| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer
13 |
'n Passie vir
Afrikaans |
2 Januarie |
|
Dagsê!
Ja-nee, swaer, hier's ons weer aan die begin van 'n
nuwe jaar. Wonder wat dit alles vir ons almal gaan inhou? Wat gaan die
Rand maak? Gaan oom Manuel weer belastingverligting gee? Hoeveel
biljoene gaan nog op Vigs voorkoming gemors word? Gaan Mbeki vir 'n
verandering tuisbly en die land probeer regeer? Hoe lank gaan Mugabe nog
aan bewind wees? Ons sal maar moet sien! Wanneer gaan ons hier in
Johannesburg water beperkings kry?
Afgesien van
bogenoemde gaan alles nog voor die wind! Ons dink daaraan om 'n
verandering te maak en êrens in die Kaap te gaan hervestig. Ons het niks
wat ons hier hou nie en dis nou tyd vir 'n verandering. Ons gaan
Januarie af Kaap toe en gaan bietjie rondkyk. Meer hieroor later.
Waarna sien ek uit
in 2004? Ons Kaap vakansie in Januarie, die gemeente kamp in Februarie
(die tent word weer gebruik), Nianell se nuwe CD behoort in 2004
vrygestel te word (kan nie wag nie). Meer betrokke raak by die
Danville Hulpgroep en
ons Laatoes Omgeegroep. Hmmm, kan nie nou aan meer dink nie, o ja, reg
eet en baie oefeninge doen, natuurlik!
Voor ek vergeet, ek
wens julle almal 'n Geseënde en Veilige Nuwe Jaar toe!
|
|
|
'n Tikkie
Humor |
|
Kallie het met Mike gepraat omdat hy dikwels so dikvellig is. Mike
het beloof om te verbeter. Nie lank daarna nie kry Mike dit gereël
om by 'n meisie te gaan kuier. 'n Uur later is hy weer terug by
Kallie. 'Hoekom is jy so vroeg terug?' wil Kallie weet, 'Was jy weer
dikvellig en toe jaag sy jou weg?' 'Nee,' antwoord Mike, 'Ek was
juis sensitief. Ons het net 'n rukkie gesit, toe begin sy van die ligte
afskakel. Toe weet ek dis nou tyd vir my om te loop.'
Die Belg hoor hy is verplaas na Suid-Afrika en is baie ontsteld
daaroor, want hy het gehoor van al die moorde, diefstal en
skakings. Toe hy agterkom die ou wat langs hom in die kroeg sit, is
'n Suid-Afrikaner, vra hy hom dadelik uit. 'Nee, man, ou pel,' sê
die Suid-Afrikaner, 'Suid-Afrika is 'n lekker plek om te bly. Jy kan
gratis vir jou 'n huis enige plek gaan opslaan, jy hoef nie te kan
lees en skryf om matriek te slaag nie, en as jy jou werk verloor sluit
jy aan by die ANC en word 'n parlementslid.' 'En,' vra die Belg,
'wat voor werk doe je?' 'O, ek?' sê die Suid-Afrikaner, 'Ek is die
rear gunner op 'n broodafleweringswa.' |
|
|
|
|
Die Resep |
Ek is mal oor bobotie en net so gek oor lewer (alhoewel dit nou vir my
taboe is) Hier is 'n kombinasie van die twee, kan net lekker wees!
Probeer dit gerus!
|
|
LEWER BOBOTIE MET
APPEL:
1 dik sny bruinbrood
125ml melk
500g skaap of beeslewer
sout en peper
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
1 groot groen appel, geskil en in blokkies gesny
15 ml matige kerriepoeier
5 ml borrie
30ml blatjang
30ml fyn appelkooskonfyt
30 ml suurlemoensap
2 ekstra groot eiers, geklits
250 ml melk
2 lourierblare
Voorverhit die oond tot 180C. Spuit ‘n oondvaste bak van 24x24x5cm met
kleefwerende middel. Week die brood in die melk sag en maak fyn. Maak
die lewer skoon: Trek die vliese af en sny enige harde senings uit.
Indien jy beeslewer gebruik, laat 30 minute lank in lou sout water lê.
Sny in blokkies en geur met sout en peper. Braai in verhitte olie tot
bruin van buite. Skep uit en hou eenkant. Soteer die ui en knoffel tot
sag en voeg die appel, kerrie en borrie by en roerbraai nog een minuut
lank. Voeg die blatjang, appelkooskonfyt en suurlemoensap by en meng.
Voeg die gebraaide lewer by en meng goed deur. Skep in die voorbereide
oondbak. Klits die eiers en melk goed saam en giet bo-oor. Rangskik die
lourierblare bo-op. Bak 30-45 minute lank of tot gaar en gestol. Dien
dadelik op saam met gestoofde perskes en rys. |
|
|
|
|
|
Brokkies |
|
Die Danville Hulpprojek staan nie stil nie, en Elsabe is alweer kliphard
aan die werk. Dis binnekort weer terug skool toe en die kinders het
skoolgoeters en klere nodig. Ons het die Kersboom op videoband en ek is
seker Elsabe sal een in die pos gooi as jy bereid is om 'n klein ou
donasietjie te maak:-) Die dag se gebeure is ook op CD en DVD beskikbaar,
natuurlik vit 'n effens groter donasietjie! Kontak vir Elsabe deur die
skakels hieronder.
(Die
Danville Hulpgroep) (Kersboom) |
|
|
|
|
|
|
|
.Ek sal enige
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
Peter-jasie |
|
|