle en dring aan op 'n 150% verhoging in lone sodat hulle kan kos koop, wat
nou ingevoer moet work omdat hulle nie produktief genoeg was nie.
Die mier vat sy goed en trek na 'n ander veld waar hy 'n hoogs suksesvolle voedselmaatskappy op die been bring. Hy word skatryk deur
kos uit te voer na die veld vanwaar hy kom.
|