| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer
19 |
'n Passie vir
Afrikaans |
27 Februarie |
|
Dagsę!
Vandag het ek iets
spesiaals vir julle, die oorspronkilike Mrs H S Ball's blatjang resep.
SARIE tydskrif het besluit om te gaan ondersoek instel of daar regtig 'n
Mrs ball bestaan het en ook om die resep op te spoor. Hulle was
suksesvol en die resultaat is hieronder. Vir my is Mrs ball's vir Suid
Afrika wat Coke vir Amerika is!
Wysheid
As jy iemand kry om in jou tuin te werk dan rus jou liggaam maar werk
jou siel. As jy dit self doen dan rus jou siel en werk jou liggaam.
'Foei Jantje' zei de
juffrouw in de klas, 'Ge moet U beter wassen, ik zie dat U deze morgend
boterhammen met choco hebt gegeten!'
'Fout' zei Jantje,'dat was gisteren!'
|
|
|
'n Tikkie
Humor |
Die Koei
Die Koei is n soogdieg. Hy is ook n huisdier. n koei is orrals. n koei
het n baie fein reik - jy reik hom oor die jele plaas. Ageran die koei
sit die stert. An die een kant van die stert sit die pint van die stert
wat die kwas genoem word en an die anner kant sit die koei. Die koei
gebruik die kwas om die fleije van haar weg te hou anners val hulle
innie melk.Vooran die koei sit die kop. Daar groei die hoorings. Die kop
hou ook die bek vas. Tissen die stert en die kop sit die koei.
Die koei is oorgetrek met n beesvel. ondean die koei hang die melk.
Om die melk te kry, maak jy die koei se bene vas. Die agterstes. Dan sit
jy
onner die koei en trek die toutjie. Dan kom die melk. As die gras goed
is, is die melk goed. As die gras sleg is is die melk sleg. As die
donner-weer in die lug is is diei melk weg. As dit n ou koei is is die
melk suur. Dit is baie goekoop om n koei aan te hou want jy gee hom net
eenkeer kos, dan kou hy twee maal. Die man van die koei is die os. Dit
lyk soos die koei maar daar hang net nie melk aan hom nie. Om os te se
is nie n vloekwoord nie.
Verder weet ek niks. Behalwe dat as die koei baie stip na jou kyk, moet
jy
padgee, want dan is dit n bul. |
|
|
Die Resep |
|
SARIE tydskrif het onlangs ondersoek ingestel na die oorsprong en resep
vir Mrs H S Ball's Blatjang. Die oorsprong gaan terug na 1865 toe
Amelia Adkins gebore is, sy is getroud met Herbert Saddleton Ball,
vandaar die Mrs H S Ball's. In Johannesburg het Amelia 'n paar bottels
blatjang op 'n primusstofie gemaak, en die res, soos hulle sę, is
geskiedenis! Van 'n beskeie kommersiële begin met 24 bottels per dag het
produksie gegroei tot 8000 bottels per dag wat węreldwyd versprei word.
En wat mis Suid Afrikaners wat nou oorsee woon die meeste? Mrs Ball's
natuurlik! SARIE het goedgunstiglik toestemming verleen dat ek die resep
mag plaas. Hulle het dit getoets en volgens terugvoer is dit selfs
lekkerder as die gekoopte! Hier is die resep vir die beroemde Mrs H
S Ball's Blatjang. As julle dit maak sal ek terugvoer waardeer! |
|
|
|
Mrs Ball's
Blatjang
Resep getoets deur SARIE
Maak 18
bottels (mild)
612 gram droëperskes
238 gram gedroogde appelkose
3 liter bruin druiweasyn
2 1/2 kg wit suiker
500 gram uie
120 gram sout
75 gram cayenne peper
Om blatjang "hot" te maak, voeg 75 gram gemaalde brandrissie by.
Om perskeblatjang te maak, los die appelkose uit en gebruik 850 gram
droëperskes
Week vrugte oornag in die druiwe asyn. Kook dan in asyn tot sag en
dreineer. Maal in klein stukkies in 'n meul (of versnipper met 'n
kombuismes) Gooi die vrugte, suiker (opgelos in 'n bietjie van die asyn)
en uie (gemaal) by en kook in 'n groot pot in die asyn. Die hoeveelheid
asyn hang af van die vastigheid, dit moenie te loperig of te dik wees
nie, maar so dik soos die eindproduk in die bottel. Voeg cayenne peper
en/of brandrissie by en kook vir 2-21/2 uur. Roer nou en dan met 'n
houtspaansodat dit nie vasbrand nie. |
|
|
|
|
|
Brokkies |
|
Die
Danville Hulpgroep
is nou ook betrokke by die
President Kruger Kinderhuis en die Margaretha Ackerman Tehuis
(Die
Danville Hulpgroep) (President
Kruger Kinderhuis)
(Margaretha Ackerman
Tehuis) |
|
|
|
|
Ek
is op soek na idees om 'n kerkbasaar (kermis) "anders" en meer suksesvol
te maak. Gaan kyk hier
wat ek sover het, en
stuur my
asseblief enige idees! Dankie. |
|
|
|
|
|
|
|
.Ek sal enige
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
|