| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer
15 |
'n Passie vir
Afrikaans |
15 Januarie |
|
Dagsê!
Ons is amper klaar
gepak, die verblyf en roete is beplan en die motor nagesien, ja, ons ry
Vrydag Kaap toe! Amper vergeet ek, die batterye van die kameras is ook
al gelaai en die videobande is ook reg! Die skootrekenaar gaan saam om
elke aand die dag se fotos af te laai, ek ek kan nou elke dag se gebeure
in 'n webblad omskep sodat ek net moet oplaai sodra ons tuis kom.
Dis nou wat ek noem organisasie!
Ons gaan vir 'n week
Hermanus toe en vir die week daarop naby Plett tui. Hoop die walvisse
wag nog vir ons en is nie al vort nie! En julle Kapenaars kan maar die
reën hiernatoe stuur terwyl ons daar rondry!
Onder an hierdie
bladsy kan julle meer lees van die Danville Hupprojek se Operasie
Skooltas, kontak gerus vir Elsabe as julle 'n bydrae kan maak!
|
|
|
'n Tikkie
Humor |
|
Waarom behoort 'n
vrou te begeer om in haar volgende lewe 'n
beerwyfie te wees? Wel, as jy 'n beerwyfie is, VERWAG jou maat
van jou om knorrig te wees as jy wakker
word, om hare op jou bene te hê en om vet aan jou lyf te hê...
Die vliegtuig van
die Zimbabwiese lugredery is gereed om van die Harare-lughawe op te styg,
maar kom nie sover nie. Die vlieenier laat die beheertoring weet: 'Ons
kan nie opstyg nie. Daar lê 'n dooie bok op die einde van die
aanloopbaan.' Beheertoring: 'Roger. Ons sal dadelik die caterers laat
weet om die bok te kom verwyder.'
Die mens is die
enigste dier wat sy kleintjies toelaat om terug te
kom huis toe. - Bill Cosby |
|
|
|
|
Die Resep |
Hierdie resep kom uit 'n 1984 Rooi Rose bylaag em met 'n naam soos
Oumoetie se Uiepastei moes ek dit net "leen" . Dit klink njammie
lekker! Wonder wie was Oumoetie?
|
|
|
Oumoetie se Uiepastei
12.5 ml botter
125 ml water
10 middelslag uie (in skywe gesny)
100 ml room
10 ml gedroogte pietersielie
25 ml bruismeel
Plaas botter, water
en uie in 'n groot braaipan met 'n deksel en kook 10 minute lank. Voeg
oorblywende bestanddele by en skep in 'n gesmeerde, vuurvaste skottel.
Bak 30 minute by 180ºC |
|
|
|
|
|
Brokkies |
|
Die
Danville Hulpgroep is nou in volles swang met Operasie Skooltas. Hulle
kort 200 skooltasse asook skryfbehoeftes vir die kinders, klik hieronder
om meer daaroor te lees.
(Die
Danville Hulpgroep) (Operasie
Skooltas) |
|
|
|
|
|
|
|
.Ek sal enige
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
Peter-jasie |
|