|
Dagsê!
Wel, hier is ons,
trug in "Gangster's Paradise" na ons Kaap vakansie. gaan kyk maar
hier wat ons alles aangevang het!
Gou-gou net vertel
van ons eskapades met die motor. Ons ry 'n Renault Scenic, vreesilke
lekker kar met baie pakplek, MAAR, as jy die knoppie vir die
alarmstelsel druk op presies dieselle tyd wat iemand die kattebak
probeer oopmaak, dan bly die kattebak se knoppie in en jy kan hom nie
meer van buite oopmaak nie! Dis die tweede keer wat dit met ons
gebeur, elke keer terwyl ons met vakansie is en ons nodig het om die
kattebak te pak met bagasie. Hy kan van binne oopgemaak word as hy
leeg is, so ons kan pak, maar dan is hy vol en kan nie oopgemaak word
nie, so mens moet die agtersitplekke vorentoe sit en so uitpak. Seker
maar nie die ergste wat kon gebeur nie. Die mense innie Kaap wonner seker
hoekom hierdie Vaalies so snaaks kar uitpak! Toe kom ons by Tsitsikamma
aan en toe ons wou ry kon ons nie die rat van die outomatiese ratkas uit
"Parkeer" kry nie, haak vas soos 'n steeks donkie. My kredietkaart het
die opsie van gratis hulp op die pad teen geringe koste, bel die mense
en hulle stel voor dat die kar gehaal word met 'n groot lorrie en George
toe geneem word. Sal ons R500 kos vir die vervoer en nog R500 vir 'n
leen kar.
Intussen bel ek 'n
agent wat my vra om die knoppie onder aan die rathefboom te druk, en
siedaar, die kar is nou uit "Park" en ons kon daar wegkom. Ek is so bly
ons hoef nie daar te oornag het nie, want kort tevore het ek die kelners
by hulle restaurant goed laat verstaan dat hulle diens stink, en ek wou
nie graag weer daar teruggaan om te gaan eet nie!
Ons trek net weg,
toe hoor ons "klaks" êrens agter by die kar, almal gee 'n groot sug, wat
NOU weer! Ons kom toe agter dat die kattebak se knoppie vanself
uitgespring het! Van toe af moes ek net onthou om die kar in "N" te sit
as ek stilhou en nie in "P" nie!
Ons maak toe in
Plett kennis met die blommeskulp "pansy shell" wat groot betekenis het
daar, is selfs op die dorp se embleem en nogal skaars. Gaan kyk
hier om meer te lees oor die
besondere skulp. Hier is 'n rympie oor die skulp:
Die Blommeskulp
Daar is 'n pragtige legende
geêts op hierdie skulp
oor die koms en kruis van Jesus
jou redder en jou hulp
Van naderby sal jy
vier spykergate sien
en dan ook nog 'n vyfde
met 'n spiespunt toegedien
Op een kant, die Paaslelie
met, binne in, die ster
wat herders na die Kripkind
gelei het van daar ver
Kersfees se Poinsettia
is op die ander sy
en vertel van Sy geboorte
en die vrug van Kersgety
Breek nou oop die middel
en laat vyf duiwe los
as boodskappers van vrede
en die Christus wat verlos
Dié sonderlinge skulpie
wat uitspoel op ons kus, vra
"Verkondig jy My boodskap
van 'Ewigheid' en 'Rus'?"
As jy hou van wat jy
hier lees, stuur asb die brief se adres aan jou Afrikaanse vriende met
die versoek dat hulle ook inteken op die nuus/gesels brief
|
|
|
Spesiaal vir Minette, 'n Doreen grappie
Die vrugteverkoper kom by die kar verby en sê: 'Perskes, perskes,
lekka perskes. Net vyf rand vir die laanie.' Die ou in die kar sê: 'Is
hulle soet?' Antwoord die vrugteverkoper: 'Ja Maneer, kyk hoe stil
sit hulle!'
Minette, Minette, jy kan nou maar opstaan van die vloer af!
* Sommige vroue dink
bikini's is onbehoorlike drag. Ander het
weer die figuur daarvoor.
* Voor haar troue sweef 'n vrou in die wolke. Na haar troue sit sy
haar voet neer.
* Jy weet jou dogter is besig om groot te word as sy stadig begin
aantrek en vinnig geld bestee.
|
|
Soetpatat en appelgereg
1.5 kg patats geskil en skyfies gesny
1 kg appels, geskil en blokkies gesny
8 naeltjies
300 ml kookwater
250 ml vars lemoensap
200 g geelsuiker (250 ml)
7 ml gemmer
Plaas patatskyfies
onder in kastrol. Plaas appelblokkies bo-op. Voeg naeltjies by en
gooi kookwater oor. Bedek en stoom gaar, ongeveer 15 minute.
Verwyder naeltjies en giet oortollige water af. Meng patat en
appel deurmekaar. Plaas in 'n gesmeerde, vuurvaste bak. Plaas
lemoensap, suiker en gemmer in kastrol. Los suiker op, verhit tot
kookpunt. Giet bo-oor patat en appels. Bak 30 minute lank in
voorverhitte oond teen 180 ºC.
Smaak lekker saam met gebraaide varkboud of tong. |
|